Ons het toe die madame gaan haal saterdag, behalwe vir bietjie skade hier en daar, is sy eintlik in 'n baie goeie kondisie, die tent is splinter nuut nog amper nooit gebruik nie.
Die obvious vraag is nou, waar verseker 'n ou die wa? by jou gewonde versekering, of is daar 'n spesiale versekerings maatskappy vir karavane?
Ons wa is saam met ons ander versekering by outsurance.
Het gehoor CARASURE is baie goed, ons is soos oom Koos ook by Santam.
Myne is by Sanlam, soos die ress van my huis. Dit was die goedkoopste. Outsurance was dubble die prys. Vir my voertuig is ek by Outsurance, weer helfte die prys van Sanlam.
Shop maar rond maar vind ook uit wat hulle record is as dit kom by eis satisfaksie.
Hi Kyk ook na Virseker versekering, gevind dat dit heelwat goedkoper is as ander wat ek vergelyk het, vir dieselfde dekking.
Ek begin my versekering split tussen maatskappye... want as een in ongeluk is, verval jou hele terugbetaal bedrag, maar nou met verskillende instansies, het ek n eis by een, kry ek nog my terugbetalingsbonus by ander... was dom om al my goed by 1 plek te verseker... maar, het nou geleer
Ek luister baie mooi.. hulle vra of jy enige claims gehad het ja sure.. maar as jy by verskillende plekke is, en jyt by 1 n eis, dan verval jou uitbetalings by ander nie.. dis nie om te liegnie, hul kan mos dit trek ook, dis net die probleem as jy 7 voeetuie onder 1 polis sit, en jy maak staat op n R30k terugbetaling,enn stupid ding gebeur net voor uitbetaling, verloor jy ls, waar jy by ander instansienie n eisgehad het nie en jou terugbetaling wel terugkry en jy net 1voeetuig se terugbetalingsverlies verloor het
By huidige versekering gevoeg. Beste tarief gekry. Onthou om lys op te stel van alle los kamp goed en die waarde daarvan en dan in te dien by versekering. Primie is eintlik minimaal en jy het geen pyne as dit kom by n eis nie.
Dankie julle, sal begin by outsurance en dan rondbel vir kwotasies, sal ook virseker probeer.
Dankie julle, sal begin by outsurance en dan rondbel vir kwotasies, sal ook virseker probeer.
Myne is ook by Outsurance en betaal maar R 76-00/maand.