English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 105
topics: 10 827
replies: 124 951
views: 38 859 605
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

VROUENS WAT KARAVAAN SLEEP?

replies: 52
views: 8622
page 1 of 2
04 Apr 2016 @ 21:05:21 pm
Happydays
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 09 Jan 2015
Experience: 19 years
Dit is nie algemeen om n vrou/dame te sien wat help karavaan tou nie. Ek sal graag wil verneem of daar dames op hierdie forum is wat hul mans help karavaan tou. En of hul wel toegelaat word om te help. Dit is vir mynselwers natuurlik n opwindende deel van ons vakansie om manlief te help, deur self die wiel te neem en die pad aan te durf.
Manlief ontspan en geniet die nuwe landskap en is meer ontspanne as bestemming bereik word.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Apr 2016 @ 22:18:51 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
My ma het tot laasjaar voor hulle karavaan verkoop het, help sleep...76 jaar. Ek persoonlik verkies om self te sleep....gespanne passasier😓
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 06:21:11 am
Dick
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 812
Joined: 12 Feb 2008
Experience: 28 years
Ek het al gevra of my vrou wil sleep maar sy verkies om nie te sleep nie, as ons sonder die karavaan ry vat sy graag die wiel oor en ek sit en kyk rond
Diederik Strachan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 06:42:56 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Berdien sal bestuur met die begasie trailer maar karavan wil sy nie byd nie
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 06:51:49 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Verkies ook self, as ons met Surette se kar ry dan is sy gewoonlik agter die stuur.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 07:16:11 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2005
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Elmarie wil ook nie woonwa sleep nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 07:20:50 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Lindy sal die karavaan sleep as ek dit nie kan doen nie. Sy is bereid om te help maar verkies dat ek dit doen.

2006 was ek in Pakistan en sou terugkom die Saterdag van 'n langnaweek. Kamp was toe gereel by Constantia. Sy, my seun en dogter het die wa gepak en die Vrydag oggend vroeg vertrek. Seuna het ma mooigehelp om die wa gehaak te kry. Sy sou net Constatia toe sleep en my broer hulle daar ontmoet.

Soos murfy maar is het ek eers die daaropvolgende naweek huistoe gekom en moes hulle toe maar kamp sonder my en Lindy moes die karavaan weer terug sleep huistoe ook.

Sy vertel dat terwyl sy gesleep het sy die "vents" so verstel het dat die aircon onder haar kieliebakke moes blaas want sy het regtig gesweet van die konsentrasie. Na die eerste 50km het dit toe eintlik gemaklik gegaan. Baie ander sleepers wat by haar verby gegaan het, het vir haar "Thumbs-up" gewys. Seker vir die feit dat sy wat vrou is 'n groot Penta sleep met toe nog die Mazda 2.5 Tdi D/K bakkie.  Met die pad terug het my broer darem agter hulle gery met sy Penta tot in PTA, vir morele ondersteuning.

So waar 'n wil is, is 'n weg. Mens moet dit net rustig vat.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 07:26:33 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Ek wens!

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 07:50:45 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

My vrou het nie EB nie, en ek glo sy sal ook nie belangstel tensy noodgeval nie


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 07:52:36 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

My vrou hou niks daarvan om my Hilux te bestuur nie. Sy se sy bestuur nie n "bus" nie.

Moes laasmaand noodgedwonge van Pta af terug polokwane toe bestuur. (ek was vrot van die griep). Toe jaag sy die hel uit hom uit en geniet dit.

Ek moet haar nou net dwing om die wa te sleep. Wat my bekommer, se nou net ek word siek as ons gaan kamp of kry hartaanval of wat ookal? Dan moet sy die wa kan sleep!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 08:14:15 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Irene, ek admireer jou, en enige ander vrou, wat karavaan sleep,  Ek self het nie die moed daarvoor nie.  Ek het nog nooit eers probeer nie.  Ek het al dikwels gewonder wat sal ek doen in 'n noodgeval, as Colin dalk nie kan bestuur nie.  Ek is nogal spyt dat ek nie jare gelede, toe ek jonger was, geleer het nie.  Ek bestuur ook nie die Isuzu nie.  As ons op die langpad is met my Yaris, sal ek bestuur.  Groete, Freda

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 08:40:45 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Sal graag die GIRL wil sien die wa sleep.

