English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 934
Total Replies: 224 848
Total Views: 82 148 766
topics: 772
replies: 12 362
views: 4 966 667
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Unstable Penta

replies: 34
views: 941
25 Sep 2017 @ 19:26:09 pm
EricB
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 18 Aug 2017
I need so advise from the experts pls.
We recently upgraded from a 2004 Penta to a 2016 Penta but the new Penta is very unstable and swing around at speeds over 100km/h. I can't seem to put my finger on the cause.
Nothing changed in my towing combination between the old and new one, and I towed like that for over three years, but now the swing is bad.
I have covered all the basics:
Towing with a Fortuner (yes, I know, bad suspension etc etc.)
Trapezium stabilizer, caravan slightly nose down, tyre pressure at 3bar, Fortuner's rear well loaded. Caravan load well spread over axle and front. (Ball weight of around 115kg)

Are there any other Penta owners with the same problem or advise?



👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2017 @ 19:45:51 pm
Anonymous

Naand sê Eric, welkom op die forum.

Nee heng, ek hoop iemand kan jou raad gee, ek sleep ook 'n Penta, maar met 'n Yellow Blade en het geen probleme nie. Die Trapezium behoort jou stabiliteit te gee?

Gegewe jou pak verspreiding, stabiliseerder, ens. ens., het jy na die remme gekyk (is daar nie dalk een kant wat te styf is nie, bind),

Hoe lyk die bearings,

Is albei bande presies 3.0 bar,

Ek vra maar die dom vrae, sal graag self wil weet wat die oorsaak is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2017 @ 20:47:47 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1408
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years
Naand Eric.
Ek het in Maart 'n nuwe Penta KC conversion gekoop.
Het ekstra goed laat doen en ook die as na 1,8ton opgradeer met 15" wiele.
Ook 'towbar' opgesit teen die handelaar se aanbeveling in. Wou fietse saamry.
Ek het van dag 1 af met stabiliteit gesukkel sonder enigeiets op die towbar agter.
Ook vorige Penta gesleep sonder probleme.
Aan die einde van die dag het ek die volgende gedoen:
1. Die Durun (China) bande met kommersiële bande vervang. Bridgestone.
2. Banddruk opgevat na 3,5bar
3. Trekstang afgehaal (weeg 35kg)
4. Offroader stabiliseerder opgesit.
5. 100% seker gemaak die wa loop effens "nose down"
6. Saam met handelaar seker gemaak die wielsporing is 100%
Die wa word versigtig gepak om seker te maak van gewigsverspreiding en swaarder voor. Het nog nie neusgewig geweeg nie.
Die wa is nou stabiel en sleep baie beter.
Ek sleep met 'n LR Discovery. Die sway was so erg op 100km/h dat die wa die Disco se agterkant rondgegooi het.
Ek sleep ook nie vinniger as 100km/h nie.

Hoop dit help.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2017 @ 20:53:02 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3566
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

If nothing else changed, then it most probably is a problem with the new caravan. Take it back to the dealer to have it checked. A test drive with another towing vehicle could help to find the problem.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2017 @ 21:07:14 pm
Fairhills Caravan Park
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 09 Oct 2014
Experience: 52 years

We have towed various Palma/Pentas since 1994 and have found that all of them were unstable with a ball weight of less than 130Kg.   We load only light items under the bed, no loose stuff on the floor and ensure the ballweight is between 130/140Kg.  Toy Bakkie and commercial tyres on the van pumped to 3.5Bar.

Should this not sort out your problem, measure your towball, or better just replace it and have the suspension on the tow vehicle checked out by real suspension fundies.

Fairhills Managment
Fairhills Caravan Park and Camping ground
Fascadale Rd
Ramsgate
Kwazulu-Natal
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2017 @ 21:10:58 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4074
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Welkom hier Eric. Ek is nie 'n expert nie maar het jy al gekyk of die as wel voor die horisontale vlak staan as jy reg is om te sleep. Dis nou waar die wiel op beweeg soos dit die rubber laat draai.

In watter deel van Gauteng woon jy?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 07:26:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Welkom Eric
Ons het twee Pentas, 'n 1994 en 2000 modelle gesleep van 1997 tot en met 2011. Ek het die twee karavane met verskeie sleepvoertuie gesleep en net een keer stabiliteit probleme gehad maar dit was weens die sleepvoertuig se skokbrekers.

