English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 284
Total Replies: 230 268
Total Views: 82 391 061
topics: 779
replies: 12 491
views: 4 979 111
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Turbo Diesels

replies: 8
views: 2510
23 Feb 2017 @ 12:59:59 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2700
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
(Pwven) Piet,
Indien ek reg onthou het ons op 'n draad van diesel enjines gesels.
Kannie lekker onthou waaroor dit presies gegaan het nie, maar,
In die "DriveOut" van Jan/Feb, 2017 is daar 'n artikel geskryf oor,
"Turbo-diesels, gear choices and engine life".
Indien daar iemand op die forum is wat hierdie tydskrif het,
Kan hy/sy die artikel skan, of van die webblad aflaai,
Om almal insae hieroor te gee.
Dis geskryf deur die 4x4 Professor.
Hoop daar is iemand wat kan help.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2017 @ 14:35:58 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 368
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 14 years

DIE VRAAG

Ek het ’n 4x4 met ’n turbodiesel gekoop omdat hulle so lekker baie wringkrag het. Maar nou het

iemand my vertel ek moenie te gou en teen te lae revolusies ratte oorskakel nie. Dit maak nie vir my

sin nie. Is dit dan nie die voordeel van turbodiesels nie?

 

DIE ANTWOORD

Die meeste van ons wat rygoed met turbodiesels

het, is baie erg oor die groot hoeveelhede wringkrag

wat sulke enjins ontwikkel. Deesdae is dit nie ongehoord

vir ’n turbodiesel in die meeste 4x4’s om in die

omgewing van 400 Nm of meer wringkrag te ontwikkel

nie. Wanneer jy dus iets moet sleep of teen ’n

steil opdraande uitry, is dit lekker om te voel hoe jou

ryding se wringkrag daarmee klaarspeel.

Maar terselfdertyd is dit ook gevaarlik om te dink

omdat jou ryding baie wringkrag het, jy dus bloot

net die versneller in die vloer kan wegtrap. Want as

jy nie die enjintoere, ratkeuse en versnelleropening

laat saamwerk nie, sal jy op die lange duur jou enjin

beskadig.

HOHOEHE GEBEUR DIT?

HOE GEBEUR DIT

Jou enjin se grootste vyand is

hitte en een van die grootste

bronne van hitte is van die

ontbrandingsproses afkomstig.

Onder normale omstandighede

is dit geen probleem nie, want

die verkoelingstelsel hou dinge

mooi onder beheer binne normale

werkstemperature.

Maar wanneer die lug/

brandstofmengsel verkeerd is,

kan die enjintemperatuur baie

vinnig en gevaarlik styg.

 

DAAR IS ’N PAAR MANIERE

HOE DIT KAN GEBEUR

S ’N PAAR MANIERE

HOE DIT KAN GEBEUR

1 Geblokte lugfilter – Dis

hopelik nie ’n problem as jou ryding gereeld gediens

word nie.

2 Verrigtingskyfies – Een

van die groot sondaars is

sogenaamde plug and play

verrigtingskyfies, of chips,

waarvan die meeste bloot

die enjin se blikbrein flous om

meer diesel in die silinders te

spuit. Hoewel verrigting dan

beter is, kan dit ten koste van

veilige enjintemperature wees,

veral onder hoë enjinladings.

3 Jou ratkierie – Wanneer

jou ryding byvoorbeeld in

sy hoogste rat is en jy teen ’n

opdraande uitry, gaan jy die

versneller ál hoe verder moet

wegtrap vir die enjin om dieselfde

toere te behou. Maar

om die enjintoere dieselfde te

hou, moet jy die hoeveelheid

brandstof wat in die silinders

ingespuit word, dramaties verhoog

– en die logiese gevolg

hiervan is ontbrandingstemperature

wat skerp begin styg.