Nee wie gaan met haar praat en wakker hou, want ek gaan lekker

agteroor sit en slaap. Want dan kan ek nie n ongeluk sien gebeur nie.

Dit laat my aan my oorlede Oupa dink.

Sien, ek wil ook eendag so rustig soos hy in sy slaap die dood in gaan,

nie so vrees bevange soos die 6 werkers agter op die bakkie toe hy

aan die slaap geraak het en op n draai reguit gehou het en van die

krans afgery het.




As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 08:54:09 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1007
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
Ek verkies om self te sleep niks teen my vrou se bestuurs vermoee nie,weet nie of sy die selfvetroue het om te sleep nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 09:04:20 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Elma help gewoonlik as ons op n highway is en ek het al so n paar keer agter die stuur aan die slaap geraak.. lol.

Oor die algemeen is dit ve iemand wat nie gewoond is aan sleep nie n aanpassing. Mens moet extra oplettend wees. Draaie wyd vat en nie kort op iemand se hakke ry nie. Ek toets kort kort die inloop remme by afdraantes om te kyk of dit effektief werk.... het haar al so geleer om dit ook te doen.
Imagin n 4ton 20meter kombinasie wat weghol op n lang afdraante met draaie....EISCH
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 09:28:53 am
Janack1
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 250
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 64 years
Ek sukkel om die stuurwiel uit my vrou se hande te kry. Ons het die reel dat ons elke 2 uur van bestuurders verwissel. Sy begin al kla na 'n uur en 'n half dat dit nou haar beurt is. So manne ek kry swaar om in beheer te bly.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 09:57:22 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 45 years
My ma het tot laasjaar voor hulle karavaan verkoop het, help sleep...76 jaar. Ek persoonlik verkies om self te sleep....gespanne passasier😓
Lol ek ook. My vrou het nie regte lisensie nie en sy wil nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 10:03:14 am
Michelin Man
Moon Member
81% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 45 years
Irene sal jy enige grootte karavaan sleep?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 12:46:06 pm
Dinky
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 25 Sep 2015
Verseker sleep ek. Maak nie saak of dit die Classique, Xplorer of boswa is nie. Dit is soos om asem te haal.
Harry sit rustig, want hy weet daar is niks om oor te stres nie.
Nie net sleep ek nie, maar help ook om die wa staan te maak.
Dit is alles deel van die lekkerte om te kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 12:46:49 pm
Happydays
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 130
Joined: 09 Jan 2015
Experience: 19 years
Pieter, ek het nog tot onlangs die Classique gesleep. Motorhome het nie probleme mee gehad nie. Wat wel vir my snaaks was om te hanteer was n fork-lift. Het onlangs gaan uithelp op n plaas met n pakskuur. Na n paar blapse, baie gelag , kon die taak bemeester en uitgevoer word. Sleep is nou maar eenmaal vir my baie lekker. Veral as ons ons terug kom van vakansie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 15:50:23 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years
Ons het ons eerste karavaan in 1972 gekry waar ek en my vrou van daardie tyd af beurte maak om te sleep
Glo daaraan as iets met my gebeur dan moet sy haarself kan help
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 16:35:19 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

My vrou sleep ook al het sy nie regte lesensie nie. Nou besig met projek om haar wa klaar te maak sodat sy kan wetig kamp terwyl ek in buiteland werk. Sy het ook al van die kus af huis toe gesleep toe ek siek was. Sy ook baie handig met reverse sy moes maar daai kuns aanleer met die boot insit en uithaal.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 17:16:05 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Sleep self ek wil by die kampplek kom en klaarkry, nie op die pad kamp nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 17:22:31 pm
Dinky
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 25 Sep 2015
Hennievr, ek daag jou uit - Ek kan dit beter as jy doen. Ek kamp net langs die pad as ek wil.
Sorry, ek is 'n feminis. Ek glo nie meer dat mans goed beter en vinniger as vrouens doen nie, ons is nou almal gelyk......
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 18:26:24 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Sandra

Ek is bly jy het van 25 Sep 2015 darm nou lewe gekry want dit is al jou 2de pos.

Welkom hier.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 18:34:44 pm
Henk D
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 213
Joined: 07 Oct 2014
Experience: 27 years

My vrou het nie EB nie maar ek dink nie karavaan sleep is vir haar beskore nie.

