Die nuwe Ford range is die week vrygestel, maar nie sonder n skok nie. Is dit R786,000 werd? Nice, very nice, maar ek weet darem nie.
En, die pryse begin nou grens aan maligheid.
Raptor - R786,000 / 157kw / 500 nm en 7.1L/100km
Amarok - R791.000 / 165kw / 550nm en 8.1L /100km
Merc X Class v6 - 973,000 190kw / 550nm en 8.8L/100km
Ons het beslis verandering en vernuwing nodig in die bakkie mark. Maar die bakkies sal hulself uit die mark prys. Dan moet jy nog goed agter oplaai en verniel.
Daar is beslis baie meer opsies in daardie prys klas wat net so kan off road, gemakliker ry gehalte, dalk nog beter sleep en sou jy iets moet vinnig laai ?
n Sleepwa kan jy nou huur vanaf R250 per dag.
Ek dink nie dit begin grens aan malligheid nie....dit IS malligheid. Teen daai prys kan ek 2x goeie DC's koop
Moet ook nie karavaan pryse vergeet. Malligheid beslis.
Lyk Chapperig. Maar ek sal moeilik kou aan daai geld vir 'n Tipper. Nou wonder ek ..........
Hoe staan sake met my 1 jaar oue Wildtrak.
Dink julle "Malligheid" is die regte woord vir die pryse. Jy gaan seker die ou kry wat dit sal betaal.
Ek dink nie dit begin grens aan malligheid nie....dit IS malligheid. Teen daai prys kan ek 2x goeie DC's koop
Dink jy gaan sukkel om dit te doen as jy nuut koop, selfs 'n nuwe Isuzu het belaglik duur begin raak en dit met 20 jaar oue tegnologie... Onthou nog toe die Golf die eerste keer deur die R100k plafon gebreek het, gedink VW het mal geword en niemand sal dit betaal nie...nou is R100k spot goedkoop! Dink baie van ons is ook besig om met die jare aan te stap en dan begin alles baie duur lyk, altyd met my oorle' Pa daaroor gespot, nou is ek self daar en doen maar dieselfde :)
Beslis ''Malligheid'' verby.
Die enigste manier hoe ek so iets sal kan ry, is wanneer dit 'n maatskappy voertuig is wat my werkgewer vir my gee, maar daarby moet daar dan ook gedink word aan die belasting betaalbaar indien my werkgewer toestemming verskaf op daardie bedrag voertuig.
Die gewone salaris trekker wat maandeliks 'n gemiddelde salaris trek, gaan beslis snags oop oê slaap en bekommerd wees oor sy paaiement betaalbaar indien dit nie 'n maatskappy voertuig is nie.
Dink jy gaan sukkel om dit te doen as jy nuut koop, selfs 'n nuwe Isuzu het belaglik duur begin raak en dit met 20 jaar oue tegnologie... Onthou nog toe die Golf die eerste keer deur die R100k plafon gebreek het, gedink VW het mal geword en niemand sal dit betaal nie...nou is R100k spot goedkoop! Dink baie van ons is ook besig om met die jare aan te stap en dan begin alles baie duur lyk, altyd met my oorle' Pa daaroor gespot, nou is ek self daar en doen maar dieselfde :)
Ranger DC 2.2 kan jy tans vir so R340k kry. Nou nie dieselfde luuksheid van die ander nie en krag bietjie minder, maar nog steeds meeste waens met gerief sleep.
Artikels, ook voertuie, verkoop teen amper enige prys. Die aantal verkope daal egter soos die pryse styg. Ek dink juis dis omdat so baie mense bakkies wil hê, dat die pryse styg. Heel moontik sal ander vervaardigers se aanbiedings ook duurder word. Dit dwing mense om ietwat langer met hulle huidige voertuie te ry, maar as dit begin jeuk, sal hulle koop. My vraag is steeds is sulke duur bakkies nodig- kan 'n SUV nie maar dieselfe doen op 'n baie gemakliker manier nie? Ek het nie gaan vergelyk wat groot populêre SUV's kos nie, maar as hulle soortgelyk in prys is, klink dit vir my beslis 'n beter kopie. Almal wat 'n bakkie het, probeer dit tog so effens nader aan 'n SUV bring deur 'n kappie op te sit en selfs sitplekke agter in te sit, maar dit bly maar 'n ongerieflike bakkie. Hoeveel keer is dit werklik nodig om groot items agterop te dra?
Kanse is goed dat my Broer sy Nuwe Wildtrak sal in ruil vir die nuwe Raptor. Hy ry 'n maatskap voertuig so dis makliker vir hom om te doen.
