English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 431
Total Replies: 233 117
Total Views: 82 460 932
topics: 10 899
replies: 126 629
views: 38 917 121
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Twee duifiekinders

replies: 35
views: 11866
06 Dec 2014 @ 12:39:23 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Op 'n Sondagoggend, 3 weke gelede, het ek sit en dophou hoe 2 Rooiborsduiwe (Laughing Doves) 'n nessie bou bo-op 'n pilaar op ons stoep. 'n Trietsige nessie aanmekaar gesit deur die wyfie met takkies wat die mannetjie aandra. Ek het gewonder of dit die wind sou weerstaan. Na 'n ruk het hul albei weggevlieg en weggebly, ek het gewonder of hul toe maar nie tevrede was met hul handewerk nie. Omtrent 4 ure later sien ek toe die wyfie sit op die nes. Vir 2 weke het hulle mekaar afgelos. Ons het baie versigtig op die stoep en area rondom beweeg om hulle nie af te skrik nie en ek het elke dag gesorg vir saad en water. Die mannetjie het ander duiwe verjaag as hulle te naby kom.

Dinsdag (15 dae later) sien ons toe die doppie van een eier op die grond. Die volgende oggend kon ek duidelik sien hoe die wyfie die kleintjie kropmelk voer. Dit was vir my te pragtig. Ek het die mannetjie en wyfie uitmekaar leer ken en was verbaas om te sien die mannetjie voer ook kropmelk! (Hoekom gebeur dit nie met mense ook nie? Sou ons mans goed gedoen het!).

Ons het vermoed daar is net een duifie, maar vanoggend sien ek sowaar, langs Mamma, sit twee duifies en speel al behoorlik met mekaar, deur hul koppies en bekkies teen mekaar te vryf. Hulle is dus albei lewendig en gesond. Dit wil voorkom of die ouers al saadjies vir hulle aandra.

Ek is baie trots op my twee duif kindertjies en sal in die volgende paar dae dophou hoe hulle groei en sterker word. Ek hoop hul verlaat die nessie veilig. Sal eintlik hartseer wees as hulle weggaan, maar ek glo die duifgesinnetjie sal terugkom na my tuin.

Die wonder van die natuur.
Groete en lekker naweek
Freda
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 13:13:24 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6420
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek het twee Hadidas wat in my boom nes gemaak het die kleinjie is ook uit, ek wil n photo neem maar is bang hulle skrik vir die flachLaughingMA PA kLEINJIE

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 18:33:51 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Freda en WJ ja die natuur is wonderlik met mooi verangings
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 20:14:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8250
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Freda,

jy sal sien dat hulle nou elke jaar, as die twee nog lewe daar kom nes maak en broei, die duiwe maak so, as hulle eers een nes groot gemaak het en nie gepla was nie, dan kom hulle terug.

In baie gevalle sal die kleintjies ook daar kom nes maak.

Hou aan om vir hulle saad te gee en jy sal sien hoe mak kan hulle word, my grasperk is elke oggend toe van die voels en duiwe want die GIRL se dogter gee vir hulle 6 uur al kos.

Geniet die natuur.



As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 20:36:56 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Chuck, ek sal so bly wees as hulle weer kom. Ek sien vandag die ma en pa sit nie aanmekaar op die nes nie. 'n Paar keer was die kleintjies alleen. Dan le hulle tjoepstil, mens sien hulle nie. As Ma of Pa by is, is hulle woelig. Ons het nie diere nie. In die nag kom daar katte in ons tuin, maar glo nie hulle sal by die nes kan kom nie.

Ek gee altyd die voels kos in my tuin, saad en vrugte. Maar die dekselse slakke geniet dit ook. As ons gaan kamp is kos vir die voels altyd op my lys. En ek is gladnie 'n kenner van voels nie, maar geniet hulle vreeslik. My boekie oor voels is ook altyd byderhand sodat ek kan sien watse voels dit is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 21:12:01 pm
Anonymous

Dit is regtig iets om te waardeer, hier gee ek ook gereeld voel kos en het n plank met spykers waardeer ek appels en lemoen skywe sit. Dalglish kom daar of twee kuifkop houtkappers wat ook hul deel kom kry. Vir my is die whoop whoop so mooi en ek is ook baie stil as hul hier is.

