Hi guys - me again!
Can anybody tell me where the spare wheel sits for a VW Autovilla 1983 model?
Hint : it's not on the front of the van
Van hulle was voor op die neus, sien die een het n bosbreker op.
So nou moet die spaar maar onder die bed, of op n matjie voor die bed.
Moet hom ASB net nie by die huis los nie, los eerder jou vrou.
Van hulle was voor op die neus, sien die een het n bosbreker op.
So nou moet die spaar maar onder die bed, of op n matjie voor die bed.
Moet hom ASB net nie by die huis los nie, los eerder jou vrou.
Haai! Ek IS die vrou!!!
Onder die bed is die enjin en daar is beslis nie 'n spaar wiel op 'n matjie voor die bed nie.
Lyk vir my as of ons 'n spaar wiel moet nou gaan koop
Dankie vir die hulp.
Die Kombi wat so gelyk het, se spaarwiel het onder die voertuig, voor die voorwiele gesit. Ek kan geen rede sien waarom die een anders sal wees nie. Het jy al daar gekyk?
Ja, die wiel was onder die neus. Ek het n Audi-engine Kombi gehad met die wiel daar.
My man het nou daar gekyk maar dit lyk asof, toe die conversion gedoen was, het hulle dit uitgehaal en nooit weer teruggesit nie.
Hy kan sien waar die wiel hoort maar daar is nou 'n pyp wat daar verby gaan en daar is nie plek vir die wiel of die boude.
Ons moet maar 'n nuwe wiel en band gaan koop en 'n plekkie erens vind om dit weg to steek
Dankie!
Girl die wiel weeg nogal 'n paar kilos. Moet hom maar nie te vêr sit nie, onthou, dit gaan nie oor waar die spaarwiel sit nie, dit gaan oor waar jy die vuil, modder, PAP wiel sit nadat jy hom afgehaal het.
n Vriend van my het n pap wiel op sy SUV Mercedes gekry op n 40-grade dag in die Karoo. Toe ontdek hy dat sy spaarwiel NOUER is as sy wiele! Die snik-warm 50 grade wiel moes op sy kinders se SKOTE op die agterste sitplek staan toe hulle daar wegry. Hy was briesend kwaad en het die kar net daar verkoop.
Ek sou ook wees!!
Maar dankie vir die wenk - ek sou nooit daaraan dink nie
Die plek waar die wiel behoort te wees, is heeltemal ideaal- geen pakkasie om eers uit te pak nie, en dit is deel van die Kombi se veiligheidstelsel in geval van 'n ongeluk van voor. As dit myne was, sou ek die bull bar verwyder en die wiel terugplaas. Dit het in 'n spesiale geskarnierde rak gelê wat waarskynlik by 'n skrootwerf gekry sal kan word as dit nie meer aan die wa is nie. Ek moet sê die bull bar lyk mooi, maar om plek vir die wiel te vind, gaan net 'n lastigheid wees. Die wiel is swaar en as hy kan rond beweeg, kan hy skade , selfs beserings veroorsaak. Om hom op sy regte plek te plaas, gaan ook Danie hierbo se probleem oorkom.
Sit tog net op die sitplek as julle ry. Die karavaangedeelte is maar net soos 'n gewone karavaan gebou van hout, dun aluminium en polystyrene sodat in geval van 'n ongeluk, daar niks van oorbly nie. Die kajuit is beslis veiliger.
En dan net geluk met julle nuwe wa- hy lyk puik.
Hallo ladies and gents its been a long time hope all of u well and safe
Baie dankie vir al die raad!
Long time no see Tinyiko. Welcome back! Are you planning to to a camp soon?
Fred ek steem 100% saam met jou. Haal daai swaar bullbar af.
Welcome back Tinyiko