English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 349
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 636
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Veiligheid van Kampers

replies: 17
views: 381
5 days ago @ 14:00:38 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Dit wil vir my meer en meer voorkom dat veral ouer kampers hulle veiligheid plaas in die hande van die oord se sekuriteit.  In die meeste gevalle is die sekuriteit nie eers deel van PSiRA nie.  Wagte word self aangestel deur oorde sonder dat die nodige ondersoek op die wagte gedoen word.  As hy bereid is om teen minimum loon wag te staan deur die nag is hy aangestel.  Dis soos maklik soos dit. 

Jy hoor en lees gereeld van veiligheids probleme by ATKV Hartenbos, Jeffreysbay en ander kampe.   Kampe waar sekuriteit nie eers sigbaar is in die dag nie.  Kampe wat oopstaan sonder toegangs beheer.  Veral die ouer garde word beroof en besteel want hulle bied die minste weerstand.  Jy lees van rowers wat wegstap met die gesteelde toerusting.  Geen haas en bang vir die kamp sekuriteit nie.   Dit wil voorkom of die kamp wagte deel is van die roof wat nerens word weerstand gebied nie.   Selfs jou buurman is te bang om betrokke te raak.

Ek persoonlik benader my sekuriteit dieselfde of ek nou kamp of by die huis is.  My goed is myne en dit bly myne.  As jy skelm is gaan steel die kamper se goed waar veiligheid nie hoog geag word nie.   Daar gaan jy wegkom sonder 'n skraap.

Die tyd het nou ryp geword want jy lees uurliks van moord, verkragting, inbrake en al die slegte goed maar jy doen nog steeds niks om jou vrou en besittings te beskerm.   Versekering gaan nie jou vrou terugbring as iemand haar verkrag en vermoor het nie.  Jou veiligheid is in jou hande,  moenie op kampwagte staatmaak nie. 

Kampe moet meer aanspreeklik gehou word vir veiligheids probleme.  Tesame moet veiligheid van die kampers se kant ook meer aandag kry.  Die bal is in jou hande.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 14:11:48 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 165
Joined: 04 Jan 2021

Geen tikgeveg nie asb.

My vrou en ek doen die "permie" ding nou alreeds 1-jaar lank by verskeie oorde en het nog nooit ń gevaar zone gehad nie.

Alles hang af hoe jy oorde benader agv, ondersoek doen voordat jy ń finale besluit neem.

My 2cent.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 14:23:20 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Gerrie, dis wat ons ook maar doen.  Die nadeel is dat jy nie alles kry deur "Resort Ratings " nie.  Ek vra ook maar gewoonlik 'n bietjie rond en hou 'n oor op die grond.  Ek kies ook staanplekke waar daar voldoende lig en beweging is, sonder om vertrap te word.  Ek los die staanplekke wat weggesteek tussen bome is met swak beligting. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 14:38:26 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 165
Joined: 04 Jan 2021

Ons staan tans weggesteek onder ń boom en die grootste probleem is, is die blare.

Binnekort verhuis ons na ons nuwe staanplek wat hulle tans besig is, sonder bome en blare, maar in die Somer gaan ons die boom misembarassed.

Al plunder wat ons tans gehad het tydens ons reis, was ape wat vullis blikke omgooi by jou stoep en die volgende oggend is dit erg opruimingyell

Waar ons tans is, was die enigste dreigement ń Egiptiese Spoeg Kobra by ons sytent, maar dit is Bosveld en Natuurlaughingen sulke voorvalle moet jy verwag, veral in die Bosveld.

Byvoegsel: Dit bly ń lekker rustige lewe sonder "stress".

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 17:42:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Wys my n plek waar dit veilig is, en ek gaan bly daar...

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 18:00:27 pm
FlipnTilla
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 503
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 48 years

Ons toer nou al 18 jaar rond en het nog nie een mens ontmoet wat in 'n kamp aangeval is nie.  Het al gesprekke hieroor gehad en as jy dan vra vir die ouens se name wat aangeval is, sodat ek hulle kan bel, is dit net hoorse stories.