Altyd lus vir Kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 18:37:45 pm
Dinky
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 25 Sep 2015
Wilsur, ek sit in Angola en verlang na SA. Sal darem so graag 'n bietjie wil kom kamp op "home ground".
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 18:45:37 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years
Hessie het ń vrienden wat saam met hulle kamp sleep haar eie karavaan moet net nie dink jy gaan haar help met die op of afslaan nie
Sy is soos die hollandse tannie as sy inkom met die skinkbord en jy op spring om die skinkbord te vat dan sę sy sit vraat jou beurt sal kom
Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 19:54:20 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

As jy met vakansie is en 'n been breek of so iets, is dit nag as vroulief nie die wa kan sleep nie.

My vrou het ons Exclusive hier in die dorp gesleep en toe op die snelweg na 'n naburige dorp om die wa te laat diens. Dit is beter om so aan die wa gewoond te raak.

Die uitdrukkings op ander motoriste se gesig as jy so luilekker terugsit terwyl sy bestuur maak dit die moeite werd.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 20:30:36 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
In die jonger dae het vroutjie altyd die boot gesleep en ek die woonwa.Vandag kamp ons slegs met die wa en werk ek met die stange.Glo sy sal die leisels vat as dit moet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 20:46:47 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Von sal seker oorneem as dit nodig sou raak, het n EB lisensie agv historiese beleid. Gaan egter nooit anderkant uitkom nie, sy kry baie beter brandstof verbruik uit n voertuig as wat vervaardigers ooit kon dink, maar teen haar pas.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Apr 2016 @ 21:30:11 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years
Ek is jammer, maar ek verstaan nie die issue nie. Hoekom klink dit vir my of sommige van ons dink dis n manlike ding om karavaan te sleep en dat vroulief "toegelaat" word om dalk soms te sleep? As jy kan bestuur kan jy sleep. Ons wat sleep moes dit almal leer doen, vroulief kan ook.Ek en my vrou sleep om die beurt. Ons oudste dogter is die enigste van die drie kinders wat n EB lisensie het en sy het ook gehelp sleep toe sy nog in die huis was. En hulle doen dit albei puik. Miskien is dit nie algemene kennis nie, maar daar is vrouens wat swaar vragmotors bestuur. Ek persoonlik vind dit onaantreklik as n dame kastig nie iets kan doen wat as "manswerk" beskou word nie. Magtig, ons is seker al verby die donker middeleeue!
Dinkie, ek hou van jou houding.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 06:02:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Frederick ek dink nie dis 'n "issue" nie. Dis maar hoe dit werk in sommige huishoudings.  As ek die bydraes hierbo bekyk lyk dit al asof die meeste dames self besluit manlief moet maar die sleep werk doen. Baie glo dat Ma die stokke sal vat as dit daar toe moet kom.

Ek weet my vrou sal kan, en het al, maar dit is 'n joppie wat ek vir myself toegeein het. Ek geniet dit terdee en my vakansie of naweek begin die oomblik wat ek die wa gehaak het en in die pad val.

My dogter het nie 'n EB lisensie nie maar glo my as daar iemand is wat karavaan gaan sleep dan is dit sy.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 06:31:24 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Ek doen ook al die sleep werk, Janet sal as sy moet, maar sy verkies dit dat ek bestuur. Dalk te doen met dit dat ek soos Geert hier bo 'n gespanne pasisier is.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 06:45:57 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Wilsur, ek sit in Angola en verlang na SA. Sal darem so graag 'n bietjie wil kom kamp op "home ground".

Sandra

Die netwerk is mos orals, so jy kan gesels.  Nampak het ook 'n Bevcan fabriek daar was een keer daar maar nee dankie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 08:24:13 am
Dinky
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 25 Sep 2015
Goeie more,
Netwerk is een van die groot kopsere hier. As dit reen (wat dikwels) gebeur, het jy geen kontak met die buite wereld nie.
Angola is 'n fantastiese land wat onder jou vel inkruip. Aanvanklik 'n groot kultuur skok, en dan begin jy die moontlikhede sien.
My idee is om hierdie week bietjie by Nampak 'n draai te gaan maak. Ken jy SA mense daar?
Tot volgende keer...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 08:43:00 am
ouvrou
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 145
Joined: 28 Dec 2014
Experience: 44 years
Dinky ek praat van my vrou, miskien kan jy beter sleep as andervroue maar na baie jare se ondervinding met grooter eenhede gaan jy beslis met my sukkel.
Ha ha.antie maar al wil julle alles doen wat mans doen kom party maar sleg tweede.
GROETE van die ouvrou se masjientjie af.
Hennie.
Do it now or leave it.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 08:47:36 am
Dinky
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 25 Sep 2015
Ag ja, mans en hulle ego's, maar ons lief julle baie....
My man waardeer alles wat ek doen. Ons doen alles saam, want spanwerk is maar die beste.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 09:17:53 am
Henk D
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 213
Joined: 07 Oct 2014
Experience: 27 years

