English & Afrikaans Forums
Total Topics: 23 087
Total Replies: 260 324
Total Views: 83 502 318
topics: 4 530
replies: 31 243
views: 17 463 297
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 231
replies: 357
views: 20 730
topics: 0
replies: 2
views: 63
Tshikwalo Game Lodge
Gauteng, Hammanskraal
13
Total Ratings: 13
13   
0
Rated: 03 Jun 2021
Type of Resort:
Family with children: 0
Party and youth: 1
Quiet and mature without children: 2

Tshikwalo Lodge - Terugvoering

replies: 27
views: 539
04 Jun 2021 @ 04:56:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

My persoonlike ervaring van besoek aan Tshikwalo Lodge tydens die Mass Camp 2021

Die toegangs roete na die oord is teerpad met die laaste 500m wat n grondpad is in goeie toestand, geen probleem gehad om met padkaravaan daar uit te kom nie. Omdat ingangshek geskuif het na n ander area, kom dit snaaks voor dat ontvangs nie by ingang meer is nie. Omdat oord in n Big5 area is, is die onspanning meer gerig op die natuur as oord vermaaklikehede. Daar is egter n volleybalbaan en klein swembad wat glo lekker laafenis kan gee tydens die warmer somersmaande. Die ontspanning wat ons geniet het was om in die wildsreservaat rond te ry en wildsbesigtiging te doen. Ons was gelukkig om op 8x jagluiperde af te kom wat besig was om n rooibok te eet.....so 30meter van ons af. Die Big5 diere is egter moeilik om op te spoor, so as jou uitgangspunt is om big5 diere te sien, gaan dit jou miskien teleurstel. Die ander diere wat ons gesien het was Rooibokke, kameelperde, Koedoes, Njalas, Blesbokke, Blouwildebeeste, Waterbokke, seekoei, jakkelse, zebra en heelwat vlakvarke. Alle diere is in pragtige kondisie. Om self in die reservaat te ry, moet mens addsionele fooie betaal by een van die reservaat betaalpunte....kan ook by ontvangs van Tshikwalo lodge betaal. Die personeel was deurgaans vriendelik gewees, vanaf tent joggie, skoonmakers, ontangs tot bestuur. Daar is 2x ablusies wat die kampeer terein bedien wat genoegsaam was vir die klein karavaanpark wat omtrent 20x staanplekke het. Ablusies was deurgaans skoon gewees, maar wat ek wel gemis het in die mans badkamers wat n urinaal....sommige manne sukkel om te mik. Daar is ook 2x netjiese areas vir skottelgoed was. Die staanplekke werk op n 1st come 1st serve basis, maar by aankoms was daar vir my genoem dat ek nie in die sirkel mag staan nie aangesien dit gereserveer was vir 2x groepe.....so mens kan seker met oord reel as jy groeter groepe sou kom om spasie te reserveer. Ek kon nie duidelik sien hoe groot die staanplekke was nie aangesien dit nie duidelik afgemerk is nie, maar die tent joggie kan vir jul help om grense aan te dui. Staanplekke is nie genommer nie....seker oor die rede dat dit 1st come 1st serve basis is en dit dan nie saak maak nie. Saans was daar genoeg lig in die kamp, mens kan maklik ablusies toe stap sonder flits. Ons het deurgaans veilig gevoel....ordentlike elektriese omheining en omdat dit lekker klein karavaan park is, mens gou mekaar se bure leer ken en onraad sou opmerk sou daar iets gebeur. Die oord self was alles baie netjies versorg gewees....paaie en grasperke en staanplekke....hele oord baie netjiese voorkoms. By ontvangs is daar paar benodighede wat mens kan koop, maar sal aanbeveel om alles saam te neem. Daar is so 2km vanaf oord n Safari winkelsentrum wat vir meeste behoeftes voorsien....drankwinkel, petrol stasie, supermarkie, slaghuis {met die lekkerste sagste springbok sosaties} restaurantjie en geskenkwinkel. Op Tshikwalo lodge se perseel self is n fantastiese resaturant wat heerlike kos bedien. Die nuwe dek is laasweek klaargebou gewees en is heerlik om daar jou ontbyt of ander maaltyd of selfs net n sundowner te geniet terwyl jy uitkyk oor n watergat so 30-40 m van jou af. Olifante kom kuier gereeld daar, maar ons het hulle gemis toe ons in dieveld was. Omdat dit caravanparks.com se Masscamp 2021 was, het Loftus karavane en Stealth karavane in kampeerterein kom uistal......daai Stealth karravane is regtig pragtig, miskien eendag. Die atmosfeer in die hele kamp was heerlik gewees met mense wat rustig om hul kampvure gekuier het. Daar was egter n chalet wat harde musiek gespeel het, maar oord bestuur was gou daar om hulle stil te maak.....vir sulke optrede van bestuur wat reels afdwing, het ek goot waardering voor. Waarde vir geld? Omdat mens per persoon betaal is dit billik vir 2, maar as dit kom by 5/6 mense, is tariewe vir my bietjie hoog, veral omdat mens nog boonop jou kampgelde ook nog conservation fees per persoon moet betaal en selfs vir jou kar. Tshikwalo lodge het tans n winter promosie aan wat nie te versmaai is nie....kontak hulle gerus. Ons is lief vir Dinokeng en sal beslis weer by Tshikwalo lodge ons tent pene kom inkap en lekker rus.....altyd lekker om by n goed versorgde en netjiese oord te gaan kuier

