English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 824
Total Replies: 256 868
Total Views: 83 388 048
topics: 11 747
replies: 141 746
views: 39 418 528
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Uit met die oue, in met die nuwe!!

replies: 21
views: 485
14 Jan 2021 @ 13:14:41 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1253
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Dag sê my mede kampeerders!

Goeie en slegte nuus .. soos voorheen gemeld, is "Pophuis" verkoop (heet nou "Nana's Rest") en het ek gister 'n 2015 Sprite SW Offroad gekoop.laughing laughing

Nuwe naam, tot ons vas besluit, is "Lekka wa okal" met verwysing na die feit dat waar ons ookal sal kamp, dit lekker sal wees .... hou duim vas!

Karavaan is pragtig, baie netjies (ongelukkig toegerus met 'n lugreeling, wat ons selde sal gebruik, weens die feit dat sulke apparaat Joanie se oë baie uitdroog. Tweedens glo ek dis net ekstra gewig, met die gevolg dat die noodwiel nou ONDER die karavaan gebêre word. Sal moet kyk hoe dit gaan werk om banddruk te meet en bande te vervang tydens 'n papwiel ens .....) en toegerus met al die seile en grondseiel en wat nog! Geen Porta potjie nie, so sal een moet kry.

Ook toegerus met 'n standaard grootte yskas, wat Joanie nie welgeval nie. Ons is dus besig om te kyk na 'n groter yskas/vrieskas, en wonder of iemand wél so 'n modifikasie op 'n SW gedoen het. Die vereiste grootte is blykbaar 1200 mm hoog, en ek kan net nie so een opspoor op Google nie! HELP????? Wil nie hoër gaan nie, want die ingeboude mikrogolf oond is dan in gevaar.

Tussen hakies - die standaard yskas sal wel te koop aangebied word wanneer die ombouing gedoen is. Het reeds 'n paar navrae gekry op Geert se "Karavaan winskopies" voor hy die forum verwyder het ..... Enige idee wat so 'n standaard yskas (met klein vrieskompartement) en 12 & 220V kragvereiste se prys kan wees? . Laat weet maar gerus asseblief.

So, hiermee dan 'n nuwe fase van kampeer vir hierdie tweetjies.......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2021 @ 13:24:05 pm
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1122
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Baie geluk en vertrou dat julle gelukkig sal wees.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2021 @ 14:37:06 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1192
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Lekker kamp na die veranderings maar niks verhoed jou om voor die verandering ook 'n kamp in tekry nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2021 @ 14:52:28 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 536
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 35 years

Baie geluk, ek dink dit is 'n goeie keuse. Aircon ook nie noodwendig 'n probleem nie. Party plekke raak WARM. Jy kan die aircon gebruik om die wa koel te maak voor julle gaan inkruip.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2021 @ 22:01:48 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1615
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years

Gelukkige kampe in nuwe wa,soos die mense se"hou dit klein en eenvoudig"glo julle sal gou die verandering gewoont word

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 07:14:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16368
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Baie geluk met die "nuwe" wa.  Hoop dit werk 100% vir julle en julle het fantastiese kamp tye met haar.

Moontlike oplossing vir die spaar wiel se bandruk nagaan.  By die 4 x 4 winkels soos Safari 4x4 of 4x4 Maga world kry jy 'n "extension hose" wat op die valve van die spaarwiel pas.  Die ander punt kan dan op 'n meer gepasde posisie gemonteer word. Die punt lyk net soos 'n valve en kan jy dus die band druk daar nagaan op gelee tye.

Ek het so een wat op my Tipper se spaar wiel gekoppel is. Nou is dit nie nodig om onder die voertuig in te skuif om die band druk van die spaar wiel na te gaan nie.

Laastens as jy kyk na 'n 3 way regop yskas gaan dit jou R18000 + uit die sak jaag.  Gaan kyk op google onder die DEFY produkte.  Hulle het so jaar of wat terug 'n regop yskas ten toon gestel wat met 12V werk.  Dink die prys was R8000.  Die reklame het ook gepraat van 12V battery en sonpanele.  (Weet nie of dit deel van die prys was nie)

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 08:09:19 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10178
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Nuwe wa in die garage, nuwe dinge.......