Diefstal?  Jip, dit gebeur, maar gebeur ook maar in ons voorstede.  Stel jou tent alarm saans of as jy weggaan vir die dag, net soos jy by jou huis doen.

Ons besoek Jeffreys en Hartenbos baie gereeld en het nog nooit 'n probleem gehad nie.  

Staan nou weer by Struisbaai, waar daar geen sekuriteit is nie en die hekke dag en nag oop le. Geniet onsself gate uit.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 18:30:34 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Het een jaar in die drakensberge, as reg onthou was dit by Monks Cow (Spelling?), gekamp. Deur die nag het hulle  mense wat n end van ons af gekamp het se TV gesteel. Blykbaar is dit maar n groot probleem by kampe in die drakensberge. 

Maar, dan aan die ander kant, kan die ape en bobejane groter skade veroorsaak in die KNP. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 18:42:03 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Google    campers robbed za

Messteke , verkragting , diefstal.

Ek val niemand aan nie maar vra hierdie vraag.

Probeer ons wegkyk van regte probleme wat ons met opset probeer miskyk?  Glo ons nie die media nie totdat dit met ons self gebeur?

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 07:37:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

My uitgangspunt is sekuriteit is wat ek daarvan maak.  Selfs in die kompleks wat ons bly is die sekuriteit so goed soos die swakste sekuriteits wag.  En al is hy baie goed het hy ook 'n limiet.  Want hy word gedreig met.......... as jy ons nie inlaat nie maak ons jou mense dood.

Wat dink jy gaan hy doen. Sy eerste perioriteit is sy eie familie.  Wat nou nog 'n wag by 'n oord wat ek glad nie ken nie.

So mense moet maar waardevolle items weg sluit en 'n tent alarmpie aanskaf veral waar kamp staanplekke nie deur elektriese heinings en wagte beskerm is nie.

Maak nie saak waar jy is nie ........... sekuriteit is jou eie plig.  Dit wat die oord bied is 'n baksie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 09:02:42 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

My uitgangspunt is sekuriteit is wat ek daarvan maak.  Selfs in die kompleks wat ons bly is die sekuriteit so goed soos die swakste sekuriteits wag.  En al is hy baie goed het hy ook 'n limiet.  Want hy word gedreig met.......... as jy ons nie inlaat nie maak ons jou mense dood.

Wat dink jy gaan hy doen. Sy eerste perioriteit is sy eie familie.  Wat nou nog 'n wag by 'n oord wat ek glad nie ken nie.

So mense moet maar waardevolle items weg sluit en 'n tent alarmpie aanskaf veral waar kamp staanplekke nie deur elektriese heinings en wagte beskerm is nie.

Maak nie saak waar jy is nie ........... sekuriteit is jou eie plig.  Dit wat die oord bied is 'n baksie.

Leon jy slaan die spyker mooi op die kop.  Veiligheid begin en eindig by jou.

Alarm is deesdae 'n moet.  Saam met dit is goeie buurmanskap.  Iemand wat soos jy voel en dink oor veiligheid om saam met jou 'n oog te hou oor beide kampstaanplekke. 

Sluit onnodige goed wat rondle toe.  Veral duur items.  Die versoeking kan net te veel raak vir iemand.

Ek is nie aldag 'n groot voorstaander van diere in 'n kampplek nie maar 'n wakker hondjie is goud werd. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 10:25:01 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1300
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Ons het tydens die Massa Kamp ons 100e verskillende kampplek gedoen. (Dink ons kan onsself nou "redelike" ervare kampeerders noemcool)

Tydens 'n kamp by Dube 'n veiligheidswag gehad wat my fiets wou steel. Die bestuur het hom, en die maatjie by die hek, vinnig permanent verwyder/afgedank. Ons was talle kere weer daar, so, was nie deur hierdie geval afgeskrik nie.

Tydens ons Oos Kaap toer in April, het ons 2 nagte by Klein Plaas, Oudtshoorn gestaan. Pragtige plek en ons sal weer soontoe gaan. Maar, alhoewel ons op dié tydstip net 2 karavane in die kampeerarea gehad het (nog ander mense by die chalets) het my byltjie, wat nou al jare lank saam met my "kamp", net eenvoudig verdwyn. Die ander kampeerders was getuie dat daar geen ander persone in die omgewing was nie, behalwe die tuinwerker. Feit bly staan, die ding is weg, verlore (alhoewel ek wel die karavaan dáár en tuis deeglik ondersoek het .....)

