Villa SpaSituated in KwaZulu-Natal, Sapphire Coast, Illovo Beach. Villa Spa is a beautiful tropical holiday resort offering fabulous facilities for easy comfort. For more info about this Resort
|
Was enige iemand in laaste tyd hier gewees? Ek beplan my 2de see vakansie en alhoewel ek baie gelukkig is met Dolphin wil ek graag ook ander oorde besoek en "explore". Ek sien hulle netheid is geleikstaande aan Dolphin. My spesifieke vraag is hoe ver is die oord van strand af en hoe kom mens daar? Loop/ry? Ek sien hier word verwys in n ander draad na veiligheids probleme alhoewel dit lank terug was in 2007? Is dit n ding van die verlede? En dan laastens hoe is die strand daar? Netheid en hoe "besig" is hy.

Kierie, hierdie is n 5* oord. Vir my nog die mees netjies versorgde oord wat ons al besoek het. Dis veiliger daar as meeste ander kus oorde. Die pragtigste groen gras staanplekke. Badkamers was skoon gemaak na elke persoon se besoek ...as jy klaar gestort het, is daar n skoonmaker om die hele cubicle se mure af te droog en akoon te maak vir volgende persoon. As jy wasbak gebruik het, is daar iemand wat wasbak droog maak en krane weer af vee. Die strand is naby....dis basies oor due treinspoor brug, oor die sand duin op die strand. Maar as jy wil swem waar life savers is, is dit n stewige stap oor die strand na die area waar ATKV Natalia se mense swem.....met bagasie soos stoele, cooler box, sambreel ens, kan dit stywe stappie raak. Ons mog tydens ons besoek ook nie vure aansteek nie, net kole...en braaiers moes ook ten minste 500mm hoog wees om hul mooi gras te beskerm. Pragtige swembad en ontspannings area.
Dankie vir die breedvoerige terugvoer. Hy en Natalia is dan beslis op ons to do list vir die toekoms. Lyk my enigste nadeel is dan die strand met lifeguards wat vlgs gps 500 meter weg is by Villa Spa. Hoe "besig" en skoon is die strand by Natalia?

Strand word hoofsaaklik net gebruik deur inwoners van Karridene, Natalia en die paar ander om hulle. Nog nooit eintlik dagbesoek locals op daai strand gesien nie omdat jy via oord op die strand kom. Hulle kan via strand kom, maar dis baie ver stap en daar is nie eintlik iets wat trek op strand dat hulle dit doen nie. So strand het basies net hul vakansie gangers. Hul sand strande is masief, so jy sal nooit beknopte gevoel kry nie
Kierie....hoe was Villa Spa vir jou gewees?
Oom Geert...ek was beindruk. Die staan plekke was ruim (ek het op 36 gestaan) groter as norm wat ek gewoont aan is. Wat my opgeval het is dat AL hulle staan plekke vol gras is en dis goed versorg netjies en kort gesny. Daar was net 1 wat so bietjie sanderig was. Sekuriteit is uitstekend. Badkamers en geriewe van die beste en verseker die skoonste waar ek al was. Personeel was vriendelik genoeg en ek het puik biere gehad. As ek rerig krities moet wees sal ek se hulle moet beter braaiers kry. Myne was n 3 poot en vreeslik lendelam, ek moes hom vas kap met penne. Al negatief van die plek is sy omliggende omgewing of kan ek se dorp is nie vir my so "nice" soos bv Dolphin/Ballito nie. Ons was so vinnig by daai strand gewees en daar was omtrent niemand nie. My seun het n rugbytoer in Durban gehad en was maar besig met dit, so ons het eintlik meer tyd nodig gehad om die plek beter te leer ken. Ek en Melanie het gepraat oppad terug en gese ons sal liewers weer Dolphin toe gaan.

Dankie vir terugvoer Kierie. Ons gaan net tot by daai Pickn Pay sentrum aan begin. Daai Pick n Pay is heel nice en dan is daar n lekker slaghuis in daai sentrum.....Braai - Lawaai. Dis Afrikaanse mense wat lyk my van Pretoria af kom wat eienaars is, want hulle is gedurig in Bloubul truie. Hul vleis is puik. Die laaste wat ons daar gekoop het was Biltong flavoured patties en ook rump met biltong smakie in.....heerlik.
Ons voel dieselfde, Dolphin bly maar ons gunsteling