English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 986
Total Replies: 243 358
Total Views: 82 948 010
topics: 11 230
replies: 132 890
views: 39 172 165
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Umshanti kampplek

replies: 16
views: 265
28 Oct 2019 @ 11:48:54 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Vir die van julle wat nog nie daar was nie, ons het die naweek by Umshanti gaan kamp met die doel om die Marloth-berg bokant Swellendam uit te stap. Dit was 'n moordende 14km tog wat ons teen die berg uitgeneem het na die plato waartydens ons ses pragtige watervalle besoek het.

Umshanti is geleë 'n entjie aan die Mosselbaai-kant van Swellendam by die Buffeljags-afdraai. Die pad vanaf die N2 is grondpad maar was heel gangbaar vir die Fleetline. Die kamp is met drie kragpunte toegerus en 'n paar goed toegeruste kothuise en kyk uit oor die Buffeljags-dam. Daar is 'n klein saaltjie met 'n braai-kaggel. Weens die reen het 'n paar kampeerders op die vloer van die saaltjie geslaap. Daar is ook 'n mooi kroegie waar ons rugby gekyk het terwyl dit gestort-reën het buite. Daar is ook 'n klein winkel. Die geriewe is maar skaars en bestaan uit een toilet en een stort met lekker warm water. Die terrein is met  heerlike gras bedek.

Daar is n boot-barg waarmee jy oor die dam geneem word vir 'n laaste stap na 'n waterval en waarop ons lekker gebraai het. Die eienaars het ons met 'n boodtjie in 'n nou kloof ingeneem tot by 'n damwal waaroor water pragtig stort. Jy kan ook met jou eie roei-ding daar gaan speel, dit word agter die boot aangesleep.

Vir julle wat lus het vir 'n klein-groep kampeer-naweek kan Umshanti dalk die een wees.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:49:20 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 314
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

Hello Danie,    What a fantastic place,  a pity we are so far away.  From your photographs this could easily become a favorite  camping venue.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:52:45 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ai ek is darem nou lus om soontoe te gaan. Dit is regtig prentjie mooi.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:55:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15627
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wow....dis nou mooi. Dankie vir die deel

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 12:57:05 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Danie hoe lyk dit met kontak besonderhede van Umshanti?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 13:54:11 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1825
Joined: 21 May 2013
Experience: 20 years

Dit lyk baie mooi daar........net vrek vêr.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:05:35 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Contact  028 512 3787

umshanti@worldonline.co.za

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 14:26:33 pm
BrianB
Neptune Member
77% Profile Strength
Posts: 4218
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 41 years

A few more pictures at Umshanti. We were there for a few nights just before we took occupation of our house Jan 2015.

Umshanti Link 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
28 Oct 2019 @ 15:50:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15627
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

A few more pictures at Umshanti. We were there for a few nights just before we took occupation of our house Jan 2015.

Umshanti Link 

 

Thanks Brian....nice pictures

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 17:26:14 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis nou wragtig mooi.

As een jou daar pla sal jy nie eers skuldig voel as jy hom die kranse afgooi nadat sy keel oop is nie.

Daar sal ek moord pleeg as een my kom pla.

Dankie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2019 @ 21:54:49 pm
Goose On The Move
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 41
Joined: 06 Jul 2018
Experience: 4 years

Hello Danie,    What a fantastic place,  a pity we are so far away.  From your photographs this could easily become a favorite  camping venue.

Hallo

I have a question for Badger regarding his Skipper, apologies for posting here but I am uncertain how else to contact him.

I was wondering what is the small green tent you have in front of your Oyster. It almost looks like an awning but seems a lot smaller than the supplied Deluxe Awning ? 

If you rather want to email me you can send to 

gooseonthemove@ymail.com

Thank you

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 06:47:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Contact  028 512 3787

umshanti@worldonline.co.za

Baie dankie.  Behalwe vir die stap roete en dam is daar seker nie veel om te doen nie.  So 'n gepasde tyd om daar te kamp skat ek is so 4 dalk 5 dae.

Enige iets anders in die omgewing wat dit werd maak om langer te bly?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 16:04:18 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Baie dankie.  Behalwe vir die stap roete en dam is daar seker nie veel om te doen nie.  So 'n gepasde tyd om daar te kamp skat ek is so 4 dalk 5 dae.

Enige iets anders in die omgewing wat dit werd maak om langer te bly?

Die rustigheid.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 17:43:03 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 961
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Baie dankie.  Behalwe vir die stap roete en dam is daar seker nie veel om te doen nie.  So 'n gepasde tyd om daar te kamp skat ek is so 4 dalk 5 dae.

Enige iets anders in die omgewing wat dit werd maak om langer te bly?

Swellendam (die dorp) is op sy eie 'n besoek werd - prentjiemooi met die Drostdy en lekker "cosy" restaurante. Verder Suurbraak, Grootvadersbosch, Tradouwspas, Barrydale, Bontebok Nasionale Park, die Bonnievale-vallei met sy groot aantal wynkelders en kaasfabriek. De Hoop Natuurreservaat is nie te ver nie. Die pont by Malgas. Inderwaarheid te veel om op te noem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Oct 2019 @ 17:50:37 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Swellendam (die dorp) is op sy eie 'n besoek werd - prentjiemooi met die Drostdy en lekker "cosy" restaurante. Verder Suurbraak, Grootvadersbosch, Tradouwspas, Barrydale, Bontebok Nasionale Park, die Bonnievale-vallei met sy groot aantal wynkelders en kaasfabriek. De Hoop Natuurreservaat is nie te ver nie. Die pont by Malgas. Inderwaarheid te veel om op te noem.

Dankie. Het al die Bonnievale kelders besoek.

Dit was baie positief gewees......

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 06:38:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Swellendam (die dorp) is op sy eie 'n besoek werd - prentjiemooi met die Drostdy en lekker "cosy" restaurante. Verder Suurbraak, Grootvadersbosch, Tradouwspas, Barrydale, Bontebok Nasionale Park, die Bonnievale-vallei met sy groot aantal wynkelders en kaasfabriek. De Hoop Natuurreservaat is nie te ver nie. Die pont by Malgas. Inderwaarheid te veel om op te noem.

Klink regtig na 'n area om tyd in te spandeer.  Kan die moeitewerd wees om daar vir 'n week plus te gaan kamp.

Die wyn plekke sal ek 'n mis gee, maar sal darem gaan kyk hoe lyk dit daar.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Oct 2019 @ 08:07:41 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 695
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Dis reg Chris, ons het ook twee ure by die bekende pottebakker gespandeer. Van die manne het in die hotel se kroeg gaan rugby kyk op Saterdag, dit was 'n openbaring om dit saam met die locals en hulle girls en al hulle "Kaapse" kommentaar te beleef.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First