English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 632
Total Replies: 254 176
Total Views: 83 292 377
topics: 11 632
replies: 139 999
views: 39 364 927
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Veiligheid van kampers

replies: 46
views: 708
17 Nov 2020 @ 07:10:20 am
Great-White
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 28
Joined: 15 Jan 2019
Experience: 31 years

Op 10 November is daar n onderwerp begin oor veiliheid by kampe. Ek het n inset gelewer oor die powere veiligheid by ATKV Hartenbos waar ek tans kamp. Vroeg vanoggend is daar by n kamper van Bloemfontein se karavaan tent ingebreek terwyl hulle geslaap het. Die vrou het so 04h30 opgestaan om toilet toe te gaan toe sy ta in die tent betrap. hy het die laaste goed gegryp en laat spaander. Verskeie items is gesteel. Hulle het die seile met n mes gesny sodat die rits nie die mense wakker maak nie.

Daar is karavane rondom hom en hy staan reg langs die ablusie blok. Die kamp is so 40%beset maar waar hy staan is daar baie karavane. Dit bewys dat selfs in die groot kampe is ons nie veilig nie. daar is 1 sekuriteits wag vir die hele blok E wat onvoldoende is. Hy se as hy aan die een kant van die kamp is dan steel hulle aan die ander kant. Die kamp is van alle kante toegangbaar vir die publiek. daar is geen heinings van enige aard nie en die voorvalle kom blykbaar gereeld voor.

Ons sal maar moet lig slaap en paraat bly. Nie ideaal as ons kamp om te relax nie.

ATKV sal ernstig aandag aan beveiliging moet gee wat al jare lank afgeskeep word.

Dankbaar vir ons gesondheid wat ons toelaat om te kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 07:31:58 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17550
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ja....deesdae is veiligheid en skoon ablusies n moet....anders ly jou naam daar onder

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 07:45:44 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9929
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dit is dan nou een van die ilete kampe.

Gooi hulle nou naam weg.

Een wag op diens, is soos n diepsee duiker......die kans dat jy lewendig uit kom is min.

Jy staan nie alleen wag of gaan duik alleen nie.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 08:26:52 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Die opskrif moes eerders " Onvoldoende veiligheid by ATKV kampe" gewees het.

Die arogante ATKV weet hulle kampe is onveilig en sal niks daaromtrent doen nie.   Merk my woorde.   Veiligheid sal net soos al die ander klagtes van kampeerders afgelag word.

Kampers moet petisies opstel in ATKV kampe oor onvoldoende veiligheid wat dringend aandag kort.   Sweep die kampers op as die ATKV bestuur niks daaraan wil of gaan doen nie.  Maak die Media deel van die veldtog.  Dan sal jy reaksie en resultate kry.

Dit is te veel moeite en kostes om voldoende sekuriteit aan te stel.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 08:55:22 am
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 244
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Zack

Dit is darem nie waar nie ons moet nie veralgemeen ek is tans by buffelspoort en die sekuriteit is puik

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 09:01:05 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Dit is hartseer. Maar ek glo ons moet die bestuurder van die oord om komentaar nader of hom bewis maak dat ons die besreek.  Hy  is die een wat dit aan die ATKV se hoofkantoor moet raporteer.  En met 'n antwoord terug kom wat ons die versekering sal gee dat hulle die sekuriteit verbeter.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 09:27:39 am
Shirundu
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 71
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Kan ons nie so 'n skrywe rig aan ATKV se hoofkantoor oor die situasie nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 10:37:22 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek het die skakel na hartenbos ATKV per vonkpos gestuur

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 10:39:35 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Zack

Dit is darem nie waar nie ons moet nie veralgemeen ek is tans by buffelspoort en die sekuriteit is puik

Japie

Vertel ons hoeveel staanplekke is by Buffelspoort en hoeveel sekuriteits personeel is aan diens?  As dit goed is is my vraag dan hoekom is een ATKV oord se sekuriteit dan baie beter as 'n ander een? 

