Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22007 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17761 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6219 |
Bostoe | 5460 |
BrianB | 5286 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3222 |
mulderpm | 2652 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1999 |
Swanie | 1863 |
Nico | 1770 |
steamer | 1701 |
Hennie Botha | 1682 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1460 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1253 |
Louvan | 1245 |
RichardJ | 1165 |
Gerden | 1165 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 851 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 807 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 438 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 409 |
LEEN | 385 |
Kamp is Koning | 372 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 269 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 183 |
Trev1 | 183 |
Maurits | 172 |
Andal | 167 |
Andrew | 149 |
Dolrik | 144 |

Verskillende Produkte Battery management en Intelegente Battery Laaier
Sal graag wil hoor by die experts. Ek het tans 'n "National Luna battery mangement" om tweede "deep cycle" battery te laai wat ek gebruik om my kamp yskas agter in voertuig van krag te voorsien. Ek het nou woonwa gekoop wat 'n Victron Blue Smart laaier ingebou het en kabels met BH prop by die haak. Kan ek die bestaande NL se kabel gebruik om krag aan Victron Blue Smart laaier te gee. Natuurlik met 16mmsq kabel en dan nog BH by voertuig se hak. Sal julle opinies waardeer.
I would rather ask NL. Maybe connect the NL into the solar input of the Victron. But don't take my word for it. Danie SLX will know better.
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!

Welkom hier Dries. Ek wil nie probeer om jou vrae te beantwoord nie, eerder nog vrae vra. Hoe groot is jou twee batterye in die voertuig? Hoeveel watt trek jou yskas in die voertuig? Hoeveel trek die karavaanyskas, met ander woorde het die batterye genoeg kapasiteit vir die twee yskaste? Gaan jy beide gebruik? Waarom nie van Lithiums gebruikmaak wat veilig dieper kan ontlaai nie?Wil jy 220 V na die karavaan stuur- ek raai so want jy praat van die laaier in die karavaan. As dit so is, is dit veilig? Hoe lank op n slag moet jy van die batterye gebruikmaak- dalk aaneenlopend? Laai jy die batterye met sonkrag?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Dankie vir belangstelling. Die voertuig se auxilary battery is 110ah, die kampyskas gebruik so 5.5ah en dan twee LED liggies wat af en toe gebruik word. maksimum 6ah. Die woonwa het selfde battery in sal meeste 220v gebruik sodra mens kamp opgeslaan het. Dit is terwyl ek ry om yskas van krag te voorsien. Volgens spesifikasies gebruik die yskas 5ah.
Sal op die stadium seker meeste van 220v gebruik vanaf kamp plek se voorsiening.
Ek het uitgevind dat die krag vanaf smart controller (NL) direk na via BH koppeling na die woonwa se battery sal gaan en niks met Victron charger te doen het nie. Victron is daar om battery in woonwa te laai vanaf 220v.
Ons sleep baiemaal so 8 uur per dag as ons tussen Limpopo en die Suidkaap ry. Die yskas loop dan nie en ons het nog nie voedsel verloor nie. Vleis in die klein vriesgedeelte is meestal nog redelik gevries. Ons koppel onmiddelik aan lynkrag en die volgende oggend is alles weer koud. Roomys ontdooi ongelukkig. My raad sal wees as julle nie besonder lang tye aanmekaar sleep nie, moenie moeite doen om die yskas te laat loop nie. As dit n konvensionele kompressor tipe is, was die aanvaarde wysheid dat dit sleg was om die werkende kompressor aanhoudend te laat rondskud. Dalk is nuwer yskaste daarteen bestand. Ek vertrou ook nie die idee om 220V tussen die sleepvoertuig en die karavaan te lei nie. Elektrisiteit is gevaarlik en ek vat nie graag kanse nie. Dit mag baie moontlik onwettig ook wees wat beteken dat as daar skade kom, gaan die assuransie dalk probleme gee.

My siening en ondervinding is dieselfde. As jy reeds die batterye, chargers en kabels het kan mens seker maar die koppelings doen, maar ek dink ook dis nie nodig nie.
Ons het 'n paar keer met 'n Classique wat 'n 3 way yskas gehad het en 'n Sensation wat gewone 220V yskas gehad het van Pta na Plettenbergbaai en Kaapstad self gesleep en het nog nooit enige kosse of selfs roomys verloor nie. Die isolasie van die yskaste is van so aard dat die kos nie bederf oor die sleep tydperke nie.
So as jy die uitrusting het gaan vir goud, andersins sou ek nie eers gepla het met dit nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Baie dankie vir julle kennis, waardeer.