My ondervinding is dat die Jurgens Penta modelle baie stabiele karavane is om te sleep. So volgens my as jy jou nuwe Penta pak naastenby soos die ou een dan behoort daar nie pyne te wees nie. Dit is baie duidelik dat jy weet wat jy doen rakende die gebruik van stabiliseerders en die pak van jou wa dus moet daar of iets fout wees met die bande op die wa of iets groot met die wa self.
My voorstel is die volgende:
1. Maak seker die bande op die karavaan is "Commercial" bande want hulle wande is baie sterker en sal die sywaartse beweging van die band teenwerk weens die gewig wat dit dra.
2. Meet die afstand van die buite rant van die linker en regter band na die middelpunt van die sleepstang van die karavaan toe. Die twee afstande moet so naby as "demit" aan 'n vloekwoord dieselfde wees anders betek dit die as sit skeef op die onder stel.

Ek dink dis moontlik 'n tipe bande probleem, want die Penta karavane is redelik gewigtige kalante.
Hoop jy kry die ding spoedig uitgesorteer.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 08:48:05 am
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 129
Joined: 10 Oct 2007
Ek stel voor jy kyk of die as nie skeef opgelyn is nie. Kyk op die rubber "Torsion bar" nie iewers 'n kraak in het nie. Gaan die wielsporing na. Kyk of die bande 100% rond is en dat een van die bande nie beskadig was nie. Pentas is baie stabiele karavane.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 09:32:10 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1408
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years
Eric
Ek het nagelaat om te sê dat ek my voertuig se vering ook opgradeer het om 200kg konstante gewig meer te dra. (Die Disco XS het coils en nie air suspension nie)
Die handelaar het ook die as se posisie gemeet om seker te maak daar is nie fout nie aangesien ek van opinie was dis die as wat skeef sit.
Die nuwer karavane se as is geintegreerd in die onderstel en kan nie skeef ingesit word nie. Weet net nie van watter datum se modelle af nie. Handelaar sal kan sê.
Aan die einde was dit, in my geval, die gewig van die towbar wat ek aan die karavaan gesit het wat die verskil gemaak het.
Ook met ander voertuie gesleep om te toets.
Ek het die stabiliser aangesit vir gemoedsrus.
My vorige karavane almal sonder stabiliseerders gesleep. Ook '95 Penta.
Moet sê die werkswinkel bestuurder by Kempton het uit sy pad gegaan om my te help. Hy het genoem dat Pentas baie gewig sensitief is en sal fishtail as nie korrek gelaai.
Hou ons op hoogte.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
26 Sep 2017 @ 09:33:45 am
GUS 555
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 18 Jan 2016
Experience: 24 years
More Manne!
'n Vriend van my het dieselfde probleme met ssy Classique gehad.
Oueinde op vele raad die bande vervang met Kommersiele "bakkie" bande met sterker sidewall.
One het die naweek gaan kamp en die Clasique het soos n spook agter die kar geloop, geen swaai.
daardie China tyres!!!!!

Gustav
Work interferes with my Holidays
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 10:07:04 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13007
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek het laasnaweek ook n relatiewe onstabiliteit in my karavaan ervaar...het bande tot 3.5 gepomp en was baie beter
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 12:57:27 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4446
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Eric welko hoop jy kry die problem uitgesort
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 17:17:48 pm
EricB
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 18 Aug 2017
Hi Almal,

Dankie vir die wenke, dit lyk of die bande die konsensie is hier. Ek het die STD Velocity Raptors A/T wat CI standaard opsit. Die een band het wel bietjie skade, dit lyk of die kant van die loopvlak seer gekry het. So my volgende stap is om nuwe bande op te sit, "better safe than sorry".

Danie SLK: Interesante punt, sê jy die arm moet onder die horisontale vlak lê? Ek sal kyk die naweek as ek hom weer haak en ook die alignment check. Ek neem aan as hy hoer sit, laai ek te swaar agter of die rubber is klaar?

Dit kan dalk ook die geyser wees? Hy sit heel agter onder die hoofbed en ek het hom nie leeg getap nie. Ek weet nog nie hoe nie. Dis ontrent 25-30KG extra heel agter. Tap julle die geyser leeg voor julle sleep?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 17:28:39 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13007
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Hi Almal,

Dankie vir die wenke, dit lyk of die bande die konsensie is hier. Ek het die STD Velocity Raptors A/T wat CI standaard opsit. Die een band het wel bietjie skade, dit lyk of die kant van die loopvlak seer gekry het. So my volgende stap is om nuwe bande op te sit, "better safe than sorry".

