English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 443
Total Replies: 264 841
Total Views: 83 681 148
topics: 12 110
replies: 146 604
views: 39 574 694
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

VW Tiguan vs Toyota Rav

replies: 14
views: 299
13 Jan, 2022 @ 22:25:09 pm
Great-White
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 76
Joined: 15 Jan, 2019
Experience: 33 years

Wat sal julle manne kies om my 2004 Gypsey Raven mee te sleep? Ek kyk na die volgende:

TIGUAN 1.4  DSG 110kw 250nm

RAV 2.0 GX Outo 127kw 203nm

Gelaai weeg my Raven sowat 1200kg

Julle terugvoer sal waardeer word.

Dankbaar vir ons gesondheid wat ons toelaat om te kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 06:03:41 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1382
Joined: 09 May, 2014
Experience: 28 years

Wat sal julle manne kies om my 2004 Gypsey Raven mee te sleep? Ek kyk na die volgende:

TIGUAN 1.4  DSG 110kw 250nm

RAV 2.0 GX Outo 127kw 203nm

Gelaai weeg my Raven sowat 1200kg

Julle terugvoer sal waardeer word.

Pieter, dit sal ook afhang van wat jou voertuig mag sleep. Indien albei voertuie die sleepgewig mag sleep sal die syfers mens noop om met die Tiguan te sleep. Onthou net die 1.4 sal harder werk as daai 2.0. Hierdie is absoluut jou besluit as jy kan bepaal indien albei voertuie wettiglik die wa mag sleep.

Ek hetself 'n Raven en het hom voorheen met 'n Isuzu 3.0 L Dteq gesleep en nou met 'n Trailblazer wat dubbel jou Nm maak.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 09:36:24 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1754
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Ek sal die RAV outomaties elke keer bo die Tiguan DSG kies. 

My vrou het 'n 1200 cc Polo DSG, en sy bekou dit as 'n fantastiese motortjie. Nogal haastig ook. Volgens statistieke van nul tot 100 effens vinniger as 'n 4 liter V6 Fortuner. Dit wil gedoen wees. Sit egter gewig agter albei se sterte en die verskil is soos dag by die nag.

Oupa het destyds gesê 'n mens span nie 'n resiesperd voor 'n kar in nie. Daardie DSG ratkas is nie gemaak om donkie werk te doen nie. Dit is die tipe ratkas tegnologie wat in Formule 1 motors gebruik word.

Maak nie 'n fout nie, albei is wonderlike motors. Die klein masjientjie sal egter met 'n swaar vrag oortyd werk in verhouding met die groter een. Ek vermoed die Toyota sal ook 'n beter herverkoopwaarde hê.

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 09:39:56 am
Lein
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 251
Joined: 11 Jul, 2012
Experience: 48 years

Die RAV, as dit 'n regte auto-kas het en nie die CVT nie,in welke geval beslis nee

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 12:11:29 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10876
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Ek sou kyk na die RAV... Maar dis bly jou keuse.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 12:32:20 pm
Gerden
Platinum Member
48% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 04 Jan, 2021

Ek mag verkeerd wees en vra verskoning daarvoor.

As ek my nie misgis nie, het ek ń tyd gelede gelees dat die RAV 4 nie aanbeveel word vir sleep nie.

Weereens, ek vra verskoning as ek verkeerd is.

Met die VW sou ek eerder die Tdi oorweeg.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 12:43:29 pm
Gerden
Platinum Member
48% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 04 Jan, 2021

Ek sal die RAV outomaties elke keer bo die Tiguan DSG kies. 

My vrou het 'n 1200 cc Polo DSG, en sy bekou dit as 'n fantastiese motortjie. Nogal haastig ook. Volgens statistieke van nul tot 100 effens vinniger as 'n 4 liter V6 Fortuner. Dit wil gedoen wees. Sit egter gewig agter albei se sterte en die verskil is soos dag by die nag.

Oupa het destyds gesê 'n mens span nie 'n resiesperd voor 'n kar in nie. Daardie DSG ratkas is nie gemaak om donkie werk te doen nie. Dit is die tipe ratkas tegnologie wat in Formule 1 motors gebruik word.