Artikels, ook voertuie, verkoop teen amper enige prys. Die aantal verkope daal egter soos die pryse styg. Ek dink juis dis omdat so baie mense bakkies wil hê, dat die pryse styg. Heel moontik sal ander vervaardigers se aanbiedings ook duurder word. Dit dwing mense om ietwat langer met hulle huidige voertuie te ry, maar as dit begin jeuk, sal hulle koop. My vraag is steeds is sulke duur bakkies nodig- kan 'n SUV nie maar dieselfe doen op 'n baie gemakliker manier nie? Ek het nie gaan vergelyk wat groot populêre SUV's kos nie, maar as hulle soortgelyk in prys is, klink dit vir my beslis 'n beter kopie. Almal wat 'n bakkie het, probeer dit tog so effens nader aan 'n SUV bring deur 'n kappie op te sit en selfs sitplekke agter in te sit, maar dit bly maar 'n ongerieflike bakkie. Hoeveel keer is dit werklik nodig om groot items agterop te dra?
Enigste rede hoekom ek 'n kappie opsit is om my kampgoed teen wind en weer te beskerm asook mense met lang vingers, D/K het genoeg sitplek. Die nuwe tipper het nou een van die RSi kappies op met klappe langs die kante ook, wat 'n plesier nou om goed in en uit te pak! Was nooit 'n bakkie mens nie eerder 'n SUV mens maar sal nooit terugkeer SUV toe nie, met die bakkie is my wa leeg as ek gaan kamp wat dit maklik maak om enige plek sommer gou oor te slaap sonder 'n rondskuiwery van goed binne in die wa...
Wat my verstom is dat daar steeds nog duisende kopers is vir daardie voertuie. En dis sommer net sulke mense nie, jy sien deesdae mense wat voorheendalk donkie-karre gery het wat vet-vet agter die stuur van 'n grênd kar se stuur sit. Al ry hulle teen slak-spoed met die hande op drie-uur en nege-uur vasgeklem, grênd sal hulle ry.
Jorg ek het vir baie jare my goed met 'n pasasiers kar gesleep. Toe kry ek die Mazda bakkie en dit het die lewe so maklik gemaak. Niks binne die karavaan nie. En jy hoef nie te worry oor het ek genoeg plek nie.
Amper 'n SUV gekoop toe ek die Navara verkoop het. Ek het baie van die Trailblazer gehou. Gelukkig het Ford my 'n goeie deal gemaak vir my eerste Ranger.
As ons iewers oornag stop net die wa steadies af en ons kamp. Niks wat rondlê en op die bed gepak is in die wa nie.
En as ons in die winter gaan kamp ry ek genoeg hout saam om elke aand om die vuur te kuier.
Tans hou ek baie van die Ford Everest maar dit sal maar lol om my Tipper prys te gee.
Ek het D/K gery toe SUV en nou weer terug by D/K. Die rede, eers was die seuns klien en D/K het gewerk, toe is hulle grotter (hoerskool) en SUV het vir ons gewerk, nou is hulle uit die skool en werk en meeste van die tyd is dit net ek en vroulief. Maar, die groot rede is omdat nog altyd n D/K verkies omdat n mens net seveel meer met hom kan doen.
Malligheid. Sal eerder nog n woonstel koop.
Ek en 'n maat het indie vroeë 70er jare 'n berig oor die radio gehoor waar 'n ekonoom gesê het selfs die kleinste 1200cc motor sou binnekort meer as drie duisend rand kos. Ons het beide gesê dis belaglik en dan sal ons maar ons huidige motors, 'n Fiat 125S en 'n Datsun SSS ry tot ons oud is. Nou kan ek darem nog 'n band vir my voertuig vir R3000 koop. Oor nog 'n paar jaar gaan ons nostalgies terugkyk na die tyd toe 'n een ton bakkie nog hier by R600,000 gekos het. 'n Woonstel is beslis 'n beter kopie as 'n bakkie- hy verloor nie onmiddelik waarde na ek hom in besit geneem het nie, maar ongelukkig sleep hy nie juis 'n karavaan nie, so wat sal ons doen? &a& en betaal maar. Warren Buffett, een van die wêreld se rykstes, sê hy ry 'n motor tot hy gedaan is want dit grief hom om in iets te belê wat waarde verloor terwyl hy aandele kon koop wat waarskynlik waarde sou toevoeg. Maar selfs hy moet so nou en dan 'n nuwe voertuig koop- moet dit net nie elke drie jaar doen nie- ry hom tot jy nie meer kan nie en sit intussen die paaiement wat jy op 'n nuwe voertuig sou bestee, weg dan sal jy waarskynlik die nuwe voertuig kontant kan koop en nog oor hê om weg te sit vir die daaropvolgende een.
