English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 411
Total Replies: 232 671
Total Views: 82 440 714
topics: 10 889
replies: 126 400
views: 38 912 261
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Versekering / Insurance

replies: 26
views: 10679
16 Apr 2015 @ 11:00:28 am
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Na aanleiding van Chameleon se seun se huis wat tragies afgebrand het, het ek gevoel ons moet dalk gesels oor Huisversekering.
Dit is baie belangrik en kan in twee kategorieŽ ingedeel word, nl:
1) Geboue en strukture ( vaste eiendom )
2) Inhoud wat huishoudelike goedere insluit en alles wat jy kan saamneem as jy wegtrek en dan bewegende goedere wat voertuie insluit.
Ons word baie gebombardeer deur e-posse, sms'e en in die media oor goedkoper premies en geld terug as jy nie eis nie.
Die vraag is: Is Goedkoper premies beter? Of is Versekering beter by 'n gevestigde firma wat sy woord gestand doen as dit kom by die uitbetaalslag sonder om redes te soek om nie uit te betaal nie? Daar is seker baie ander vrae wat gevra en gedebateer kan word oor die onderwerp.

Wat sÍ julle? Het ons dalk 'n kenner op die forum wat kan advies gee? Kom ons gesels saam. Is jou karavaan en inhoud apart (ja apart) verseker?


Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 11:02:54 am
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 26 years
ek sal die lyn dophou ek is by n groot gevestigde maatskapy en het nog nie n probleem gehaad by hulle vir n klaim nie als het vinig en goed verloop.
"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 11:16:08 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Dink dis n baie belangrike onderwerp

My seun se huis inhoud was  verseker maar hulle wil nie uit betaal voordat die afgebrande huis weer reg is en hulle eers intrek mense lees die fein skrif

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 11:28:52 am
Sennin
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 113
Joined: 26 Jan 2015
Experience: 14 years

dis 'n baja interessante onderwerp

my huis inhoud versekering is saam my voertuig en speelgoed versekering by Tuff Stuff, maar omdat hulle vereis dat die lapa 5m vanaf die huis moet wees en myne is net 4.6m, het hulle my R1150 meer gekwoteer op huis versekering. dus het ek toe met ABSA se huis versekering gegaan wat hulle gekwoteer het tydens die verband aansoek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 11:40:08 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Mens mag natuurlik nie hier name noem nie, maar daar is versekeringsmaatskappye wat geweldig groot adverteer, wat regtig vol nonsens is as dit by uitbetaal kom.  Nee wat, ek glo bly by die Goeie Ou Gevestigde Stallwarts in versekering.  My skoondogter is oor die makelaars van so 'n maatskappy in die Ooskaap en behartig baie eise, en sy het my al baie stories vertel.

En ja, mens moet maar alles ordentlik verseker.  Die inhoud van jou huis en karavaan is in elk geval nie onbetaalbaar duur om te verseker nie, so waarom skimp daarmee?  Ons karavaan se inhoud is apart verseker vir 'n bepaalde bedrag.  Die maksimum wat hul dus sal uitbetaal is waarvoor jy verseker het.  En om groot bybetalings te he is ook nie lekker nie. Motorversekering is bietjie duur maar mens kan dit verstaan in vandag se tye.  Kyk net wat kos dit om 'n klein partjie te vervang op 'n motor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 11:58:19 am
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Grasdakhuise se versekering is oor die algemeen baie duurder. Ons het saam met vriende (18 in totaal) 'n bosveld eiendom en het as gevolg van bobbejane se skade aan ons dakke en normale onderhoud, die gras vervang met Harvey Thatch dakke en ons het nou 'n enorme afslag gekry op ons premies. Die risiko is verminder en geen onderhoud meer nie.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 12:18:29 pm
Sennin
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 113
Joined: 26 Jan 2015
Experience: 14 years

Grasdakhuise se versekering is oor die algemeen baie duurder. Ons het saam met vriende (18 in totaal) 'n bosveld eiendom en het as gevolg van bobbejane se skade aan ons dakke en normale onderhoud, die gras vervang met Harvey Thatch dakke en ons het nou 'n enorme afslag gekry op ons premies. Die risiko is verminder en geen onderhoud meer nie.

