English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 999
Total Replies: 243 613
Total Views: 82 966 058
topics: 11 238
replies: 133 039
views: 39 181 734
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Universal Multi Rooms

replies: 15
views: 282
12 Feb 2020 @ 07:32:32 am
GertP
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 03 Oct 2019

More Almal.

Graag wil ek weet of enige van julle Kampeerders gebruik maak van die " Universal Multi Room " wat op die mark is.Ek vra die vraag omdat ek geweldig sukkel om n Multi Room vir my Penta 1997 groen en pienk tent te kry.Die mense by Camp World kan my nie definitiewe antwoord gee of die ding gaan werk op my tent nie.Sal waardeer as een van julle my hier kan help?Ek wil nie die ding verniet he nie maar wil ook nie iets koop wat ek nie gaan kan gebruik nie.Die Universals is amper dieselfde prys as wat die nuwes(Oorspronklikes) gekos het.Multi Room is ook net in grys beskikbaar.Hulle maak blykbaar nie meer die oorspronklike model Penta Multirooms nie!

Groetnis en Lekker Kamp!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2020 @ 08:02:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gert volgens my behoort enige JURGENS Multiroom op jou Penta se tent te pas.  Dis maar die kleure wat verskil.  Die rede hoekom ek dit sê is dat ek het 'n Multiroom saam met my 2000 model Penta gekoop.  Daarna het ek nog 'n Multiroom by my niggie hulle oorgeneem wat hulle saam met 'n 1996 model Expo karavaan gebruik het.  En dit het puik gewerk. Multiroom vir elk van my kinders.

Kanse is baie goed dat die Universal multiroom ook op jou tent sal pas. Nou of die Universal Multiroom gaan werk by jou Penta se tent sal afhang van die volgende:

  1. Of die kant paneel wat jy van jou Penta se tent verwyder om die multiroom in sy plek op te sllaan, PRESIES DIESELFDE grote is in hoogte en breedte as die voorkant/deur kant se paneel van die multiroom wat jy wil koop.
  2. Verder moet die ritsluiters van presies dieselfde grein wees, nylon of staal wees, en van presies dieselfde kant af begin toe zip.  Maw die ritsluiter van die multiroom moet op die plek van daai kantseil kan in zip op die hoof tent.
  3. Die weg kant of agter kant van die Multiroom moet effe laer wees as die deur kant.  Anders loop die water as dit reen na jou hoof tent toe in plaas van weg  van die hoof tent af.

Ek sal voorstel jy zip die sy paneel af en vat dit saam as jy na die universal multiroom gaan kyk.  Ek glo dis moontlik dat hulle die voorste paneel  kan aanpas presies soos jy benodig as dit nie reeds so is nie.

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2020 @ 11:40:12 am
GertP
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 03 Oct 2019

Dankie Leon!

Dink jy sou ek die kant paneel alleen vat hulle sou kan vasstel of Universal sal werk?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2020 @ 12:15:22 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dankie Leon!

Dink jy sou ek die kant paneel alleen vat hulle sou kan vasstel of Universal sal werk?

Ja verseker is dit moontlik.  As hulle die Universal een oop vou sodat die deurkant bo lê, dan behoort jy die vierkantige sypaneel wat jy het daarop te kan plaas en so kyk of dit dieselfde grote is.

Al wat verder belangrik is, is die tipe zips moet selfde wees maw. Staal of nylon asook die grofheid van die zip (groot growe tande of klein fyn tande). Laastens moet die zip aan die bokant asook aan die kante van dieselfde kant af begin. Dis nou daar waar jy die rits se een punt in haak om die zip toe te trek.  Dit moet op al drie kante ooreenstem met jou sy kant.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2020 @ 13:07:04 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15675
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Soos Leon noem het ek ook laas by Jurgens self gehoor....alle Jurgens multi rooms is dieselfde, Penta, Palma, Fleetline, Expo. Die tente verskil aangesien verskillende lengtes karavane, maar die afstande vorentoe is dieselfde, daarom sal almal pas.  Wilsur het ook onlangs een gesoek en het dieselfde antwoord gekry.

Sterkte....dit maak daarom die kans bietjie groter om een in die hande te kry

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2020 @ 13:21:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15675
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Soos Leon noem het ek ook laas by Jurgens self gehoor....alle Jurgens multi rooms is dieselfde, Penta, Palma, Fleetline, Expo. Die tente verskil aangesien verskillende lengtes karavane, maar die afstande vorentoe is dieselfde, daarom sal almal pas.  Wilsur het ook onlangs een gesoek en het dieselfde antwoord gekry.

Sterkte....dit maak daarom die kans bietjie groter om een in die hande te kry

Die antwoord wat Wilsur gekry het toe hy navraag gedoen het

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2020 @ 13:26:54 pm
GertP
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 03 Oct 2019

Dankie almal

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2020 @ 17:33:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9002
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Ek soek een vir die classique.

Enige kleur.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Feb 2020 @ 05:23:08 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15675
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek soek een vir die classique.

Enige kleur.

 

Ek dink die jaar model mag verskil....miskien seker maak by Jurgens

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Feb 2020 @ 06:34:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15675
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek soek een vir die classique.

Enige kleur.

 

Ek dink die jaar model mag verskil....miskien seker maak by Jurgens

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 06:25:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Wynie hier is die onderwerp oor Universal Multirooms.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 06:30:53 am
GertP
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 03 Oct 2019

More Almal.Ek het toe  Universal Multi room Grys gekry.Die ouens was baie slim en het beide die growwe en fyn zips op die een Universal laat opsit en siedaar hy pas orals.Groetnis.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 06:33:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15675
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

More Almal.Ek het toe  Universal Multi room Grys gekry.Die ouens was baie slim en het beide die growwe en fyn zips op die een Universal laat opsit en siedaar hy pas orals.Groetnis.

Wonderlik....dankie vir terugvoering, info kan ander manne help wat ook opsoek is

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:27:01 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

More Almal.Ek het toe  Universal Multi room Grys gekry.Die ouens was baie slim en het beide die growwe en fyn zips op die een Universal laat opsit en siedaar hy pas orals.Groetnis.

Dit is voorwaar goeie nuus.  Doen sy naam gestand............... Universal Multiroom! ! !

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:32:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15809
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Gert sal jy dalk vir ons 'n foto kan plaas van die Multi room.  Dis nou maar net so dat ons forum lede 'n idee het van hoe dit lyk en hoe hy werk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Feb 2020 @ 08:35:55 am
GertP
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 12
Joined: 03 Oct 2019

Moet byse die vervaardiger doen dit nie. Die mense het die ekstra een self laat by sit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za