English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 604
Total Replies: 253 802
Total Views: 83 281 366
topics: 600
replies: 3 874
views: 3 352 649
Share all those nice recipes with everybody...

Vinnige spaghetti en spek fritttata

replies: 8
views: 3776
08 Sep 2016 @ 17:30:12 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 16 years
handvol spaghetti net soveel jy dink is genoeg vir jou. Ek is baie lief vir spaghetti
1 pakkie fyn gekapte spek
1 ui fyn gekap
kookolie
6 eiers
1 koppie gerasperde parmasaan kaas
sout en peper na smaak
maak dit op n vuur, gas stoof of stoof en in n pan
Braai die spek lekker bros en gooi die uie by en braai nog so n bietjie

kook die spaghetti tot sag en dreineer en hou een kant
meng die eiers, parmesane kaas, sout en peper saam.
Gooi die mengsel saam met die spaghetti, spek en uie roer goed deur.
Gooi n bietjie olie in die pan en maak warm.
sodra die olie warm is gooi die mengsel in die pan en bak stadig tot dit geset is maar nie aanbraand nie.
Sit n bord oor die pan en draai die pan om sodat die frittata op die pan is
sit die frittata terug in die pan met die gebalte kant bo en baak verder tot gaar en eiers gestol haal sit die bord terug ooor die pan en draai die pan om en daar het jy n lekker spaaghetti, spek frittata.
geniet


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2016 @ 11:15:12 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Herman, ons doen hierdie resep sonder die tierlantyntjies vandie omdraai van die mengsel in die pan en bord.
Ons bly net roer totdat die mengsel gaar is, dan skep ons op.
Bly lekker.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2016 @ 20:43:45 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 16 years
Kan ook gedoen word maar bly altyd n lekker dis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2016 @ 09:59:21 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ek het nogal n gawe om n resep te lees en dan te weet hoe dit gaan smaak.
Stem saam met Edge, wil hierdie maak op die volgende kamp want die resep proe lekker en ek weet nou om dit in die spesiale kastrol op die snappy chef stoofplaat te maak.
Nam nam.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2016 @ 18:32:49 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 16 years
Ek glo dit gaan lekekr wees Oom koos
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2016 @ 10:19:27 am
Susan
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 08 Sep 2016
Experience: 37 years
Hallo Herman, ek wonder of jy kan help. Ek dink jy het nou die dag met iemand gechat van Worcester. Dis n nie-amptelike groep wat so saam kamp. Ek het dit iewers raakgelees, en kon toe nou nie weer op die gesprek afkom nie. Ek sal graag meer van hulle doen en late wil weet. Is dit nie ook jy wat genoem het dat julle by n klub wil aansluit nie, en het julle al reggekom. Ons behoort aan KSA Tygerberg. Dis rerig n lekker klomp mense, maar ons is die enigstes wat van Worcester is, meeste bly in die Kaap. Hoop jy kan help, en lekker dag vir julle.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2016 @ 12:54:49 pm
Herman
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 243
Joined: 08 Dec 2016
Experience: 16 years
Hallo Adriana, nee ek het nog nie weer van hulle gehoor nie. Ek sal n bietjie gaan check op die web en kyk of ek weer in aanraking met hulle kan kom. nee nog nie by n klub aan gelsuit nie. Miskien kan jy vir my Ksa se telefoon nommers en adresse deur stuur miskien kontak maak en sien miskien een naweek saam met hulle gaan kamp. Hier rond is nie klubs nie so n mens sal maar moet ry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2016 @ 13:10:51 pm
Susan
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 08 Sep 2016
Experience: 37 years
Hi Herman, ek dink die beste gaan wees as jy op hulle webwerf kyk, "KSA Tygerberg" Al die kontaknommers is daarop, maar hulle werk eintlik so dat, iemand jou moet nooi as gas en drie keer, saam gaan kamp, voor jy kan aansluit. Ons was in die gelukkige posisie dat vriende van ons ook op so n manier aangesluit het, en ons weer genooi het as gaste. Maar ons geniet dit verskriklik, ons het sover al die kampe gedoen, elke maand, van verlede Oktober af. September is nou die eerste kamp wat ons gaan mis, want ons ou karavaantjie gaan "hospitaal" toe, ons wil sommer bietjie veranderings binne laat doen. Dan is ons volgende kamp 15 Oktober by Leentjiesklip. Sien baie uit daarna. Ons moet ook maar partykeer bietjie ver ry, veral as hulle Weskus kamp. Maar wat, ons maak altyd n plan. Kamp Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2016 @ 13:15:21 pm
Susan
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 08 Sep 2016
Experience: 37 years
My naam is eintlik Susan hoor, ek het dit nou verander. Het nie geweet hoe werk die storie nie, Adriana was eintlik die nickname, maar wil nie n nickname he nie. Ek kry ook nie foto's op my profile gelaai nie. Sal maar weer sit en kyk hoe dit werk. Sal bly wees as jy die Worcesteriete kan opspoor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za