English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 274
topics: 923
replies: 12 367
views: 3 198 193
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Verkoop jou battery krag - Battery wat 1 milj km hou

replies: 9
views: 172
12 Sep 2019 @ 11:01:45 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4248
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hier lyk na iets wat die hele wereld se gebruik van EV kan verander. Mens wonder net wat die prys v d batterye sal wees maar met volumes kan dit seker gou afkom in prys.

Hier is die skakel na die artikel. Verbeel jou as Eskom wil loadshed dan verkoop meeste mens net hul krag uit die battery uit of ten minste 'n deel en koop weer terug na loadshedding. :)

LINK

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 11:52:59 am
Hurricane
Mars Member
74% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 20 years

Interressant Danie. Hou egter in gedagte dat sodanige navorsings resultate (kyk eerder na die Dahl artikel as Tesla (Musk) se meer populere artikel. Navorsing in universiteits labs is sg. "blue sky" werk, dws dit het meestal nog 'n hengse pad om te loop voordat mens van 'n produk kan praat. In baie gevalle maak die besigheidsrealiteite ook die tegnologie dood omdat dit moeilik herhaalbaar en ekonomies in 'n fabriek vervaardig kan word en dus ook baie duur is. Verder, alhoewel die heer Musk baie goed met toekoms visies is, maak hy ook nie sommer wyn uit water nie! Die Tesla mpy het sover ek weet nog nooit 'n wins getoon nie en sal ook nie binnekort nie.(hulle het sover die jaar iets soos 702 miljoen Dollar reeds verloor), Musk het erken in Mei die jaar dat Tesla binne 10 maande sonder enige fondse gaan wees as hulle nie koste dramaties besnoei nie en/of nuwe beleggers lok nie. Space X aan die ander kant doen darem goed (maar hulle sit met groot langtermyn VSA regerings kontrakte deur NASA).

Maar ja, kom ons hou die battery ding dop, as dit wel ekonomies uitwerk kan dit die sg. "disruptive" event wees wat hernubare energie bronne instaat stel om steenkool en gas heeltemal uit die mark te druk. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 13:06:49 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4248
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jorg ek stem saam met jou oor lab toetse maar ten minste gee dit mens 'n blik waarheen dinge vorentoe kan gaan.

Ek self sien geen teiken van Tesla dat hulle naby enige van hul teikens kom nie maar tog neem mens kennis van wat vorentoe vermag kan word en so blik in Mnr Musk se drome/visie. Ek moet hom darem krediet gee dat hy die hele EV bedryf verander het en dalk ook teen 'n tempo wat nie sou plaasvind sonder sy "pie in the sky" stellings.

Ja ek glo ook nie Tesla gaan binnekort eers kan dink aan 'n wins - eerder om te oorleef is seker 'n prioriteit.

Dis altyd soos jy noem die "disruptive" toerusting/tegnologie wat mens vinnig vorentoe kan laat beweeg. So terwyl ons die wondere ervaar met Li-Ion en hul familie is daar ook ander vorms in die pyplyn. Ek het nog nie veel gesien waar die "supercap" gebruik word al is dit wel beskikbaar in die "jump starter" toepassing.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 13:39:53 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die tegnologie van batterye het in die laaste paar jaar goed verander en verbeter.  Maar ja daar is nog 'n pad om te loop om dit te kry waar ons dit graag sal wil he

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2019 @ 22:05:09 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Daar sal altyd een met n plan wees.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 10:17:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek het die geleentheid gehad om die BMW E1 te bestuur so jaar terug.  Kyk ek was beindruk en sal maklik so skuif kan maak as die baterye langer kan hou en beter/langer diens kan lewer.

In die weermag geledere is daar 'n Rooikat wat elektries aangedryf is.  Dit iewers in 2001 al gesien.  Terein vaardigeheid was amazing.  Hy bestaan nog iewers.

Dink net so voertuig met die nuwe batterye

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 10:19:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wat ek van gehou het was hy staan op een plek en draai 180 grade in die ronte.  Linker wiele vorentoe regter wiele agtertoe.

Nie nodig om te trurat uit 'n vuurstelling uit nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 11:19:00 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Met die beoogde lisensiëring van opwekkingsvermoë wat die regering beoog, kan dit dalk meer kos vir individue om krag aan ESCOM te lewer as wat hulle daarvoor gekrediteer word.  Dis is jammer dat die regering weereens nie mooi gedink het nie- dalk kom hulle tot ander insigte.  In ons land met sy oormaat sonskyn wat meestal maar ongebruik bly, het sulke skemas reuse potensiaal mits dit reg bestuur word.  Op die oomblik dink ek nie dis die moeite werd nie en dit kos waarkynlik meer om jou eie krag op te wek as om dit van ESCOM via die munisipaliteit te koop.  Mense op plase wat baie moet betaal vir ESCOM aansluitings is moontlik die uitsondering.  As in aggeneem word dat die verhitting van water die hoof verbruik van elektrisiteit in 'n huis verteenwoordig volgens baie uitsprake, is dit dalk vir eers net die geld werd om sonverhittingsstelsels te gebruik.  Ons elektrisiteit kos ons met 'n son geyser, sowat R300 per maand.  Ek het nie syfers om dit mee te vergelyk nie, maar ek sal verbaas wees as  ons nie tussen R500 en 'n duisend rand per maand spaar nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 13:24:03 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As ek dit wat jy sê vergelyk met ons elktriese rekening is jou besparing ongeveer R500.  Rowweg R6000 per jaar as die besparing 'n gemidele is deur die jaar.

Wat kos 'n son geyser? R6000

Dan is hy betaal in die eerste jaar. Die res is gly met botter op jou sit vlak deur elke maand.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2019 @ 13:57:56 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Seker bietjie duurder afhangende van wat jy verkies.  Ek het ons s'n sowat sewe jaar gelede self geïnstalleer.  Dis 'n 150L vakuumbuis hoëdrukstelsel met elektronie beheer en geyser met al die kleppe, bedrading en en pype het my bietjie minder as tien duisend rand gekos.   Dis nou as die tenk self op die dak is.  As slegs die pype op die dak is en die tenk op die plafon, is daar nog 'n pomp ook nodig. Ek het destyds 'n kwotasie vir R25,000 gekry.

Ek het juis gister gesien 'n 100 L laedrukstelsel geyser kos sowat R4500. Ek glo dis net die tenk en vakuumpype.  Dis die tipe wat oral in swart woongebiede op die dakke sit.

Die paneeltipe is volgens wat ek gelees het, heelwat minder effektief as die vakuumbuis tipe, maar dit lyk in elkgeval of hulle nie meer baie geïnstalleer word nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required