English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 641
Total Replies: 220 769
Total Views: 81 962 587
topics: 767
replies: 12 173
views: 4 954 415
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

VW Touareg - sleepvoertuig?

replies: 38
views: 743
17 Feb 2019 @ 07:27:35 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1004
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Dag al julle Kampeerders.

Moet nou nie oorhoeks raak nie, ek weet hierdie onderwerp ("Beste SUV Sleepvoertuig") is voorheen gedek, maar my vraag is so effens anders, daarom 'n nuwe onderwerp.......

Ek kyk deesdae na 'n VW Touareg V6 TDi 3.0 Nie nuut nie, (ek spel my van met 'n dubbel "nn", wat aantoon ek is 'n arm Duitser) maar wel die 2011 weergawe. Sy 180 kW is so reg in my kraal om "Pophuis" (+/- 1400 kg) te sleep waar ons gaan (Joanie reken ek het "geit") 

Nou, met die Suzuki Grand Vitara sleep ek nie sonder my getroue Tando stabiliseer staaf nie, maar hoe gemaak met die Touareg? Die ding het 'n elektriese sleepstang knop wat kan terugswaai wanneer nie in gebruik nie (hoekom wil mens die knop wegsteek? Ek glo dis ekstra beskerming van agter indien die ou agter my remprobleme het) en het dus nie die fasiliteit om my Tando te kan gebruik nie. 

Nou hoe nou? Ek het iewers gelees dat sommige voertuie outomaties verhoed dat 'n karavaan swaai, maar kan glad nie uitmaak of die Touareg dit wel kan doen nie, en indien so, hoe dit gedoen word nie.

Enige advies? Wie sleep met 'n Touareg? Enige terugvoer so gou as moontlik - voor ek koop - sal waardeer word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 09:04:20 am
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Ek glo jy sal ń wyse "geite" besluit doen.

Ek het die weer die Tiguan 2,0 Tdi toets bestuur en wat ń lekker voertuig, maar soos jy sê, ons is maar arm Duitserslaughing.

Ek het werklik amper ń vekeerde "geit" gemaak om my X-trail te verkwansel vir ñ Mahindra.

Niks verkeerd met die voertuig naam en fabrikaat nie, maar wel ń probleem agv ń slordige vorige eienaar.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 09:43:31 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2067
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Nico, Ons sleep sedert 1984 karavaan en het aanvanklik 'n Tando gebruik.  Ek het dit spoedig afgehaal (lê steeds in my garage) om drie redes: Ek kan nie aanvaar dit bietjie weerstand wat die gewrig bied, kan die karavaan se swaai keer nie, tweedens as die karavaan swaai is dit omdat die bestuurder lawwe dinge aanvang wat onmiddelik reggestel word as hy/sy net die stuurwiel doodstil hou en derdens, dit is vrek moeilik om die Tando te koppel.  Dit is belangrik om die karavaan gebalanseerd te pak.  As dit nie is nie, bv met baie gewig agter die as, gaan geen stabiliseerder daarvoor kompenseer nie.  Ons het meestal met 'n VW Kombi gesleep en ek meen jou Toareg is sekerlik meer stabiel as die Kombi, so ek meen jy het nie die hulpmiddel nodig nie.  Ek weet daar is lede op die Forum wat van my verskil, maar ek is oortuig dat ek reg is.  Ek het nie my teorie agter die lessenaar bedink of êrens "gehoor" of gelees nie, maar dit praktries op die pad beproef.

Myns insiens is die enigste stabiliseerder wat werk 'n trapesium of een wat soortgelyk werk, maar dit sal nie op jou voertuig pas nie en soos ek reeds gesê het, is dit nie nodig nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 09:51:51 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1288
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ek het vroeër, voor ek my eerste Landy Disco aangeskaf het, baie goed na die Touareg gekyk.

Hy behoort soos 'n droom te sleep. Genoeg wringkrag (nm=torque), genoeg gewig en dan ook 'n anti-sway funksie wat elektronies jou motor herbelyn as die sleepding hom begin rondgooi. Dit gebruik die abs remstelsel om jou voertuig te rig.

Maar, dit werk eers wanneer die voertuig begin swaai. 'n Stabiliseerder keer die swaai voordat dit gebeur.

