English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 814
Total Replies: 256 695
Total Views: 83 382 553
topics: 4 513
replies: 31 019
views: 17 452 778
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 86
replies: 181
views: 8 761
Kruger National Park, Tsendze Camp - SanParks
Kruger National Park, Tsendze
11
Total Ratings: 11
11   
0
Rated: 29 Oct 2019
Type of Resort:
Family with children: 2
Party and youth: 0
Quiet and mature without children: 0

Tsendze Junie 2016

replies: 21
views: 10201
28 Jun 2016 @ 13:50:27 pm
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 19 years

Terugvoer oor ons besoek aan die Kruger Wildtuin. Ons het 4 nagte op Satara gestaan en 2 nagte by Tsendze. (My terugvoer oor Satara is hier : Satara Junie 2016 ). Dit was ek, my vrou, ons 2.5 jarige seuntjie en my skoonouers. Ons het van Satara af by Olifants gestop vir ontbyt en is beloon met olifante onder in die rivier.

Tsendze is een van die min plekke in die wildtuin waar jy ‘n spesifieke staanplek kan bespreek. Ek heg by die foto’s die kaart aan met die staanpleknommers, daar is ‘n Google Earth prentjie ook by wat staanplekke wys. Ek het vooraf by mense gehoor dat nommer 3 en nommer 26 die beste staanplekke is. Ek het nommer 26 gekies toe ek bespreek het. Ons het deur die kamp gestap en daar is nie ‘n slegte staanplek nie, maar #3 en 26 is beslis van die lekkerstes. Die staanpleek het feitlik almal reuse Mopanie, Hardekool of Appelblaar bome wat meer as genoeg skadu verskaf. Ons het gesukkel om die sonpanele in die son te kry, soveel skadu was daar.

Om ‘n spesifieke staanplek te bespreek, skakel Mopanie Ruskamp by 013 735 6535 /6. Hulle gaan jou vra vir jou besprekingsnr (reservation number), so hou dit byderhand. Ek het die dametjie gevra om vir my die lys van beskikbare staanplekke te gee en toe een gekies. Maak seker as jy haar vra dat die nommers wat sy jou gee vir jou hele tydperk beskikbaar is.

As jy gaan inboek doen jy dit by Mopanie ruskamp, dis 6km van Tsendze af. Inkopies ens moet jy ook daar doen, daar is geen kantoor of winkeltjie by Tsendze nie. Tsendze het ook geen elektrisiteit nie, jy moet totaal onafhanklik wees van krag as jy daar gaan staan. Ons het 2 sonpanele waarmee ons ons waentjie se battery vol gehou het. Ons het ‘n ys/vrieskas en ‘n paar LED ligte vanaf hom getrek.

Die badkamers is baie mooi en daar is buitestorte ook vi die manne wat onder die maanlig wil stort. Daar is gasgeysers wat die water verhit. Die badkamers se ligte word ook deur sonpanele gelaai. Die twee opsigters, Roger en Elina dhet nou al 'n paar keer die SANParke toekenning gekry as beste opsigters. Hulle was fisies elke oggend elke liewe braaier met seep. Dit was werklik 'n plesier om sulke toewyding en diens te geniet.

Ons was heel gelukkig om 2 groot troppe buffels van elk met meer as 200 lede te sien. Ons het ook baie sebra’s en wildebeest raakgeloop. Die mopanieveld is olifantwêreld en hulle was volop. Die veld was in ‘n goeie toestand en die damme het almal baie water gehad. Dit is die volste wat ek die Pioneer dam (Dam by Mopaniekamp) nog die tyd van die jaar gesien het, hy was net ‘n halwe meter van die bokant van die wal af.

Die mopanies het ruig gestaan en mens het maar gesukkel om wild te sien, maar na ons van die droë Satara af gekom het, het ek nie omgegee  nie. Die wild hier het darem kos gehad! Ons het net stadiger gery en meer by die watergate vir wild gaan soek. Hulle is daar en ons het meer as genoeg gesien. Ons het in die aand leeus en hiënas gehoor, maar hulle nooit raakgeloop nie.