Ek sal fotos so ek en oplaai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 21:22:21 pm
Anonymous

Colin en Fred a,  regtig jammer om te hijack, maar ek wil my katte en hond verhouding met julle deel. Die sjampane poedel het die katjies help groot maak, self's melk on twinkle! 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 21:39:19 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6420
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

My vrou het n birdfeeder in die tuin  dit kos R27.50 n dag om die feeder vol te houLaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 21:59:09 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Johann, ek besef katte en honde is net sulke pragtige diere en bring baie liefde in baie mense se lewens. Ons kan baie lesse by hulle leer. Het self 'n Staffie gehad vir jare en was bitter lief vir daai hond. Mis hom tot vandag toe nog.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 22:29:57 pm
Anonymous

Ons het toe die kinders nog in die huis was, elkeen 'n diertjie gehad en elk moes hul eie dier versorg. My groot liefde is katte en voels,  my vrou is weer meer 'n honde mens. Die poedel is hare, en die katte myne. 

Ek merk ook dat klein Adriaan ook meer katte en voels verkiesLaughing hy wil gedurig vir die voeltjies wurms gee, ek het 'n Princess Parrot,  en niemand behalwe ek kan naby haar kom nie dan byt sy.

Ons moes een keer my kanaries by die werk gaan los vir aandag, (was 7 weke weg) maar 'n kolega se seuntjie het so oor die voeltjies aan gehou,  dat ek hulle toe maar vir hom gegee het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2014 @ 22:35:32 pm
Anonymous

Jammer, terug op die topic, ek dink ook die duifies sal gereeld terug kom, hulle word so mak dat jy met geduld, sal hulle self's uit jou hand sal kom eet. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2014 @ 05:46:04 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6420
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ons het ook twee voels geerf een Africangrey en een Ameson hulle praat altwee, net ek kan die Aricangrey hanteer en my vrou weer net die Ameson, enigste probleem as ons wil gaan kamp het ons n probleem met die voelsLaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2014 @ 16:55:01 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 268
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 47 years
Dankie ColinFreda vir die mooi wat julle hier begin het, so baie om dankbaar te wees en opreg te waardeer. In ons tuin het gewone tortelduiwe begin broei en kleintjies grootgemaak tot grootveer stadium. Dit begin reen en effens te hael, die mamma het bo-op die kleintjies, amper so groot soos sy, gaan sit om hulle te beskerm en sodoende haarself blootgestel. Wat 'n wonderlike les en 'n voorreg om die natuur se OMGEE te sien
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Dec 2014 @ 18:31:38 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Hannes, soos ek vir Johann ook gese het, ons as mense kan so baie by diere en die natuur leer. So wys Jesus vir ons hoe ons eintlik moet wees. Daar is soveel hartseer en probleme in vandag se lewe, dit lig mens se gemoed weer bietjie op om na die wonder van die natuur te kyk en besef daar is nog baie mooi dinge in die lewe. Dinge wat niemand kan wegvat nie, want die natuur gaan sy gang, ongeag wat rondom hulle gebeur, of nie gebeur nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2014 @ 08:01:28 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14582
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Soos die kinders die huis verlaat is die honde en troetel diere ook weg. Nou is daar niks in die tuin wat die voels pla nie.

Het 'n jong duifie wat sommer op die grond in die tuin bly. Ma en Pa maak gereeld 'n draai om kos aan te dra. Het aanvanklik gedink hy kan nie vlieg nie en hom aangejaag.

Gee probleem nie hy vlieg toe op en oor die straat, maar na paar minute is hy weer terug. Heel gelukkig op die grond onder die broodbome.

WJ ek dink ook om "Wild Bird Seed" uit te sit maar na 'n tyd bemors die voels die plek so dat die skoonmaak meer n pyn is as die lekker van kos gee. Peins nog aan daai een.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2014 @ 16:33:00 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6420
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Leon hulle mors erg, maar ek slaan so dag oor in n week ,dan eet hulle die op die grond en ek gee ook nie as hulle nie die op die grond skoon het nieLaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Dec 2014 @ 16:33:01 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6420
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Leon hulle mors erg, maar ek slaan so dag oor in n week ,dan eet hulle die op die grond en ek gee ook nie as hulle nie die op die grond skoon het nieLaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2014 @ 14:16:02 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1053
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 11 years
'n Kiewietjie het in die park oorkant my huis op die sypaadjie 'n nessie gebou - oop en bloot.
Ons het toe 'n paar takke om haar nessie geplaas sodat die nou nie deur mense, motors/motorfietse wat (onwettig) in die park ry die nessie kan beskadig nie.
Groot was ons blydskap toe ons 2 eiertjies in die nes sien - Ma wat op die nes sit terwyl Pa daar iewers rondloop, en dan so mekaar afwissel. Pragtig. Die daaropvolgende dag sien ons toe wraggies NOG 'n eiertjie - groot blydskap.
Ons het met vrees maar verwagting die groot dag afgewag - gaan die eiertjies uitbroei voor die Germistonse Munisipaliteit die park se gras kom sny? Gaan die nessie die storms weerstaan? Ons hoop nie daar kom honde nie?

