English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 11 433
replies: 137 648
views: 39 291 254
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Voertuie en paaie het verbeter - het bestuursvernuf?

replies: 24
views: 329
26 Feb 2020 @ 09:51:47 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Vyftig plus jaar gelede was teer paaie 'n luukse. 

Ek het op die plaas leer bestuur toe ek op laerskool was, en op grondpaaie leer om redelik vinnig te bestuur - soos jong mense mos maar gedoen het. Een van die eerste dinge wat ek op 'n grondpad geleer het was wat om te doen wanneer 'n kar se stert poog om by die neus verby te kom. Later het dit 'n pret ding geword om die stert te laat uitswaai om draaie. En dit met voertuie wat nie 'n kragstuur of moderne suspensie gehad het nie, om nie eens te praat van die remme nie, laat staan nog double clutch om ratte oor te sit.

Jy moes toestande "lees", en weet hoe om sinkplaat draaie te hanteer. En die stof!

Selde of ooit het ons gehoor van 'n voertuig wat gerol het. Seker maar omdat dit doodsake was in daardie staal trommels sonder oorweging aan passasiersveiligheid. En gebrekkige motorversekering.

Wat vir my vandag opvallend is, is die bohaai wat gemaak word oor hedendaagse voertuie se padhouvermoë, of die gebrek daaraan, terwyl nooit 'n woord gerep word oor hedendaagse bestuursvernuf, of die gebrek daaraan nie. So asof voertuie hulle self op hulle wiele moet hou, ongeag watter onsinnighede die bestuurder aanvang. 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 10:48:11 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Vyftig jaar terug was 60km/h op 'n grondpad hemels.  Deesdae is daar voertuie soos die Raptors wat gebou is vir grond toestande wat dit veilig teen 160km/h kan doen.  Nuwewetse voertuie het 100de CPU's wat berekenings en verstellings doen in m/Sec om die bestuurder te help met die bestuur van die voertuig.   Jy kan kies tussen verskillende terrein opsies soos sand, klip, grond, modder, sneeu en nog baie meer.  Elke opsie pas die voertuig aan om die bestuurder te help om veiliger makliker te bestuur. 

Bestuursvernuf is iets wat volgens my tweede viool speel want voertuie word so ontwerp wat die bestuurder help is alle aspekte.  Die voertuie word ontwerp rondom die gemiddelde bestuurder en bestuurstyl.  In de ou dae het die bestuurder aangepas by die voertuig.  Nou is dit anders om --die voertuig pas aan by die bestuurder.

Ford Rangers gebruik oof addaptive driving.   Jou voertuig spesifikasies pas aan by jou ry omstandighede.  As jy soos 'n ou toppie ry pas hy alles aan en omgekeerd as jy jaag pas die werksverrigting ook aan om max krag te lewer.  Die keuse is joune.  Al wat jy moet doen is om die voertuig te wys in watter MODE jy is en hy sal aanpas.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 11:52:10 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1482
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Zack, ek stem volkome met jou saam wat die tegnologie in hedendaagse voertuie betref.

Dit herinner my aan 'n loods wat nie eintlik so 'n goeie loods is nie, want hy het meestal blootstelling gehad aan "auto pilot" vliegondervinding. Nou word hy blootgestel aan 'n ouer of minder gesofistikeerde vliegtuig en moet hy staatmaak op vaardighede wat hy nooit genoegsaam ontwikkel het nie, want sy ervaring is meestal met vliegtuie wat hulleself land. Watter persentasie van voertuie op ons paaie het werklik funksionele elektroniese opsies vir veranderende omstandighede? En hoeveel bestuurders kan dit ten volle benut?

Ek lei dus af van jou inset dat bestuursvermoë oor die algemeen minder belangrik geag word in 'n kompeterende mark. Amper soos 'n ryer in reen op paaie met wit strepe op 'n bromponie of motorfiets sonder die ABS remme waarmee hy leer bestuur het. Eina.

Ek het die draad begin na aanleiding van die baie bandemerke op teerpaaie waar heen en weer oor 'n pad geswenk word voordat die merke die pad verlaat en die getuienis van wat daarop gevolg het gesien kan word aan skade aan die natuur en infrastuktuur. Ek praat nie eens van bestuursvernuf op grondpaaie nie. 

