English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 516
Total Replies: 252 659
Total Views: 83 242 688
topics: 11 568
replies: 139 143
views: 39 339 562
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Versekering

replies: 16
views: 342
12 May 2020 @ 14:44:08 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Soos dinge nou gaan sal ons die karavaan eers in omtrent ‘n jaar se tyd weer gebruik. Maak vir my nie sin om die ding te verseker terwyl dit erens veilig net staan nie. So ek het die versekering gekanselleer. Sal dit weer verseker wanneer ons dit weer gaan gebruik. Spaar ongeveer R3000,00 per jaar!

Maar wat my opgeval het is dat die wa se versekering omtrent 50% van die Fortuner se versekering kos - dit nieteenstaande dat die wa meeste van die tyd net staan, dat sy waarde omtrent 30% van die Fortuner se waarde is, en dat die wa nie skade aan ‘n ander voertuig kan aanbring nie. Maak vir my net nie sin nie. Lyk my dit is buitensporig duur om ‘n karavaan te verseker. Hoekom is dit so, of mis ek iets?

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 14:59:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Frans.....ek gaan hoor of ek dit ook kan doen. Ek sit tans met my Swing ook nog wat ek moet verkoop....so betaal dubbel en soos jy sê....hy staan net tuis.....bitterskraal dat hulle hom gaan steel. 

Ek weet soms ook nie hoe werk hulle premies uit nie. My Expo is vir R 60k meer verseker as die Swing, maar ek betaal minder op die Expo? My werks bakkie is meer werd as my Ranger, maar ek betaal minder op my werksbakkie wat ek vir besigheids doel eindes gebruik as op my Ranger wat ek vir privaat gebruik.....soms nie eers 1000km n maand nie.

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 18:39:01 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ek hersien jaarliks my versekering op die voertuie, karavaan en huis inhoud. Voertuie se waarde val met tyd mens moet maar kyk na jou huis en karavaan inhoud. Want mens is geneig om nuwe goed aan te skaf en dan styg die vervangings waarde die dag as jy eis is dit n probleem. My geluk werk maar net so, die oomblik as ek dit kanseleer loop dinge verkeerd en ek moet eis.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 20:27:16 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1510
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die probleem met karavaan versekering is dat dit ewe veel kos om skade aan die ding te herstel, ongeag of dit 'n nuwe of ou karavaan is.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 May 2020 @ 20:54:25 pm
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 614
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 44 years

Dit maak sin om te oorweeg om versekering te kanselleer, maar my enigste bekommernis is dat, terwyl die wa tuis onder die afdak geparkeer staan, en 'n skermunkel sou inbreek en skade maak asook inhoud steel, dan is ek nie gedek vir skade nie, want ek glo nie dit sal onder 'huisinhoud' gedek wees nie?? Weet nie, vra maar net??
My wa is spesifiek onder die VOERTUIE afdeling gelys.

Tans betaal ek vir Rk171 dekking (wa + toebehore [mover, aircon, 220Vyskas]) 'n maandelikse premie van R220. Dit is deel van my algehele versekerings portefeulje. 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 07:48:28 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek dink dit is `n Goeie idee om die versekering te kanseller vir die tyd tot mens weer kan kamp. (veral as die wa nie sigbaar is van die straat). Dink ook daaraan om maar sy staan wielle aantesit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 10:39:53 am
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

My versekering het laat weet hulle gee darem afslag op die premie vir hiedie tyd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 11:00:51 am
Expo / Jan
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 28 years

Geert,ek weet ook nie hoe bepaal hulle paaiemente nie........om jou dalk 'n idee te gee: my 2014 Expo is verseker vir R 150k en versekering beloop R 184 pm - dis by M&F

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 11:30:40 am
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 416
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 33 years

I do not have a caravan but I have a combined insurance for the car, trailer, house contents, building (including swimming pool), camping equipment (including tents and fridges). All that combined comes at a discounted premium. I also considered cancelling the cover for the trailer and camping equipment. But then the discount on the premium changes. 

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 14:02:40 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9750
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Met my ID nommer gebuur daar iets met die wa sou ek die versekering stop.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 May 2020 @ 17:29:08 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

