English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 603
Total Replies: 253 768
Total Views: 83 280 737
topics: 1 157
replies: 12 199
views: 4 836 119
Jokes and everything else that makes you laugh

Vasbyt Lockdown amper verby

replies: 55
views: 987
page 2 of 2
06 May 2020 @ 16:09:10 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3548
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jy kan selfs met tamboti vleisbraai mits dit heeltemal gloeiende kool is en daar geen rook meer trek nie.  Ek het dit nou nooit gedoen nie, trouens ek het nog nooit 'n stuk tambotihout in my hand gehad nie, maar mense wat dit ken, sê dit maak uitstekende kole.  Die gif is gewoonlik in die olie in die hout wat vinnig afbrand.  Die luiperdboom sê internet, is slegs matig giftig, so as jy nie die rook inasem nie,of vleis braai terwyl dit nog rook nie, behoort jy veilig te wees.  Die hout word ook medisinnaal gebruik, as ek reg onthou vir maagprobleme. Interessant kan die blare blykbaar vir veevoer gebruik word, so die gif is net in die hout.

Hendrik, ek aanvaar jy is nie 'n houtwerker nie.  Ek ook nie juis nie, ek is meer yster-georiënteerd.  As ek egter bome moet snoei, probeer ek gewoonlik om van bruikbare stukke planke te saag, sommer met my banksaag of die sirkelsaag en dan deur die bankskaaf.  Jy sal verbaas wees hoe mooi van die hout is wat ons so maklik mee vuur maak.  Apiesdoring en wit stinkhout onder andere is besonder mooi.  Nou het ek darem so 'n bietjie inheemse hout om op die draaibank mee te speel.  Jakarandahout is ook heel bruikbaar.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 09:05:03 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3111
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 12:17:55 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9878
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek doen nou bietjie n voorraad opname.

Nie mooi om te sien dat ek my self op n minder inname beperking moet plaas nie.

En daar is nie eers rugby op TV nie, met dit wat hulle wys bly dieselfde span elke keer verloor.

 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2020 @ 07:38:35 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17516
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

😂

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2020 @ 16:45:21 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 209
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Snaaks wat lockdown aan party mans doen wat nou 1ste keer in 40jr by huis ingeperk is - my bed weggeskuif om onder hom te stofsuig en natuurlik is die gedeelte spotless en donker maar res van mat effens verbleik en ligter van al die loop en son - sal ek gevra word of ek gesien het hoe vuil die mat is ???   Sal nie my antwoord hier weergee nie.    Gebruik ook al 40 jaar n welding machine van sy pa oorge erf en al 3 huise en n paar pelle sin met hom in stand gehou - word skielik gevra of hy maar na n nuwe inverter 1 kan kyk wat modern en ligter op krag is - my antwoord was dat dit reg is as finansies dit toelaat  - volgende oggend 6h15 hoot voor hek en word nuwe welder met helmut deur courier afgelaai !!!    Dink dis tyd dat manlief se firma sy kantoor ontsmet en hy teruggaan werk toe van huis af werk laat te veel gedagtes ronddwaal !!!  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 2 of 2
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za