Giniel de Villiers en andere in sy sportsoort het sekerlik die vermoë ontwikkel om op grondpaaie teen 160 kph te bestuur. Het hulle voertuie sodanige elektronika? Tegnologie of te not, 'n grondpad met onvoorspelbare oppervlaktes is nie elke Jan Rap en sy maat se speelmaat nie. Inteendeel, ek dink dit is krimineel om bakkies te bou wat 'n sodanige vals sin van bestuursvermoë verskaf dat gewone mense so vinnig sal wil ry op grondpaaie, of nie sal agterkom hoe vinnig hulle ry nie. Betyds spoed verminder vir 'n draai en belangriker, om te besef wat jou remvermoë op grond is, is nie vir elektronika om te reguleer nie. Ek sidder om te dink waar twee voertuie teen so 'n spoed 'n blinde hoogte nader sonder makaar se medewete, om nie eens te praat van die stofwolk waar hulle inry teen daardie spoed nie. Geen nodigheid vir ambulanse. Lykswaens wel.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 12:08:03 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 537
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Stem saam.  Eskom se max spoed op grondpaaie is 60km/h en daar is 'n rede voor.   Nie almal is gemaklik met grondpaaie nie en kan grond paaie verantwordelik  ry nie.   Ek dink die grootste bydraende faktor in ongelukke is spoed wat hand aan hand gaan met volgafstand.   'n Voertuig kan die beste elektroniese hulpmiddels inhê maar die finale besluit is nog steeds die van die bestuurder. 

Alles het verbeter--Beter voertuie, gemiddelde paaie(In sommige gevalle) maar die persoon besluit self of hy verantwoordelik gaan wees en pad en spoed reels gaan volg.  Daar word baie agter swak paaie, swak kondisies en swak voertuie weggekruip maar die ondeluk kon nog steeds vermy gewees het as jy verantwoordelik, nugter die voertuig gebruik soos goeie padgebruikers moet.

Ons as padgebruikers het 'n swak kultuur van onverskilligheid, Ek is haastig, Eie ek, Dis my reg en nog vele ander kulture wat paaie onveil maak as jy dit moet deel met ander gebruikers wat dieselfde swak kulture.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 13:51:53 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Pieter, wat jy bedoel is dat soos die voertuie slimmer word, word die bestuurders dommer, of moontlik word daar almeer voorsiening gemaak vir almeer onbekwame bestuurders.  Ek stem daarmee saam.  En dan lyk dit ook asof die duurste voertuie vir die domste bestuurders gemaak is!tongue-out Bestuurders verwag almeer die voertuie moet kompenseer vir hulle gebrek aan vaardigheid en die voertuie kan dit net tot op 'n punt doen dan is dit tickets met jou.

My dogter moes in twee state van die VSA bestuurstoetse deurgaan vir bestuurslisensies en deel van die toets was nie eers parallelparkering nie. Maar die vermoë om te kan parkeer, of watter vaardighede ookal, beteken nog nie jy het goeie oordeel nie.  Die ou wat teen 'n bult of op 'n draai oor 'n sperstreep verbygaan, is nie noodwendig 'n swak bestuurder nie, hy is net 'n volkome gek.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 18:46:58 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Dalk word in sommige gevalle die voertuie groter en die bestuurders lisensies kleiner.😉

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 19:42:02 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek dink as jy veertig jaar terug se karre almal in vandag se druk verkeer moet Los laat sal dit chaos wees. In die ou dae het jy jou Kar gespin tot in derde rat. Met vandag se tegnologie Kan die karre nie meer ordentlik tyres brand.  Broadies gooi is ge illimineer met traction control.

En yes vandag se tyd is bestuurders baie skerper as vroer jare. Vroer Kon jy casual cruise nou moet jy jou sit Ken. 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 06:34:17 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die paaie het seker in 'n mate verbeter as jy dit vergelyk met die grond paaie van ouds en plaas paaie waarop baie geleer bestuur het.  As ek dan weer mooi kyk het die paaie in sommige areas so verval dat die grondpad langs aan 'n beter opsie is om te ry.  Kom ons los daai een maar daar.