Maak nie 'n fout nie, albei is wonderlike motors. Die klein masjientjie sal egter met 'n swaar vrag oortyd werk in verhouding met die groter een. Ek vermoed die Toyota sal ook 'n beter herverkoopwaarde hê.

Stem saam met jou oor die DSG ratkas.

My seun het die Polo Gti 1.4 met so bietjie ekstra "Woema" bygebring en moet sê dat hy sommige Duitse voeruie skaam laat voel.

As dit kom by sleep sal ek nie DSG aanbeveel nie.

So ratkas se herstel wissel tussen R 60k tot R 90k.

Toe my seun sy "Engine" laat oordoen was kostes R115k.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 15:15:33 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1754
Joined: 04 Mar, 2006
Experience: 57 years

Miskien behoort ons eerstens te onderskei tussen die verskillende outomatiese ratkaste.

‘n CVT ratkas, oftewel “continuously variable transmissionverander aandryf verhoudings soomloos sonder dat ratte betrokke is. Dit maak van twee katrolle (pulleys) gebruik wat met ‘n band gekoppel is, die een geheg aan die enjin, en die ander aan die dryfas, soortgelyk aan die stelsel wat in sommige bromponies gebruik word.

DSG oftewel “direct-shift gearbox (DSG, German: Direktschaltgetriebe)” is ‘n elektronies beheerde dubbel koppelaar meervoudige as outomatiese ratkas met vol outomatiese koppelaars en vol outomaties of semi-outomatiese rat oorskakeling.

Die konvensionele outomatiese ratkas wat al vir baie jare die norm was maak gebruik van ‘n hidroliese koppeling in plaas van ‘n wrywing- of friksie koppelaar, met elektroniese rat oorskakeling wat deur enjin las geaktiveer word.

Gerden, jy sê dat die RAV 4 nie aanbeveel word vir sleep nie.  Dit is interessant, kan jy dalk jou bron en die rede onthou? Ek stem saam met die TDi, maar dan moet dit verkieslik die 4 wiel dryf Kombi wees. Daai goed sleep 'n hond uit 'n bos uit!

“Be who you are and say what you feel, because those who mind don't matter and those who matter don't mind.” - Albert Einstein
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 16:01:30 pm
Swanie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1638
Joined: 26 May, 2013
Experience: 48 years

gaan doen bietjie navorsing oor die DSG rattekaste van VW.  Wat ek sover gehoor en gelees het is hy 'n no go lewensverwagting so 90 000 km onder normale gebruik

die is al paar keer op Ignition se Buyers guide genoem

 

Die VW is 'n nice kar maar dit sal my pla.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 16:54:43 pm
Gerden
Platinum Member
48% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 04 Jan, 2021

Miskien behoort ons eerstens te onderskei tussen die verskillende outomatiese ratkaste.

‘n CVT ratkas, oftewel “continuously variable transmissionverander aandryf verhoudings soomloos sonder dat ratte betrokke is. Dit maak van twee katrolle (pulleys) gebruik wat met ‘n band gekoppel is, die een geheg aan die enjin, en die ander aan die dryfas, soortgelyk aan die stelsel wat in sommige bromponies gebruik word.

DSG oftewel “direct-shift gearbox (DSG, German: Direktschaltgetriebe)” is ‘n elektronies beheerde dubbel koppelaar meervoudige as outomatiese ratkas met vol outomatiese koppelaars en vol outomaties of semi-outomatiese rat oorskakeling.

Die konvensionele outomatiese ratkas wat al vir baie jare die norm was maak gebruik van ‘n hidroliese koppeling in plaas van ‘n wrywing- of friksie koppelaar, met elektroniese rat oorskakeling wat deur enjin las geaktiveer word.

Gerden, jy sê dat die RAV 4 nie aanbeveel word vir sleep nie.  Dit is interessant, kan jy dalk jou bron en die rede onthou? Ek stem saam met die TDi, maar dan moet dit verkieslik die 4 wiel dryf Kombi wees. Daai goed sleep 'n hond uit 'n bos uit!

Kanneman, ek kan nie onthou waar ek dit gelees het oor die RAV4 nie, maar dit kon dalk net ń "Gimmie" gewees het.

Ek weet daar is een produk wat lyk soos die RAV 4 wat deur Daewoo gebou word.

(Ek dink dit is die Toyota Rash).