As jy dit lank of gereeld

genoeg doen, is dit ’n kwessie

van tyd voordat een van

die volgende dinge gebeur:

Jou ryding se turbo gaan

oppak of die uitlaatspruitstuk

of silinderkop gaan kraak. Met

ander woorde, jy gaan vriende

met jou bankbestuurder moet

word.

WAT KAN JY DOEN OM DIT

TE VERHOED?

WAT KAN JY DOEN OM DIT

TE VERHOED?

1 Kies ’n laer rat. As jy teen

’n opdraand uitry, skakel

oor na ’n laer rat wat ’n kleiner

versnelleropening benodig.

2 Wag om oor te skakel

Moenie teen 50 km/h al na

sesde oorskakel en dan eenvoudig

die lepel wegtrap nie.

Laat die enjin toe om genoeg

wringkrag te ontwikkel – vanaf

1 800 tot 2 000 r/min – voordat

jy na ’n hoër rat oorskakel,

veral as jy wil versnel of teen ’n

opdraand uitry.

3 Installeer ’n uitlaatgastemperatuurmonitor

Veral as jou enjin ’n chip het

of jy baie sleep, is dit ’n goeie

idee. Hierdie monitors word

gewoonlik op die uitlaatspruitstuk

aangebring en ’n monitor

in jou kajuit waarsku jou as die

uitlaatgastemperatuur te hoog

styg. Dan kan jy óf die versneller

lig, óf na ’n laer rat oorskakel

– of ’n kombinasie van die

twee – totdat die temperatuur

weer op ’n veilige vlak is.

4 Ry ’n outomatiese voertuig!

Want as jy die lepel

diep sou wegtrap, sal hy vanself

oorskakel na ’n laer rat,

soos jy eintlik veronderstel is

om met ’n handrat te doen.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2017 @ 14:45:48 pm
Diddo
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 689
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 20 years

Of koop `n petrol..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2017 @ 15:10:05 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Petrol het sy voordele, veral n lekker 4.0....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2017 @ 16:03:12 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Petrol het voor en nadele, brandstof verbruik gedurende sleep jaag die verbruik erg op.
Wringkrag teen hor revolusies.
Ek maak nie diesels goed nie of kraak die ander af nie, maar kyk wat gebruik jy die meeste en koop dit.
You only live once on earth, live life as if there is no tomorrow.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2017 @ 16:13:37 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Alles baie logies en sinvol.  'n Ander oplossing is koop 'n outomatiese voertuig waar die blikbrein al die besluite vir jou neem. 'n Outomatiese voertuig het ook maar probleme soos hoër brandstofverbruik, dus is die dubbelkoppelaar waarkynlik 'n beter keuse, maar hy het ook probleme soos hoë koste omdat hy so tegnies ingewikkeld is.  Lyk my daar is geen ideale oplossing nie.

Van dubbelkoppelaar gepraat: Hoekom is dit nodig?  Is die blitssnelle oorskakeling in 'n nie-sportmotor nou werklik nodig?  Hoekom nie net 'n enkelkoppelaar wat elektronies beheer word nie?  Ek sal persoonlik meer gemaklik daarmee wees en ek is seker dit sal goedkoper en meer betroubaar wees, hoewel ek moet sê, ek het nog nie gelees van probleme daarmee nie.  Ek gaan 'n nuwe draad hieroor begin.....

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2017 @ 10:33:35 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2700
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Dankie Tjaart...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2017 @ 14:18:28 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Die Prof se antwoord is so in die kol .Wat vir my werk ek weet presies waar is my " power band" op my diesel enjin dis gewoonlik so tussen 1800rpm en 2700rpm en ek hou die rpm tussen daai 2 .Dit help nou nie om na n laer rat oor te skakel en die toere oor die 3500rpm te jaag nie dit help niks die maximum torque is 2700rpm so jy mors diesel .Ja temp is baie belangrik op n diesel enjin en prober om nie die bakkies se enjin te laat "labour" dit bou die hitte vreeslik vining op
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2017 @ 16:33:05 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7861
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Dankie Fred

Dis hoekom ek auto diesel het.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required