Lees in die Maart Caravan and Outdoor van 'n kamper wat na hy op gehaak het, maak hy sy porta potti sommer so op die gras leeg, volgens die skrywer, was die ou so 10m van die ablusie blok af
Kan mens regtig so onbedagsaam wees?
Sjoe, skaam die man hom nie?????? Ek hoop dit was darem net nommer een in daai potjie, wat ook erg genoeg is.
Hy het seker gevoel dit was n @#$ staanplek.
Just joking, this camper has no respect for himself or his fellow campers. He must be named and shamed. The only way to get rid of people like that. You cannot call them campers as real campers won't do that.
NOU HET EK ALLES GEHOOR!!
As die ou bereid is om dit te doen, kan ek my net voorstel hoe sy persoonlike lewenswyse is gaande netheid.
Al braai daai ou die lekkerste vleis, sal ek maar eerder hou by 'n stuk droë brood.
Goeiemôre kampers,
I will attempt to address this challenge in the tale of the Queen.
How in principal, does the behaviour of this specific camper differ from people who dump their dishwashing water or his shower water on a site.
The general feeling might be that dumping sewerage is worse than "normal" grey water but if you are on the receiving end, what is the difference???
To me both these actions are unacceptable as I definitely would not like to camp in the greywater outlet of the previous camper, so, what is the difference???
Is it acceptable or not???
What is your view, or am I a lonely grumpy old bugger.
Andrè, ek het een keer in my tydperk wat ek kamp 'n probleem gehad met grys water en dit was by Koppisol waar daar 'n klub saamtrek was. Die kampeerders het al die krane ge-annekseer en sodoende moes ons abblusies toe stap om water te bekom. Asook gedurende stort tye het hulle nie 'n drentel omgegee oor die lopende gryswater nie.
By ander oorde het ek nog nooit so iets tee gekom nie. Ek is onseker of dit alles afhang van die abblusie blokke se netheid of nie, maar tog beskik Koppisol oor 'n baie netjiese abblusie blok.
Gewoonlik as ons gaan kamp, word skottelgoed water gedamp by die oord se skottelgoed opwas area.
Na aanleiding van 'n vorige beskuldiging, voor julle afleidings maak, dit was nie ek nie! (Johann ken my en kan dit beaam).
Mense se selfone het kameras. Neem die ou af terwyl hy dit doen. As hy sy oë uitvee weet almal van hom.
Hy sal nie maklik n kamplek weer kry nie.
Goeiemôre kampers,
I will attempt to address this challenge in the tale of the Queen.
How in principal, does the behaviour of this specific camper differ from people who dump their dishwashing water or his shower water on a site.
The general feeling might be that dumping sewerage is worse than "normal" grey water but if you are on the receiving end, what is the difference???
To me both these actions are unacceptable as I definitely would not like to camp in the greywater outlet of the previous camper, so, what is the difference???
Is it acceptable or not???
What is your view, or am I a lonely grumpy old bugger.
Moet se, ek was nogal beindruk met ATKV Buffelspoort - regonder die krane het hulle "drains" gesit waar jy die gryswater kan laat inloop. Dit help ook dat daar nie modderpoele vorm onder die krane nie.
As die ou bereid is om dit te doen, kan ek my net voorstel hoe sy persoonlike lewenswyse is gaande netheid.
Al braai daai ou die lekkerste vleis, sal ek maar eerder hou by 'n stuk droë brood.
Die ou wat die artikel geskryf het, moes foto neem van die vark en sy nalatenskap, dit op FB en oral plaas. Ek het ook die artikel gesien, die toilet papier het so op die gras gelê, vieslike vark, is al hoe mens die vent kan beskryf.
Het die draad 'n paar dae dopgehou,
Dit wil voorkom asof dit net ek DK en Hurricane is wat 'n probleem het met kampeerders wat gryswater op staanplekke stort.
Die oorgrote meerderheid het heftig reageer oor die kampeerder wat sy swartwater op die staanplek gelos het maar dit blyk dus uit die geen verdere reaksie dat julle nie omgee om bo oor iemand anders se vuil stortwater of sy skottelgoedwater weggooiplek jou tent staan te maak nie.
Dus maar net nog 'n aspek wat deel geword het van ons Suid Afrikaans gedragsverandering na 1994. "It is my right -- I wil do as I like and don't come here with your .........."