Ek moet erken, hier in Modimolle is daar heelwat RAV 4"s sonder sleepstange.

Verbasend: Hier in Modimolle sien jy meer Nissan X-Trails as Toytjies.

Moet ook sê: Isuzu is baie populêr hier.

Ford is minimaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 21:07:29 pm
Kierie
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 01 Feb, 2021
Experience: 13 years

As ek MOET  kies tussen die 2 hierbo seker ook die Rav...maar hy gaan DORSSSSS wees. Glo die diesel sal lekker sleep as mens hulle nog kry.

If its worth doing, its worth doing well.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan, 2022 @ 22:28:38 pm
Great-White
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 76
Joined: 15 Jan, 2019
Experience: 33 years

Dankie vir julle wonderlike insette!!!!

Tans gebruik ons die 2.8 GD6 Fortuner maar dis n gesukkel om in en uit te klim omdat hy so hoog is. Sign of the times!! Ek het vandag die 2 voertuie geneem vir toetsritte. Die VW is baie wakkerder en dis n baie sagte rit met min wind en pad geraas. Die Rav was teleurstellend en het baie lui gereageer en die padgeraas was baie erg. Albei het sowat 20000 kms op die klok gehad. 

 

As ek op vandag se ritte moes kies, is daar geen twyfel dat die Tiguan by verre die beste is. Na julle terugvoer hierbo blyk dit dat die VW ratkas n bron van kommer is. Ek is dus maar bekommerd en sal dinge maar mooi moet deurdink.

Dankbaar vir ons gesondheid wat ons toelaat om te kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan, 2022 @ 13:36:29 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2320
Joined: 12 May, 2015
Experience: 50 years

Pieter van Durbanville.......Ja ek ken albei voertuie. My dogter het die 2.0 RAV net met n handratkas. Pragtige voertuig en uiters goed afgewerk. As n voertuig alleen sal ek hom enige tyd koop. As n sleepvoertuig...........ek het my bedenkinge. Ek dink nie hy is ontwerp vir sleep nie en ek sou hom uitsonder as n voertuig met nie genoeg kragoorbringing vir sleep nie. n Gesinsvoertuig is n ander saak.

Die Tiquan 1.4. DSG. Niks verkeerd met hom nie. Weereens dink ek nie dit is n sleepvoertuig nie. Gesinsvoertuig wel en uitstekend toegerus daarvoor. Dink maar aan Mercedes en BMW. Mercedes stadiger en gesofistikeerd. BMW meer op die jonger mark gerig met meer spoed en krag en ratser. Elkeen sy eie kwaliteite gemik op n besondere mark.

Ek word vertel deur manne ,wat meer ingelig as ek is, dat die nuwe tipe ratkaste CVT ens ens nie ontwerp is vir sleep nie. Sommige vervaardigers wat hierdie tipe ratkaste gebruik se duidelik dat jou waarborg verval indien jy sleep met so n ratkas. Daardie vervaardigers (en ook die andere) gebruik nog die ou konvensionele ratkaste (met ratte) in hulle bakkies en groter SUV voertuie wat ontwerp is om n groter vrag te hanteer. Die "sedan" ratkaste word deesdae meer ontwerp met die oog op goedkoper verbruik en nie vir harde werk nie. Elke voertuig word dus maar gebou vir n besondere doel en daarom moet ons dit daarvoor gebruik en nie vir iets anders nie.

Ek sien jy het tans n Toyota Fortuner 2.8. Uitstekende sleepvoertuig. Ek het nou 8 jaar lank met n 2.5 Fortuner outo gesleep. In my oog een van die beste Sleepvoertuie nog gemaak. Ratkas is reg, masjien is reg, onderstel hanteer dit baie goed. Dieselverbruik beter as gemiddeld met my Fleetline. As hoogte jou enigste probleem is sou ek voorstel kry vir jou n trappie vir in en uitklim. Veel goedkoper opsie en jy het n voertuig wat aan jou doel beantwoord. Vra jouself af wat wil jy met die voertuig doen, en dan doen jy wat jou verstand vir jou se. Miskien is jy gelukkig met die RAV of VW.........wie weet. Maar hoekom sou jy die noodlot beproef as jy reeds die regte voertuig het. Ek weet ons is almal mans en die jukkerigheid kom maar van tyd tot tyd. Onthou maar tyd heel ook alle wonde.  Besluit maar self oor hierdie een.