Ek verstaan van 'n handelaar se tegniese bestuurder (John by Kempton karavane) dat daar 'n "bracket" is wat jy aan 'n gooseneck sleepstang kan sit om 'n tando of 4x4 stabiliseerder te pas.

Krap daai geit een maal en kry die Touareg as jy kan. Dit was my tweede keuse toe ek gekyk het na voertuig toentertyd.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 10:06:37 am
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Nico, aangesien jy nou woonagtig is in Parys, doen jouself ń guns en gaan so vir ń Sondag middag rit en gaan kuier by Susan by Eastco Parys en kry die kontak besonderhede van die omie wat sy Sensation sleep met ń Touareg.

Noem aan haar, dat dit die omie is wat gereeld by no: 8 staan en altyd sy worshondjie by hom het.

 

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 11:04:53 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12333
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Comet verkoop daai bracket wat jy op gooseneck vasmaak

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 13:13:14 pm
AltydKampTyd
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 10
Joined: 16 Oct 2016
Experience: 27 years

Hi Nico,

ek het vir 7 jaar met my Touareg gesleep, eers ‘n Fleetline en toe ‘n Classique. Het nooit ‘n stabilizer gebruik en nooi gevoel dis nodig nie. Sy gewig en grooter bande was al wat nodig is.

En sy krag😁

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 15:09:32 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7064
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sterkte mef die regte besluit. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 15:11:19 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1601
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek het vroeër, voor ek my eerste Landy Disco aangeskaf het, baie goed na die Touareg gekyk.

Hy behoort soos 'n droom te sleep. Genoeg wringkrag (nm=torque), genoeg gewig en dan ook 'n anti-sway funksie wat elektronies jou motor herbelyn as die sleepding hom begin rondgooi. Dit gebruik die abs remstelsel om jou voertuig te rig.

Maar, dit werk eers wanneer die voertuig begin swaai. 'n Stabiliseerder keer die swaai voordat dit gebeur.

Ek verstaan van 'n handelaar se tegniese bestuurder (John by Kempton karavane) dat daar 'n "bracket" is wat jy aan 'n gooseneck sleepstang kan sit om 'n tando of 4x4 stabiliseerder te pas.

Krap daai geit een maal en kry die Touareg as jy kan. Dit was my tweede keuse toe ek gekyk het na voertuig toentertyd.

Mense.....luister mooi wat Pottie hierbo sê. Die stabiliseerder is nie net daar om jou te help as jy “lawwe dinge aanvang” soos iemand anders hierbo beweer nie. Dit is ook daar as jy by n groot vragmotor verby ry en n dwarswind gryp jou wa of jy kom oor n koppie en dwarswind vang jou onverwags. 

 

Dan gaan jy bitter bly wees dat jy tog maar daardie “nuttelose” stuk yster wat in die motorhuis lê en roes opgesit het. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 20:55:38 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3884
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Sleep sonder 'n stabiliseerders is soos ordentlik ry dan het jy nie 'n veigheidsgordel nodig nie. As iets daai wa skielik laat swaai is dit amper onmoontlik om net die stuurwiel reguit te hou nie.

Nico ek kan jou nie help met enige indrukke maar jy het die skakel wat ek jou lankal gestr het per epos waar daar indrukke gegee word vir elke voertuig met 'n woonwa van jou keuse. Dis wel gemik op oorsese woonwa modelle maar jy kan iets kies met die gewig naby aan Poephuis. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2019 @ 21:03:23 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12333
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Sleep sonder 'n stabiliseerders is soos ordentlik ry dan het jy nie 'n veigheidsgordel nodig nie. As iets daai wa skielik laat swaai is dit amper onmoontlik om net die stuurwiel reguit te hou nie.

Nico ek kan jou nie help met enige indrukke maar jy het die skakel wat ek jou lankal gestr het per epos waar daar indrukke gegee word vir elke voertuig met 'n woonwa van jou keuse. Dis wel gemik op oorsese woonwa modelle maar jy kan iets kies met die gewig naby aan Poephuis. 

Nico....lyk my jy het nou n vol badkamer in jou wa? As ek so na die laaste woord van aanhaling sien😎

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2019 @ 07:49:59 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk of jy met 'n stabiliseerder wil sleep of nie, dis jou eie keuse.

