English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 349
topics: 11 901
replies: 143 796
views: 39 480 636
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Tyd / lus vir meer gemak

replies: 11
views: 313
07 Jun 2021 @ 17:43:41 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Jare terug, net nadat ek klaar was met die 2 jaar weermag diens en nog voor ek getroud is, het ek n ou Gypsy blue bird karavaan by mense gesien waar ons gaan kuier het eendag. Die arme karavaan het onder n moerbeiboom gestaan vir jare en het regtig nie goed gelyk nie. Maar..... ek het hom vir R800.00 (weermag spaargeld) gekoop by die ou oom...... want as jy jonk is sien jy kans vir baie.

Dit was harde werk en het n lang tyd gevat om hom reg te maak Ek moes baie gedeeltes van sy vloer vervang, Nuwe rims en bande, moes hom oor verf , sy gas lampe  / stoof / yskas na 220 en12 v verander. Gelukkig het my ma gehelp met die binne kand (gordyne en stoffering). Hy het die eerste keer duer die toets gegaan en ek het baie jare met hom gekamp. 

Is toe getroud en met die eerste kinders het ek a Gypsy 4 aangeskaf. Oor die jare het ek n Jurgens Fleetline besit en n Jurgens Classique (die mees luukse karavaan wat ek besit het) . Toe oorgeskakel na 4x4 boswa en toe op geiendig met my Buslapa boskriek wat ek nou al vir amper 8 jaar het. 

Met ons laaste trip Kgalagadi toe nou in Desember 2020 het ek weer begin wens daar was net so n klien bietjie meer spasie, warm water met n wasbak om gesig te was en tande te borsel en a toilet. 

Ek het begin rond kyk en op die Tuff Cat 4x4 karevane afgekom. Ons het gaan kyk na hulle en dit is preises wat ek en die vrou wil he. Daardie klien bietjie extra gemak / gerief met n lugversorger vir die warm dae in the KNP. 

Het toe een bestel. Sal hom hopelik kry voor die bloeme tyd in Namakwaland die Augustus. Sien uit daarna om die extra gerief te he as ons gaan kamp by die see kampplekke by Groenrivier in Namakwaland. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2021 @ 18:55:22 pm
Paddyandpaul
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 544
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 58 years

Enjoy your new van. Sounds like you have the combination of luxury and off road right.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2021 @ 19:00:20 pm
Zack
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Byvoorbaat geluk Piet.  Jy het nou die regte karavaan met die regte sleepvoertuig.  Hope pret wag vir jou en die vroutjie

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 13:57:57 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Wat het jy gekoop, Herman ?

Nzudzi

Shumba

Mbada

Dindingwe

Lekker groot bande, dieselfde as my Fortuner. Ek sien die Dindingwe weeg dieselfde as my Fleetline. Kan dit regtig wees dat die Dindingwe 2,7m hoog is? Ek sou graag wou weet wat hy kos, daar is n reuse lys ekstra pryse van die implimente.  tuffcats.co.za/price-calculator/

Sterte en lekker kamp. Groenriviet altyd lekker, pragtige blomme suidwaarts na Strandfontein. 

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 14:10:41 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Dis die Shumba. Verkies the seil uitslaan bed teenoor die  aluminium uitgly een van die  Mbada, Meer lig en lug wat inkom. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 17:47:02 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Geluk, geniet hom.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 18:21:47 pm
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Dankie Chuck, maar nou wag ons. Hulle se einde Julie. Het intussen n kabel by hulle afgelewer vir die tru-kamara sodat hulle dit kan instaleer / le terwyl hully besig is om te bou. Ook gevra vir extra 12v punte en n extra solar plug buite die karavaan vir n solaar paneel wat ek agter die son kan aan skuif. 

Moes intussen ook ander brackets bestel vir die caravan mover wat ek wil oorplaas van die Bushlapa na die Shumba. 

Wou ook graag in die process opgradeer na die wireless Ewick beheer stelsel, maar blykbaar, omdat daar n tekort aan "chips" is, het Ewick geen voorraad nie.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 08:02:47 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16544
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Mmmmmmm dit lyk baie goed.  Geluk met die aankoop.  Hoop julle gaan jare se plesier met die nuwe wa hê.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 08:22:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Geluk...stuur maar vir ons fotos, hoop daars goeie kamp memories oppad met jou nuwe wa

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 13:28:11 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Is dit hy, hierdie, Herman?

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 08:30:28 am
Piet Ford
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 474
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Dansan, dis reg. Die op die fotos is een van die ouer modelle.  Die nuwes het baie klein veranderinge wat hulle gemaak het. Soos bv, die warm / koue krane agter waar die opslaan skottelgoed wasrak is, is nou aan die regter kant en agter n deurtjie wat oopmaak. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
3 days ago @ 08:35:24 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1300
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Blik blik blik blikemmers, maar dis mooi! Geniet die waentjie terdeë Herman! Baie geluk!

Jammer, moet nou gaan, wil gou die Lotto gaan speel ......surprised

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za