Ek wonder wat jou antwoord sou gewees het as die vrou wat hom betrap het vermoor of verkrag was.   Daar is van ons vrou kamper lede wat alleen kamp wat regtig 'n behoefte het aan goeie veilige sekuriteit.   Dis punt bly steeds ATKV oorde se sekuriteit is nie voldoende nie volgens my vereisdes.  Die kampperterrein is te groot vir 1 of 2 wagte. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 10:50:28 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Sommige oorde wat veiligheid ernstig opvat het kring kamera stelsels wat die wag in die waghuis kan monitor tesame met 'n paar wagte wat te voet patrolleer.    Dis 'n goedkoop effektiewe manier om jou veiligheid op te skerp. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 11:27:25 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9929
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Geen wagte, geen kampeerders....... Dink ons moet so optree. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 11:50:36 am
golden
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 69
Joined: 28 Dec 2015
Experience: 30 years

Baie dankie vir waarskuwing en bewus making aan ATKV Hartenbos.

Was daar in 2016..... Het  gesien hier kom moeilikheid.

Oop stand, Hele gebied is oop. 2 Sekuriteits wagte ( slegs in aande gewees)

Hulle sit die hele aand in Badkamer.... Geen kontrole deur bestuur.

Dis jammer dat dinge eers moet gebeur voordat oorde bewus word van veiligheid.

I've experienced His goodness and mercy myself.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 12:03:26 pm
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1040
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Ek glo nie dit is die eerste geval daar nie. Die plek is OOP vir enige iemand.

Ek gaan jaarliks af Hartenbos toe en bly in vakansie huis. Het nog elke keer deur die park geloop om te sien hoe lekker die mense kuier, en was nog NOOIT voorgekeer en gevra of ek een van die kampeerders is nie.

Dit kan net nie veilig wees nie. Ek hoop hierdie geval is aangemeld by Bestuur.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 14:25:09 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4790
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ons kamp baie by ATKV Natalia , Eiland en daar weer is security weer puik nog nooit by Hartenbos gekamp nie hoop bestuur gee julle antwoord

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 14:37:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17550
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek lees baie keer....en ek is self skuldig daaraan om te sê dat mens veilig voel by n oord. Ek het al by baie groot oorde gekamp waar ek "veilig" gevoel het, maar moet eerlik sê dat as daai selfde sekuriteits maatreels by my huis was, sou ek lig geslaap het. Om in meeste van die oorde te kom, is nie moeilik nie....stap net in, veral die see oorde. Ek dink wat dit in n mate nog laat "veilig" voel, is omdat jy nog maklik n kampeerder kan onderskei vanaf n straat inbreker.....straat inbreker sal gou uitgeken word tussen kampeerders, daarom bly hy seker weg. Ek en Jin het gister by n munisipale oord naby ons gaan inloer......die tipe mens wat daar uithang, gaan jy nie onderskeid kan tref tussen of hy n kampeerder is of nie, want meeste is dagbesoekers wat sommer ook net kom om daar te drink.....vir my lyk hy al op die oog af as verdagt....lê op sy kar sitplek met bene deur die vensters en gaap jou aan.....dis hoekom niemand ook seker daar wil kamp nie....onveilig, daar was al n paar stories in die koerant oor aanvalle daar. Hoop nie ons privaat oorde gaan op die einde dieselfde paadjie volg nie, want as mens mooi dink, is ons eintlik maklike teikens

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 14:45:42 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9929
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Geert ek stem saam.

Dan is beheer by die hek ook een wat by n rol in die verhaal het.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 16:42:16 pm
LouisD
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 180
Joined: 21 Oct 2013

Liewe ATKV Hartenbos, 

Ek neem kennis van n voorval waar daar misdaad gepleeg is by Hartenbos. Dit kan nie goed wees vir besigheid nie, en daar is n goeie kans dat u sal kliente en kampeerders verloor as gevolg daarvan. Ek het wel bietjie verlof oor Desember, en stel myself beskibaar om te help met beveiliging van die oord. Al wat ek benodig het, is diesel vanaf Gauteng tot in die Kaap en terug, verblyf (karavaan stand, ek bring karavaan saam), en so R500 per dag. Ek glo u sal verstaan ek kan nie dit vir nuut doen nie. 

Terloops, dalk n ou kombersie vir die dame wat eintelik die beveiliging sal doen. My skoonma word verskriklik vinnig koud, en ons kan nie die arme dier los om koud te kry nie. Ek waarborg jou, as enige crook my skoonma ontmoet, sal daar geen moeilikheid wees nie, vir ten minste 3 maande. Dit sal dan omtrent paasnaweek wees, en ons kan dalk kyk om weer te help.