Ek weet net van 'n bracket wat beskikbaar is vir die Yellowblade en Strightliner wat op gooseneck sleepstange sal pas.

Ek self het nog nie een gesien vir die tipe sleepstange vir 'n Bosal Tando nie.

Proffie het ons mee gedeel dat die voertuig wel die anti sway funksie het. Maak net seker dat dit die geval is.

Dan het ek met my nuwe Tipper die anti sway funksie sien werk toe ek op 'n plas diesel om 'n draai gegly het.  Ja dit maak gebruik van die ABS stelsel om die voertuig reguit te kry maar eers nadat dit een of twee keer na links en regs beweeg het.  Nou die bewegings was erg en sou verseker 'n effek op 'n karavaan agter gehad het.

My vraag is nadat die voertuig so van links na regs geruk het wat is die effek op die wa?

Nou daai effek op die wa................. sou dit groter of kleiner gewees het met die stabiliseerder op of daar sonder.

Ek kan jou nie daai antwoord gee nie maar ek kan jou dit sê............. ek was baie bly ek het my stabiliseeder op gehad to ek jare terug 'n "Fish tail" effek gekry het met die sleep van my Penta.

Ek Leon Coetzee sal nooit 'n wa sleep sonder 'n stabiliseerder nie.  Want wat hy doen is hy help jou wel in die nood tye.  Jy voel nie sy werking as jy nie spesifiek vir dit uitkyk en daarop let nie.

 

Nico as jy die stabiliseeder steeds wil gebruik, sal ek sal voorstel jy skakel BOSAL en hoor of hulle so goosneck sleep stang bracket het vir 'n Tando.  Ek twyfel of hulle het want die manier waarop die Tando werk lig jy die stabiliseer stang teen wrywing alvorens jy die stang op die karavaan haak en die beweging kan so gooseneck montasie op die sleepstang moontlik skuif.

Jy sal maar by hulle moet hoor.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2019 @ 08:31:52 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1004
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

@ Danie ..... dankie vriend. My"Pophuis"  (POPhuis Danie, P O P huis!! laughing) is wel baie ligter as die Touareg, so ek glo daar sal nie probleme wees nie

@ Leon. Jong ja, ek is ook maar baie teesinnig om sonder 'n stabiliseerstang te trek, net vir die "wis en die onwis" soos my Ma altyd gereken het. Ek twyfel egter sterk of daar so 'n kedoefer op die trekstang vir die Tando beskikbaar sal wees, so, hier gaan 'n ekstra paar duisend rand vir 'n Yellow Blade ens.

Ek is nou al so bang vir dit wat kan gebeur, lees omtrent alles wat alreeds geskryf is oor die Touareg, die suksesverhale, die hartseer episodes, die kostes om 'n outomatiese ratkas te herbou (die kostes om so 'n ratkas net te diensyell) dat die "geit" al minder raak. Maar, ons is besig om die VIN nommer na te spoor (en om hard te bid vir leiding!) so ons sal maar sien. Joanie was eers redelik teesinnig totdat sy die Touareg gesien, daarin gesit het ens. ... Nou is die gemoed heeltemal 180 grade geswaai!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2019 @ 09:24:31 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2067
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Nico, Dis wys om die geskiedenis van die voorgenome voertuig na te gaan.  As jy daarmee tevrede is, sou ek nie te veel oor die ratkas bekommer nie.  Dis immers 'n Volkswagen en hulle maak nie juis kwaliteitsfoute nie.  As jy hom, of trouens enige voertuig, met respek behandel, kan ek nie dink waarom jy 'n groot risiko loop nie. Dan ook, waartom sou die Taureg se ratkas meer as ander voertuie kos om te herstel- mits jy dit na 'n ratkasspesialis en nie na Volkswagen neem natuurlik. Die dryfkomponente is tog ontwerp om 180Kw te kan hanteer, en as jy sag met die voertuig werk, gaan jy nie naastenby daardie krag inspan nie.  Ek is baie lief vir my voertuie- treur nou nog oor my Kombi wat ek amper dertig jaar gery het- maar hulle is in die eerste plek werkstuie wat moet doen waarvoor ek hulle aangeskaf het.  Maar as ek hulle met respek behandel, het ondervinding gewys, gee hulle my goeie betroubare diens.  'n Mens kan ook nie vir alle risiko's wegkruip nie, dan raak die lewe te saai.  Jou kans om in 'n ongeluk betrokke te raak as jy jou op die pad waag, is tog baie groter as dat jou Taureg se ratkas sal ingee, maar jy huiwer nie om dit te doen nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2019 @ 10:56:12 am
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Nico, daardie ratkasse word slegs elke 30 000km gediens en niks om oor te bekommer dat iets mag fout gaan nie.