Tsendze is ‘n juweel van ‘n kampplek en ideaal as jy wil gaan ontspan vir ‘n paar dae. As dit net oor wild vir jou gaan, bly eerder in die Suide van die park, maar vir rustigheid, gaan na Tsendze.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 14:23:46 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 3 years

Julle ouens wat so gelukkig is om gereeld by die wildtuin uit te kom, maak my jaloers.  Kyk net hoe lekker en mooi lyk alles.  Daai staanplek was omtrent lekker, lyk sommer of julle in die wildtuin is en pragtige bome.  Weereens mooi diere.  Dankie vir die vertel, al kom ek nie daar nie, dit is lekker om te sien en van te hoor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 15:35:54 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1830
Joined: 21 May 2013
Experience: 21 years
Dankie hiervoor. Ons sien sommer baie uit na ons kamp hier. Ons het nie sonpanele nie maar gaan kyk of ons die 4 dae daar net met 2 batterye oor die weg kan kom. Sal darem die een in die motor kan laai terwyl ons ry. Ons kom van die Eiland af so ons wil probeer om die pasrcdae se vleis en kos in net een yskas te sit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 15:41:32 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 43 years
Dankie vir die deel.
Het ook al op Tsendze gakamp en dit baie geniet.
Satara was ook goed met die hiennas wat die draad patroleer, sekerlik vir bene wat mense vir hul gooi?
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 18:27:52 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 52 years

Dankie Janus vir die lekker vertelling en mooi fotos.  Met ons opset gebruik heelwat van ons toerusting 220V krag, maar dit skrik ons nie af vir 'n besoek aan Tsendze vir 'n paar dae nie.  Ons ys- en vrieskas werk ook met gas asook natuurlik ons tweeplaat gasstoof in die Exclusive. Ons ligte en waterpomp werk vanaf die karavaan-battery en hierdie battery laai ons elke aand met "jumper"-kabels vanaf die Pathfinder se battery.  Omdat die Pathfinder se battery vol gelaai is met die wild kykery en die karavaan battery net effens krag verloor het met die vorige aand se ligte, is die twee batterye se krag gou-gou gelyk sonder dat die Pathfinder-battery te veel krag verloor het.

Ek stem saam met jou, die rustigheid en bos-omgewing van Tsendzi is uniek en verdien om besoek te word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 19:42:53 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Platjan, jy vertel so lekker ek pak sommer more. Tsendze klink na my soort kamp, en gaan dit beslis op ons volgende besoek lys.
Is die pad soontoe geskik vir n woonwa ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 20:14:15 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 52 years

Ja Herman, heelpad teerpad en miskien 100/200 meter grondpad tot by you kampplek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 21:08:59 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4469
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 48 years

Interessant dat die weiding noord van Satara in 'n beter toesatnd is. En dat die damme nog baie water het. Jou fotos getuig daarvan Janus.

Die normale patroon is van die diere trek suid in die winter in die hoop vir beter weiding.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 21:37:14 pm
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 19 years

Dankie hiervoor. Ons sien sommer baie uit na ons kamp hier. Ons het nie sonpanele nie maar gaan kyk of ons die 4 dae daar net met 2 batterye oor die weg kan kom. Sal darem die een in die motor kan laai terwyl ons ry. Ons kom van die Eiland af so ons wil probeer om die pasrcdae se vleis en kos in net een yskas te sit.

Heindrich, ek glo jou plan sal werk. moet net nie jou yskas te koud wil stel nie. Ek het voor ek die sonpanele gekry het gereeld 3 dae gaan kamp waar my een battery genoeg was sonder om hom te laag te laat daal. Ek vries alles voor die tyd en stel my yskas gedeelte op 5'C en vrieskas op 0. Maak hom in die oggend oop en pak alles wat ons wil gebruik oor in 'n gewone koeler. Jou 2 batterye sal dus baie beter as dit kan werk. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2016 @ 21:42:13 pm
Platjan
Gold Member
96% Profile Strength
Posts: 158
Joined: 04 Apr 2015
Experience: 19 years

Platjan, jy vertel so lekker ek pak sommer more. Tsendze klink na my soort kamp, en gaan dit beslis op ons volgende besoek lys.
Is die pad soontoe geskik vir n woonwa ?

Oom Herman, woonwa sal beslis soontoe kan sleep. Soos oom Lennie sê dis heelpad teerpad en dan so 700m grondpad tot by die kamp se hek. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 07:51:32 am
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 713
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 5 years

Ag lekker!!!! Dis so lekker dat julle so mooi terugvoer gee, met fotos, met beste staanplekke, met nommers van betrokke staanplekke, al die inligting is so oulik, wens almal wat oorde besoek kan so terugvoer gee, dan weet ons vir die toekoms.

Lyk of dit heeeeerlik was!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 10:44:37 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 3 years

Ag lekker!!!! Dis so lekker dat julle so mooi terugvoer gee, met fotos, met beste staanplekke, met nommers van betrokke staanplekke, al die inligting is so oulik, wens almal wat oorde besoek kan so terugvoer gee, dan weet ons vir die toekoms.