Vriendelike groete

In my swakheid, maak Hy my sterk. Sy guns sal my volg al my dae.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 19:24:27 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9929
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek is sal haar ook af vat, dis as sy agter in die wa sal ry tot daar.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Nov 2020 @ 20:40:47 pm
Die Louwvers
New Member
48% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 14 Nov 2020

Ja so het ons laas week saam great white gekamp by blok E Hartenbos vir n week en die sekuriteit is glad nie wat dit moet wees nie.Daar is net geen veiligheid nie.Ek gebruik n mobile alarm wat ek saans in die tent aanskakel,wat die Woensdag nag afgegaan het.

Ek het wakker geword maar daar was niks.Ongelukkig kom hulle toe n paar dae later reg by n ander wa.

Hartenbos is baie nice maar daar is geen maar geen beheer wie daar rond beweeg nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 05:46:59 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ja so het ons laas week saam great white gekamp by blok E Hartenbos vir n week en die sekuriteit is glad nie wat dit moet wees nie.Daar is net geen veiligheid nie.Ek gebruik n mobile alarm wat ek saans in die tent aanskakel,wat die Woensdag nag afgegaan het.

Ek het wakker geword maar daar was niks.Ongelukkig kom hulle toe n paar dae later reg by n ander wa.

Hartenbos is baie nice maar daar is geen maar geen beheer wie daar rond beweeg nie.

Welkom by die Forum

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 06:01:13 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

dis hoe ons sover vir die veiligheid daar gestem het?

Wat het verander of is ons maar net als wel as daar nie insident was nie

let ons werklik op na veiligheid op die oorde.  En dit is nie net 'n wag wat patroleer nie.

Veiligheid gaan verder  Kan jy seerkry boom takke wat besig is om te breek en skade kan bring

Eerste hulp by die oord

Hoe gaan hulle vaar tydens 'n brand.

Nood beheerplan

Swembad veiligheid

Ens

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 08:04:38 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3577
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek is 'n ATKV lid, maar maak baie min van hulle oorde gebruik. Ons besoek sover moontlik, oorde met put-put bane en by meeste ATKV oorde kan dit gratis deur inwoners gebruik word.  By Hartenbos betaal jy vir gebruik van die baie goeie baan en hulle het ook buite seisoen komplementêre kaartjies aan inwoners gegee, maar dit is nou gestop. Om te betaal maak dit net eenvoudig te duur vir ons.  Nou het die plek nie meer vir ons enige aantreklikheid nie en ek twyfel of ons ooit weer daar sal kampeer.  Die veiligheidsaspek het ons ook al bietjie laat bekommer maar ons het gelukkig nog geen insident by enige ATKV oord gehad nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 08:09:20 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

dis hoe ons sover vir die veiligheid daar gestem het?

Wat het verander of is ons maar net als wel as daar nie insident was nie

let ons werklik op na veiligheid op die oorde.  En dit is nie net 'n wag wat patroleer nie.

Veiligheid gaan verder  Kan jy seerkry boom takke wat besig is om te breek en skade kan bring

Eerste hulp by die oord

Hoe gaan hulle vaar tydens 'n brand.

Nood beheerplan

Swembad veiligheid

Ens

Swanie, Jy vat dit 100% raak.  Al wat die sekuriteits wagte weet is om die bestuurder te bel as daar probleme is en dan moet die probleem ernstig wees.  Alles kan oorstaan tot more by sekere oorde.  Ek glo baie kampers meld veiligheids probleme aan by sekuriteits wagte en dis waar dit bly.  Die probleme word nie ge eskuleer na bestuur nie.

Ek dra maar my eie noodhulp tas vir my eie familie.  As jy iemand help met noodhulp kan dinge baie ergstig teen jou draai as jy noodhulp nie op die geskrewe prosedures toepas nie.    

Voorstel-------Kan Admin nie asb 'n addisionele Evaliasie item genoem genoem "Veiligheid " byvoeg by die evaluering van kamp oorde nie.   Dit sal 'n ware prentjie gee en kamper baie help om die regte oord te kies as dit by veiligheid kom.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 08:17:03 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9929
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

dis hoe ons sover vir die veiligheid daar gestem het?