So, indien jy besluit om die voertuig te neem, vereis die handelaar vir 'n volledige diens van kop tot tone.

Wat wel bevind is deur BMW SA hoekom daardie tipe ratkasse probleme verskaf, is wanneer die voertuig stilstaan en luier vir 'n lang tydperk terwyl dit ingeskakel is in 'n rat.

BMW ondevind die probleem grootliks by verkeers beamptes wat langs die pad staan en wag vir oortreders.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2019 @ 13:24:30 pm
Dieter
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 25 years

Nico, het jy nou al die Touareg gekoop? Indien nie, waarvoor wag jy? laughing

Ek slaap nou al jare met my 2006 Touareg V10. Ek sleep ook sonder 'n stabiliser en het nog nooit engie teespoed ondervind nie. Die anti-sway werk soos 'n bom en dis goed om te weet dat hy daar is om jou te "vang".

Ek ruil my volksie vir niks nie!

Ek werk net om te gaan kamp..
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2019 @ 14:31:41 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1223
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Nico ek dink jy moet maar baie versigtig sleep. Kan dalk net jou karavaan rek merke gee. laughing

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2019 @ 07:14:33 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 759
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Laat ek my nek ‘n bietjie uitsteek. My Sprite Tourer SP ( wel ‘n klein karavaan) se BVM is ook om en by 1370kg, omtrent dieselfde as die 1400 kg wat jy van praat. Ek sleep maklik met ‘n Fortuner sonder ‘n stabiliseerder. Nog nooit dit nodig geag om een aan te skaf nie. Jy behoort maklik met ‘n Taureg sonder stabiliseerder te kan sleep. 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2019 @ 13:30:18 pm
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 430
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Dit mag dalk 'n bollie-storie wees, maar 'n Amarok-eienaar vertel vir my dat AS jou Fortuner met 'n fabriek-ge-installeerde sleepstang gefit is is 'n stabiliseerder heeltemal oorbodig. Ek ry op die oomblik nie met 'n stabiliseerder nie en ek het my Fleetline onderwerp aan 'n ware pad-toets in Januarie en ek het nie een keer gevind dat hy beweeg agter my nie. Ons het elke pas tussen Knysna en die Strand, via Oudtshoorn gery, ook op die N2 met 'n erg dwarswind en vragmotors van voor af. Stabiel soos die rots van Gibraltar.  Maar ek confess dis nog early days, ek gaan later vanjaar op 'n twee maand road trip en dan sal ek beter kan rapporteer.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2019 @ 16:43:08 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2067
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Die stabiliseringstelsel wat in voertuie ingebou is, is veronderstel om in te skop as die sleepwa begin swaai, so tot op daardie stadium sal jy niks voel nie.  My Kuga het dit ook en ek het dit nog nooit ondervind nie en ek weet nie hoe effektief dit in 'n noodgeval sal wees nie.  Ek is egter oortuig dat, as die karavaan reg gelaai is,  dit jou bestuurstyl is wat die swaai veroorsaak en jou bestuursvaardigheid, of eerder kennis,  wat jou daaruit gaan kry-( of nie). Ek het op een stadium met 'n Opel Rekord stasiewa gesleep wat seker een van die treurigste stuurstels ooit gehad het.  Hy kon nie op 'n reguit, windstilpad op sy eie reguit ry nie, en selfs met hom het ek nooit probleme tydens sleep ondervind nie.  Van die toere was ook in die Kaap waar die wind maar meestal waai. My advies is om op 'n stil pad die karavaan opsetlik te laat swaai en dan te vas te stel hoe om die swaai te stop.  Ek het dit gedoen na ek heel aan die begin amper die karavaan verloor het en wou leer hoe om dit te hanteer.  Ek het vermoed dat die swaai van die karavaan te wyte was aan my gebrek aan ondervinding- jy probeer korrigeer soos jy sou doen as die kar op die pad begin gly, en dit is fataal. Die oplossing is om dit nie te doen nie maar die stuurwiel reguit te hou- dit stop die swaai ONMIDDELIK.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2019 @ 17:02:36 pm
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12333
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ek sal nie my vertroue 100% op die stelsel sit nie. Ek het Desember n ruk met paperige bande gery....my kar het maar lekker geswing as n kar verbykom. Hy sal seker in n mate verbetering gee, maar kan nie 100% instaan vir nalatigheid of abnormale situasies nie.

