English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 941
topics: 11 574
replies: 139 205
views: 39 342 252
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Verloor Jockey wiel se inner shaft.

replies: 27
views: 455
13 Jun 2020 @ 16:15:22 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

My Fleetline het n Roadque driewiel Jockey op waarmee ek hoogs tevrede is. Tydens ons terugrit van Hartenbos af Maart maand staan ons n paar dae by Reyneke in Bloemfontein. Die oggend toe ons ry het ek gehak en die drie wiele se wingnut losgemaak en die wiele op hulle plek op die disselboom vasgemaak. Die jockey normaal opgetrek en gery. Hier by die huis gekom wil ek die drie wiele terug sit om af te hak. Weg is die middelste stang wat optrek as jy die slinger draai. Hy moes op een of ander onverklaarbare wyse op pad uitgedraai en uitgeval het. Gelukkig kon ek plan by die huis maak om af te hak. Toe is dit lockdown. Verlede week begin ek korrespondeer dmv e pos met Wouter by Roadque in Pretoria om n ander binne stang te kry. Uiteindelik kry ek sy kwotasie.......R1200.00. Onmoontlik se ek wat kos n hele nuwe 3 wiel jockey dan. E pos terug R1470.00. Ek se nee ons verstaan mekaar verkeerd.......iets is verkeerd. Ek stuur vir hom n foto per watts app van wat ek verlang. Nou antwoord hy my nie. Vrydag gaan ek hier na ons plaaslikke karavaan handelaar en beduie hom my probleem. O ja se hy hy hou hulle aan. Stap na sy rak toe en haal een af. Hy se ek is gelukkig dit is nog ou prys..........R120.00. Ek kom huistoe en pas hom op Roadque se jockey. Perfek. Nou help my verklaar waar kom roadque se prys vandaan. Is dit ook moontlik dat so n stang in die ry uitdraai as hy byvoorbeeld nie heeltemal bo vasgedraai was nie. Dit is die eerste keer in byna 50 jaar se sleep dat so iets met my gebeur het.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 18:39:21 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Piet, nie seker wat jy bedoel met "middeldste stang" nie.

Die neuswiel bestaan uit drie komponente :

  1. Die buitenste pyp (wat aan die A-raam vasgeklamp word) met slinger, "bearing" en wurm
  2. Die binneste pyp (wat op en af draai binne-in die buitenste pyp)
  3. Die trippel-wiel wat in die binneste pyp ingly en wat met 'n T-skroefie aan die binneste pyp vasgedraai kan word. (Ek draai NOOIT hierdie T-skroefie vas nie want dan kan die trippel-wiel nie in die rondte draai soos wat die "mover die wa heen en weer draai nie)

Is dit nr. 2 hierbo wat verdwyn het ?  Was die buitenste pyp steeds stewig vasgeklamp aan die A-raam ?  As ek my binneste  pyp wil verwyder, moet ek eers die buitenste pyp los-klamp van die A-raam en dan die slinger aanhou draai tot die binneste pyp ontkoppel van die wurm en dan uitval.

Ek twyfel dus baie sterk of die binneste pyp net kon "verloor" het.  Was jou wa voortdurend onder toesig ?  Dit lyk vir my of jou binneste pyp gesteel is deur iemand wat weet hoe dit werk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 20:38:12 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Lennie inderdaad is dit nommer 2 soos jy hierbo beskryf. Die buitenste pyp met die slinger was nog mooi vas in die A raam. Alles net soos ek dit altyd normaalweg doen. Net soos jy, het ek die gedagte gehad dat die pyp dalk gesteel kon wees. Ons het van Bloemfontein af huistoe by 3 plekke stilgehou om die innerlikke te versterk. Dit is nie onmoontlik nie,maar ek het bly twyfel dat iemand dit sou doen. Maar andersyds bly en leef ons in onsekere tye. Gelukkig het die klamp op die A raam waar ek die 3 wiele plaas as ek ry van n ogie voorsien en ek sluit dan die wiele daaraan vas. Ek was nog altyd bang dat dit te maklik is om die 3 wiele vinnig te gryp as ek geparkeer staan,maar nooit aan die binnepyp gedink nie.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2020 @ 21:01:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Stop eendag ook daar en soek pyp, die man agter die toonbank gee my n prys.

Die volgende dag toe ek die pyp gaan haal is hy daar.

Prys verskil, toe ek hom sê, word vir my gesê hy maak die prys.

So jy vra wat is die verskil, hy het n 0 teveel.