Jy moes daai SSS gehou het, die goed in goeie oorspronklike toestand is nou by seker R200k verby (ek kan nou nog my agterent skop dat ek myne nie gehou het nie, was so 'n groene met donkerbruin vinieldak en natuurlik "shikakie" kleur moeras gras op die dash!)
.....met so n hondjie op die dash wat se kop rond beweeg?
Die Fiat was myne- een van my gunsteling motors. Ja, 'n mens kan ongelukkig nie alles hou nie tensy jy 'n groot skuur het.

Ek dink die Raptor gaan die verkoop syfers seer maak. Dit gaan beslis die bakkie wees om te hê ongetwyfeld. Ja vir ons meer senior mense is dit dalk nie beskore wat ons het al geleer om sente om te draai en nie met n koop koors n ding te doen. Maar verkoop gaan hy verkoop en baie ook. Hy is mooi, capable off the track en n moderne voertuig gelyke aan n kar se gerief en veiligheid. Nee wat mal prys of nie ons gaan baie van hom sien.
Ek is mal oor die brieër "Look" van die Raptor. Sal nie omgee om een te ry nie maar ek dink my huidige nuwe Tipper is my laaste een.
Dis tog interessant hoe smake verskil. Sommige mense, selfs van die ouer geslag soos die draad bewys, aanvaar vernuwing soos kleiner kragtiger masjiene. Ander, selfs jongeres, verkies weer die ouer geslag, groot, minder kragtige masjiene. So is daar maar iets vir elke smaak. Mettertyd aanvaar almal egter die nuwe ontwikkelinge. Ek glo byvoorbeeld nie daar is nog mense wat nie selfone wil gebruik nie hoewel daar waarskynlik baie mense was wat aan die begin niks daarvan wou weet nie. So ook was daar mense wat toe die loodvrye petrol gekom het, baie ernstig daarteen gekant was. Jy kan vir 'n tyd teen nuwe dinge skop maar uiteindelik moet jy maar erken die nuwes, van watter aard ook, is beter as die wat dit vervang.
Ranger DC 2.2 kan jy tans vir so R340k kry. Nou nie dieselfde luuksheid van die ander nie en krag bietjie minder, maar nog steeds meeste waens met gerief sleep.
So mens kan 2x 2.2 Rangers kry vir een Raptor se prys. (ek weet darem nie of hy daai prys werd is nie)
Kyk nou onlangs lat wiel
Daai kaalkop se Ford verkoop meer double cab bakkies as enige iemand anders. Wie het inligting ?
Brommer ek is honderd persent met jou. Soms wonder ek wie is die ergste, politikuste of motor joernaliste. Skud baie keer net my kop
Mens moet maar jouself toets, ongelukkig duur ervarings
Daar is dit nou................... geweet dit gaan nie lank neem nie......................
My broer het gister die nuwe 2.0L Wildtrak gaan toets bestuur. Sy woorde is dat dit is werklik 'n heel nuwe bestuur ervaring met die 10 ratte en 2.0L Bi turbo enjin. Hy het genoem dat van afhangende hoe jy ry kies die voertuig self die gepasde rat so hy trek somtyds weg in 2de en skakel dan na 4de en dan dalk 7de ens. Pas die enjin revs baie vinnig en egalig aan met die spoed en pad toestand.
Hy wag net om te hoor hoe sy nuwe motor toelaag werk dan is die kanse seker goed vir sy 4de agter eenvolgende Ranger. Dis nou nie die Raptor nie maar hy klink baie beindruk. Onthou hy ry tans sy 3de 3.2 L Wildtrak. Nou terug na 'n 2L voertuig.................. Kom ons kyk.
So mens kan 2x 2.2 Rangers kry vir een Raptor se prys. (ek weet darem nie of hy daai prys werd is nie)
Plus jy kry nog R106,000 kleingeld......
Geen hondjie op die dash nie Geert, was darem nie so common nie :) (ook nie 'n lemoen op die radio liugdraad nie!), die moerasgras was eintlik daar omdat die paneelbord 'n kraak bo gehad het :)
.
Ek sien Isuzu bied ook nou 'n bakkie op steriods aan, die GO2 D-Max. Ek wonder hoe hy gaan vaar teen die soortgelyke Fords en Toyotas. Miskien gee die feit dat daar 'n effense assosiasie met Mercedes is, hom 'n bietjie meer aansien.