Miskien Mythbusters kry om dit vir ons te toets....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2019 @ 21:31:53 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1288
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Die stabiliseringstelsel wat in voertuie ingebou is, is veronderstel om in te skop as die sleepwa begin swaai, so tot op daardie stadium sal jy niks voel nie.  My Kuga het dit ook en ek het dit nog nooit ondervind nie en ek weet nie hoe effektief dit in 'n noodgeval sal wees nie.  Ek is egter oortuig dat, as die karavaan reg gelaai is,  dit jou bestuurstyl is wat die swaai veroorsaak en jou bestuursvaardigheid, of eerder kennis,  wat jou daaruit gaan kry-( of nie). Ek het op een stadium met 'n Opel Rekord stasiewa gesleep wat seker een van die treurigste stuurstels ooit gehad het.  Hy kon nie op 'n reguit, windstilpad op sy eie reguit ry nie, en selfs met hom het ek nooit probleme tydens sleep ondervind nie.  Van die toere was ook in die Kaap waar die wind maar meestal waai. My advies is om op 'n stil pad die karavaan opsetlik te laat swaai en dan te vas te stel hoe om die swaai te stop.  Ek het dit gedoen na ek heel aan die begin amper die karavaan verloor het en wou leer hoe om dit te hanteer.  Ek het vermoed dat die swaai van die karavaan te wyte was aan my gebrek aan ondervinding- jy probeer korrigeer soos jy sou doen as die kar op die pad begin gly, en dit is fataal. Die oplossing is om dit nie te doen nie maar die stuurwiel reguit te hou- dit stop die swaai ONMIDDELIK.

My Disco het 'n baie gevoelige anti-sway sisteem plus 'n trailer sway assist.

Die anti-sway wat die meeste voertuie deesdae mee uitkom, werk as die voertuig begin swaai en buite normale rigting 'drift'/gly ens. Wanneer jy sleep, begin hy eers werk as die voertuig begin swaai.

Het dit voorverlede jaar met die Penta gehad toe ek so gesukkel het om die swaai uit die wa uit te haal.

Die Landy se trailer sway assist is addisioneel en begin eers werk as die wa reeds die voertuig begin rondgooi en is deel van die anti-sway sisteem wat die voertuig dan rig gegrond op addisionele kragte vanaf die sleepwa. Dit het te doen met 'n addisionele algoritme wat die rekenaar gebruik.

Ek weet. Op afdraende buite Hazyview het die wa begin stoot en toe begin swaai. Eers toe dit voel of die Landy se agterwiele lig, het die sisteem voelbaar gewerk. Moet sê ek het op daardie stadium naby aan 120km gery agv verkeersomstandighede. 

Dit is voor ek beter bande op die wa gesit het en die trekstang afgehaal het.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2019 @ 22:00:10 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3884
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ek wil net vir Nick baie geluk toewens met sy nuwe vuurwa. Daai Pophuis moet maar reg staan vir rekmerke. Nico mag jy elke dag net plesier he met die VW en ja jy kan maar spog met 'n foto of 3.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2019 @ 07:33:50 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1004
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Dankie Danie, en ander. Jip, ek het my Touareg gekry, V6 TDi met lekker 180kW en 550Nm krag. Gaan Pophuis nou regtig verander in 'n Elegance!

Die gewoonte by my is om alles name te gee, so die Touareg se naam is "Geit". Ek het die voertuig gekoop nie omdat ek moes nie, maar sommer uit simpelgeid, lekkergeid, lusgeid, jaloersgeid ens. 

