English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 445
Total Replies: 251 959
Total Views: 83 204 417
topics: 1 156
replies: 12 178
views: 4 835 483
Jokes and everything else that makes you laugh

Tyd vir nog 'n Gatiep grappie....

replies: 9
views: 3773
31 Jan 2017 @ 21:15:26 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Gatiep sit eensaam en alleen in 'n verlate straatjie, morbied en sonder hoop.  Hy het alles verloor, sy werk, sy vrou en sy kinders.   Sy hart is stukkend. cry   Naby hom staan 'n klomp bottels, wynbottels.

Hy gryp die eerste bottel en gooi dit flenters teen die muur:  "Djy's daai rede hoekom ek my werk verloor het!"

Hy gryp nog 'n bottel, gooi hom flenters teen die muur:  "Djy's  ok daai rede hoekom ek my Meraaitjie verloor het!"

Die derde bottel tref die muur:  "Djy, djy is daai rede hoekom ek never as te nooit weer my kindertjies ga sien nie!"

Hy vat die vierde bottel en sien dit is nog vol wyn:   "Staan djy bietjie daai eenkant, ek kan sien djy was nie involved nie!"

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 07:36:30 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17352
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Lol...😆👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 08:29:29 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Altyd rede vir alles...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 09:11:29 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hy het n plan met die vol bottel later.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 10:48:12 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2230
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Mooi Freda.

Meraai loop in die straat verby Gatiep wat op die sypaadjie sit.

Gatiep bly psssssssst, psssssssst vir Meraai.

Meraai draai om en sê vir Gatiep "wat is fout met djou face, het dit 'n puncture?"

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 12:15:19 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9707
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jannie gaan kuier by Sannie die middag na skool.

Hulle raak vervelig en Sannie stelvoor hulle moet wegkruipertjie speel.

Jannie moet eerste tel tot by 50 terwyl Sannie gaan wegkruip.

Na so 5min stuur Sannie vir Jannie n sms: "As jy my kry kan jy met my sex hê".

"As jy my nie kry nie, ek is in die garage agter die bokse".



As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 13:55:53 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17352
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
So doen mens dit.

Eendag stap die boer by die handelaar in en koop ‘n aambeeld, ‘n staal emmer, twee
hoenders en ‘n gans. Nou kyk die boer na al die goed wat hy gekoop het.

“Ek wonder hoe gaan ek die goed nou dra ? Aangesien ek geloop het …” Wonder hy
hardop.

Die handelaar hou hom slim. “Sit die aambeeld in die emmer. Dra die emmer in een
hand, die gans in die ander hand en sit ‘n hoender onder elke arm.”

Dit werk toe heel lekker en daar stap die boer. So ent in die straat af stop ‘n dame hom.
“Kan jy my dalk vertel waar 7de Laan is”

Die boer antwoord, “dit is net hier om die draai. Kom ek wys jou ‘n kortpad. Dit is hier
langs die stegie af. Ons is sommer vinnig daar. “

Die ou dame antwoord, “Ek is maar net ‘n eensame weduwee wat haar man lank gelede
al verloor het. Hoe weet ek jy gaan my nie daar in die stegie teen die muur vasdruk en my
rok oplig en met my maak net wat jy wil ?”

Die plaasboer is bietjie uit die veld geslaan. “Mama Mia, dame. Hoe dink jy moet ek dit
alles doen terwyl my arms en hande so vol is ?”

Sy antwoord, “Maklik. Sit die gans neer, sit die emmer oor die gans en sit die aambeeld
bo-op die emmer…en dan hou ek die hoenders vas
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 15:36:55 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

laughinglaughing

Ja, Chuck en Geert.   Die vrouens is ook maar lus en werk met 'n plan.   Ek wonder wie gaan die meeste kekkel, sy of die hoenders.yell

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2017 @ 21:15:41 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4718
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Gatiep werk met n plan eish
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jul 2020 @ 18:35:33 pm
LEEN
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 172
Joined: 14 Oct 2016
Experience: 10 years

Ag nee julle dis yskoud en ek sit onder n kombers en jul jokes lees -  maak dat ek skud en huil soos ek lag my arme hond dink ek is mal !  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za