Danie SLK: Interesante punt, sê jy die arm moet onder die horisontale vlak lê? Ek sal kyk die naweek as ek hom weer haak en ook die alignment check. Ek neem aan as hy hoer sit, laai ek te swaar agter of die rubber is klaar?

Dit kan dalk ook die geyser wees? Hy sit heel agter onder die hoofbed en ek het hom nie leeg getap nie. Ek weet nog nie hoe nie. Dis ontrent 25-30KG extra heel agter. Tap julle die geyser leeg voor julle sleep?

Iemand het n ruk terug genoem dat hy n kas bier op die grond agter die as vervoer het. Sy karavaan het relatief baie geswaai....hy het die kas bier voorentoe geskuif en die swaai was blykbaar toe weg?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 17:39:10 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13007
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Kyk bietjie na hierdie interesante video clip

https://youtu.be/i2fkOVHAC8Q
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 18:27:45 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4074
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Eric ja tap die water uit. Geert se video wat wys hoe swaai 'n wa met gewig agter sal alreeds heelwat help. Mens wil nie die gewig agter laat uit balanseer deur meer gewig vorentoe te plaas nie.

Ja as die hefboom waaraan die wiel vas is horisontaal gedruk word is die wa te swaar gelaai of die as se rubber is al goed geslyt. Gewoonlik is die arm nog op pad na die horisontale vlak soos mens laai. Daar is reeds verwys na die bal gewig. Die wet se maksimum 100kg maar meeste mense sleep met tot 130kg. Jy kan wel as 'n toets net met 'n skaal en plank kyk wat is jou bal se gewig en kyk as jy anders pak en die gewig verander of dit nie verbeter nie.

Met als wat genoem is en wat ek ook sal probeer het kry ek ook bo 100 'n swaai. Dit is gelukkig net so af en toe en omdat ek deur die agtervenster kan sien met my binne spieel hoef dit nie veel te swaai om alreeds op te merk. Ek maak gebruik van 'n tando en die wa weeg 1300kg gelaai. Weens die boete met aftrek het ek ook my wa geweeg met net my matras in en het ek alles een vir een geweeg en neergeskryf en so my totale gelaaide gewig verminder deur nie onnodige goed saam te vat en binne die bruto gewig v d wa te bly.

Om my gewig ook reg te kry beteken dat ons kos en tente nou in die Landy vervoer word sowel as die ander kleiner swaarder goed.

Probeer maar een ding op 'n slag en hoop jy kom wel reg. Mens wil nie so groot gewig jou laat moeilik bestuur nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2017 @ 18:34:54 pm
Anonymous

Eric, daai water AGTER in die woonwa, wat my getref, is dit waar jou probleem lê. Die water begin skommel en veroorsaak swaai. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2017 @ 06:57:59 am
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Ek het onlangs my Penta laat hoer maak en gevoel hy is effe (regtig net 'n bietjie) meer onstabiel op pad terug van die Eiland. Die afgelope naweek het ek by Buffelspoort gaan kamp en as toets water in die bottel voor getap om die neus meer gewig te gee. Hy loop nou soos stroop so die ouens wat se Pentas moet mooi gelaai moet word is heeltemal reg. Moet se ek gebruik 'n straightliner wat rerig goed is.

Die manne wat se haal die water uit die geyser - dit sal die nodigheid om gewig voor in te sit vir die balans wegneem maar nes Eric weet ek nie hoe om dit uit te kry nie. Kan iemand help?

Terloops die wa word hergeregistreer om 1600kg gelaai te dra so gewig is nie 'n probleem - net die lisensie mense se stories is 'n probleem maar dis iets vir 'n ander onderwerp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2017 @ 10:15:10 am
Anonymous

Eric
Daar is baie goed gesê en ek dink alles is geldig. Maar my 10 sent is; tap maar eerder daardie geyser leeg voor jy ry.
Enige waterhouer gaan 'n "sloshing" effek hê van water wat rondbeweeg binne-in, en dit gaan 'n swaai opwek in die karavaan.
Jy kan deur ander goed te doen die gevolge van daai opwekking aanspreek soos; om die bande te ruil of druk te verander, of die suspensie te verander, of die geyser te skuif, of die gewig rond te skuif in die karavaan, of 'n stabiliser te gebruik.
Maar die beste manier om die probleem op te los is van die opwekking onslae te raak. Dit beteken moenie op 'n spoed ry waar dit gebeur nie, of haal die water uit die geyser uit.