Ons almal moes maar leer maar vir party kom dit makliker as ander. My vrou verkies dat ek ry en sleep. Sy bestuur baie goed  maar is nie gemaklik om eers n klein ventertjie te sleep nie. Om n EB lisensie te he maak nie noodwendig jou n sleeper nie, dit kom met onvervinding en om ondervinding maak ook nie dat jy n EB lisensie sal slaag nie. Het 2 naweke terug gesien hoe n man en sy vrou sukkel om n karavaan te reverse tot waar hy moet wees en hulle kamp al 20 Jaar. Gelukkig vir hom het hy se EB by default gekry want hy sal wragtig nie n EB toets slaag nie.  So om te se as jy kan bestuur kan jy sleep......in glad nie waar nie.

Vir die van julle wat se vrouens help bestuur. Great maar maak seker sy het n lisensie daarvoor. Jaco het sy karavaan so verloor. Sy vrou het bestuur sonder lisesnsie en toe skip een van ons ander landsburgers n rooi lig en ry die karavaan bo van sy aste af. Sy versekerring het net gese jammer! Die anderman het ook mos toe nie versekring nie. LAAAAAAANG Trane wat dan voorle.

Altyd lus vir Kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 10:16:37 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Dinky daai angola het ook al onder my vel ingekruip. Was nou 4 jaar lank daar, My neef werk in die ambesade daar.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 10:21:44 am
Dinky
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 25 Sep 2015
Almal asb, as julle mense in Angola het, ons bedryf hotelle hier. Ons doen "inauguration"op die 16 April vir die eerste hotel in Kikuxi, Viana.
Gee asb vir my hulle details deur, want ek wil hulle graag uitnooi.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 10:36:29 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Het vir hulle gestuur wag vir antwoord Dinky

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 12:06:45 pm
Anonymous

Ag ja, mans en hulle ego's, maar ons lief julle baie....
My man waardeer alles wat ek doen. Ons doen alles saam, want spanwerk is maar die beste.

Dinky, a nee a vrou, moet nou nie stook nie, ons het nie ego issues nie, ons vroue breek dit afwink. Trek net jou been hoor.

My geliefde weier om my kar te bestuur, sy sê  die "skip" is te groot sy kan nie die pad voor sien nie, laat staan nog karavaan sleep.

My dogters weer sleep 'n brak uit 'n tak. Chrissie, die jongste, het paar manne rooi gesigte gegee op die SAPD se advance driving kurses, hulle moes 'n sleepwa reverse parkeer!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 14:08:38 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Lyk my hier is n paar tannies wat ek en Herman lekker in die werk kan sit op die plaas.

Elkeen n trekker gee dat hulle gaan ploeg dat die spoeg spat.

Die een wat n vurkhyser kan werk kan die lusern voer bale op die wa laai.

Sal een moet soek vir die melkkery.

Dapper stapper Tannies, dankie vir die voorbeeld wat julle stel, ek hoop net julle leer vandag se jong dames ook.




As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 15:00:00 pm
Dinky
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 11
Joined: 25 Sep 2015
Liefste Chuck,
Jou drome het sopas waar geword.
Ek het op 'n melkplaas grootgeword. My lande was die reguitste geploeg uit almal in die huisgesin. Het met make-up en hoe hak skoene die trok met groente mark toe gery.
My vraag is net, kan jy my bekostig... Ek is high maintenance......
En net sodat jy dit in die prys in reken, ek werk in 'n hoogs korporatiewe omgewing op die oomblik waar ek my dames almal leer om net so vol nonsens soos ek te wees.....
Nog beter, ek het 'n suster ook......
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 16:07:48 pm
Blondie4170
New Member
70% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 08 Mar 2016
Experience: 4 years
Ek is redelik nuut op die groep, maar hou al 'n geruim tyd al die "tips" van al die mense dop, en so leer ek baie. Wel ek is 'n enkel vrou wat seker al so jaar lank saam my dogter kamp met my Gypsey Caravette. In die begin het dit maar moeilik gegaan maar dit gaan al baie beter. Ek moet erken ek gaan kamp maar gewoonlik waar daar mense is wat help met die opslaan van die tente. So ja daar is vroue wat alleen sleep.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 18:08:14 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Colette