Raakende die tegnologie wat deesdae in voertuie gebruik word is dit great en tot die voordeel van elke bestuurder wat die voertuie gebruik.  Maar die bestuursvernuf hang maar steeds af van die Nar agter daai stuurwiel.  Al daai tegnologie gaan enige persoon niks help as jy soos 'n clown bestuur en pad reels en algemene wette verontagsaam nie.  Dan sluit ek Newton se wet en Commonsense hierby in.

Dan is daar 'n kombinasie van die goete.  Grond pad, Tegnologie en Ondervinding/Commonsense.

My opinie is daar nie eintlik 'n plaasvervanger vir die laaste genoemde nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 08:16:39 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Ek het altyd gese....as jy n VW Beetle kan bestuur dan KAN jy bestuur.

Vandag se ESP BBP ABS en wattee afkortings ookal waarvan 90% mense niks weet nie help seker.

My 1968 VW Beetle het ook ABS gehad....alle brieke sleep....dis nou as dit gewerk het🤣🤣

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 08:30:43 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Dit gaan definitief oor goeie voertuie en soms beter paaie, maar die probleem is by die "attitude" van sekere bestuurders wat voel hulle is "entitled" om in die geelbane te ry, aan die verkeerde kant van die pad te ry ens.

Om op te som, om alles te doen in n voertuig wat strydig is met die tien gebooie en sommer Levitikus ook.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 09:29:34 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1191
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Ek kan heelhartig saamstem met die "moderne" gevoel van "eie ek" ge-openbaar deur die meerderheid van bestuurders - eienaardig genoeg, veral dié agter die stuur van groter en duurder voertuie ... die outjies in hulle kleiner Mazda's, Toyotatjies, VW's edm. is geneig om (volgens my persoonlike siening) beter bestuurders te wees as daardie groter Merc's, BMW's (veral die X6?) ens. (NIE dat ek veralgemeen nie, asseblief!)

Ek was baie bevoorreg om heelwat 1000e kilometers af te lê tydens verskeie oorsese vakansies, en alhoewel die meerderheid (?) Europese voertuigbestuurders baie vinniger ry onder verskeie omstandighede en die paaie meestal baie meer verkeer dra as hier plaaslik, het ek bitter min ongelukke, motors wat in botsings was, of ook bestuurders wat mekaar in padwoede wou aanval, gesien as hier in Suid Afrika. Ek dink dit móét die gevolg wees van 'n soort "mind set" wat ons hier openbaar.

Dat moderne motors baie bydra tot hierdie "ek-is-beter-as-jy" met hulle verskillende foefies is ook sekerlik te blameer - die motor dink vir jou, en laat jou met die gevoel dat jy wel in beheer is wat werklik 'n valse gevoel van voldaanheid tot gevolg kan hé.

Daarom moet ek ook saamstem met Hannes - ons ouens wat met VW Kewers geleer bestuur het kán bestuur!!smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 09:33:08 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 09:33:37 am

Ek dink baie daarvan het te make met hoe lank na jou lisensie jy een of and lekker vet staatstender gewen het wat gewoonlik gevier word met n Range Rover van somekind of n X6 BMW, verkieslik swart.
 
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 19:46:44 pm
KD
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 28
Joined: 17 Oct 2019

Ek dink baie daarvan het te make met hoe lank na jou lisensie jy een of and lekker vet staatstender gewen het wat gewoonlik gevier word met n Range Rover van somekind of n X6 BMW, verkieslik swart.
 
You forgot to mention the Fortuna and Raptor drivers. One thinks he owns the road. The other will try to push you off the road. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 20:03:03 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

You forgot to mention the Fortuna and Raptor drivers. One thinks he owns the road. The other will try to push you off the road. 

mmmm...not many Raptor drivers around...the model has been on the market not long enough. You probably refer to the "tupperware" Raptors (which are not real Raptors but wannabee's!)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 23:23:47 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dit gaan definitief oor goeie voertuie en soms beter paaie, maar die probleem is by die "attitude" van sekere bestuurders wat voel hulle is "entitled" om in die geelbane te ry, aan die verkeerde kant van die pad te ry ens.

Om op te som, om alles te doen in n voertuig wat strydig is met die tien gebooie en sommer Levitikus ook.