Die slegte nuus is dit lyk vir my jy sal spesiaal 'n drein moet laat insit.

 

Gebasseer op tekening in hansen se boekie. http://www.hansenproducts.co.za/uploads/1/3/0/9/13090927/ge3_user_manual.pdf

Bladsy 10. "Drain Valve (Not supplied. Sold Separately)"

 

Hierdie is waarskynlik hoekom die geysers in die Classique en Exclusive nader aan die as is, om die swaai effek te verminder.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2017 @ 11:14:56 am
Anonymous

Ek wonder nou oor die een

https://www.caravanparks.com/35?forumaction=1&loadcategory=1012&loadpost=250060278

 

Sien in die "thread" jy dreineer die watertenk deur 'n prop uit te draai of 'n kraantjie oop te draai. Wat sal gebeur as jy 'n warmwater kraan oopdraai, met die sisteem nog vol water en dan die tenk dreineer? 

Miskien sal dit die geyser laat leeg syphon? Het iemand dit al probeer?

Sal natuurlik nie werk as daar 'n non-return valve op die geyser inlaat of iewers op die lyn is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2017 @ 16:29:03 pm
Anonymous

ChrisE, ek stem 100%saam met die water probleem, enige tenk wat nie propvol is nie, gaan daai swaai veroorsaak, en hoe hoër die spoed, hoe erger gaan dit raak.

Geen stabiliseerder gaan dit verander nie, stabiliseerders se doel is in elk geval net om ekstra hulp te gee wanneer dinge skeef loop, en NIE vir korrektiewe aksie te gebruik nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2017 @ 16:47:20 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Hi Almal,

Dankie vir die wenke, dit lyk of die bande die konsensie is hier. Ek het die STD Velocity Raptors A/T wat CI standaard opsit. Die een band het wel bietjie skade, dit lyk of die kant van die loopvlak seer gekry het. So my volgende stap is om nuwe bande op te sit, "better safe than sorry".

Danie SLK: Interesante punt, sê jy die arm moet onder die horisontale vlak lê? Ek sal kyk die naweek as ek hom weer haak en ook die alignment check. Ek neem aan as hy hoer sit, laai ek te swaar agter of die rubber is klaar?

Dit kan dalk ook die geyser wees? Hy sit heel agter onder die hoofbed en ek het hom nie leeg getap nie. Ek weet nog nie hoe nie. Dis ontrent 25-30KG extra heel agter. Tap julle die geyser leeg voor julle sleep?

ChrisE, ek stem 100%saam met die water probleem, enige tenk wat nie propvol is nie, gaan daai swaai veroorsaak, en hoe hoër die spoed, hoe erger gaan dit raak.

Geen stabiliseerder gaan dit verander nie, stabiliseerders se doel is in elk geval net om ekstra hulp te gee wanneer dinge skeef loop, en NIE vir korrektiewe aksie te gebruik nie.


My geyser sit ook heel agter in die wa. Geen probleem nie.
Onthou die geyser is basies heeltemal vol en dus is daar nie slosh van die water nie. Dis net gewig van die water wat dalk n probleem kan wees nie die beweging daarvan nie want daars nie plek vir dit om te beweeg nie.
As die geyser se water stabiel probleme veroorsaak het sou dit op alle Pentas van daai model so gewees het. Tans net die Penta waarvan ek kennis dra.
Om op te som, is my raad kry bande waarvan die wande stewig komersieele swaar diens bande is wat gemaklik die gewig van jou Penta kan dra.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2017 @ 18:35:37 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4074
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Eric jy sal enige tipe van kraan te kan insit in die kouewater lyn. Sorg net dat die laagste punt waar die water moet uitloop laer as die onderstepunt van jou geyser is. As jy 'n kraan met skroefdraad gaan gebruik soos bv op 'n toilet stop kan jy wel 'n stukkie pyp ook aansit as jy drein om dit laag te hou.