Welkom hier en deel gerus julle ondervinding met die ander hier.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Apr 2016 @ 18:14:36 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Goeie more,
Netwerk is een van die groot kopsere hier. As dit reen (wat dikwels) gebeur, het jy geen kontak met die buite wereld nie.
Angola is 'n fantastiese land wat onder jou vel inkruip. Aanvanklik 'n groot kultuur skok, en dan begin jy die moontlikhede sien.
My idee is om hierdie week bietjie by Nampak 'n draai te gaan maak. Ken jy SA mense daar?
Tot volgende keer...

Ja, ken darm so paar daar bo.  Stuart, Selvie ander se name is by die werk.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 06:27:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Kyk nou net...... ek het geweet daar is van julle daar buite.......... wag nou al lank dat so iemand hier kop uitsteek. Die eerste roos in 'n veronderstelde mans omgewing..............Colette, welkom hier.  

Siende dat jy 'n dame is wat alleen 'n wa sleep kan jou insette hier baie waardevol wees.  Ek glo dat daar heelwat dinge is wat vir jou as vrou gemakliker gemaak kan word sodat die sleep, kamp op slaan en kamp self baie makliker kan wees.  Baie idees en kamp aspekte word hier bespreek met die veronderstelling dat 'n man dit gaan doen of met dit moet sukkel.

Maar met die gesukkel of gaan doen dink ons nooit daaraan dat 'n vrou dit ook moet kan doen nie.  So as die raad wat ons geen nie werkbaar is vir 'n vrou nie moet jy asb skree. Dan moet ons help dink aan 'n gemakliker oplossing.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 07:46:37 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Mooi gesê, Leon.  Die vrouens sal dit waardeer.   Na al die jare van kamp opslaan en afslaan, weet ek ook al presies waar om te vat en waar om te los, wat moet waar gaan, eerste gedoen word, wag tot laaste.  Maar ek het beslis hulp nodi, g van 'n sterker en langer persoon.  Ai tog, veral die lengte is 'n groot probleem....

Ek wens ek kon soos Irene, Sandra en Colette karavaan sleep, maar moes dit vroeër bemeester het, nou het ek nie meer die moed daarvoor nie.  So Colin beter nie sy been breek, of iets, nie.

Interessant, ek het al 'n paar keer oorsese toeriste gesien wat met groot campers toer, dan bestuur die vrou, nie die man nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 07:57:52 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Freda ek ont hou as kind, (ek was so 9 jaar oud) was ons op Balito, my pa was deur 'n golf regoor die ou gety swemdag regop die rotse gegooi hy was redelik versnipper gewees sy hand palems het erg seer gekry. Toe moes ma maar inspring, want ons is toe die dag na die beseering trug huistoe ons het op daardie stadium in Westonaria op die rand gebly.

Dit was my ma se eerste en laaste sleep sessie. Janet het in 2011 ons Romany van Bloemfontein gesleep, toe ons Addo toe is,  maar op Colesberg het ek oor geneem, sy was erg moeg van stress.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2016 @ 08:10:49 am
Blondie4170
New Member
70% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 08 Mar 2016
Experience: 4 years
Dankie almal dis so lekker om deel te wees van so lekker groep. Ek moet sę die sleep is nie vir my so erg nie, ek is nou besig om vir my die rear view kamera agter die karavaan in te sit wat baie sal help. My volgende belegging is beslis die mover. Maar ek moet sę meese mense wat kamp is dierbaar, en daar is altyd iemand wat help by die kamp plekke. Ons het vroeer jare baie gekamp en toe dit nou net ons dames was het ons maar die woonstel ding gedoen. Maar vir my is dit nie vakansie nie en die tipe mense is anders, dis hoekom ek besluit het om maar braaf te wees en vir my 'n karavaan te koop, en ek was nog nie 'n dag spyt nie, en elke keer gaan dit makliker.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2