Jys gelukkig Schalk, TS het reguit gese omdat die lapanie verder as 5m vanaf die huis is nie, word die hele huis geklasifiseer as 'n grasdak huis, hieroor was ek bitter ongelukkig oor want hoe kan mens dit se!!! Skuif ek my lapa daai adisionele 400mm dan sou die premie net R270 'n maand gewees het.

maar ek dink ons dwaal dalk bietjie vanaf die onderwerp embarassed

na watse fynskrif meot mens kyk, want ek sien nie rerig iets op myne wat die rooi ligte laat afgaan nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 13:19:02 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

'n Grasdak is baie mooi........op 'n ander ou se huis!!!!

Wat versekering betref, speel heeltemal oop kaarte en wees versigtig om nie sommer die laagste kwotasie te aanvaar nie. Julle het al gehoor van "You get what you pay for".

Die firmas wat gewoonlik die laagste premies adverteer of kwoteer kan dit bekostig, want hulle betaal ook die minste uit. Probeer bietjie as individu teen 'n versekeringsmaatskappy se regspan baklei en kyk wie se geld (regskoste) eerste opraak. Betaal eerder 'n premie by 'n gevestigde versekeringsmaatskappy met 'n goeie naam, al is dit hoër. As dit dan moet, verseker eerder dan net die dinge wat krities is as om te sit met 'n maatskappy wat elke moontlike ontsnaproete uitbuit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 14:00:25 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Armand, Nee wat dit is mos nie afdwaal van die onderwerp nie. Huise met of sonder grasdakke is mos deel van die onderwerp. Netso met lapas. Dit is goed dat jy dit genoem het. Almal besef dalk nie dat hulle 'n perd opsaal met die bou van 'n lapa nie. Veral as dit te naby aan die huis is nie. Ek wonder wie is eerlik genoeg om hier op die forum te erken dat sy karavaan nie verseker is nie? Myne staan onder 'n afdak met 'n hoŽ heining en hekke om en is wel verseker, maar op die oomblik geen inhoudversekering nie.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 14:29:43 pm
Sennin
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 113
Joined: 26 Jan 2015
Experience: 14 years

Armand, Nee wat dit is mos nie afdwaal van die onderwerp nie. Huise met of sonder grasdakke is mos deel van die onderwerp. Netso met lapas. Dit is goed dat jy dit genoem het. Almal besef dalk nie dat hulle 'n perd opsaal met die bou van 'n lapa nie. Veral as dit te naby aan die huis is nie. Ek wonder wie is eerlik genoeg om hier op die forum te erken dat sy karavaan nie verseker is nie? Myne staan onder 'n afdak met 'n hoŽ heining en hekke om en is wel verseker, maar op die oomblik geen inhoudversekering nie.

 

Aaah, nee maar dan is ekke bly dat ons nog op die regte spoor is tongue-out.

t.o.v karevaan, ek het mos 'n ou 1998 jurgens Explorer aangekoop, en toe ge-upgrade na my wense, en na ek dit las gedoen het, het ek my versekering verwittig, en hulle het toe bewyse gesoek waar ek toe vir hul my kwotansies asook fotos gestuur het, en die karevaan toe verseker het teen amper die prys van 'n nuwe 2e handse ene.  maar jy vra my nou self vas oor karevaan inhoud versekering, dink daar het ek maar 'n skrale R3000 as ek nou so vinnig dink (en dit moet kos, klere, ens wat mens saam sleep cover surprised)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 14:51:55 pm
Anonymous

ColinFreda, ek mag verkeerd wees, maar dit is nie adverteer as jy noem wat se MPY jy aanbeveel aldan nie.

Ek is al jare by Auto & Gen, en kan eetlik sê, dat ek nog nooit swak diens van hulle gekry het nie.

Ek speel oop kaarte met hulle, ek waardeur my besittings wat hulle verseker, en betaal daarvoor. Met 'n onlangse eis het ek in gebel, my vrou se motor na my voorkeur (op grond van my werks ondervinding) paneel klopper gevat, en na die werk gedoen is, gaan haal. Hulle is die "No Qubble" mense.