Jy het baie dinge om na te kyk maar ek sal begin met die water, nagaan wat jy kan, meeste goed uitlaai en dan 'n toetsrit vat en kyk of dit nie beter is. Indien beter dan is dit nie die bande wat ek dink een v d duurder oplossings is en dalk laag op die prioriteitslysie moet wees. Doen die self help dinge eerste soos geyser leeg maak en met lee wa 'n toetsrit. Dan begin laai en toets weer.

Ek is seker as jy bv 'n toetslopie wil neem met 'n ander sleepvoertuig kan dit sekerlik hier gereel word of waar jy die wa gekoop het. So kan iemand dan ook jou wa sleep en kyk hoe maak hy. Dis ook 'n manier van eliminasie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2017 @ 18:50:07 pm
EricB
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 18 Aug 2017
Danie, ek het klaar gekyk en ek kan n "drein" punt insit op die inlaat pyp na die geyser. My idee is om somer 'n tuinslang koppelaar te gebruik wat ek dan net ontkoppel. So kan ek ook stop dat die water in die pyp na voor nie leeg loop nie.
Ek beplan die naweek om n hele paar toetslope te doen, gewig skuif, water in en uit en dan ook skoonpa se Fortuner leen. Hy het presies dieseflde model as ek, net met opgegradeerde agter suspension. (Mamma se daai een is 'n long shot en my gat jeuk net vir 'n nuwe kar. :)


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Sep 2017 @ 19:11:05 pm
Anonymous
'n Nuwe fortuner is verseker een van die duurder opsies. ;-)
Ek weet die rsa wette se maksimum 100kg balgewig, en daar is al volumes geskryf oor wat jy kan doen om dit af te kry.... en hoe algemeen dit is dat dit meer is... en dat hulle dit elk geval nie kan meet by 'n week rug nie.
Maar, al wat 'n brit, amerikaner en aussie wat caravans of RV's sleep sê jy moet mik vir 10% tot 15% van jou sleeding se gewig op die bal, juis vir stabiliteit. So tussen 140kg en 210kg op 'n penta. Ek dink jy het gesê jou balgewig is 110KG. Dalk moeite werd om te eksperimenteer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2017 @ 07:55:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Eric, did you sort out the stability problems with the van?

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2017 @ 16:05:49 pm
EricB
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 18 Aug 2017
Hallo almal,

Vir die wat belangstel, hier is toe wat gebeur het met my swaaiende Penta.
Oor die afgelope paar weke het ek:
1. Met 'n vol en 'n lee geyer getoets,
2. Met 'n vol en 'n lee van getoets.
3. 'n Hele gewigs studie gedoen om seket te maak ek oorlaai nie die gat nie.
4. Die brieke gestel. (Die dromme en rims was te warm)
5. Die wheel bearings vervang.
6. Die tyres vervang.

Na dit alles: GEEN VERSKIL.

Toe uit pure desperaatheid het ek my Trapezium afgehaal en tot my verbasing was die swaai weg. Selfs die "jelly" gevoel in die Fortuner se gat was weg.(Wat ek maar altyd aangeneem het was die Fortuner se suspension se skuld)

Ek het toe gister 'n Straightliner Stabiliser opgesit en WOW, wat 'n verskil. My kombinasie is so stabiel as wat kom.

Weereens dankie vir almal se insette.



👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2017 @ 17:19:50 pm
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Eric ek is rerig bly jy het die swaai probleem opgelos. Lekker sleep
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2017 @ 18:35:15 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1822
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Ek ken die Trapezium gladnie. Volgens wat ek kon aflei uit gesprekke hier, word hy beskou as die "Mercedes" onder die stabiliseerders. Waaraan sou julle ,met meerdere kennis, hierdie ondervinding van Eric toeskryf? Ek sou net graag my eie nuuskierigheid wou bevredig oor wat die rede kan wees.
Eric ek is regtig bly vir jou part dat jy die probleem kon identifiseer. Ons ander sou graag uit jou ondervinding wou leer.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2017 @ 18:51:22 pm
PietL
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 189
Joined: 06 Jun 2016
Experience: 54 years
Terloops onthou om die straightliner te aktiveer as jou kar en karavaan in n reguit lyn staan anders probeer hy heeltyd om na die posisie waar jy hom onder spanning gesit het terug te keer.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 07:27:49 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5563
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Baie interesant.
Ek vermoed die trapesium se buste is dalk uitgelyt en/of die swaai-arm is nie reg nie.

