English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 712
Total Replies: 255 267
Total Views: 83 335 288
topics: 11 681
replies: 140 677
views: 39 387 955
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Vervoer van karavane oor provinsiale grense in lockdown

replies: 16
views: 643
02 Aug 2020 @ 21:29:18 pm
Mokala
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 18 Mar 2020
Experience: 31 years

Naand almal. Het iemand onlangs n karavaan gekoop oor n provinsiale grens? Watse permit of vorm het julle gebruik om die karavaan te gaan haal om deur padblokkades te kom? 

Laat weet asb . ek moet oor 3 grense om my karavaan in Witbank te gaan haal. Eish..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2020 @ 22:01:43 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Vriende het dit 2 weke gelede gedoen. Uit KZN na Gauteng.

Die handelaar gee jou net 'n brief om te sê jy moet vir besigheid na hom reis.

Ek is nie 100% seker of jy dan na jou SAPS toe moet gaan om'n permit te kry nie.

Vra by SAPS. Hulle sal jou kan sê.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2020 @ 22:25:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10061
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Die handerlaar stuur net vir jou n brief dat jy n karavaan by hulle gekoop het.

Dan by jou polisie kry jy n permit om heen en weer te ry.

Hier by ons is n permit net 6 dae geldig 

Het woensdag daar een gekry vir Limpopo.

Hou net die brief van die handerlaar saam met die permit.

Die permit is n spesiale form met n klomp goed wat jy moet invul, hier het hy hom net ge stempel en geteken.

Hier is hulle van 09h00 tot 15h00 beskikbaar vir dit.

Niks om oor bekommerd te wees nie, by die padblokade my nie gestop nie.

Dink as ek sonder n permit was het hulle dalk, justice... 

Sterkte

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
03 Aug 2020 @ 18:17:17 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 175
Joined: 26 May 2017
Experience: 4 years

Ons gaan September 'n nuut- geboude camper in Swellendam haal.  Natuurlik sal ons alles wil toets terwyl ons naby genoeg is aan die vervaardigers.  

Enige voorstelle vir kampplekke met privaat ablusies op die Breede Rivier.  Ons wil ook graag visvang.  

Bontebok was ook 'n opsie (sal eerste besoek wees), maar Sanparks kan ons nie help nie.

Sukkel om enige onlangse terugvoer van Witsand Munisipale park te kry.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2020 @ 23:11:41 pm
FaniePE
New Member
74% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 01 Jul 2020
Experience: 31 years
Ek woon in PE en het twee weke gelede 'n karavaan by 'n privaatpersoon in Pretoria gekoop en dit gaan haal. Die SAP in PE het 'n Vorm 6 gewysig om te sê ek gaan 'n karavaan haal. Ek het ook 'n brief van die verkoper gehad maar SAP by padblokkade het nie eers vir so-iets gevra nie.
 
 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2020 @ 15:06:25 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10061
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Fanie jy is reg, die Vorm 6.

Welkom hier op die forum.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2020 @ 14:23:36 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Ek wil nou nie te veel datail gee nie vir ooglopende redes.

Vriende van ons is sedert verlede jaar voltydse karavaners en het 'n nuwe Okto gekoop in Gauteng. Het verlede week vanuit KZN gery om die nuwe wa te gaan haal. Met die nuwe wa na Limpopo en daar by privaat kamp gaan staan teen baie billike prys.

Ons was pas terug van 4 weke in Pretoria en mijn vrouw vra hoekom gaan ons nie saam met hulle kamp nie? 

Het gepak, redelik onlangs gehaak en gery van Malelane na die kampplek in  Limpopo.

Net verby Loskopdam se wal op die Middelburg/ Groblersdal pad is ons by 'n blokkade voorgekeer en ondervra. SAPS persoon skryf motor nommer en my ID nommer neer en van waar tot waar ek reis.

Eerlik gee ek die antwoord. Sy vra my permit. Ek het nie een nie en sê so, maar ek wys dat ek 'n bespreking het (skaap gesig uitdrukking). Vriendelik sê sy ons moet net deur die blokkade ry, parkeer en by 'n tent gaan koors meet en covid vorm invul, en ons moet veilig ry.

Ons het so gemaak en sit nou voortydig, "buite regulasie" met goedkeuring van SAPS (se verteenwoordiger) in 'n kamp en koffie drink voor ons wa tent.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2020 @ 15:08:53 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Mooi man!

By Sanparke sal jy by die hek moet omdraai as jy nie kan "bewys van verblyf" toon nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2020 @ 15:50:47 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Mooi man!

By Sanparke sal jy by die hek moet omdraai as jy nie kan "bewys van verblyf" toon nie.

Kan steeds nog nie by Kruger kamp nie. Aanduiding is middel September.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2020 @ 16:11:10 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Kan steeds nog nie by Kruger kamp nie. Aanduiding is middel September.