Wat het verander of is ons maar net als wel as daar nie insident was nie

let ons werklik op na veiligheid op die oorde.  En dit is nie net 'n wag wat patroleer nie.

Veiligheid gaan verder  Kan jy seerkry boom takke wat besig is om te breek en skade kan bring

Eerste hulp by die oord

Hoe gaan hulle vaar tydens 'n brand.

Nood beheerplan

Swembad veiligheid

Ens

Sekerheid het hier ook 4 uit 5.

Dan van die 80 wat die oord ge evalueer het stem almal saam.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 13:39:08 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16209
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het so jaar of vier terug die oord besoek gedurende Desember maand.  Het vriende gaan soek wat daar gekamp het.

Toe al gesien dat daar min tot geen sekuriteit is nie.  Ons het geloop en toe ek my kon kry staan ons tussen die kampeerders.

Niemand het eers vir ons gevra wie ons is of wat ons daar doen nie.  So kan die algemene publiek gemaklik deur die kamp loop.

Het eintlik die ding daaityd al sien kom.  Maar almal bly ook stil oor die insidente seker maar om die oord te beskerm.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 14:00:06 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Forums-Alarm-system-for-your-caravan-DIY-easy-peasy.htm?forumaction=1&loadcategory=1022&loadpost=250041969

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 20:17:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9929
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Maar hulle sal jou geld vat.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Nov 2020 @ 20:28:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17550
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het so jaar of vier terug die oord besoek gedurende Desember maand.  Het vriende gaan soek wat daar gekamp het.

Toe al gesien dat daar min tot geen sekuriteit is nie.  Ons het geloop en toe ek my kon kry staan ons tussen die kampeerders.

Niemand het eers vir ons gevra wie ons is of wat ons daar doen nie.  So kan die algemene publiek gemaklik deur die kamp loop.

Het eintlik die ding daaityd al sien kom.  Maar almal bly ook stil oor die insidente seker maar om die oord te beskerm.

Baie keer hoor jy nie negatiwiteit nie, want meeste groepe verbied "Name and shame" ....sodra jy iets negatiefs noem{al is dit waar} word post gewoonlik delete.

Jy was seker nie voorgekeer nie, omdat jy soos n heel moontlike kampeerder gelyk het en aanpas by die mense waar jy seker gekuier het. Ek het al by oorde gekamp waar die kampeerders verdagt lyk {Kyk my goed so aan}....dan volg ek waar hulle gaan, dan sien ek tot my verbasing hulle kamp ook. Dis waar die probleem gaan kom....as mens nie meer tussen kampeerder en skurk kan onderskei nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2020 @ 06:26:15 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16209
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Baie keer hoor jy nie negatiwiteit nie, want meeste groepe verbied "Name and shame" ....sodra jy iets negatiefs noem{al is dit waar} word post gewoonlik delete.

Jy was seker nie voorgekeer nie, omdat jy soos n heel moontlike kampeerder gelyk het en aanpas by die mense waar jy seker gekuier het. Ek het al by oorde gekamp waar die kampeerders verdagt lyk {Kyk my goed so aan}....dan volg ek waar hulle gaan, dan sien ek tot my verbasing hulle kamp ook. Dis waar die probleem gaan kom....as mens nie meer tussen kampeerder en skurk kan onderskei nie

Dis seker waar Geert. Die ding is niemand................ nie personeel oord of self kampeerders het ons voorgekeer nie.

Daar was hopeloos teveel mense wat daar rondgeloop het weens swak toegangsbeheer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2020 @ 08:07:29 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Dis seker waar Geert. Die ding is niemand................ nie personeel oord of self kampeerders het ons voorgekeer nie.

Daar was hopeloos teveel mense wat daar rondgeloop het weens swak toegangsbeheer.