Trapesium mense kan my hier help asseblief.

Ek het nog my straight liner met sy skoen-modifikasie. Sal hom hou tot verdere kennisgewing. Het hom nie meer gebruik die laaste drie jaar nie want dit het nie n verskil gemaak op n dubbel as wa nie.
Ek hou hom egter totdat ons uitsluitsel gekry het oor wat ons gaan doen vorentoe... Classic of Regal of niks.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 14:58:51 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13322
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years
Ek ken die Trapezium gladnie. Volgens wat ek kon aflei uit gesprekke hier, word hy beskou as die "Mercedes" onder die stabiliseerders. Waaraan sou julle ,met meerdere kennis, hierdie ondervinding van Eric toeskryf? Ek sou net graag my eie nuuskierigheid wou bevredig oor wat die rede kan wees.
Eric ek is regtig bly vir jou part dat jy die probleem kon identifiseer. Ons ander sou graag uit jou ondervinding wou leer.

Ditto
Ek sal baie graag daai Trapezium van nader wil beskou. Volgens my ook 'n baie goeie stabiliseerder. Daar moet iets fout wees met hom of dalk 'n kombinasie van dinge wat teen mekaar werk.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 17:19:26 pm
EricB
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 18 Aug 2017
So hiers my 2c oor stabiliser:
Alles gaan oor hoe die karavaan beweeg / roteer om die bal, of pivot punt.
Ek neem daar is drie verskilende tiepes:
1. Pasiewe Weerstand: Die Yellow Blade en die Tando, Hulle werk deur die rotasie om die bal te weerstaan met "friction". In ander woorde hulle maak dit net moeiliker vir die karavaan om te roteer om die pivot punt. (Die friction discs doen dit)
2. Aktiewe Weerstand: Die Straightliner. (En die een wat ek dink die beste is). Hy geen nie net weestand teen rotasie nie, hy "druk" ook die karavaan terug na 'n middel punt toe. Daar is 'n konstante "load" op 'n bearing wat in V vorm in"wedge". So engine rotasie word nie net geabsorbeer nie, dit word terug gevorseer na 'n punt waar die karavaan en die motor in 'n reguit lyn is.
3. Kompensasie: Die Trapezium, soos ek dit kan uitwerk (en is oop vir koreksie), gee niks weerstand teen rotasie nie. Hy werk eerder om die rotasie punt verder weg te skuif van die karavaan se wiele af. Dit maak die kombinasie meer stabiel. (Dink aan die Sprite Splash vs die Penta. Hulle is omtrent dieselfde grote maar die Splash is BAIE meer stabiel want sy wiel is verder agter toe.) Die Trapezium beweek ook heeltyd om klein veranderinge in beweeging te absorbeer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 17:29:56 pm
EricB
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 18 Aug 2017
O ja, ek se nie die Trapezium is sleg nie. Ek dink net dis nie die beste kombinasie nie. 'n Penta is nie ontwerp vir stabiliteid nie, (ek wonder nogsteed wie was die slim Frikkie wat besluit het om 'n geyser onder die bed te sit, heel agter) en ons almal weet die Fortuner se agter suspension is sag.
So met die twee, is 'n stabiliser wat heel tyd heen en weer beweeg die laaste ding wat jy soek. Op my Isuzu bakkie (wat se suspension so hard was dat ek ontrent 'n kidney belt moes dra) het dit fantasties gewerk.
Ek is seker dis hoekom die Straightliner so goed werk met 'n Penta / Fortuner kombinasie. Hy sluit amper die twee aanmekaar in 'n reguit lyn en terg nie die Fortuner se jelly gat nie.


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2017 @ 22:46:14 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5563
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Dankie Etic. Die werking v.d. stabs... is baie leersaam. Ek self het jare terug my 650 met die GT vooraan getoets met n trapezium. Nog ou tipe sonder die arm met n spesiale haak. Hyt nie n bal haak gehad nie, net sulke gleuwe met n dwars pen wat daarin druk. Eintlik n gevaarlike situasie. Die 650 het ook n soliede as gehad met vere., jy kon ook die ou jurgens stab-arms weerskante op sit met die ketting wat aan die bul-horns van die wa haak.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required