English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 018
Total Replies: 243 911
Total Views: 82 987 147
topics: 11 246
replies: 133 222
views: 39 191 786
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Vervoer van Bergfiets terwyl jy karavaan. sleep

replies: 17
views: 316
02 Feb 2020 @ 20:04:56 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 134
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Ek is opsoek na n plan om n Bergfiets tevervoer agter op my Toyota Hilux terwyl ek sleep .Ek wil nie die fiets agter op karavaan vervoer .               Ek sal enige voorstelle en fotos wardeer van fiets rakke wat kan werk ,want ek weet sommige rakke is telank ,veral met die draai is dit probleme .Ek het so rak, maar hy is gladnie doelmatig nie .

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2020 @ 21:29:30 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Willie ek glo jy sal goeie idees kry maar dink nogal agter sal kan werk. As dit 1 fiets is wat van binne-in die woonwa?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 06:08:08 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 134
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Hi Danie dankie maar ek wil nie die fiets binne in my karavaan vervoer nie.Wil maar liewer kyk hoe kan ek dit agter op my bakkie doen .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 06:19:12 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15740
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Miskien as jy op Thule se website kyk, gaan jy idees kry. Ek weet daar is n rak wat bo die bak van n dubbel kajuit pas.....maar dan gaan jy nie canopy kan gebruik nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 06:34:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15834
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Miskien as jy op Thule se website kyk, gaan jy idees kry. Ek weet daar is n rak wat bo die bak van n dubbel kajuit pas.....maar dan gaan jy nie canopy kan gebruik nie

Ek wou dieselfde voorstel maar dan is die Canopy se gebruik nie moontlik nie.

Die enigste manier om dalk effe spasie te wen is om die fiets op 'n doelgemaakte fietsrak oor die A-raam van die Karavaan te monteer.  Die fiets is dan baie nader aan die karavaan se bakwerk en is ook nood gedwonge effe hoër.

So het jy meer draai spasie.  Die fiets rak kan op dieselfde manier gebou word as die Spaarwiel Bracket wat op die A-raam gemonteer word.  

Gaan kyk na die draad oor spaar wiel op die A-raam.  Oom Bienkie van die forum het hulle gemaak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:27:07 am
NicoSmit
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 02 Jan 2020
Experience: 18 years

Gaan Google Geof bike racks ek gebruik so een om my fietse agter my bakkie te vervoer as ek sleep moet net nie so een gebruik as jy 'n carbon fibre fiets het nie .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:51:12 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Dis waarom ek beestralies op my Hilux het.

Drie fietse agterop, vasgetrek met rekke teen die tralies op die kante, gronseile, hout, en al daai los goed tussen die fietse.

As ek die canvas seil oortrek dan vervoer ek die fietse met die fietsrak hierbo my post, hy is net gemaak vir 3 fietse.

Weet net nie of hy my gaan belemmer met die woonwa nie, die Glider trailer pla nie, maar jy moet mooi draai om seker te maak hulle raak nie die Glider nie.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 07:54:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15834
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gaan Google Geof bike racks ek gebruik so een om my fietse agter my bakkie te vervoer as ek sleep moet net nie so een gebruik as jy 'n carbon fibre fiets het nie .

Die fiets rak werk ook goed. Die laagste fiets posisie maak dalk dat die fiets se wiele laag sak en dan is die draai sirkel van die kombinasie dalk effe grooter omdat jy nie meer so skerp kan draai nie.

Dis maar 'n "trade-off" tussen gemaklik draai en fiets saam vat.

Vraag ! ! ! ! ! ! !

Nico hoekom nie die fiets rak gebruik as dit 'n Carbon Fibre fiets is nie? ? ?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:11:00 am
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 236
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 46 years

Ek vervoer een bergfiets op 'n "Bike Buddy" wat op die A-raam van die woonwa vaskom-sonder enige gate-dit klamp vas. Het dit op die Classifieds vir R400 gekoop. Kyk by woonwa handelaars hulle kan nuwes bestel of gaan na hull webwerf . Die ding werk baie goed, die fiets word met "ratchet straps vasgemaak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:17:52 am
NicoSmit
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 02 Jan 2020
Experience: 18 years

As mens die fietse vasklamp op die rak draai jy dit redelik styf vas om te keer dat die fietse nie los kom nie .Die probleem met die carbon fibre rame is dat klamp jy hom te styf vas is die kans dat jy die top "tube " kan kraak en jou fietsraam is moerland toe die vervaardiger sal nie die raam vervang nie dis hoekom jy hom op die Thule tipe rakke sit waar die hele fiets agter staan  of jy laai hom agter in jou kar of bakkie . 'n Mede fietsryer vriend het dit te laat  agtergekom en nou het hy 'n baie duur fietsraam muur behangsel

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 08:37:23 am
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 134
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

Lein kan jy vir my n foto plaas van die bike buddy asb 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 14:30:50 pm
EvWyk
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 25 Nov 2015
Experience: 45 years

Hi Willie

Ek het 'n gewone "Hold Fast" fietsrak gebruik - hou 4 fietse. Wees net versigtig om nie te skerp te draai ie. Ek haal gewoonlik die fiets af sodra ek by die kamp kom.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 14:43:27 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9021
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Sit vir jou n dra rak bo op die cannopy.

Dan kan jy 4 fietse op sit en jy moet dan net nie onder bome deur ry nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Feb 2020 @ 15:03:32 pm
Willie54
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 134
Joined: 29 Dec 2009
Experience: 44 years

EvWyk ek dink daai een van jou sal werk ek wil.net een fiets vervoer sal hom kan inpas .Baie dankie aan almal wat raad gegee het .Ek wil nou net so  fiets rak koop .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 06:04:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15834
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Daars hy nog 'n man wat sy plan gekry het.  Hoe seg hulle prentjie spaar 'n 1000 woorde.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 08:20:43 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1143
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Bly jy het reggekom ..... ek het dieselfde probleem gehad. Goed om die bergfiets IN die karavaan te laai op pad na die kamp toe, maar die vuil fiets binne-in as ons terugkom? Joanie het dadelik gesê NEE!

Toe maar 'n trekstang agter "Pophuis" laat installeer. Werk lekker!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 08:28:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15834
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Toe die kinders nog saam gekamp het was ons gelukkig om net skateboards, skop scooters, skop fietsies, rollerblades en dies meer saam te kar wei.

Ek het nooit dit nodig gehad om fietse te laai nie. 

Dis natuurlik 'n ander saak as jy die fiets vir jouself saam neem.  Dan moet 'n man maar 'n plan maak.  Ek het tans twee opvou fietse wat agter in die Tipper gelaai word.  Maar selfs dan gaan hulle nie elke kamp saam nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Feb 2020 @ 12:25:38 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 292
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Weet nie of jy n conopy op jou bakkie het nie. Kyk op Fruntrunner se blad. Hulle het wat hulle verwys na as load bed racks for bakkies. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za