Stem saam Leon.   As daar baie mense op 'n plek is is daar gewoonlik ook meer "Crime"

Die probleem vererger as al die mense nie 'n gemeenskaplike belang naamlik "Kamp" het nie.  Dis nie 'n kamper se plig om toegansbeheer by 'n kampplek toe te pas nie,   Dis waar bestuur en veiligheidswagte inkom.   Die hoof veranwoordelikheid moet by hulle wees en die kampers kan dit verder opskerp om omgewingsbewus te wees van alles wat in die kamp aangaan.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2020 @ 08:13:18 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3577
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Hartenbos het 'n mooeilike uitleg as dit by beveiliging kom.  Ek weet  nie hoe Bestuur dit kan oplos nie.  Van die kampe wat nie heel teen die strand lê nie, kan moontlik suksesvol beveilig word, maar die oord is so te sê 'n voorstad op sy eie. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2020 @ 08:25:47 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Hartenbos het 'n mooeilike uitleg as dit by beveiliging kom.  Ek weet  nie hoe Bestuur dit kan oplos nie.  Van die kampe wat nie heel teen die strand lê nie, kan moontlik suksesvol beveilig word, maar die oord is so te sê 'n voorstad op sy eie. 

Stem saam Fred.   Die enigste moontlike marnier is om die hele kampterein in kleiner toegespande kampe te verdeel met 'n groot algemene terrein waar geen karavane is nie.

Elke kamp terrein moet sy eie verligheids wagte he wat die kleiner gebiede meer effektiek kan beheer.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2020 @ 09:58:47 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

mens moet dalk na 'n tipe alarm systeem kyk wat in die tent geplaas word met "sagte" sirene (klank soos deur klokkie wat bure nie gaan mal maak met sy klank nie) en SMS notifikasie.

Ons is tog verantwoordelik vir ons eie veiligheid ook.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2020 @ 10:05:37 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

https://www.caravanparks.com/35.Caravan-Camping-Community-Forums.htm?forumaction=1&forumthreadreply=1&loadpost=250193990&loadcategory=1012#ForumsAnchor

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2020 @ 17:19:26 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1030
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Ek het terugvoer van Hartenos gekry

Beste Swanie,

Baie dankie vir die laat weet. Ja, daar was ongelukkig ‘n insident Maandag nag waar iemand toegang tot ‘n kampeerder se tent gekry het. Die kampeerder het reg langs die ablusieblok gestaan tussen ander woonwaens.

Hierdie is ‘n opportunistiese en sporadiese voorval en nie die normaal nie. Hartenbos is ongelukkig ‘n “oop” oord en kan enige iemand vanaf die strand of vanaf die land se kant deur die woonwa parke beweeg. Ons het 24 uur sekuriteit, maar die beampte kan onmoontlik elke woonwa gelyk oppas - tensy ons ‘n wag aan elke woonwa toeken. Soos wat besetting styg, so vermeerder ons ook die wagte op die oord.

Ek kan jou belowe dat jy nie bang hoef te wees nie en dat ons die situasie monitor.  Ons was nog altyd ‘n veilige tuiste en ons sal dit so hou!

Lekker dag.

Mornay Beukes
Oordbestuurder
Resort Manager

+27 44 601 7227 | MornayB@atkv.org.za

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Nov 2020 @ 20:24:37 pm
Great-White
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 28
Joined: 15 Jan 2019
Experience: 31 years

Maar hy se nog steeds nie hoe hulle die sekuriteit gaan opskerp nie. Heinings van die pad se kant sal al klaar n groot verbetering wees. Toe ek so 2 jaar terug hier gekamp het, het skelms van die pad af ingekom en goedere gesteel en dan weer gevlug na die pad se kant toe. die C-Blok is omhein en help baie.

ek wonder as die dame  vroeer die week aangerand was ofMornay nog steeds so n niksseggende terugvoer sou gee.

Dankbaar vir ons gesondheid wat ons toelaat om te kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2020 @ 06:49:49 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17550
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Maar hy se nog steeds nie hoe hulle die sekuriteit gaan opskerp nie. Heinings van die pad se kant sal al klaar n groot verbetering wees. Toe ek so 2 jaar terug hier gekamp het, het skelms van die pad af ingekom en goedere gesteel en dan weer gevlug na die pad se kant toe. die C-Blok is omhein en help baie.

ek wonder as die dame  vroeer die week aangerand was ofMornay nog steeds so n niksseggende terugvoer sou gee.

Jip....klink vir my of Hartenbos die enigste plekis in SA wat nie nodig het om sekuriteit op te skerp nie....vat net die woord van oord bestuur: Jy sal okay wees. {Glo en vertrou}

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2020 @ 08:20:21 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek het terugvoer van Hartenos gekry

Beste Swanie,

Baie dankie vir die laat weet. Ja, daar was ongelukkig ‘n insident Maandag nag waar iemand toegang tot ‘n kampeerder se tent gekry het. Die kampeerder het reg langs die ablusieblok gestaan tussen ander woonwaens.