Ek het miljoene kilometers deur ons land Al gery. Baie opvallend was die feit dat ek nog net met Toyota bestuurders in hul Hilux / Fortuners n sittuasie op die pad gehad het waar ek Basies van die pad gedruk was, vingers gewys en nog baie meer. Kruger wildtuin, hoof paaie, grond paaie

Nooit het ek n probleem met bestuurders gehad met ander voertuie wat so opmerklik was.

Nou my Familie ry omtrent almal Toyota, vriende ook, ordentlike mense. Maar daar is baie arogante, Die pad behoort aan Toyota, gee pad of ek ry oor jou mense wat een van die redes is hoekom ek myself nie in n Toyota kan sien. Dit is asof daardie bestuurders iets probeer bewys wat daar nie is in sy voertuig. Nou dit is attitude wat my n pyn gee tot in my .........   To be continued.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 05:42:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het miljoene kilometers deur ons land Al gery. Baie opvallend was die feit dat ek nog net met Toyota bestuurders in hul Hilux / Fortuners n sittuasie op die pad gehad het waar ek Basies van die pad gedruk was, vingers gewys en nog baie meer. Kruger wildtuin, hoof paaie, grond paaie

Nooit het ek n probleem met bestuurders gehad met ander voertuie wat so opmerklik was.

Nou my Familie ry omtrent almal Toyota, vriende ook, ordentlike mense. Maar daar is baie arogante, Die pad behoort aan Toyota, gee pad of ek ry oor jou mense wat een van die redes is hoekom ek myself nie in n Toyota kan sien. Dit is asof daardie bestuurders iets probeer bewys wat daar nie is in sy voertuig. Nou dit is attitude wat my n pyn gee tot in my .........   To be continued.

Nooi jy nou die Toyota manne uit vir n faaait? LOLcool Miskien moet hulle "THE FLY" terug nooiwink

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 06:56:39 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het miljoene kilometers deur ons land Al gery. Baie opvallend was die feit dat ek nog net met Toyota bestuurders in hul Hilux / Fortuners n sittuasie op die pad gehad het waar ek Basies van die pad gedruk was, vingers gewys en nog baie meer. Kruger wildtuin, hoof paaie, grond paaie

Nooit het ek n probleem met bestuurders gehad met ander voertuie wat so opmerklik was.

Nou my Familie ry omtrent almal Toyota, vriende ook, ordentlike mense. Maar daar is baie arogante, Die pad behoort aan Toyota, gee pad of ek ry oor jou mense wat een van die redes is hoekom ek myself nie in n Toyota kan sien. Dit is asof daardie bestuurders iets probeer bewys wat daar nie is in sy voertuig. Nou dit is attitude wat my n pyn gee tot in my .........   To be continued.

Ek stem saam met die gesindheid wat beskryf word.  Het dit by Toya eienaars gesien, maar moet erken ek het dit al by ander vervaardiger voertuie ook gesien. Veral voertuie soos X5 en X6 BMW's,  ML Mercedes en dan net laas naweek 'n ou in 'n Ranger.

Dit was 'n krismastree ranger.  Een van daai mighty thor bakkie rangers.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 07:09:46 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Nou lekker gelag vir die kommentare hierbo. Nee wat, die toppie is so kalm soos n dagga walm as dit by bestuur kom, veral as ek werk toe en terug op die R21 verlore raak in my audio storie boeke.

Was juis gister so trots op myself, kom van die kwak af in Benoni (nogal vir my anti-kwaad word pille) na werk en ry om my seuns op te tel by die rugby oefening.

Ek ken nie regtig die area nie en ry op die GPS en draai per ongeluk voor n jong lat in met sy Renault Clio, nie so dat dit n ongeluk sou veroorsaak nie, maar hy versnel toe hy my sien en briek op my gat en dis vinger en vloek tyd

Op daai stadium doen ek die "hooza" triek (al n week terug uit my anti-verwoes-die-lat-pille gehardloop) en besluit om rustig te bly, sal hy weer op my afjaag en die ritueel herhaal.

Dit was moelik, maar ek het weer "gehooza"....