Dis die geneuk wat nou gaan kom, almal gaan hul pryse stoot om inte haal.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2020 @ 07:07:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het nou op Roadque se website geloer om te kyk hoe lyk en werk hierdie tripple wiel jockey, maar ek sien dit nie op hul lys nie....net almal enkelwiel jockeys. Soos ek verstaan is die drie wiel basies n los gedeelte wat net indruk in die inner shaft in. Met ander woorde as hy uitgehaal is, lyk die gedeelte op die karavaan soos n gewoone jockey sonder die onderste vurk en wiel gedeelte? As dit so is, dan hang die inner shaft maar los aan die threaded rod binne die pyp en glo dit kan los vibreer en uitdraai op n lang rit. n Nuwe inner shaft draai baie maklik met die hand. Ek kan amper nie dink dat dit n item is waarop iemand uit is om te steel nie....dit sal buitendien n ou moet wees wat ook so n trippel wiel jockey het wat baie toevallig sal wees. Miskien by n garage waar julle gestop het vir n breuk en n ander se kind het met jou jockey gespeel terwyl niemand geloer het nie....daai "draai ding" is vir hulle interesant....mens weet nooit, enig iets is moontlik.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2020 @ 08:06:11 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1487
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

I have lost a couple of recovery shackles from the bull-bar due to the pin unscrewing on a long trip. I had two on the bar, facing opposite directions and it was the right hand one that fell off both times.. Now I loop a piece of wire through so it cannot turn.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2020 @ 10:01:18 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

My opinie : daardie binneste pyp is gesteel.  Hoekom sê ek so :-

  • Dis onmoontlik vir die binneste pyp om vanself uit te draai en te verloor want die buitenste pyp moet van die A-raam losgemaak en opgetrek word voor die binneste pyp kan uitval
  • Daar is 'n redelike vraag na die binneste pyp, dis hoekom dit maklik by handelaars te koop is.  Die vraag na die binneste pyp word veroorsaak deurdat dit dikwels buig as dit oor 'n "speed bump" vashaak of die buitenste pyp was nie behoorlik aan die A-raam vasgeklem nie.

Piet, ek is oortuig jou verlore pyp is gesteel by daardie stilhou plekke  -  dis naar maar dis waar !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2020 @ 13:16:26 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Piet is daar genoeg vrye hoogte onder die A raam vir die bineste gedeelte om te kan uitval?

Op n' Fleetline glo ek nie so nie. Dus opsetlik verwyder, ge-steel.

Die extra nul (0) wat Jin se stem ek me saam.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2020 @ 15:59:12 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Dit het uitgeval.

As iemand dit wou steel waarom dan nie die hele ding vat nie? Maak net die clamp op die a-raam los en trek die buite pyp saam met binne pyp na bo uit. 

The Happy Campers.
👍
2
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2020 @ 16:41:02 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dit het uitgeval.

As iemand dit wou steel waarom dan nie die hele ding vat nie? Maak net die clamp op die a-raam los en trek die buite pyp saam met binne pyp na bo uit. 

Dis wat my vermoede ook is...as jy jou jockey stukkend ry soek jy iets met n wiel en vurk....nie net n pyp nie. Miskien is daai pyp korter omdat hy nie daai vurk en wiel gedeelte op het nie en kan uitval sonder om neus te lig

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2020 @ 19:44:03 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Die trippelwiel binneste pyp kan NIE bo uitgetrek word NIE.  Daar is 'n verdikking onder wat groter is as die gat in die A-raam en die T-skroef (wat nie heeltemal kan uitdraai nie) is ook in die pad om die pyp bo uit te trek.

Nee-wat, daardie pyp is gesteel  -  iemand het net die binneste pyp nodig gehad en wou ook nie onnodig onraad laat bemerk nie en daarom die buitenste pyp weer netjies in plek geklamp het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jun 2020 @ 20:39:11 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Ek sien wat jy bedoel Lennie. Die binnepyp moet na onder heeltemaal uitgedraai word met die slinger en dan kan die buite pyp na bo uitgetrek word. Net soos vir 'n gewone jockey.

Ek aanvaar voor jy ry moet die binne pyp heeltemaal na bo opgedraai word tot die slinger styf is? Anders wat sal verhoed dat die binnepyp met vibrasie en swaartekrag geleidelik afdraai.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 17:32:25 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Wel hoe dit ookal sy..........of die binneste pyp gesteel is en of hy met die ry uitgedraai het weet ek nie. Ek is tevrede dat enigeen van die 2 teoriee reg mag wees. Lennie ek moet byvoeg dat die handelaar hier by ons plaaslikke karavaanplek gese het hy hou hulle aan en verkoop dikwels van hulle omdat hulle geneig is om te buig as jy oor hobbels ry. Ek onthou die oggend wat ons uit Bloemfontein weg is het n buurman kom groet net toe ek die drie wiele afgehaal het. Dit is moontlik dat dit my aandag afgetrek het en ek nie soos gebruiklik weer die stang (pyp) tot bo in n vaste posisie opgedraai het nie. Ons word ook maar ouer en vergeet meer en meer en ek aanvaar verantwoordelikheid daarvoor. Nogmaals dankie vir die bespreking hieroor, ek leer elke dag iets by. Die driewiel Jockey(groot wiele) bly vir my n wenner. Al my wegsakkery met die movers is op n end.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jun 2020 @ 18:13:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Eks bly jy kon darem lokaal gehulpe raak het. Ek vermoed die ou by Roadque het homself verwar met n ander produk....hulle pryse is oor die algemeen billik