Lyk of dit heeeeerlik was!!!

Ja, Janus maak dit baie interessant.   Kitty, teen die tyd dat julle 'n karavaan kry, gaan ons almal saam met jou jubel en 'n glasie skink.laughing    Jou tong hang nou al behoorlik uit.tongue-out

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 12:12:02 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1346
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years
Ons het pas teruggekeer van 'n 39 aande besoek aan die wildtuin wat o.a. 7 aande by Tsendze ingesluit het. Ons beskik oor 'n gewone padkaravaan, waarvan die yskas slegs op 220V aangewese is. Ek het my seun se 80 liter Waeco vrieskas gebruik tydens die vakansie. Die vrieskas was gestel op -10 en het vir die tydperk in Tsendze slegs van my bakkie se battery af gewerk. M.a.w. die vrieskas was ten alle tye in die bakkie. Bedags tydens ons wildritte het die battery geleentheid gehad om te laai en wanneer ons in die kamp was, was die bakkie se battery die enigste kragbron daarvoor. Die Waeco kan op "Hi Protection" gestel word. Dit beteken dat die kas nie meer krag sal trek van die battery as wat nodig is om jou voertuig aan te skakel nie. Dit het nooit gedurende die tyd wat ons in Tsendze was gebeur nie. Deur die loop van die dag het die temperatuur gestyg tot -7 (dit was maar warm agter in die bak), maar saans voor slaaptyd was dit weer op -10.

Vir ons gewone koue goed het ek 'n Coleman koelhouer saamgeneem waarin ons normale koue items soos bier, melk, bier, botter, bier, kaas ens (het ek bier genoem?) gepak is. Ek het 8 groterige Ice Bricks saamgeneem waarvan 4 op 'n slag in die Coleman gepak is. Soggens het ek die vorige dag se 4 (van die Coleman) omgeruil met die ander 4 wat intussen weer hard gevries het in die Waeco.

My wa is nie toegerus met LED ligte nie. Gevolglik het ons die ligte in die wa maar ekonomies gebruik. Maar ek het vooraf twee lekker sterk LED lanterns gekoop wat ek die laaste keer vol gelaai het voordat ons vanaf Shingwedzi na Tsendze vertrek het. Danksy hierdie lanterns (en kopflitse) het ons nooit "lig"-probleme in die aand gehad nie.

Ek kan alles onderskryf wat Platjan hierbo geskryf het. Dit sal voortaan my eerste keuse kamp in die wildtuin wees. (My plek vir volgende Mei is reeds weer bespreek). Rodger het o.a. elke aand 'n draai kom maak om te hoor of alles in die haak is. Elinah was slegs die eerste aand daar aangesien sy vir die res van die week af was.

Ons het fantastiese wild gesien terwyl ons daar was - onder ander 'n luiperd wat oor die pad geloop het net voordat ons afgedraai het na die kamp nadat ons by Mopani ingeboek het. Afgesien van baie olifante, het ons ook pragtige "sightings"van leeus (by Shawu 3) en wildehonde (net noord van Mopani) gehad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 12:49:55 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 52 years

Wow Chris, fantasties !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 13:36:51 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1619
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Dankie vir die oorvertel. Ons was ook in mid Junie in Tsendze en daarna in Satara. Miskien op die selfde tyd? Ons het van Punda en Shingwedzie af gekom. Ons was op Nr. 15. Ons Penta het net 12V ligte, die yskas is 230V, maar dit pla nie. Die goed het vir die twee nagte heel bevroere gebly. Ek moet by sê, ons het n' 12V camp yskas in die voertuig. Maar dit is net vir drankies in die kar.

Tsendze en Balule sal altyd op my lys van moet besoek wees. Still en rustig, tot in die besigste tye.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 14:17:47 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 62 years

Lyk en klink baie nice.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 14:26:20 pm
CampingKitty
Moon Member
92% Profile Strength
Posts: 713
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 5 years

Ons het pas teruggekeer van 'n 39 aande besoek aan die wildtuin wat o.a. 7 aande by Tsendze ingesluit het. Ons beskik oor 'n gewone padkaravaan, waarvan die yskas slegs op 220V aangewese is. Ek het my seun se 80 liter Waeco vrieskas gebruik tydens die vakansie. Die vrieskas was gestel op -10 en het vir die tydperk in Tsendze slegs van my bakkie se battery af gewerk. M.a.w. die vrieskas was ten alle tye in die bakkie. Bedags tydens ons wildritte het die battery geleentheid gehad om te laai en wanneer ons in die kamp was, was die bakkie se battery die enigste kragbron daarvoor. Die Waeco kan op "Hi Protection" gestel word. Dit beteken dat die kas nie meer krag sal trek van die battery as wat nodig is om jou voertuig aan te skakel nie. Dit het nooit gedurende die tyd wat ons in Tsendze was gebeur nie. Deur die loop van die dag het die temperatuur gestyg tot -7 (dit was maar warm agter in die bak), maar saans voor slaaptyd was dit weer op -10.