Geniet.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 08:26:48 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 419
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Geniet hom. Dis altyd lekker om n nuwe ding te verander soos jy dit wil he. 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 08:53:51 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1122
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Ek persoonlik sal net 'n 220V insit. Kry dan net vir jou 'n ordentlike inverter, met moontlik 'n sonpaneel en dan goeie grootte battery.

Ek het nou 'n inverter in my Raven ingebou met 'n 102Ah battery, en die hardloop my Hisense 220v yskas sonder enige probleme.

 

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 14:31:08 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1253
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Soos op 'n ander antwoord genoem - sukkel om 'n dubbeldeur 220V ys/vrieskas te kry wat maksimum 1200 mm hoog is ...... Hulle is almal 1420+ mm, of dan onder 900 mm met kleiner kapasiteit. Sug!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 18:11:50 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 462
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

Congratulations on the Sprite SW. That or the Sherpa Rambler would be my choice of a Dirt roader if I was to go bigger.

Try the existing fridge on a holiday, it may surprise you and be adequate.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2021 @ 19:54:32 pm
Badger
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 456
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 65 years

Hello Paul,

Once a Sherpa fan Always a Sherpa fan ?????

Go in safety

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jan 2021 @ 18:58:49 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 462
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years
Brian Im much happier with my Skipper but there is a great advantage never having to worry about wood rot with an all fibre glass caravan.
The Sprite SW or SP tiks a lot of the boxes being a Gravel/dirt roader and I really like the outside kitchen, but must say towing a 360kg Skipper tent trailer and getting similar comfort and caravan quality tent does it for me. My car is 18 years old and 250k kms on the clock so would hate to push the old girl too hard towing something like an SW.
See the write up for the SP mentions a fridge of 173L which im sure is a lot more than we have with the Skippers and we cope fine.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2021 @ 14:15:05 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1253
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Terugvoering:

Ys/Vrieskas

Wel, ek het toe wraggies waar die korrekte grootte karavaan ys/vrieskas gekry ... by Middelburg Karavane van alle plekke - na ure en ure se soek op Internet. Bietjie duur, maar hy's myne. ook die laaste een van sy grootte, volgens Sonia en Izak van die tak.

Naam

En dan, (groot "fanfare" en trompetklanke asseblief) met die rit Middelburg toe en terug gister om die yskassie te gaan haal (600 km retoer vanaf Parys!frown) het ek en Joanie toe uiteindelik besluit op die naam vir die nuwe 'vaantjie. Gespeel met allerhande name, voorstelle, lekker "klink op die tong" woordjies, ensovoorts ensovoorts, en toe ....

"Awol" gekies!! Kort, kragtig, sê wat ons gaan doen (ons gaan awol!) 

Nou om Frans van Klerksdorp te kry om die naam te verewig op 'n stukkie plakpapier!

Ons behoort "Awol" so teen die einde van die week te krysmile

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2021 @ 10:25:04 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4858
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Geniet Awol Nico

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2021 @ 11:41:19 am
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1122
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Geniet en julle moet maar lekker "AWOL". Kan jy dalk net noem watse yskas jy toe gekry het. Maak en model.

Dankie

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2021 @ 12:32:11 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1253
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Geniet en julle moet maar lekker "AWOL". Kan jy dalk net noem watse yskas jy toe gekry het. Maak en model.

Dankie

Dankie julle, ja, ons kan nie wag om te Awol nie (het in 1965, tydens my jaar verblyf in die Leergimnasium, Pretoria ook eenkeer ge-awol, en toe 2 weke CB "Confined to Barracks" gekry ...... hoop dit IS weer die geval hierdie keer!laughing)

Hennie, die ys/vrieskas wat ek gekry het is die Dometic 220 Volt.