 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
15 Jan, 2022 @ 14:45:27 pm
Gerden
Platinum Member
48% Profile Strength
Posts: 347
Joined: 04 Jan, 2021
En so het elke persoon sy droom voertuig in die oog.
Ek het eers die GWM 2,4 (Steed 3) petrol gehad as sleep voertuig, maar my jaarlikse bonus het gegaan slegs vir brandstof en vroulief moes begroot vir vakansie.
Ek het hom verkoop met 88000km op die klok en baie verloor teen aankoop prys.
Ons het toe besluit op die 2011 X-Trail 2.0Dci waaroor ek nie vir eendag spuit is nie.
Die ou het nou al redelik "myle" op = 239000km's, maar agv goeie onderhoud en netjies hou is hy so goed as splinter nuut.
Ek sal sy wiele 4-kantig ry en dan weer rondes op sit - LOL.
Maar nou my "Gaai" jeuk weer.
Nou die dag ń pragtige 2,5lt Otinger Kombie gesien en oorweg dit erg, maar "Ma" weier volstrek.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan, 2022 @ 20:40:52 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10876
Joined: 13 Jan, 2014
Experience: 42 years

Pieter van Durbanville.......Ja ek ken albei voertuie. My dogter het die 2.0 RAV net met n handratkas. Pragtige voertuig en uiters goed afgewerk. As n voertuig alleen sal ek hom enige tyd koop. As n sleepvoertuig...........ek het my bedenkinge. Ek dink nie hy is ontwerp vir sleep nie en ek sou hom uitsonder as n voertuig met nie genoeg kragoorbringing vir sleep nie. n Gesinsvoertuig is n ander saak.

Die Tiquan 1.4. DSG. Niks verkeerd met hom nie. Weereens dink ek nie dit is n sleepvoertuig nie. Gesinsvoertuig wel en uitstekend toegerus daarvoor. Dink maar aan Mercedes en BMW. Mercedes stadiger en gesofistikeerd. BMW meer op die jonger mark gerig met meer spoed en krag en ratser. Elkeen sy eie kwaliteite gemik op n besondere mark.

Ek word vertel deur manne ,wat meer ingelig as ek is, dat die nuwe tipe ratkaste CVT ens ens nie ontwerp is vir sleep nie. Sommige vervaardigers wat hierdie tipe ratkaste gebruik se duidelik dat jou waarborg verval indien jy sleep met so n ratkas. Daardie vervaardigers (en ook die andere) gebruik nog die ou konvensionele ratkaste (met ratte) in hulle bakkies en groter SUV voertuie wat ontwerp is om n groter vrag te hanteer. Die "sedan" ratkaste word deesdae meer ontwerp met die oog op goedkoper verbruik en nie vir harde werk nie. Elke voertuig word dus maar gebou vir n besondere doel en daarom moet ons dit daarvoor gebruik en nie vir iets anders nie.

Ek sien jy het tans n Toyota Fortuner 2.8. Uitstekende sleepvoertuig. Ek het nou 8 jaar lank met n 2.5 Fortuner outo gesleep. In my oog een van die beste Sleepvoertuie nog gemaak. Ratkas is reg, masjien is reg, onderstel hanteer dit baie goed. Dieselverbruik beter as gemiddeld met my Fleetline. As hoogte jou enigste probleem is sou ek voorstel kry vir jou n trappie vir in en uitklim. Veel goedkoper opsie en jy het n voertuig wat aan jou doel beantwoord. Vra jouself af wat wil jy met die voertuig doen, en dan doen jy wat jou verstand vir jou se. Miskien is jy gelukkig met die RAV of VW.........wie weet. Maar hoekom sou jy die noodlot beproef as jy reeds die regte voertuig het. Ek weet ons is almal mans en die jukkerigheid kom maar van tyd tot tyd. Onthou maar tyd heel ook alle wonde.  Besluit maar self oor hierdie een.

 

Nie lelik bedoel nie maar jy is nou..........

Cut your nose 👃 to spoil your face 🤣.

Hou die Fortuner........ffffffffffk.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za