Nee wat, na 'n baie moeisame 14 dae (nog so 14 dae om te gaan voor die eiertjies uitbroei) kom ek by die huis aan, kyk na die nessie, en sien Moeder verwese daar staan ..... iemand het so wragtag die eiers gebreek ...... Peste, verwoesters, SIEK SIEK mense!!!!

So baie hartseer!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2014 @ 14:57:56 pm
Anonymous

Nico, nou wie sal so dem sadisties wees, watse genot kan jy daaruit pit om om die natuur met opset te benadeel?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Dec 2014 @ 18:25:18 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Ag nee, Nico, dit is nou regtig 'n hartseer storie. Mens kan nie glo dat mense sulke dinge doen nie. Hulle is regtig siek!!

Ek is net bly niemand kan naby my duifies kom nie. Hulle is al mooi groot maar nog heeltyd in die nes. Ma en Pa los hul dikwels alleen maar bly altyd in die nabyheid. Ek wonder nou net hoe lank nog voor hulle die nes verlaat. Hulle is vandag 1 week oud.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2014 @ 12:07:10 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8250
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Freda,

Jy moet net dop hou, die pa gaan hulle uitskop sodra hulle vol vere is, dis so 4 weke en dan gaan hulle nog nie kan vlieg nie en sal so bietjie bietjie probeer vlieg as iets hulle skrik maak.

In die aand sal hulle slaap waar hulle is op die grond, dis dan die tyd wat katte en ander gediertes hul kos kry.

So hou hulle dop en sien of jy hulle nie saans kan toe maak en weer in die oggend oop nie tot hulle lekker sterk is en tot in n boom kan vlieg.

Die pa en ma sal op n ander plek naby die nes gaan slaap, en die natuur sal verder vir die kleintjies sorg.

Sterkte.



As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Dec 2014 @ 17:36:19 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Dankie Chuck. Sal ek hulle kan optel as hul op die grond le? En hoe stel jy voor moet ek hulle toemaak? Kan ek hulle nie in 'n karton met 'n deksel sit nie? En moet ek hulle buite los of in die huis inbring? Sal dit reg wees as ek hulle saad en water gee? En wat gaan die ouers doen as ek die kleintjies hanteer? Nou moet jy help want hier kom soms katte in die nag en hulle gaan hulle opvreet. Ek wil nie verkeerde dinge doen nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2014 @ 07:24:29 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Gister sien ons die ouers, heel middag en aand en weer vroeg vanoggend, is gladnie by die nessie nie. Ek begin bekommerd raak dat hulle die kleintjies versaak het, want ek sien hulle ook nerens in die nabyheid nie. Maar ek gaan uit op die stoep, so 5:30 vanoggend om saad uit te sit en soos jy se MES, verskyn Pa en Ma op die muur. Dit wys hulle is in die rondte en hou 'n ogie. Tog te oulik. Ek aanvaar die kleintjies is groot genoeg om alleen te le en hulle dra seker nou net vir hulle kos aan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2014 @ 08:18:01 am
Anonymous

Colin en Freda, mens moet so min moontlik "inmeng", en as ek dit sê, sê ek dit met respek, want ek sal nie die duifies hanteer nie en ook nie in die huis inbring nie. (my rede is ons maak hulle afhanglik van ons).

Kos gee, ja dit sal ek doen want ons as mens, het reeds soveel skade aan die natuur gedoen dat ons nou verplig is om te voorsien.

Ek onthou toe ek so 10 jaar oud was het ons buurman 'n vliegtuig gehuur wat gif oor die boom plantasie gespuit het om die vinkies wat sy koring lande so "uitwis" te beheer.