Seker geldelik nie groot skade nie, maar my punt is dat, alhoewel daar in beide gevalle wel deeglike sekuriteit was, diesulke gevalle moontlik (?) deur die werkers gepleeg kan word. Dit is sekerlik ook maar moeilik vir Kamp bestuur om hulle werkers deeglik te ondersoek en te beheer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 10:41:19 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Nico,  

As ek 'n kamp plek gehad het sou ek jaarlikse poligraaf toetse in my dienskontrakte vir werkers en wagte aanbring, tesame met 'n spotcheck toets.  Boere, Tracker Voertuig Opsporings en besighede doen dit al jare en het goeie sukses daarmee. Dis 'n groot afskrikmiddel vir enige mens.  

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 12:22:16 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek dink mens is gou geneig om veilig te voel as mens met vakansie is. Ons was self n slagoffer gewees paar jaar terug in Muizenberg omdat ons gedink het ons is tussen klomp vakansie gangers en ons is veilig....stadium wanneer jy nie aan negatiewe misdaad wil dink nie.

 

Ek dink ook ons is gou geneig om te sê ons het veilig gevoel op n oord omdat ons lekker gekamp het en niks gebeur het nie. Sou daar egter n voorval gewees het....sou julle steeds sê dis veilig en die plek se veiligheid tussen 4/5 en 5/5 rate? Dis wat meeste van die tyd gebeur.

As mens na die ratings se sirkels kyk en die beskrywing daarvan, is dit dit as volg:

Definition of Rating
1 - Unacceptable
Very bad quality. Facilities and services are not acceptable. The facility or service requires major improvements to bring this resort up to standard.
2 - Basic
Basic quality. Definitely requires additional improvements to the facilities and services before reaching an acceptable standard.
3 - Good
A good and acceptable quality noted in the overall standard. Minor improvements may still be needed to the facilities and services on offer.
4 - Excellent
A very good quality in the overall standard. Almost no improvements are necessary to the facilities and services on offer.
5 - Outstanding
Brilliant quality where the resort has exceeded the expectations of the visitor by going beyond the call of duty.
 
Ek probeer nie sekere oorde afkraak nie.....ek gebruik dit slegs as voorbeeld, maar kyk soos oorde soos Hartenbos, Scottburgh, Rocky baai. Hulle het nie eers heinings om die oord nie. Enige iemand kan daar instap sonder dat daar vrae aan jou gevra word wat jy daar soek. As jy dan na die gemiddelde terugvoer kyk sien mens dat die algemene veiligheids gevoel by al 3x hierdie oorde 4\5 ge-rate word. Dan lees mens  in die tabel hierbo wat beteken 4. Dan vergelyk hierdie situasie hierbo by jou huis waar jy bly.....gaan jy veilig voel as enig iemand om jou huis kan beweeg sonder dat daar enige navrae aan hom/haar gerig word en die persoon nie eers in jou omgewing woonagtig is nie? Ek twyfel of jy sal noem jou sekuriteit by jou huis is "EXCELLENT" en basies geen improvements hoef te gedoen word aan stelsel nie, as jy nie eers n basiese item soos n heining om jou plek het nie. 
 
Ek was hele paar jaar betrokke by die installering veiligheids stelsels.....meeste mense en besighede gee eers aandag daaraan as daar eers n dramatiese geval was....asof dit dan eers n prioriteit word
 
my2c 
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 12:58:46 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Geert,

Jy kyk van 'n heel ander kant na die prentjie.   Jou vrae aan die einde laat mens mooi dink.  Alles maak sense.   Dis waarom ek ook nie deesdae maklik 'n Rating doen nie want elke persoon sien dit anders.  Jy word maklik uitgewys en beskuldig as jy 'n oord 'n 1 of 2 gee.  Meeste mense dink jy val die oord persoonlik aan wat nie die geval is nie.  Jy gee net jou mening waarop jy geregtig is. 'n 3 Rating is in my boekie 100%

Die kampers wat deur diefstal en swak diens deurgeloop het is nie aldag deel van 'n forum nie en wil nie nog alles op die media uitbasuin nie.   Hy lek sy wonde. 