My Skipper se versekering is in lyn met Jan Steemkamp s'n en dit is myns insiens heel billik.  Toe ek die waentjie gekoop het, het die versekeraar 'n premie gekwoteer wat vir my buitensporig was.  Ek het onderhandel en ons het op 'n aansienlik laer bedrag ooreengekom.  Miskien moet die lede wat meen hulle betaal te veel, ook probeer onderhandel.  Ek het onder andere Louvan se argument geopper dat die wa meestal heel veilig in 'n garage staan en dat karavane maar selde in ongelukke betrokke raak.  Deesdae is amper alles onderhandelbaar as jy net die moeite wil doen om te onderhandel.  Die verbruiker het die hef in die hand.  As die diensverskaffer of verkoper onredelik is, gaan hy net nie my geld kry nie en soos die Engelse sê 'n voëltjie in jou hand is beter as twee wat nog in die bos rondvlieg.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2020 @ 07:18:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17413
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het gister online n kwotasie aangevra......een maatskappy gee sommer klomp keuses en almal was heelwat goedkoper as wat ek tans betaal. Huidiglik het ek nooit probleme met eise uitbetaal nie....nou wonder ek of dit geld werd gaan wees om te skuif....bang ek haal minder geld uit per maand, maar as dit kom by eis, dan is daar probleme en verskonings om nie uit te betaal nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2020 @ 07:51:38 am
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Geert vergelyk eers die voordele wat jy nou het met die van die kwotasie en maak seker daar is geen verskuilde agenda nie. As jy gelukkig is met jou huidige versekering gaan terug na hulle toe vir n beter kwotasie voordat jy n skuif maak dalk klop hulle daai kwotasie. Die gras is baie keer groener aan die ander kant todat jy eis. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2020 @ 08:08:00 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As ek my eis-ondervindinge en die van ander ouens waarmee ek gesels het, lyk dit vir my jou ondervinding word bepaal deur hoe verantwoordelik jy is met jou eise.  As jy vir elke klein dingetjie eise instel, en dan nog die skades vergroot, sien jou versekeraar dit raak- hulle is ingestel daarop, en is dit op rekord by jou versekeraar.  Hy kyk dan baie meer intensief na jou eise.  As jy aan die ander kant nie probeer om die versekeraar uit te buit nie, hanteer julle jou baie vriendelik.  En dit lyk vir my asof versekeringsmaatskappye eis-data deel, so jy kan nie jou eisgeskiedenis ontvlug deur na 'n ander versekeraar te skuif nie.  As ek dit reg verstaan, het ek nie 'n probleem met die versekeraars se hantering nie.  'n Mens moet onthou dat jy gemoedsrus koop met 'n polis en nie 'n lotto- kaartjie waarmee jy kan wen as jy ondernemend (lees oneerlik)  genoeg is nie.

Ek stem saam met Kobus.  Lojaliteit kom van twee kante en jy baat uiteindelik daardeur. Onderhandel eerder met jou huiidige versekeraar, as jy 'n eerlike klieënt is, kan jy dalk heelwat spaar want hulle wil jou dan graag behou. My indruk oor die mense wat so kla oor hoe versekeraars allerhande probleme het as 'n eis ingedien word, kry dalk net wat hulle verdien.  Die versekeraar sê waarskynlik vir so 'n klieënt ons sal graag wil hê jy moet loop.

 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2020 @ 11:39:09 am
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 614
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 44 years

As ek my eis-ondervindinge en die van ander ouens waarmee ek gesels het, lyk dit vir my jou ondervinding word bepaal deur hoe verantwoordelik jy is met jou eise.  As jy vir elke klein dingetjie eise instel, en dan nog die skades vergroot, sien jou versekeraar dit raak- hulle is ingestel daarop, en is dit op rekord by jou versekeraar.  Hy kyk dan baie meer intensief na jou eise.  As jy aan die ander kant nie probeer om die versekeraar uit te buit nie, hanteer julle jou baie vriendelik.  En dit lyk vir my asof versekeringsmaatskappye eis-data deel, so jy kan nie jou eisgeskiedenis ontvlug deur na 'n ander versekeraar te skuif nie.  As ek dit reg verstaan, het ek nie 'n probleem met die versekeraars se hantering nie.  'n Mens moet onthou dat jy gemoedsrus koop met 'n polis en nie 'n lotto- kaartjie waarmee jy kan wen as jy ondernemend (lees oneerlik)  genoeg is nie.

Ek stem saam met Kobus.  Lojaliteit kom van twee kante en jy baat uiteindelik daardeur. Onderhandel eerder met jou huiidige versekeraar, as jy 'n eerlike klieënt is, kan jy dalk heelwat spaar want hulle wil jou dan graag behou. My indruk oor die mense wat so kla oor hoe versekeraars allerhande probleme het as 'n eis ingedien word, kry dalk net wat hulle verdien.  Die versekeraar sê waarskynlik vir so 'n klieënt ons sal graag wil hê jy moet loop.

 

Fred,

Kon dit nie beter stel nie - dis my ervaring ook oor al die jare!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2020 @ 19:36:04 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 851
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek sal nie die kaans waag nie ek betaal Minder as R1000.00 perjaar dink net daar is 'n brand en ek moet hom vervang R200 000.00 plus nee wat ek hou maar aanbetaal

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 May 2020 @ 09:15:12 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

R1000 per jaar, dit is ongeveer R80 per maand vir 'n R200,000 karavaan!  Jy is uiters gelukkig- hou by die versekeraar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za