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 09:57:22 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Moet erken my "Pophuis" se slinger draai ook los op erge sinkplaat paaie ens. Dan draai die (enkel) wiel los en hardloop op die pad. Eerste keer het die pyp sleg gebuig en ek moes dit vervang Tweede keer het ek egter die "klok-klok" geluid gou genoeg gehoor en die wiel weer kon opdraai. En, ek draai WEL die wiel so styf op dat dit eintlik die plaat op die A-raam effens buig. Nou vir my 'n slot ketting aangesit om te verseker die dem wiel kom nie weer af/uit nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 17:21:55 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Terwyl jy ry draai die slinger weens vibrasie in die ronte en so sak die binne pyp af.  Met die wiele op sal hy sukkel om finaal uit te val.  Sonder die wiele is daai binne pyp eintlik baie kort.

Ek het met Krimp Varkie se jockey n rek om die slinger gesit want die het so uitgedraai tydens n trippie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jun 2020 @ 17:29:20 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die hoogte van A raam van grond af na die wa gehak is speel n rol tussen die binne pyp verloor of hy jou waarsku deur op grond te skuur.

Krimp Varkie se wieletjie het my gelukkig gewaarsku as ek deur n knik in die pad gery het.  So hom nooit verloor nie

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2020 @ 19:27:54 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek lig myne op en hak dan daai wing-nut aan die kant se channel, dit verhoed dat hy kan afsak in die ry.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 11:46:41 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Hoe werk die drie wiel jockey wheel. Moet ek die heele jockey wiel vervang of ? My Exclusive het nog die enkel een en dit sak weg as die grond net bietjie sag is waneer ek movers gebruik.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 14:52:17 pm
RichardJ
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 489
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Paul, my little plate went missing and I therefore turned dents into the top outer shaft. To replace they (Campworld) sold me a complete jockey assembly including the three wheels.

I am grateful for the spare set of wheels as the one axel is warped and the rubber tyres are coming off the wheel. The wheels wobble away quite badly.

I would prefer go get those wheels with the hard substrate and have bearings. As discussed in couple of other threads.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 15:56:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hoe werk die drie wiel jockey wheel. Moet ek die heele jockey wiel vervang of ? My Exclusive het nog die enkel een en dit sak weg as die grond net bietjie sag is waneer ek movers gebruik.

Ek het hierdie een by Leon gekry. Wat lekker is van hom is dat ek hom net hoef te gebruik as grond sag is. As dit paving is of harde grond, gebruik ek net die bestaande 1-wiel jockey. Hierdie wiel pas in die shaft van bestaande jockey.....so as jy hom insit, het jy 3 wiele....sodra jy die jockey lig, val hierdie 2 wiele uit

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 17:49:13 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Ek maak ook gebruik van 'n soortgelyke een soos op Geert se foto.

Hy werk vir my baie goed en het nog nooit weer in dik gras of sand gesukkel nie.

Het ook al eenkeer handig te pas gekom toe ek 'n mede kampeerder by Dinkeng Resort kon help wat sy jockey wiel verloor het agv die spoedwalloe daar by Hammanskraal. Hy kon toe darem die wa op die staanplek kry en die volgende dag 'n ander jockey wiel gaan koop. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 14:02:08 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ek maak ook gebruik van 'n soortgelyke een soos op Geert se foto.

Hy werk vir my baie goed en het nog nooit weer in dik gras of sand gesukkel nie.

Het ook al eenkeer handig te pas gekom toe ek 'n mede kampeerder by Dinkeng Resort kon help wat sy jockey wiel verloor het agv die spoedwalloe daar by Hammanskraal. Hy kon toe darem die wa op die staanplek kry en die volgende dag 'n ander jockey wiel gaan koop. 

Dankie julle. Waar kan mens die eenheid kry? Het Leon hom self gemaak. Ook waar bere julle hom waneer jy ry?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 15:47:15 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Paul, Leon maak dit self.

Ek het egter net die spesifikasies by hom gekry en toe het my buurman vir my een gemaak.

Myne bêre ek soms sommer op die vloer reg by die deur van die woonwa of agter op die vloer van die sleepvoertuig.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 16:06:02 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Myne is drie wiele wat ek by alko gekoop het en skyf ook by bestaande jockey in. Bêre in voertuig as ek ry. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 16:31:30 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Nice en dankie. Ek sal vir Leon kontak.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 17:06:37 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Jan was daardie foto by Van Zylsrus geneem?

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 18:10:45 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Dit is net hy Piet. Skuld jou nog oor jy van Zylsrus aanbeveel het. Pragtige plek en gerieflik om die Kaap te besoek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za