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 04:59:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ingang en ontvangs

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 05:12:57 am
Hennie
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 68
Joined: 27 Oct 2017
Experience: 16 years

Dankie vir die terugvoer Geert. Ek sit Tshikwalo Lodge op my wens lys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 05:23:11 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Die karavaanpark

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 05:46:20 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ablusies en opwas geriewe

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 05:57:07 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1207
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Baie dankie vir die terugvoer. Dit lyk heel netjies.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 06:13:34 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Die restaurant 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 06:20:44 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Dankie caravanparks.com vir die goodie bag en plakkies

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 06:33:28 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Stealth en Loftus karavane het kom uitstal vir die Mass Camp 2021 naweek. Pragtige karavane....ons was baie beindruk....hy is op n wenslysie, miskien eendag

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 06:41:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Vir my skep dit altyd n heerlike rustige atmosfeer as die bokke so tussen die karavane wei

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 06:43:28 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Was aangenaam om nog n forum lid persoonlik te kon ontmoet. Dankie Hein vir die lekker gesels....hoop ons kamp mekaar weer raak

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 09:28:06 am
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1393
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Baie Dankie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 09:30:42 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Dankie Geert.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 09:31:48 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4953
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Dankie Geert dit lyk regtig nice daar

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 10:22:50 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Plakkies

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 10:36:04 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 641
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Waar is hierdie kamp geleë asseblief, naaste dorp?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 10:44:38 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Dis so 45minute se ry vanaf Pretoria.....Noord. Dis in die Dinokeng Big5 reservaat. Naaste dorp is Hammanskraal

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 10:54:31 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 641
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 32 years

Baie dankie.

Ek stel voor dat kampers altyd ten minste die naaste dorp in hulle terugvoer byvoeg, dit maak dit soveel makliker vir die leser van die berig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 11:04:17 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Tanie Google kan jy ook vra.

 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 11:07:17 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10416
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Kry die Kamp en Leef boeke of laai dit Digitaal af. 

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 11:20:54 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1821
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Dankie Geert.

Ons het vir n' maand daar gestaan. Net agter die abluysie block. Baia goed bedryf en netjies in stand gehou. Sal altyd weer terug gaan.

My enigste klagte, as ek nou moet kla, is dat die kampeer terein ver van die heining af is. Jy kyk in die challets vas.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2021 @ 11:26:15 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ja Paul....daar waar die dubbel vedieping chalets is, was vroeer deel van die karavaanpark gewees. Dit was basies hul "boskamp" gedeelte waar mens dan ook net op die sand gekampeer het teen die grensdraad. Dit was heel populer gewees, maar die chalets bring seker meer $

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Jun 2021 @ 11:23:05 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Hulle het tans n lekker winter promosie aan.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 05:53:42 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Kampeer gelde vir naweek vir 2

Ontbyt vir 2 die Sondag oggend

Glas gluwein vir elk Vrydag/Saterdag by vuurherd in restaurant 

Conservation fees vir 2x persone en kar ingesluit

R1070

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 13:46:02 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Geert hy is nou op my toer-program vir volgende jaar! Baie dankie. 

Hoe klink hierdie vir jou na n program nadat ons 21 dae in die Wille Kruger was. !4 dae vanaf die huis na die Wille Kruger? 

Die Eiland

Doorndraai

Die Oog

Tsikwalo

Klipdraai

Christiana

Kambo Britstown

Karoo Park

Huistoe

 

Tsikwalo pas pagtig in op ons roete.

Huistoe

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 14:35:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek dink dis n puik stop tussen Die Oog en Klipdraai. Dis ook vinnig en maklik vanaf die N1...ek dink dis 10min se ry vanaf N1 afrit

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 13:57:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Geert hy is nou op my toer-program vir volgende jaar! Baie dankie. 

Hoe klink hierdie vir jou na n program nadat ons 21 dae in die Wille Kruger was. !4 dae vanaf die huis na die Wille Kruger? 

Die Eiland

Doorndraai

Die Oog

Tsikwalo

Klipdraai

Christiana

Kambo Britstown

Karoo Park

Huistoe

 

Tsikwalo pas pagtig in op ons roete.

Huistoe

As jy so toer....doen jy dit met jou karavaan of boswa?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 15:03:10 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18203
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Collage photos

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za