Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |





Tuinroete Kampeer & Arch Rock Resort
Goeie dag,
Ek beoog om vir twee weke teen die einde van April die Tuinroete te besoek en veral die gebied tussen George en Keurbooms te verken. Op hierdie stadium beoog ek om by Ebb & Flow (Wildernes), Woodbourne Resort (Knysna) en Nature's Valley n paar aande oor te slaap. Ek wil graag hoor by iemand wat onlangs dalk by Arch Rock Resort (Keurbooms) gekamp het en hulle indrukke van die plek. Indien daar dalk n kampplek in die gedeelte van die Tuinroete is wat iemand voel ek beslis nie moet verby ry nie luister ek ook graag na enige voorstelle. Ons gaan met ons tent kamp so vinnig opslaan en afslaan behoort nie 'n probleem te wees nie.
Groetnis
Hein

Hein, jy mag nié Dwarswegstrand in die Grootbrakrivier area mis nie - dis bitter lekker daar en reg by die see sonder afskuwelike afskortings of heinings. Moet beslis ook nie Buffelsbaai misloop nie! Dit is uitsonderlik en baie veilig! Ek was bitter jare laas by Arch Rock en is nie seker of dit steeds bestaan nie. Jy sal navrae moet doen. Geniet dit hier in ons domein!
Hein
As ek so op Sanparks se website kyk, is daar bittermin besprekings gedoen vir plekke soos Ebb en Flow vir einde April. Die ander oorde in omgewing sal na dieselfde rigting neig. Ek kan miskien voorstel om oorde in gedagte te hou, maar onbespreekt soontoe te gaan. As n oord nie na jou smaak val nie, kan jy maklik aanbeweeg na volgende sonder om bespreekte verpligtinge na te kom. Ons self beplan om net na piek tydperk Januarie te gaan....ek beplan net om vas te maak tot ongeveer die 8ste Januarie, vandaar loop oorde leeg en keuses is groot sonder om vooraf te bespreek. Sterkte, geniet jou beplanning
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

@Marius,
Ek het voorheen al by Buffelsbaai gestaan en dit is iets besonder en ek sal n nota maak van Dwarswegstrand. Ek kamp jaarliks by Hartenbos so ek ken die meeste van die strande tussen Mosselbaai en Vicbaai.
@Geert,
Dit is my plan en ek het net vir die eerste paar aande by Ebb & Flow bespreek, die res van die tyd sal ek hopenlik besluit soos dit ons pas, dis juis hoekom ek op die tent besluit het.
Dankie vir die voorstelle
H

Hou in gedagte dat Nature"s Valley nie kragpunte her nie, altans dit het nie gehad toe ons n paar jaar gelede daar was nie. Daar is wel enkele staanplekke waar jy n kabel na die abusies ka aanlê, maar ek weet nie of die bestuur dit aanvaar nie.
Oor die "afskuwelike' afskortings stem ek nie saam nie. Sulke bome tussen staanplekke maak die kampering baie gesellig, soos bv by Yserfontein. Maar dis maar n kwesdie van elkeen se smaak.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Hou in gedagte dat Nature"s Valley nie kragpunte her nie, altans dit het nie gehad toe ons n paar jaar gelede daar was nie. Daar is wel enkele staanplekke waar jy n kabel na die abusies ka aanlê, maar ek weet nie of die bestuur dit aanvaar nie.
Oor die "afskuwelike' afskortings stem ek nie saam nie. Sulke bome tussen staanplekke maak die kampering baie gesellig, soos bv by Yserfontein. Maar dis maar n kwesdie van elkeen se smaak.

Volgens website is daar opsie vir beide....met krag of sonder krag

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Fred my "set-up" maak voorsiening om sonder krag te kamp want ek het 'n draagbare solarstelsel vir my ys/vrieskas en ligte maar soos Geert tereg se daar is glo deesdae 'n paar kragpunte by Nature's Valley.