Hierdie is ‘n opportunistiese en sporadiese voorval en nie die normaal nie. Hartenbos is ongelukkig ‘n “oop” oord en kan enige iemand vanaf die strand of vanaf die land se kant deur die woonwa parke beweeg. Ons het 24 uur sekuriteit, maar die beampte kan onmoontlik elke woonwa gelyk oppas - tensy ons ‘n wag aan elke woonwa toeken. Soos wat besetting styg, so vermeerder ons ook die wagte op die oord.

Ek kan jou belowe dat jy nie bang hoef te wees nie en dat ons die situasie monitor.  Ons was nog altyd ‘n veilige tuiste en ons sal dit so hou!

Lekker dag.

Mornay Beukes
Oordbestuurder
Resort Manager

+27 44 601 7227 | MornayB@atkv.org.za

Wat 'n niks gesegende teleurstellende, arrogante brief van ATKV bestuur.  

As dit onmoontlik vir een wag is om al die karavane op te pas is die antwoord maklik selfs vir 'n sub A seuntjie.  Stel dan nog wagte aan om "AL" die karavane op te pas en doen jy werk reg.  Veiligheids beheer behoort een van die top uitsette en verpligtinge te wees van enige kampplek.

Sekuriteit is grootliks die oord se verantwoordelikheid tesame met die kamper.  Die arrogansie om te noem om een wag per karavaan aan te stel klink na 'n werkbare oplossing as ATKV nie ander veiligheids planne het nie.

Deur 'n probleem situasie net te monitor los "GEEN" probleem op nie as daar nie daadwerklike veiligheids veranderings ge implimenteer word nie.   Gaan hulle oor 10 jaar nog steeds monitor en niks doen nie?  Hoeveel inbrake en moontlike aanrandings, verkragtings moet plaasvind voordat 'n oord gaan aanvaar veiligheid is 'n probleem en iets daaraan doen?  Ek praat nie eers van 'n inbreker wat doodgeskiet gaan word nie.

Ek het regtig beter terugvoer verwag van ATKV bestuur.  

ATKV Hartenbos se naam is nou vir die verkeerde redes op almal se lippe.   Ek as ou mens sal verseker onveilig voel as daar nie veiligheids veranderings gebeur nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2020 @ 16:51:15 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1880
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

As ek die nuus reg luister, moniteer die SAPS ook net situasies. Dit is 'n holrug stelling wat net mooi niks beteken nie.

Ons kamp gereëld en vir lank elke jaar by Eiland.

Ofskoon die oord in die Hans Merensky wildreservaat geleë is, is daar 'n openbare pad deur die reservaat waarteen die oord lê.

Eiland is toegespan met behoorlike heining. Geelektrifiseer. Uitstekende toegangsbeheer met 'n aantal swerfwagte in die nag wie twee-twee die area deurwerk. Dan doen die bestuur verantwoordelik vir sekuriteit self ook patrollie snags. Mens sien gereëld sekuriteitspersoneel in die nag by jou tent verby beweeg.

Ofskoon Eiland sekerlik makliker beveilig kan word as Hartenbos, behoort die feit dat oorde soos bv Eiland en Buffelspoort goeie sekuriteitspraktyk toepas vir hulle omstandighede, Hartenbos te laat uitstaan as 'n oord met onvoldoende sekuriteit.

Ons het besluit om Hartenbos van ons "moet besoek word" lys af te haal.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2020 @ 14:12:53 pm
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1040
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Hi Almal,

Willem (Wilsur) het ook skrywe gerig aan ATKS, en hieronder die terugvoer.

Beste Willem / Hennie,

Baie dankie vir julle navraag. Ja, daar was ‘n insident Maandag nag, 16 November 2020  waar iemand toegang tot ‘n kampeerder se tent gekry het. Die kampeerder het reg langs die ablusieblok gestaan tussen ander woonwaens.