My ouers het nooit  weer met hulle enige kontak gehad nie.

Vandag sien ek nie 'n honderdste van die Rooi en Geel vinkies wat ek as kind so bewonder het nie. 

Korhane, Patryse en Fisante ens, was volop toe ek 'n kind was, ek het jare laas een gesienCry

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2014 @ 09:14:45 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Maar dit sal darem aardig wees as die katte hulle doodmaak. Dit is al waarteen ek hulle wil beskerm. Daar is 'n beskutte hoekie op my stoep (die katte kan dit nog steeds bykom) maar ek kan hulle miskien net daar probeer wegsteek. Maar ek verstaan wat jy se, Johann, en stem saam met jou.

Dit is ook interessant dat jy van die boere praat. Ek is 'n markagent en het al oor die jare soveel by boere gehoor van skade aan hul oeste as gevolg van voels en allerhande ander diere. 'n Boer naby George het my eendag in sy perskeboord gewys hoe die voels die perskes pik, net sodra dit begin ryp word. Dit beteken geweldig baie skade vir hom, want onmiddellik kry hy 'n baie swakker prys vir daardie produk. 'n Uie boer in Brits het gekla oor ape wat die uie takel. Hulle hou nie daarvan nie, maar vat een hap en gooi dit neer. Weet nie of hulle dink die volgende ui gaan beter smaak nie. Boere langs die Addo Olifantpark het onlangs geweldig skade gely met jakkalse wat hul oeste takel. Een (of meer) van hulle het gif gegooi en 45 jakkalse is dood aangetref. Daar was geweldige oproer daaroor en die owerhede wou die skuldige person vastrek maar almal het soos die graf geswyg en hul kon nie uitvind wie dit gedoen het nie. Dit is maar 'n moeilike kwessie. Insetkoste vir boere is geweldig hoog en hul kan assuransie uitneem teen hael, oorstromings en vuur, maar nie teen skade wat diere veroorsaak nie. Mens kan hul seker nie kwalik neem oor hul houding nie, maar aan die ander kant, die voels en diere is ook onskuldig, hul besef mos nie wat hulle besig is om te doen nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2014 @ 10:16:13 am
Anonymous

Dit is werklik 'n moeilike besluit, ek het muise en rotte probleem gehad, wou nie gif uitsit nie want die dier vrek en vergiftig 'n reeks ander weer.

My oplossing was om vir my katte te kry, ek sukkel ook nou weer om my katte van die voels weg te hou, al wat ek kan doen is om te sorg dat my katte nie honger word nie.Laughing

Ek verstaan die boere se dilema (nie Julius nie) en het groot simpatie met hulle, ons moet tog ook na ons self kyk. Elke plaas wat tot niet gaan, beteken minder voedsel vir 'n honger nasieSealed

My pa het so paar jaar gaan visvang (hy het langs die rivier gebly) en hy kry toe 'n jong Duikertjie wat in 'n draad strik vas gevang is.............Eish, ek is bly dit was die eerste en laaste keer dat ek my pa sien moord beplan het, die volkies moes draf, want "almal was skuldig"

My volgende woorde gaan dalk ergere teenkanting uitlok, maar dis hoe ek voel.

Die wereld is oor bevolk, ons kort oorlog om die mens se getalle in te kort want ons het geen ander natuurlike vyand nie, ons is in 'n "slim vang sy baas" situasie.

Sometimes, you have to be cruel to be kind.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2014 @ 10:30:42 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
'n Vriend van ons het al BAIE gese, Dit is tyd dat daar weer oorlog kom sodat die mense uitgedun kan word. Maar ons moet nie nou hierdie mooi draad benadeel nie. Dit is lekker om te lees hoe almal hul liefde vir die diere en die natuur uitspreek. Dit is darem nog een mooi wat ons kan geniet, wat niemand totaal van ons totaal kan wegvat nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2014 @ 10:36:13 am
Anonymous

Net so, ja jammer, ek moes maar gedink het voor ek pos nê.

Dit is 'n groot ding by kampeerders, ons liefde vir die natuur, want dit is hoekom ek gaan kamp.