Goed om te weet, dan kan ons dit ook weer oorweeg om daarheen te gaan.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ons kamp elke jaar by Arch Rock.
Daar is net 20 staanplekke. Geen gras. Baie skaduwee en beskerming teen wind.
Ablusies kan verbeter.
Gewoonlik n baie stil kamp en naby die see.
Laat weet as jy meer info benodig.
Jan
Daar is 15 krag punte by Natures Valley
By die beste staan plekke.
Living the dream

'n Weggesteekde plekkie is Harkersville Forest Lodge. Dis 10km buite Plet Knysna se rigting, entjie agter die Sasol garage. Baie Stappers, Fietsryers en Backpackers kamp daar. Stil plek weg uit die geraas van besige hoë spits vakansie tye.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Jan dankie vir jou terugvoer, kan jy dalk oor die sekuriteit van Arch Rock vir my vertel want ons gaan buite spitstyd daar wees.
Dankie Leon ek sal beslis Harkerville ook oorweeg.
H

Dit wil voorkom of daar 2x Arch Rock is. Die een sê Seaside resort wat op hul website noem dat hul nie meer kampeer geriewe het nie....kliek op link
https://www.archrock.co.za/plett_self_catering_rates.php
Dan is daar n ander Archrock wat wel kampeer doen, maar net in spomer maande
Kliek op link
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Jammer vir die laat antwoord.
Arch Rock is net chalets en net langs aan is Archrock resort.
Sekuriteit.
Die pad loop dood by Ach Rock en daar is dus geen verkeer na ooste kant toe nie.
In die kamp terrein bly n permanante inwoner met sy hond "Champ" Daar is ook sekuriteits "ogies" wat beweging monitor veral in stil tye.
Ek kamp gemaklik daar en daar was baie lanklaas probleme.
Daar is geen toegangs beheer nie.
Die area is pragtig met die groot melkhout bome en jy sien gereeld Knysna Loeries.
n besoek aan Arch Rock by Matjies rivier asook oorblyfsels van strand lopers is die moeite werd.
Hoop dit help
Lake Pleasant in Sedgefield is often overlooked as everyone's in a rush to get to Knysna and don't even recce the village. At the bottom of the hill as you head east from the Sedgefield robots, alongside the Groenvlei lake is a little slice of bliss. Check it out. Pet friendly too, usually quiet out of season....
Two beauties!

Op Google maps lyk dit na n heerlike plek....reg op die strand en soos iemand hierbo noem, geen deur paaie. Gaan hom in gedagte hou vir ons trip

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Sover ek weet is Lake Pleasant sowat 2km vanaf die strand. Dis op die walle van Rondevlei net buite Sedgefield.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Fred, ek is so pas terug van n vier weke kamp by Ebb and Flow. Net n paar idees wat ek by jou wil los.
Ons moes ons waterfront perseel ontruim as gevolg van hewige reën
Die kampe by die nuwe gerieweblok het nie load shedding nie, die krag bly permanent aan.
Toe ons drie dae gelede by Ebb and Flow weg was die kamp baie leeg.
MAAR : Dit was ALMAL in die kamp se opinie dat feitlik ALLE kampe langs die tuinroete stamp-stamp stampvol is. Ons kon glad nie plek kry vir een aand by Puntjie of by Die Bakke of by ATKV in Mosselbaai/Hartenbos nie.
You'll never never know if you never never go
Ons was Vrydag op Mosselbaai en het gesien die kamp by Die Punt is vol, maar daar was nie karavane by De Bakke nie. Waarskynlik is die plek tydelik toe, dalk vir onderhoud. Jongensfontein wat netso gewild as Punt is, is ook op die oomblik amper 100% vol. Dis deel van ons dorp, Stilbaai, so ons kampeer nie daar n ie maar dit is werklik 'n gesellige plek.
Ons gaan terloops later die week by Lake Pleasant kamper. Ons weet lankal daarvan en het goeie dinge daarvan gehoor maar nog nie daar uitgekamp nie. Harv se bydra het ons onmidelik laat besluit om dit te gaan beproef. Thank you Harv!
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Good on you Fred! Doubt it would have changed much since we were last there about 10 years ago. As with most spots along the Garden Route, don't forget the Tabard!
Enjoy!
Two beauties!

Ja we know family that wanted to stay at Jongensfontein for a few days and could not get a booking ðŸËž