English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 220
Total Replies: 248 483
Total Views: 83 105 214
topics: 213
replies: 3 472
views: 86 262
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Universele brandstof pomp ipv die woonwa pompies??

replies: 9
views: 255
19 Mar 2020 @ 11:08:01 am
PhilipO
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 05 Dec 2018
Experience: 47 years

My woonwa waterpomp moet soms twee kraantjies gelyk laat loop en die afstand vanaf die tenk is tot die verste kraan is 4 meter. Ek oorweeg 'n universele brandstof pomp (Midas R340) vir die doel. Die vervaardiger is gekontak oor die wenslikheid en nadele en wag ek nog op die uitslag maar almal konsentreer nou op Korona so die Chinese en vriende reageer nog nie. Sal 'n bietjie kookolie deur die pomp aan die einde van die vakansie nie dalk help met die moontlike roes nie? Of is daar dalk beter voorstelle, want met die plastiese pompies gaan ek nie verder nie. 

Baie lekker om saam met kampeerders te kuier
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 11:21:34 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3103
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

My ondervinding met die plastiese pompies was dat dit baie roesagtige gemors opbou. Het gereeld skoon gemaak met hth of asyn. 

Baie parke gebruik boorgat water.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 13:31:36 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Kyk baie mooi na die L per minuut want party petrol pompe lewer maar 3.5L/min wat selfs te laag is vir 1 kraan.

Ek sien die geskik vir water word reeds opgevolg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 14:06:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16855
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het op n ander fabrikaat se website geloer waar daar mense is wat sterker pompies op hul storte gekoppel het omdat die straaltjie wat uitkom pateties was. Pype kon nie drukking hanteer het nie....moes veranderings daaraan ook aanbring

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 14:28:59 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dit hang maar af wat mens wil gebruik want daar is druk reguleerders dan hoef mens nie pype te verander nie maar net druk te verminder. Tot en met 2 bar behoort normaalwg nie 'n probleem te wees nie. Die Sjina pompies wat egter tot 8 bar lewer raas in elk geval so erg dat mens hulle nie wil gebruik. Ek dink van al die pompe wat mens gesien het is die Shurflo 2095 soos wat Paul Mulder ons van vertel het seker die beste roep. Doodstil en slegs die amps is effens meer as die normale standaard pompies. Met 'n relay glo ek dis een v d beter opsies as 'n petrol pomp.

Ek het so vinnig deur 'n hele klomp petrol pompe gekyk en hulle lewer meestal slegs 1-2L/min wat ver te min is vir 'n kraan om nie eers te praat van 'n stort nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 14:52:46 pm
PhilipO
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 16
Joined: 05 Dec 2018
Experience: 47 years

Dankie vir die inligting. Waar sal ek Paul Mulder se verslag kan soek.

Baie lekker om saam met kampeerders te kuier
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 16:01:29 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2020 @ 17:49:56 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9383
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het eers die whale 🐋 in die classique gehad, toe hy oppak in Desember die shureflo ingesit, baie sagter en better drukking.

Kan ook twee krane op eenslag hanteer.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 11:31:23 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15953
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het ook maar gedink dat die petrol pompe se lewering per minuut dalk te laag sou wees.

Ek was gelukkig met die plastiek pompe wat in my Penta en Classique was.  Het nooit probleme daarmee gehad nie.

Die huidige pomp in die Maia is 'n groot een.  Het selfs sy eie glas tipe filter aan die voorkant van die pomp.  Kannie die naam onthou nie sal oor die naweek kyk as ek onthou.  Hy sal verseker saam met 'n relay gebruik moet word want die micro skakelaars in die krane sal nie lank hou met die Amps wat die pomp trek nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2020 @ 16:03:18 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4793
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Leon die Shurflo 2095 trek verbasend min stroom. Dit kom ook standaard uit met 'n deursigtige filter wat op die pomp sit. As ek reg onthou trek dit net 1A meer as die normale inlyn pomp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za