Sal beslis 'n foto of 2 plaas!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2019 @ 07:36:25 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12333
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geniet hom Nico

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2019 @ 08:26:39 am
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Dankie Danie, en ander. Jip, ek het my Touareg gekry, V6 TDi met lekker 180kW en 550Nm krag. Gaan Pophuis nou regtig verander in 'n Elegance!

Die gewoonte by my is om alles name te gee, so die Touareg se naam is "Geit". Ek het die voertuig gekoop nie omdat ek moes nie, maar sommer uit simpelgeid, lekkergeid, lusgeid, jaloersgeid ens. 

Sal beslis 'n foto of 2 plaas!

Baie geluk Nico.

Ek het van dag 1 af geweet na ons telefoniese gesprek dat jy nie die aanbod gaan weerstaan nie.

Gelukkig sien ek jy noem noem nie "geldmorsgeit" nie, want om so VW te koop is definitief nie "geldmorsgeit" nie.

Ek het sommer nou die "jaloersgeit".laughing

Geniet hom erg en pasop vir rekmerke aan pophuis.laughing

 

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2019 @ 19:05:37 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1288
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Dankie Danie, en ander. Jip, ek het my Touareg gekry, V6 TDi met lekker 180kW en 550Nm krag. Gaan Pophuis nou regtig verander in 'n Elegance!

Die gewoonte by my is om alles name te gee, so die Touareg se naam is "Geit". Ek het die voertuig gekoop nie omdat ek moes nie, maar sommer uit simpelgeid, lekkergeid, lusgeid, jaloersgeid ens. 

Sal beslis 'n foto of 2 plaas!

Geluk Nico

Jy gaan daardie wringkrag geniet. Ek het destyds die Touareg oorweeg want toe ek in hom sit, voel dit of ek hom aangetrek het. Erg gemaklik en sal langpad geniet met hom.

Ons sal sekerlik van jou hoor na die eerste langsleep (en rekmerke of nie)?

Een voordeel van 'n outomatiese ratkas in "S" modus is dat hy self wegtrek met iets agteraan gaan reguleer. Tel mos sleepwa op via die elektriese koppeling. Nie meer 'clutch drop' en laat waai vir rekmerke op die wa nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2019 @ 07:36:45 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 494
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Baie geluk Nico. Geniet Hom! Jy sal net die teuels stewig moet vashou anders gaan al daardie baie perde met jou en Pophuis weg hardloop.

Jy het mos nog 'n ander "geit" ook en nou vra ek maar net......wanneer kry Geit sy "chip"? ☺

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2019 @ 13:45:32 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3884
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Chris ek dink die keer het Nico die chip op sy skouer. coolcoolcoolcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2019 @ 17:05:56 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1004
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Julle spot lekker of hoe? Nee wat, ek dink vir eers sal die krag en wringkurwe van "Geit" moet hou, anders is daar REGTIG egkeidingsake wat afgehandel sal word...

Ek merk dat die voorste mislampies (glas) so ietwat grof is van sandkorrels. Nie erg nie, maar ek het gewonder of ek die glas kan skoonmaak - sal Brasso werk?

Net vir die interessantheid onthalwe .... Ek het toe 'n 2013 weergawe gekry met 'n paar opsionele ekstras in - geperforeerde leer op die sitplekke (word nie so warm nie en het verkoeling en verhittingfasiliteite,) met so 'n paar ander "goodies" daarby. Ry fantasties en gaan binnekort "Geit" aan "Pophuis" bekendstel .....

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2019 @ 18:15:39 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Nico, my suster se seun het my ligte gedoen teen R400 en waarborg dit vir 5 jaar.

Ongelukkig is hy nou tans buite aksie na ń nier oorplanting en reken dat hy so 1-2 maande nie aktief kan wees nie.

Die vlooimark goed en parkeer gronde manne se goed is "fake" en hou slegs so 3 maande.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2019 @ 14:05:24 pm
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Geluk Nico. Jy gaan nou daai pophuis sleep soos 'n "hotdog van"

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2019 @ 08:07:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kom nou Nico waar is die fotos van daai Geit van jou.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2019 @ 10:03:27 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 3884
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Wel hier kom dit nou deur........Geit is al sy glorie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2019 @ 10:10:04 am
Hennie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Ekself sou nou nie nee se vir so 'n "geit" nie. Baie geluk weereens.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2019 @ 11:07:55 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1004
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Dankie Danie vir die hulp. Van my kant af wou die foto's geensins saamspeel nie .......