Hierdie is ‘n opportunistiese en sporadiese voorval en nie die normaal nie. Hartenbos is ongelukkig ‘n “oop” oord en kan enige iemand vanaf die strand of vanaf die land se kant deur die woonwa parke beweeg. Ons het 24 uur sekuriteit, maar ongelukkig beweeg die wagte en het ons nie ‘n wag vir elke woonwa nie. Soos wat besetting toeneem, so vermeerder ons ook die wagte op die oord om veiligheid te verseker.

Ek kan u belowe dat u nie bang hoef te wees nie en dat ons die situasie monitor. Ons was nog altyd ‘n veilige tuiste en sal dit so hou!

Lekker dag.

Mornay Beukes
Oordbestuurder
Resort Manager

+27 44 601 7227 | MornayB@atkv.org.za

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 07:11:39 am

Dis 'n great gesindheid wat hulle het.  Waardeer die terugvoer.  Met so 'n oop oord begin die veiligheid van jou eindom en jouself..................  BY JOUSELF.

Saltrock het 'n soortgelyke probleem van die strand se kant af.  Daar is seker nog sulke oorde.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 08:07:28 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3577
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek wil sê amper elke kamp wat teen die strand geleë is, het die probleem dat dit moeilik is om toegang vanaf die strand te beperk.  Maar kampeerders wil graag die see-uitsig hê en daarom is die oorde van die populêrstes.  Dat daar soveel reklame gegee word aan 'n enkele insident by Hartenbos wys egter dat dit eintlik maar 'n uitsondering is.  Ek kan nie glo dat daar nie ook by ander sulke strandfront-oorde diefstalle plaasvind nie. As daar meer wagte by die kampe aangestel word, sal die koste maar deurgegee word aan ons, kampeerders en dan kla ons weer daaroor. Sulke misdaadgevalle is waarskynlik maar laag so miskien moet ons nie te opgewonde raak daaroor nie en net dit geniet om uit te kamp.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 08:34:07 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Leon

Daar is baie kampplekke wat oop publieke toegang het tot die strand en karavaanpark.  ATKV Hartenbos, Saltrock, Scotties, Rockkie bay, TO Strand en nog meer.  Almal poog daadwerklik om veiligheid hulle nommer een prioriteit te maak vir 'n veilige kamp omgewing.   En ja daar is probleem gevalle by amper elkeen maar dis die verskil kom in by bestuur hoe hulle die probleem aanspreek en probeer oplos met werkbare, sigbare veranderings tot voordeel van die kampplek en kamper. Vir my is TO Strand loshande die wenner.

Veiligheid verantwoordelikheid kom van altwee kante af.  Die grootste een is die veiligheid en sekuriteit wat die kampplek bied en adverteer. Niemand gaan beslis in 'n onveilige omgewing kamp waar Crime stats buite beheer is nie.   Baie kampplekke moes al gedwone hulle deure hieroor sluit agv kampers wat verbyry.  Net in hierdie een veiligheid geselsie is daar persone wat ATKV Hartenbos 'n verby skip gaan gee agv veiligheid wat nie op std is nie al is veiligheid ook hulle gesamelike verantwoordelikheid.

Netso sal niemand in 'n hoe Crime omgewing 'n huis koop as hy ander opsies het waar dit veiliger is nie.  Saam met inbrake en diefstal gaan ander kriminele aktiwiteite soos aanranding en verkragting hand aan hand.  Dit vat net eenkeer om aangerand of verkrag te word om 'n lewensletsel op die persoon en hul huisgesin vir altyd te los.  In my vriendekring is daar hartseer gevalle van dit.  

As veiligheid by Kampplekke nie belangrik  is nie kan Caravanparks Admin maar die "Security" Afdeling verwyder by die Resort Ratings.  Dan is veiligheid jou as kamper se verantwoordelikheid.

Altwee briewe van die bestuurderes is amper 'n "Copy en Paste" aksie so eenders is dit.   Dit wil voorkom asof daar baie briewe van bekommerde kampers na bestuur gestuur is met veiligheids vrae en kommernisse wat vinnig beantwoord moes word.