Hoop daai duifies maak dit, maar die natuur het sy manier om self te sorg, al dink ons soms dit nie so "lekker" nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2014 @ 11:36:43 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Ons het in 'n groot ou aapiedoring boom in die efr agter ons 'n gesin ekoringkies, wat gereeld onder die katte in ons buurt deurloop, en dit krap my om. Die ou boom is 'n eko sisteem op sy eie, Blou koppe, vinke, duiwe, king fishers jy noem dit amper en hulle is daar, daar het in die week twee hadidaas nou nes gemaak. In die oggend as ek stort hoor ek hoe die boom wakker word met al die geluide van die voels in die boom. Net jammer ek kry ons honde nie sover om voels uit te los nie. En dan die mense oorkant ons met hulle 7 rondloop katte.

Ja Johann ons kampers leef na aan die natuur, dit bly mooi.  

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2014 @ 13:25:49 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Oh well, al my mooi voornemens was toe vir niks! Toe ek netnou by die huis kom, le een duifie dood op die grond, langs die pilaar. Die ander enetjie is net weg, die nes is leeg en ek sien gladnie die Ma en Pa nie. Die ou dingetjie was nog baie klein met min veertjies, dus kon die Pa hulle nie al uitgeskop het nie. Iets moes hulle bygekom het, want daar was nie vanoggend wind nie, so hulle kon nie uitgewaai het nie en die lee nessie is nog bo-op die pilaar. Maar ek het nie gedink die kat sal by hulle uitkom nie, so weet nie wat die oorsaak was nie. Dit was 'n groot teleurstelling, maar soos Johann se die natuur het sy manier en ons kan dit nie verander nie. Siestog, die ou goedjies was net 10 dae oud.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Dec 2014 @ 13:28:23 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Oh well, al my mooi voornemens was toe vir niks! Toe ek netnou by die huis kom, le een duifie dood op die grond, langs die pilaar. Die ander enetjie is net weg, die nes is leeg en ek sien gladnie die Ma en Pa nie. Die ou dingetjie was nog baie klein met min veertjies, dus kon die Pa hulle nie al uitgeskop het nie. Iets moes hulle bygekom het, want daar was nie vanoggend wind nie, so hulle kon nie uitgewaai het nie en die lee nessie is nog bo-op die pilaar. Maar ek het nie gedink die kat sal by hulle uitkom nie, so weet nie wat die oorsaak was nie. Dit was 'n groot teleurstelling, maar soos Johann se die natuur het sy manier en ons kan dit nie verander nie. Siestog, die ou goedjies was net 10 dae oud.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2014 @ 04:54:52 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Freda sorry to hear they never made it, nature can be tough. One wonders what  could have got to them if not the cat?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2014 @ 08:00:09 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Brian, somehow the cat must have managed to get up that pillar. I noticed later, the cat did a jobbie on my lawn, so he was definitely here.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2014 @ 09:46:54 am
BrianB
Neptune Member
74% Profile Strength
Posts: 4149
Joined: 10 Sep 2011
Experience: 40 years

Ah we have a cat (currently with foster mom) which will be joining us in Swellendam at the end of Feb. You cannot stop the cats but the doves will probably not be back to nest there again.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2014 @ 20:55:36 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8250
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Freda,

Het op die ander draad gesien jy se ek moet hier kom lees.

Jammer om van die duifies te hoor, as hulle nog daar was sou ek jou die regte raad gegee het, sodat hulle weer in die natuur kon aan pas.

Het baie so duiwe voels en klein diertjies groot gemaak dat hulle in die natuur kon voort gaan.

Of jy hulle nou in n boks, hok of wat ookal groot gemaak het, of elke dag vir hulle saad buite uitsit is om die ewe. Wild bly wild en sal kan sorg. Kyk die plein in PTA se duiwe is so mak hulle eet uit jou hand en tog kan hulle self gaan water en slaapplek kry self kos as dit moet.

Volgende keer dan help ek jou tot hulle groot is.

Sterkte.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2014 @ 07:29:49 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year
Reg so, Chuck. Die lee Nessie is nog op die pilaar. Ek kyk elke dag daarna asof daar weer 'n duif gaan sit. Miskien gebruik 'n ander paartjie dit. Volgende keer sal ek maar vir die buurman vriendelik vra om sy kat te probeer weghou daardie tyd. Ek voel ook al sou mens hul bietjie help om te oorleef, as hulle groot en sterk genoeg is, sal hulle weer hul gang gaan. Dankie en groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required