Ja dankie Hennie, Leon en andere, ek kon ook nie "Nee!" sê  nie.

Geit het 'n paar interessant opsionele opsies - ligte wat draai om die pad te verlig om draaie, geporfereerde sitplekke met aparte hitte en verkoeling na gelang van jou keuse, (!) parkeer sones voor en agter en die ding kan homself horisontaal parkeer (iets wat ek sekerlik nie sal wil doen nie .... aardige gevoel!) Xenon ligte, en sulke lekker goed. Die trekstang, wanneer gekoppel, sluit die parkeer sone na agter vanself af  om sodoende nie te "piep-peip" in trurat nie. Het my sleepwaentjie gekoppel en Geit sê toe vir my dat die SLEEPWA se linkeragter flikker foutief is ... wil jy nou meer!

 Wat my totaal dronkslaan is die feit dat wanneer brandstof ingeneem word  die lesings van  brandstofverbruik, afstand afgelê ens. self neutraliseer ....

Gaan Pophuis binnekort aanhak en dan sal ons sien!!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2019 @ 14:11:53 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 12711
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel hier kom dit nou deur........Geit is al sy glorie.

Lekker man lekker. Ek is mal oor die kleur. Pas by die onderkant van Pophuis se kleur as ek reg onthou.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2019 @ 12:17:06 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1004
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years

Dag se aan al die Kamp manne .... wel, ek het amper 'n nuwe geselsie begin met " VW Touareg - sleepvoertuig .... en nou?" maar uiteindelik daarteen besluit.

Soos almal teen nou al weet, ja, "Geit" is in my lewe (ten koste van "Moeder", my Suzuki Grand Vitara) maar nou sit ek met 'n paar klein ander situasies ...

1. Ek het "Pophuis" nog nie agteraan gehak nie (gaan dit komende Woensdag doen) so kan nog nie berig lewer omtrent die nodigheid al dan nie van 'n stabiliseerstang nie. Meeste skrywers het in elk geval die behoefte aan so iets op die Touareg afgemaak, so, tenspyte van die feit dat Joanie vrek bang is dat ek sonder die Tando sleep, gaan (moet?) ek dit doen en daarmee basta ........

2. Maar, nou is daar 'n verdere probleem met karavaan sleep agter die Touareg.            Kyk, die ding het kant spieels wat Ferrari sal laat sleg lyk wanneer dit by ontwerp kom - sekerlik baie min windweerstand, min lawaai op die snelweg en eintlik pragtig.             Maar, hoe kry ek my ekstra sleep-spieels vir die karavaan op? Hierdie word, soos almal weet, met rubberbandjies vasgetrek, maar gly so maklik af, dis nie eers waar nie. Ek is nou besig om met addisionele bandjies ("tie-straps", rubberbandjies, toutjies ens.) om die goed vas te hou op hierdie Touareg spieels, maar dis dem moeilik. My hoop is maar net dat "Geit" breed genoeg is sodat die voertuig se kantspieels wel genoeg sig na agter sal kan verskaf, want op die oomblik is daar beslis nie geld vir ekstra tru-kamera's nie (my drank rekening is alreeds oortrokke soos dit is!cool) Ek het reeds jare gelede met die gereg gebots omtrent diesulke spieels - my een is afgeruk deur 'n duif (wat met sy lewe geboet het) en ek het dus net 1 opgehad. Toe Oom Spietkop my stop kon ek gelukkig die stukkende een vir hom wys en is ek laat gaan.

Of, is daar 'n ander tipe spieel beskikbaar vir hierdie moderne voertuie? Wat maak julle ander manne?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Mar 2019 @ 12:42:24 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1623
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Nico, ek sleep sonder die goed omrede hulle my see siek geelaughing.

Gelukkig kry ek die genoegsame sig met die X-Trail voor met die Swift agter.

Jy kan hierdie met die grootste plesier kry wanneer jy in die omgewing is.

Toe ek nog die GWM gehad het, het ek die rubber bandjies gebind met "cable ties".

As jy dit wil hê, maak ń draai en as jy wil kan jy dan sommer daardie X-Trail manual saambringlaughing.

PERMANENTLY OFF-LINE DUE TO A LACK OF INTEREST.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First