Vandag by die Nelspruit kantoor. Hulle aanvaar Augustus besprekings waar daar nog plek is maar nie seker wanneer die kamp heropen nie. Verstaan nie die logika nie. Soos jy se, dalk eers middel September en dan is die afslag tydperk amper verby.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Aug 2020 @ 18:29:21 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 536
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 53 years

Nice Pottie, enjoy.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 14:52:31 pm
Theo
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 14 Oct 2007

Hi Fanie

Jy noem dat jy 'n wa in 'n ander provinsie gaan haal het - mag ek vra wat die prosedure is met so 'n transaksie.

Kry jy 'n tydelike registrasie nommer tot jy by jou eie huis gekom het of het jy die wa met sy ou nommerplaat tot by jou huis gesleep - wat basies beteken die wa was nog op die vorige eienaar se naam. 

Ek be-oog om Dinsdag na 'n wa in Mosselbaai by 'n handelaar te gaan kyk maar woon 'n die Kaap - die "probleem" is, ek is maar 'n "bang broek" en wil die wa verseker van die oomblik wat ek dit in ontvangs neem - die wa sal dus nog nie op my naam wees nie maar darem hopenlik alreeds deur die padwaardigheids toets gewees het voordat ek die wa sleep.

Enige hulp in hierdie verband sal help 

 

Dankie

Theo

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 18:00:05 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Hi Fanie

Jy noem dat jy 'n wa in 'n ander provinsie gaan haal het - mag ek vra wat die prosedure is met so 'n transaksie.

Kry jy 'n tydelike registrasie nommer tot jy by jou eie huis gekom het of het jy die wa met sy ou nommerplaat tot by jou huis gesleep - wat basies beteken die wa was nog op die vorige eienaar se naam. 

Ek be-oog om Dinsdag na 'n wa in Mosselbaai by 'n handelaar te gaan kyk maar woon 'n die Kaap - die "probleem" is, ek is maar 'n "bang broek" en wil die wa verseker van die oomblik wat ek dit in ontvangs neem - die wa sal dus nog nie op my naam wees nie maar darem hopenlik alreeds deur die padwaardigheids toets gewees het voordat ek die wa sleep.

Enige hulp in hierdie verband sal help 

 

Dankie

Theo

Theo,

Ek het my wa in Gauteng gekoop (nuut).

Die handelaar het my met 'n tydelike permit uitgereik.

Ek het die wa verseker teen die naam en onderstel nommer met dien verstande dat hy nog nie op my naam geregistreer is nie.

Indien jy die wa koop en hy nog die ou nommer het, kan jy hom verseker met dien verstande dat die nommer sal verander.

Jy sal dalk net die onderstel nommer moet gee vir identifikasie.

Solank jy jou versekeraar inlig (opvolg met e-pos opsomming van gesprek) en hy die risiko aanvaar deur te sê jy is verseker, is jy gedek.

Laat weet hoe dit gaan. Ten minste hoef jy nie oor provinsiale grense te ry nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Aug 2020 @ 22:31:45 pm
FaniePE
New Member
74% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 01 Jul 2020
Experience: 31 years

Hi Theo

In my geval het ons dit so gedoen. Ek het die karavaan in Pretoria by 'n privaatpersoon gekoop. Aangesien die karavaan toe nog in sy naam geregistreerd was, het hy nie sy versekering kanselleer nie. Ek het dus die karavaan met sy ou registrasienommer tot in PE gesleep.

Hy het toe die karavaan van sy naam afgehaal by die poskantoor (Vorm RLV). Ek moes vir hom 'n afskrif van my ID-dokument en 'bewys van adres' (Munisipale rekening) stuur.

Nadat hy dit gedoen het, het ek die volgende gedoen:

Die karavaan geneem vir padwaardigheidstoets. Die karavaan by die poskantoor op my naam laat registreer (Vorm RLV), ek moes 'n afskrif van my en die verkoper se ID-dokumente en 'Bewys van adres' inhandig. 'n Nuwe registrasienommer vir die karavaan is toe aan my gegee waarna ek versekering daarop uitgeneem het. 

Of dit heeltemaal die regte prosedure is weet ek nie; ook nie of dit in alle provinsies so werk nie.

Ek hoop jy kom reg

You can keep going long after you think you can't
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Aug 2020 @ 07:23:21 am
Theo
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 14 Oct 2007

Dankie Fanie - sal maar sien wat volgende week gebeur.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2020 @ 15:26:04 pm
Theo
Bronze Member
14% Profile Strength
Posts: 20
Joined: 14 Oct 2007

Hi Proffie

Jammer dat ek nie vir jou bedank het vir jou terugvoer nie - word waardeer en gee beslis gemoedrus om te weet daar is sulke opsies.

 

Dankie 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Aug 2020 @ 17:53:26 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 31 years

Hi Proffie

Jammer dat ek nie vir jou bedank het vir jou terugvoer nie - word waardeer en gee beslis gemoedrus om te weet daar is sulke opsies.

 

Dankie 

 

Geen probleem Theo.

Hoop net jy kom reg.

Hou ons op hoogte, want so leer ons almal by mekaar.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za