Ekskuus Andre ..... ek moes 'n video geneem het van my kop wat geknik het soos ek met jou saamgestem het!! Die feit dat ek NIE skriftelik kapsie gemaak het nie, was NIE omdat ek van die gryswater hou nie - inteendeel. Ons was in Desember 2014 by 'n kamp waar kampeerders soveel grys water langs hulle karavaan gehad het dat hulle nie met kaalvoete daar kon loop nie. Genoeg om te noem dat ons ook net een keer by hulle gaan "kuier" het. Gelukkig geen reuk nie, maar dit was soos 'n moeras!!
Ekskuus Andre ..... ek moes 'n video geneem het van my kop wat geknik het soos ek met jou saamgestem het!! Die feit dat ek NIE skriftelik 'n aanmerking gemaak het nie, was NIE omdat ek van die gryswater hou nie - inteendeel. Ons was in Desember 2014 by 'n kamp waar kampeerders soveel grys water langs hulle karavaan gehad het dat hulle nie met kaalvoete daar kon loop nie. Genoeg om te noem dat ons ook net een keer by hulle gaan "kuier" het. Gelukkig geen reuk nie, maar dit was soos 'n moeras!!
Hi Nico,
Thanks vir die mening.
'n Mens begin net onwillekeurig wonder of jyself die idioot is en die enigste een wat 'n probleem met sulke onbedagsame optrede het.
Ek het al verskeie verskonings op forums raakgelees waar manne verduidelik dat hy met pype die plante natlei en dit in blombeddings stort ens. en dat dit net seepwater is.
Ja seepwater met vet in, seepwater met fyn stukkies aanbrandsel wat uit die potskuurdertjie uitgewas word, verdunde souse en wat nog alles. Stortwater met lekker vrot toonjam verdun daarin.
Feit bly -- dit word deur die Fly-Spies as gryswater geklassifiseer wat in my boek beteken dis morsig, onhigiënies, lok vlieë en gaan iemand anders se vakansie opfoeter as hy in jou afvalwater sy plek moet staanmaak.
Stem saam!!
Seepwater is in elk geval nie goed vir plante, gras ens. nie. Paar jaar gelede (ook met 'n groot droogte) het ek met Kreepy Krawly pype al my afleiwater by die huis laat uitloop op die grasperk .... nogal geding ek is baie "groen"!!
Ha - die gras het so gevrek, ek moes ALLES uitspit en oorplant!
My standpunt was nog altyd grys water is ok, swart water is gevaarlik. Die naweek het egter my opinie verander, ek moes Sondag nag ablusie toe stap, kortpad gevat waar 'n kampeerder die Sondag vertrek het, en amper geval toe ek (in die donker) deur daai modder seep water loop. Nodeloos om te sê, ek moes my voete was voor ek kon terug gaan karavaan toe.
By die huis skuif ek gereeld die stort en bad water om moersasse te voorkom, en tap ook nie elke bad of stort in my tuin uit nie.
Dit begin by respek en selfrespek. Selfrespek is self verduidelikend en respek gaan oor jou omgewing wat alles insluit tot jou medemens/kamper. Die dag wanner jy respek verloor het het jy alles verloor. Ek stem saam dat sulge skuldiges "gename en geshame" moet word. Sit hulle op n "wall of shame"
Oor die gryswater het ek nog nie 'n probleem ondervind nie, maar het volle begrip dat dit ongesond is/kan wees. Gelukkig het ons nie 'n badkamer in die karavaan nie.
Ek dink dat dit ook af hang aan die volumes en hoe vuil die water is.
Oor die gryswater het ek nog nie 'n probleem ondervind nie, maar het volle begrip dat dit ongesond is/kan wees. Gelukkig het ons nie 'n badkamer in die karavaan nie.
Ek dink dat dit ook af hang aan die volumes en hoe vuil die water is.
Waar daar, soos meeste oorde, dreinering stelsels by die krane is, sal ek steeds my skottelgoed water daarin afgooi, waar daar nie sulke fasiliteite is nie, sal ons maar in die oord se kombuis moet gaan skottelgoed was.
Ons afspoel water is mos skoon, dit gooi ons op die gras, bome en beddings.
My groente groei mooi met my gryswater - skottelgoed en bad/stort/wasmasjien water. En perdemis en hoendermis. Onhigienies miskien, maar watter kunsmis is nie. Maar sou dit nie in kampterrein wou sien nie, tensy dit netjies afgevoer word na waar dit hoort nie.
Herman, dalk loop daai water nog deur tot by die tent vloer, dan sal hy gou pyp kry en aan sit.
Ek het al mense gesien wat hul skottelgoed was in die diep wasbakke vir wasgoed. Ek het selfs eendag gesien 'n vrou was 'n heel hoender daarin.
Kry ook mense wat hul vetterige braaiskottels in die diep wasbakke skoonmaak.
Te gerieflik!