Baie trots op myself al wou ek later my gat skop dat ek hom nie maniere geleer het nie.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:09:24 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Nooi jy nou die Toyota manne uit vir n faaait? LOLcool Miskien moet hulle "THE FLY" terug nooiwink

Geert ekke Willie baklei

Maar dit is eerlik my ondervinding. Ek staan eendag en luister hoe twee vrouens gesels. Se die een "ons ry n Hilux bakkie en as n ding nie voor will pad gee ry ek hom van die pad af". Nou vra ek myself, wat dink sy?

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:43:57 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3319
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Van die dinge wat my die meeste irriteer is die mense wat meen die regterbaan op 'n dubbelbaansnelweg is die beste om in te bestuur en dan weier om links te beweeg as jy agter hom is en wil verbysteek.  Onthou, en oortree ook as ek links verbysteek. En ek moet net noem ek ry teen die wettige spoed- nie vinniger nie.  Ek het nog nie opgelet of dit net sekere make is nie- ek dink jy kry maar idiote wat die wet verontagsaam wat alle voertuie bestuur.  Ek wil ook so ver as moontlik van die aankomende verkeer wat my teen 240 k/u plus nader af ry, en die linkerbaan is die een waar jy dit kan doen.  Maar sommige mense kan dit blykbaar nie insien nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 08:51:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Van die dinge wat my die meeste irriteer is die mense wat meen die regterbaan op 'n dubbelbaansnelweg is die beste om in te bestuur en dan weier om links te beweeg as jy agter hom is en wil verbysteek.  Onthou, en oortree ook as ek links verbysteek. En ek moet net noem ek ry teen die wettige spoed- nie vinniger nie.  Ek het nog nie opgelet of dit net sekere make is nie- ek dink jy kry maar idiote wat die wet verontagsaam wat alle voertuie bestuur.  Ek wil ook so ver as moontlik van die aankomende verkeer wat my teen 240 k/u plus nader af ry, en die linkerbaan is die een waar jy dit kan doen.  Maar sommige mense kan dit blykbaar nie insien nie.

Die reel van die pad bly "hou links en ry regs verby".  Ek het die week weer op die Mabopane snelweg agter 'n persoon aangekaring wat met 'n roekelose spoed van 40km/h in die regter baan ry.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:04:44 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Geert ekke Willie baklei

Maar dit is eerlik my ondervinding. Ek staan eendag en luister hoe twee vrouens gesels. Se die een "ons ry n Hilux bakkie en as n ding nie voor will pad gee ry ek hom van die pad af". Nou vra ek myself, wat dink sy?

Oom Ore,

Ek dink jy trek die negatiewe aan, waarvan jou hart vol is loop jou mond van oor.

Jy kry soos in n skoolklas, of army peleton, of by die werk, of in die kamp terrein altyd n drol of twee in die drinkwater.

Dis biki wyd om te veralgemeen.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:07:05 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Nou lekker gelag vir die kommentare hierbo. Nee wat, die toppie is so kalm soos n dagga walm as dit by bestuur kom, veral as ek werk toe en terug op die R21 verlore raak in my audio storie boeke.

Was juis gister so trots op myself, kom van die kwak af in Benoni (nogal vir my anti-kwaad word pille) na werk en ry om my seuns op te tel by die rugby oefening.

Ek ken nie regtig die area nie en ry op die GPS en draai per ongeluk voor n jong lat in met sy Renault Clio, nie so dat dit n ongeluk sou veroorsaak nie, maar hy versnel toe hy my sien en briek op my gat en dis vinger en vloek tyd

Op daai stadium doen ek die "hooza" triek (al n week terug uit my anti-verwoes-die-lat-pille gehardloop) en besluit om rustig te bly, sal hy weer op my afjaag en die ritueel herhaal.

Dit was moelik, maar ek het weer "gehooza"....

Baie trots op myself al wou ek later my gat skop dat ek hom nie maniere geleer het nie.

Dit kan jy weer sê. En dan praat hulle sulke snert terwyl hulle moet werk.

Kry seker goeie geld....

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 12:46:16 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dit kan jy weer sê. En dan praat hulle sulke snert terwyl hulle moet werk.

Kry seker goeie geld....

Nee Jin. Die baas is op verlof 👏

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za