Ek betaal effens hoër premie, want ek het geen by betaling nie, my keuse.

Outsurance se claim to fame, is na my mening vals, ek het by hulle 'n kwotasie aan gevra, en hulle was duurder as Auto & Gen. Daai storie van die fooi wat hulle jou betaal as iemand hulle kwotasie "beat" is ook snert. Hulle betaal dalk net as jy wel dan by hulle aan sluit.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 14:57:46 pm
Anonymous

Ek wou nie die plasing soos 'n digbundel laat lyk nie, daarom die tweede Hoofstuklaughing

Schalk, ek het 3M van my huis af 'n 45vk meter lapa, nou, my lapa is 20 jaar oud en dit raak nou tyd vir oordoen.

Kan jy asb vir my sê wat jy van die Harvey teels (gras) dink, ek het dit ook al oorweeg. Byvoorbaad dankie, ek waardeer jou terugvoer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 15:17:50 pm
Sennin
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 113
Joined: 26 Jan 2015
Experience: 14 years

Ek wou nie die plasing soos 'n digbundel laat lyk nie, daarom die tweede Hoofstuklaughing

Schalk, ek het 3M van my huis af 'n 45vk meter lapa, nou, my lapa is 20 jaar oud en dit raak nou tyd vir oordoen.

Kan jy asb vir my sê wat jy van die Harvey teels (gras) dink, ek het dit ook al oorweeg. Byvoorbaad dankie, ek waardeer jou terugvoer.

Ben, my lapa se gras sal ook binne die volgende 12 maande oor gedoen moet word, en my slotsom is dat ek die boonste slegte gras gaan laat afhaal, maar die onderste gras wat nog ordentlik is los, en die gras dan met harvey "thatch" teels.

die voordeel is 2 voudig, jy kry nogsteeds die lapa effek as jy binne in die lap is, en buite lyk dit net baja netjieser soos die tyd verloop 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 15:26:04 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Ben, Soos Armand ook sÍ, dit is absoluut 'n wenner. Ek kan vir jou foto's e-pos. Stuur my 'n mail dan stuur ek fotos want ek sukkel om dit hier te plaas. Ek kan dit regtig aanbeveel.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 19:34:41 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
N mens moet jou huiswerk mooi doen versekering vandag is n moed ek is gelukkig met myne my lapa se gras nou so 16 jaar oud ek bly hier innie hoeveld soms 4 seasons a dag soos julle weet ek gaan gras afhaal met teels vervang en versekering so R450 -550 goedkoper dan wees
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2015 @ 21:35:36 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Teels is baie swaar en soms waai die wind die teels af. Harvey Thatch behou nogal die karakter veral as jy onder die dak sit en nogsteeds die gras sien. Baie lig in gewig.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2015 @ 08:45:06 am
Die Lloyds
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 262
Joined: 15 Oct 2010
Experience: 13 years
Ek is so n maand terug by die werk beroof tydens n gewapende roof. Die volgende dag my eis by my versekeraars ingedien. n Week later is die eis, sonder enige probleme uitbetaal. Ek was baie beindruk met hulle diens en het hulle ook so verwittig.

Eergister kom die groot skok: Onvang n skrywe vanaf die versekeraars wat my inlig dat my premie nou met R230.00 verhoog word omrede ek geeis het!

Het die fynskrif gaan lees en kry nerens so n bepaling nie. Geld sal hulle geld maak.

Groete,

Philip
What Ever It Takes, NEVER GIVE UP!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2015 @ 22:05:14 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Jy weet Philip, as ons nie eis nie is ons koning en is ons premie goed en welkom totdat jy eis soos in jou geval. Ons sal nogal wil weet by wie jy verseker is. Is dit die outomatiese generaal? Ek sal in so 'n geval dadelik begin rondkyk vir 'n ander verskaffer. Ons is by die geel sambreel en het darem nog nooit so iets ondervind nie. Ons is al meer as 32 jaar by hulle verseker. Touch wood!

Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2015 @ 10:32:48 am
Gyfie
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 66
Joined: 10 Jun 2014
Experience: 14 years

Ongelukkig is versekering (kort termyn in spesifiek) n grudge purchase en daarom soek meeste mense die goedkoopste premie. Daar moet ingedagte gehou word dat hoe goedkoper die premie, hoe meer bepalings en voorwaardes daar sal wees. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2015 @ 11:11:31 am
paddyandpaul
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 337
Joined: 06 Jan 2013
Experience: 60 years
Do not insure my caravan contents but my van is fairly secure at the top parking in our complex. When cars, caravan, motor bike, household contents, all risks for camera and jewelry is all taken into account one has to stop somewhere. Touch wood, when camping and caravanning where I have had my own property at risk for approximately 32 years, I have never had anything stolen. At places like Salt Rock Rocky bay, Scottburgh the risk is much higher for theft because they are open to the sea, but will take my chances for now.
Try and keep it simple
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2015 @ 11:19:22 am
Die Lloyds
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 262
Joined: 15 Oct 2010
Experience: 13 years
My versekering is deur my bank se versekrings-afdeling. Daai standaard bank met die wit vlaggie. Ons is nou besig om ander opsies te oorweeg.
What Ever It Takes, NEVER GIVE UP!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2015 @ 15:56:26 pm
Ian Marais
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 60
Joined: 18 Jun 2014
Experience: 5 years
Hi julle, ek is in die versekerings wereld en wat julle se is baie waar.
Maak altyd seker dat die makelaar deur die fynskrif gaan met jou. Lapas is 'n baie groot issue aangesien die goed maklik afbrand, dit gebeur nogal baie, veral op Saterdae... Die een issue wat kan lei tot 'n moeilike eis is bv. dat die skoorsteen op 'n sekere hoogte moet wees van die nok van die grasdak, en as dit nie is gaan jou eis ook weg waai soos die rook. Dan mbt die karavaan wat ek sal doen is om die inhoud reg te verseker. Dit is rerig nie duur nie. Maak ook seker die goed soos klere, kamp goed, Air-Con, mover en Rally tent by jou bedrag is. Die problem wat mense kry met die inhoud is nie noodwendig by jou huis of stoor plek nie. Dit is wanner jy ry, kamp en natuurlik diefstal. Ek het al baie die som gedoen en 'n mens skrik nogal as jy alles bymekaar tel. Vervang alles binne die karavaan. My karavaan se inhoud is vir R 50,000 verseker en dit kos my 'n hele R74 per maand.
Ons gaan nou kamp!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2015 @ 16:37:08 pm
Die Lloyds
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 262
Joined: 15 Oct 2010
Experience: 13 years
Ian, kan jy my jou kontak besonderhede stuur asb. Ek weet nie hoe doen jy dit op die forum nie.

Groete,

Philip
What Ever It Takes, NEVER GIVE UP!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2015 @ 08:55:19 am
Ian Marais
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 60
Joined: 18 Jun 2014
Experience: 5 years
Ian, kan jy my jou kontak besonderhede stuur asb. Ek weet nie hoe doen jy dit op die forum nie.

Groete,

Philip

Hi Phillip
Jy kan my kontak op 0828707823 gaan ook gerus na my website www.ianmarais.co.za
Ons gaan nou kamp!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2015 @ 15:16:35 pm
Gyfie
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 66
Joined: 10 Jun 2014
Experience: 14 years

Doen jy net Discovery produkte Ian?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2015 @ 15:52:14 pm
Ian Marais
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 60
Joined: 18 Jun 2014
Experience: 5 years

Doen jy net Discovery produkte Ian?

Hi Gyfie, ek doen Discovery maar deur my kantoor kan ek jou/ons help met enige produk en advise.
Ons gaan nou kamp!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2015 @ 12:33:14 pm
NEILL
New Member
85% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 22 Apr 2015
Experience: 24 years
Insurance on caravan and contents is a must. A couple of years ago we were involved in a flash flood that resulted in a write off of both caravan, contents and my bakkie.Received a reasonable payout that enabled us to replace and continue caravanning, otherwise it would have meant the end of our caravanning days.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required