English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 535
Total Replies: 252 845
Total Views: 83 251 590
topics: 11 580
replies: 139 250
views: 39 344 170
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Vandalisme

replies: 4
views: 3424
11 Jul 2004
Anonymous
Ons het 'n karavaanpark op die Suid-kus en spandeer baie ure en geld daaraan om die oord aantreklik te maak vir almal.

Daar is baie vakansiegangers wat dit geniet maar dan is daar die persentasie'tjie wat wil afbreek . Ek is besig met 'n klein navorsingsprojekkie om te bepaal wat vakansiegangers besiel ( nie almal nie )om dinge af te breek wat ander probeer opbou. Wat motiveer 'n tiener om ons trampolien met 'n mes te sny ? ( R900.00) daarmee heen. Wat motiveer 'n dame om 'n deur in die dames ablusie af te breek ? ens , ens.

Enige aanmerkings of antwoorde sal waardeer word
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jul 2004
Anonymous
Met my laaste besoek aan Caravan Cove het ek my verwonder aan 'n klomp tieners wat hulle neergeplak het op een trampolien en al wat kind is daar verjaag het. Kyk daar was nou gevry, gerook en gesuip op daai trampolien vir 'n wen en
'n plek.

Ek kan nie verstaan dat ouers net hulle tieners los en nooit gaan kyk wat maak hulle nie, ek het self 'n tiener dogter en ek weet waar is sy elke tyd van die dag. Miskien moet ons wat weer een dag wil terug keer na die spesifieke kamp maar opstaan en gaan kyk wat doen ons kinders. Ek glo nie dis 'n dame wat u deur gebreek het nie, maar wel een van daai orige tieners

Mooi bly
Chris van Niekerk 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jul 2004
Anonymous
Beste Willie

Ja nee dit kry mens orals.  Hetsy die "seewater" het gepraat, hulle is so grootgemaak of dit is net aspris om nie ander mense ook iets in die lewe te gun nie.
Soos jy se dit kos baie om n plek op te rig en in stand te hou.
Groete
Luanda
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2004
Tina
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 126
Joined: 17 Apr 2007
Beste Willie, ongelukkig gaan jy nooit van die vandalistiese element ontslae kan raak nie. My voorstel is gereelde rondbeweeg deur die kamp. Indien jy dan iets raaksien, moet die betrokkenes dadelik aangespreek word. Waar kinders betrokke is, moet die ouers ook ingelig word. Die wat nie daarvan hou nie, moet maar die pad vat. Ek kan jou verseker dat sou my tiener vandalisties optree, sal hy verseker met sy pa te doen kry. Jou openbare optrede weerspieel gewoonlik jou opvoeding.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jul 2004
Anonymous
Hello Willie,

Ek weet nie waar julle vakansie oord is nie, of wat jul tariewe is nie, maar ek dink jy kan jou projek baseer op die opvoeding van die kinders, en die dame sou ek dalk die skuld van baggas gee (dalk te diep in die bottel gekyk?)  Ek glo in elk geval sulke mense hoort nie in 'n karavaanpark nie, en as ek ooit een tee kom sal ek die persoon dadelik gaan aangee (sommer by die polisie vir die beskadiging van eiendom).  Sulke dinge grief my net so!!

Hoop julle vorder, moet asb nie stop met die karavaan park nie, want ons het mense soos julle nodig om dit vir ons kampeerders lekker te maak!

Willemien
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za