Ek het geen persoonlike probleem met ATKV Hartenbos nie maar jaarliks is daar diefstal probleme wat nie opgelos word nie.  Ek voel net sterk oor veiligheid en die manier hoe probleme aangespreek en permanent opgelos word. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 08:50:09 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Ek het van Jeffreys Bay Caravan Park vergeet.  Daar was in die verlede baie probleme met die oop strand wat kampers laat wegbly het.   Bestuur het geluister na kampers se probleme en tans is daar 'n heining met toegangsbeheer wat veiligheid baie verbeter het.  Hopelik verander die park weer na die glorie wat dit was.  Sterkte en dankie aan die bestuur.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 09:51:10 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3577
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jack, Ons was 'n paar jaar nie by TO STrand nie, so dinge kon verander het.  Toe ons laas daar was, was daar beslis nie oop publieke toegang nie.  Die twee voetgangerhekke na die strand het beide slotte gehad waar 'n kode ingepons moes word.  Die hoofhek was ook 24 uur per dag beman.  Ons het heel veilig daar gevoel, soos jy ook noem.

Ek moet weer sê, ek dink die probleem by Hartenbos word oordryf.  Dis al vir my dat sodra daar van 'n ATKV oor gepraat word, almal 'n byltjie wil slyp en ek verstaan dit nie.  Al hulle oorde is baie populêr en in vakansietye vol beset, soos ook Hartenbos, so ek dink die klieënte se optrede spreek van iets heeltemal anders as wat uit hierdie bespreking blyk.  Hoekom wil ons baie goed bestuurde oorde waar die tariewe ook nog heel billik is, gedurig veroordeel?

Ek het wel kritiek wat oor 'n ander aspek gaan wat ek hierbo uitgespreek het, maar die veiligheidsituasie is myns insiens niks erger as by enige soortgelyke oord nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 10:42:40 am
Shirundu
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 71
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Ek was gister in Howick maar bietjie vroeg vir my afspraak. Gaan ry toe 'n draai deur Midmar dam se karavaanpark. Ek het net een woord en dis skokkend. Afgesien van die vuil en verwaarloosde ablusies bestaan die woord sekuriteit nie eers nie. Die kampplekke is om die draai van die dam en vêr van die ingang af. Die draad agter die kampplek lê op die grond. As  donker word sal jy nooit geslaap kry nie. En dit is nogal 'n Natal Parkeraad kamp. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 11:01:21 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 580
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Jack, Ons was 'n paar jaar nie by TO STrand nie, so dinge kon verander het.  Toe ons laas daar was, was daar beslis nie oop publieke toegang nie.  Die twee voetgangerhekke na die strand het beide slotte gehad waar 'n kode ingepons moes word.  Die hoofhek was ook 24 uur per dag beman.  Ons het heel veilig daar gevoel, soos jy ook noem.

Ek moet weer sê, ek dink die probleem by Hartenbos word oordryf.  Dis al vir my dat sodra daar van 'n ATKV oor gepraat word, almal 'n byltjie wil slyp en ek verstaan dit nie.  Al hulle oorde is baie populêr en in vakansietye vol beset, soos ook Hartenbos, so ek dink die klieënte se optrede spreek van iets heeltemal anders as wat uit hierdie bespreking blyk.  Hoekom wil ons baie goed bestuurde oorde waar die tariewe ook nog heel billik is, gedurig veroordeel?

Ek het wel kritiek wat oor 'n ander aspek gaan wat ek hierbo uitgespreek het, maar die veiligheidsituasie is myns insiens niks erger as by enige soortgelyke oord nie.

Hi Fred.  Ons mis mekaar maar praat dieselfde.

Die strand kan almal gebruik. Publiek het toegang tot dieselfde strand voor TO Strand as die kampers. Hulle stop by parkering by die hoofingang en stap deur die bos en dan regs strandlangs tot by die riviermonding.  (Google dit gou)  Toegangsbeheer vir kampers is per pin kode by die hekke.   Baiekeer is daar ook wagte by die hekke.  Daar was ook al kwaaddoeners wat deur die vlak rivier monding toegang tot die kamp gekry het.  Sekuriteit is van die beste wat ek al gesien het.   Wagte met honde stap heeltyd deur die kamp.

Hoekom skerm al die pensionarisse so vir ATKV?  Dit gaan oor die veiligheids probleem meer as oor maand tariewe.  'n Goedkoop oorbesette plek is nie noodwendig die veiligste plek nie.  Hoe meer mense hoe meer probleme.  As dit my geliefde Scotties was sou ek dieselfde genoem het as bestuur nie 'n Plan van Aksie gehad het nie.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za