Oorspronklike prys was R13 545,00 maar was op 'n spesiale aanbieding van R6 900,00 (dankie tog!) Ek was vertel dat dit die laaste een was (óf op die vloer óf van die produksie reeks ... sal nie weet nie). Die yskas gedeelte is 132 liter en die vriesdeel 41 liter.

Afmetings H x B x W = 1200 x 500 x 580 mm

Hoop dit help!

Sal hierdie week geïnstalleer word. Die  oorspronklike een kan dan uitkom en verkwansel word.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2021 @ 13:12:02 pm
Hennie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1122
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Dankie julle, ja, ons kan nie wag om te Awol nie (het in 1965, tydens my jaar verblyf in die Leergimnasium, Pretoria ook eenkeer ge-awol, en toe 2 weke CB "Confined to Barracks" gekry ...... hoop dit IS weer die geval hierdie keer!laughing)

Hennie, die ys/vrieskas wat ek gekry het is die Dometic 220 Volt.

Oorspronklike prys was R13 545,00 maar was op 'n spesiale aanbieding van R6 900,00 (dankie tog!) Ek was vertel dat dit die laaste een was (óf op die vloer óf van die produksie reeks ... sal nie weet nie). Die yskas gedeelte is 132 liter en die vriesdeel 41 liter.

Afmetings H x B x W = 1200 x 500 x 580 mm

Hoop dit help!

Sal hierdie week geïnstalleer word. Die  oorspronklike een kan dan uitkom en verkwansel word.

 

Dankie Nico.

Sou ook so een wou gehad het. Ek het maar die Hisense ingesit, maar is baie gelukkig. Al wat bietjie pla is dat dit net een deur het.

 

 

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2021 @ 17:05:32 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1253
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Haai daar! Ek verneem van Sonia (Middelburg Karavane) dat die ys/vrieskas die laaste een op hulle VLOER was, maar nie die laaste een beskikbaar nie, dus, sou enigiemand nog een wou kry, maak kontak met haar - ek is seker sy sal kan help.......! 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2021 @ 10:44:35 am
Jakes
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 100
Joined: 30 May 2016
Experience: 27 years

Baie Geluk! Stuur n paar fotos ?

Ek was nog nie orals nie, maar dis op my lys !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2021 @ 14:48:09 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1253
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Wel, ek is nog steeds op hierdie draad, maar is nou regtig waar reg vir die volgende kamp!

My tru-kamera is in (vorige een het agtergebly in Pophuis) en het nou na al die kleiner goedjies gekyk - ligte, bande, remme, wiellaers edm. en moet erken ek is heel tevrede. Kan jy glo hierdie karavaan se seile is nog splinter nuut, nooit eers oopgevou nie. Hoekom koop 'n persoon so 'n waentjie en gebruik die nooit nie? Selfs die bande het feitlik geen slytasie op nie - nog splinter nuut

Ons keuse gemaak oor watter skrif Frans in Klerksdorp moet gebruik vir die naamplakker en dan is ek klaar!! O nee, moet nog gou eers weer die karavaan was!!!

Ek weet hierdie mag afgaan as 'n advertensie (bedoel dit beslis nie as sulks nie) maar ek moet byvoeg dat ek ongelooflike goeie diens en ondersteuning van Dewald en Salome, asook Dawie, by Ultra-Elite karavane in Vereeniging gekry het. Uiters, uiters goed, en kan hulle hoogs aanbeveel (en, ek kry nie kommissie nie!)

Maar, nou is ons reg vir ons eerste "Awol". Gaan vir eers sommer naby by Tava Lingwe kamp om seker te maak alles is in en reg (kan gou huis toe kom en kom haal as iets skort) 

So, daar's hy ... nou dat die drankwinkels weer oop is, kom ons klink 'n glasie op Awol!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2021 @ 21:41:09 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1615
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years

Geniet vir AWOL en awol sommer gereeld,dit is goeie midesyne vir liggaam en siel

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za