Hoeveel keer was daar nuwe lede wat op sy eerste brief 'n oord kritiseer oor veiligheid of  iets wat verkeerd geloop het?  Elke keer word hy oor die vingers getik deur ouer forum lede want jy wie is jy om op jou eerste brief te kom gal braak en statements maak?  Op die ou einde het hierdie kamper einlik die regte ding gedoen om ons as kampers in kennis te stel van moontlike probleme. 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 13:20:25 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Zack ek dink jou kommer is geregverdig, ek dink nie jy moet sleg voel as daar kampers is wat opinies lewer nie. Ek is gelukkig een van hulle wat in 48 jaar nog nooit n diefstal by my kampplek ervaar het nie. Maar dit sê nie dat ek darem ook somtyds ongerus was nie. Ek het al teen die Kongo se grens gekamp, en "hulle" het in n groot sirkel om ons kom sit, en net daar gesit. surprised Ons was uiters ongerus, want van hulle het kapmesse en spiese gehad. En die hele LOT het voor sononder eenvoudig GELOOP. Hulle wou net graag KYK wie die besoekers was. smile  Ek is seker paranois or my goed, maar ek is verskriklik versigtig oor waar ek goed los wanneer ek kamp. Ek kan ook seker onverskillig raak, spesifiek wanneer ek in die Wille Kruger kamp. Soos Leon hierbo sê, jy moet maar jou eie sekuriteit maak.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 08:49:02 am
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 165
Joined: 04 Jan 2021
Baie jare gelede, so in die omgewing van +\- 10 - 12 jaar gelede toe ons nog tent gekamp het, het rowers gedurende Desember maand kampeerders so beroof by Caravan Cove.
Hulle het hulle geklee met sekuritets klere en kampeerders totaal beroof van geld, alkohol en kos.
Die aanvalle was gedurende die oggend ure, tussen 2 en 3.
Ek het nog die een oggend buite gesit en ń sigaret geniet toe wandel die klomp voor my verby, minwetend dat hulle rowers was.
Wat ek opgemerk het is dat hulle kaalvoet was met die sekuriteits klere.
My 1ste denke was: Swak Dissipline.
Die oggend om 8 toe ek badkamer toe stap word daar gesê dat 4x Sekuriteits wagte mense by hulle karavaan beroof het.
Ek wil nie die oord afkraak nie omrede omstandighede dalk al verbeter en versterk het.
 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 09:06:33 am
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Gerrie, ons wil nie oorde afkraak nie ons noem maar net wat waar gebeur het en waar.  Dis 'n goeie voorbeeld hoe mak skelms geword het en hoe maklik dit is om weg te kom.

Ek is 'n ou Scotties man.  Van die agterste kampers teen die treinspoor loop gereeld deur onder misdaad.  Fietse wat rondle is gewoonlik 'n maklike teiken tesame met elektriewe toestelle.  Daai lemmetjies draad op die precon heining werk nie.  

Misdadigers teiken malikike teikens soos kampers wat min tot geen weerstand bied nie.  Daar is baie minder risiko as bv om in 'n huis in te breek waar moontlike gewapende weerstand kan wees.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 11:34:30 am
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 554
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Ek dink dat dit in vandag se dae onverantwoordelik is om besittings te laat rondstaan(praat ek, ek doen dit self). As jy jou goed laat rondle, kan jy nie die oord blameer as dit wegraak nie. Besittings sal voete kry as dit rondle, oral, nie net by oorde nie, enige plek. Maar ek stem nie saam dat sekuriteit my eie verantwoordelikheid is nie. Dit sou beteken dat ek die heeltyd by my kampplek sal moet sit om dit op te pas. As ek rondbeweeg en my karavaan is beroof in my afwesigheid, is dit die laaste sien van my by daardie oord.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za