English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 316
Total Replies: 250 481
Total Views: 83 156 987
topics: 4 485
replies: 30 669
views: 17 430 697
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 126
replies: 110
views: 12 783
topics: 3
replies: 28
views: 11 063
Umfula Resort
Free State, Parys
26
Total Ratings: 26
23   
3
Rated: 07 Jan 2020
Type of Resort:
Family with children: 2
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

UMFULA

replies: 11
views: 565
05 Feb 2020 @ 11:15:22 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years

Wil net weet of iemand onlangs by oord gekamp het, sien ratings maar mense se niks,ek wil bietjie nuwe oorde probeer en my vrou wil graag in Parys gaan rondloer, was baie lanklaas in daai omgewing.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 22:47:42 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17164
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ja....weer die probleem waar meeste net sirkels is sonder motivering....van geen waarde. Jammer ek noem dit weer, maar.......🤔

 

Ek sien Nico was onlangs daar en het dit geniet....dink die plek is amper op sy voorstoep

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 06:01:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het laasjaar se trippie na Deo Volente baie geniet.  Het 'n stewige paar visse gevang.  Ek sal verseker kyk om die jaar weer by die Vaalrivier uit te kom.

Hierdie is 'n opsie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 07:22:30 am
Anonymous

Persoonlik was ons nog nie by Umfula nie, maar soos al gehoor is die oord baie populêr.

Ek het al gehoor by mense dat dit redelik raserig en woelig daar kan raak gedurende binne seisoen, maar solank dit binne die reels gehou word en beheer word, sien ek geen probleem nie.

Ek glo darem nie dit kan erger as Smilin Thru wees nie, waar daar geen beheer oor geraasgatte by die chalets is nie. Die laaste keer wat ek daar was en ook besluit dit was die laaste, het ons langs die chalets gestaan en die musiek was so hard, ek glo dat mense in die omliggende gebiede, Parys, Fochville en Potch die geblêr sou kon hoor

Ek glo enige kampeerder wil darem so nou en dan hoor hoe lag en gesels mede kampeerders, eerder as om te sit en te aanskou wat die vorige 2-sekondes gelewer het soos bv: Absoluut ''sweat boggerol''.

Indien ek weer daardie kant toe sou beweeg, sal ek definitief Umfula ook eerder my eerste keuse maak.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 08:03:06 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Persoonlik was ons nog nie by Umfula nie, maar soos al gehoor is die oord baie populêr.

Ek het al gehoor by mense dat dit redelik raserig en woelig daar kan raak gedurende binne seisoen, maar solank dit binne die reels gehou word en beheer word, sien ek geen probleem nie.

Ek glo darem nie dit kan erger as Smilin Thru wees nie, waar daar geen beheer oor geraasgatte by die chalets is nie. Die laaste keer wat ek daar was en ook besluit dit was die laaste, het ons langs die chalets gestaan en die musiek was so hard, ek glo dat mense in die omliggende gebiede, Parys, Fochville en Potch die geblêr sou kon hoor

Ek glo enige kampeerder wil darem so nou en dan hoor hoe lag en gesels mede kampeerders, eerder as om te sit en te aanskou wat die vorige 2-sekondes gelewer het soos bv: Absoluut ''sweat boggerol''.

Indien ek weer daardie kant toe sou beweeg, sal ek definitief Umfula ook eerder my eerste keuse maak.

 

Ek het gou gaan loer na die website en dit lyk heel skaflik daar.  Die hengel oewer is regtig chapperig.  hoop die water vlak bly redelik konstand.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 08:16:23 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1655
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 33 years

Ek kamp een keer m jaar daar en geniet dit baie. Kan ook my boot saamvat. Sal nie se kamp is stil nie altyd vol maar gewone kamp geraas. Ek geniet ook Eastco Parys en weltevrede. Dan oppad viljoenskroon toe is tava linga ook n baie lekker oord maar nie op die rivier nie

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 08:23:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16010
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek sal gaan vir die Visvang.  By Deo Volente het ek die visse geroer en hulle het net groter geraak soos die hengel dag gevorder het.

Selfde water net 'n ander plekkie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 08:49:20 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1194
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Dag sê. Ja, soos genoem was ons by Umfula (pensionaris week) eind Januarie 2020.

PRAGTIGE plek, en weereens hoogs aan te bevele. My vorige evaluering in die verband hou nog steeds stand: Skoon ablusies, goed versorgde gronde, pragtige uitsig (rivier een kant, berge anderkant) staanplekke wissel in grootte so maak net seker dat jou karavaan ordentlik inpas, koelte bome, lekker fietsrypaadjies (BAIE oorgroei, maar dis sekerlik a.g.v. die reen deesdae). Zebra, rooibokke - een swart rooibok ook - is te siene as jy so ry binne die gronde. Buite die park is ander wildreservaatjies wat selfs blou wildebeeste en gemsbokke het. Kroeg, winkeltjie is redelik duur, maar met die dorp wat 7,6 km verder is, is dit nie 'n probleem nie.smile

Vir die vistermanne - die ouens het barbers van 2.5 - 3.0 kg uitgetrek (vir werkers gegee om te eet), asook Geelvis (wat weens die feit dat die blykbaar bedreigde spesie (?) is, teruggegooi is - tot op so 1 kg groot).

My opvolg evaluering wat ek  śóú wou byvoeg as Admin my sou toelaat is:

1. Ablusies, alhoewel baie skoon ens. begin tekens toon van verweer - roes orals, vensters wat weens die roes nie ordentlik kan oop- of toemaak nie.

2. Toilet borsels ontbreek in die toilette.

3.Die sogenaamde ablusie vir gestremdes (wel, daar IS 'n reling in die stort so ek sou aanneem dis vir gestremdes) sal nie 'n rolstoel toelaat nie - trappie en bitter nou.

4. Die wasbakke is ook so geplaas dat korter mense (my vrou byvoorbeeld) op haar tone moes staan om haar gesig te kon was.

Maar, ek sal beslis mense beslis aanraai om Umfula te besoek, en .......... Parys is pragtig! Kom kuier!!!!

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 09:00:48 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years

Dankie vir die terugvoering ons wil midweek doen so sal seker stiller wees,ek was al Eastco het dit baie geniet, sal Umfula  n go gee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 09:55:16 am
Anonymous

Ons het gedurende Desember vir 3-weke by Eastco gestaan en het dit heel skaflik gevind agv die netheid.

My opinie is net dat so lang tydperk kan nogals aan mens vat agv die stilte.

Ook nie te blameer aan die oord nie, maar met hierdie kamp het ons 'n erg spinnekop probleem ondervind waarvan ek myself deurgeloop het met 'n hele paar byte aan my bene asook dat hulle begin huisvesting soek het onder die wa se dakkie.

Met tuiskoms het gemerk dat daar gedurig beweging in die oggend en gedurende die middae by die wa se dakkie is.

Nadat ek die dakkie gelig het, het ek skrikwekkend gesien hoe hulle daar onder baljaar.

Dit wil voorkom of alles nou darem verwyder is, maar die vraag is: Hoe maak jy seker hulle kruip nie nog iewers weg nie? 

En wat se voorstelle is daar om seker te wees hulle is weg?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 11:19:14 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 561
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Ek is maar versigtig vir rivier en dam oorde waar daar visgevang word.

Papgooiers is maar dicey ouens wat like van brannas, n Stukkie Van Der Merwe op die XR6 se subwoofers en faait.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 20:41:49 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 160
Joined: 26 May 2017
Experience: 3 years

Fumigate karavaan, met tabs of Doom Fogger. Alles gee pad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za