Vir ons gewone koue goed het ek 'n Coleman koelhouer saamgeneem waarin ons normale koue items soos bier, melk, bier, botter, bier, kaas ens (het ek bier genoem?) gepak is. Ek het 8 groterige Ice Bricks saamgeneem waarvan 4 op 'n slag in die Coleman gepak is. Soggens het ek die vorige dag se 4 (van die Coleman) omgeruil met die ander 4 wat intussen weer hard gevries het in die Waeco.

My wa is nie toegerus met LED ligte nie. Gevolglik het ons die ligte in die wa maar ekonomies gebruik. Maar ek het vooraf twee lekker sterk LED lanterns gekoop wat ek die laaste keer vol gelaai het voordat ons vanaf Shingwedzi na Tsendze vertrek het. Danksy hierdie lanterns (en kopflitse) het ons nooit "lig"-probleme in die aand gehad nie.

Ek kan alles onderskryf wat Platjan hierbo geskryf het. Dit sal voortaan my eerste keuse kamp in die wildtuin wees. (My plek vir volgende Mei is reeds weer bespreek). Rodger het o.a. elke aand 'n draai kom maak om te hoor of alles in die haak is. Elinah was slegs die eerste aand daar aangesien sy vir die res van die week af was.

Ons het fantastiese wild gesien terwyl ons daar was - onder ander 'n luiperd wat oor die pad geloop het net voordat ons afgedraai het na die kamp nadat ons by Mopani ingeboek het. Afgesien van baie olifante, het ons ook pragtige "sightings"van leeus (by Shawu 3) en wildehonde (net noord van Mopani) gehad.

Ja nee kyk toemaar ek gaan behoorlik jubel, ek sal heel eerste hier fotos sit van die wa, en ek het klaar gese ek gaan die dag wat ons hom by die huis aan bring, 'n helse lekker dop gaan drink na die laaaang wag

O heerlikheid, my seuntjie gaan uit sy vel spring, ek gaan 'n punt maak om hom saam te vat die dag wat ons hom gaan haal, sien meer uit na die uitdrukking op sy gesiggie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 14:36:26 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1619
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Chris, ek hoor wat jy sê met jou Waeco in die bakkie. Ek doen die selfde waneer ons lank staan waar daar geen krag is nie. As jy elke dag rond ry is daar geen probleeme met die voertuig se battery nie. Die yskas, op "Hi Protection", skakel nooit eers aff nie. Ons het n' National Luna, Weekender (52L), met die selfde funksie, en dit werk perfek. Tot in December in die KNP.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 15:44:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Dankie vir die wonderlike terugvoer.

Sal volgende jaar daai roete doen, het reeds bespreek by 3 x plekke nou Augustus, Letaba, Satara en Onder Sabie.

Die wat volg jaar wil saam gaan laatweet dat ons kan bespreek. Tans 4 x wa's wat nou einde Julie ry.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2016 @ 17:04:42 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1346
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Dankie vir die oorvertel. Ons was ook in mid Junie in Tsendze en daarna in Satara. Miskien op die selfde tyd? Ons het van Punda en Shingwedzie af gekom. Ons was op Nr. 15. Ons Penta het net 12V ligte, die yskas is 230V, maar dit pla nie. Die goed het vir die twee nagte heel bevroere gebly. Ek moet by sê, ons het n' 12V camp yskas in die voertuig. Maar dit is net vir drankies in die kar.

Tsendze en Balule sal altyd op my lys van moet besoek wees. Still en rustig, tot in die besigste tye.


Ons was in Tsendze 19-26 Mei op Plot No 13. 5-12 Mei in Punda gewees en 12-19 Mei in Shingwedzi. Na Tsendze was ons 3 nagte in Letaba, 8 in Satara en die laaste 7 in Onder-Sabie. Op 13 Junie uit die wildtuin uit en na 3 nagte se oorslaap (waarvan die derde aand in Bergkwaggapark was) het ons eers vir 4 nagte in Addo gaan oorstaan.

Tans reeds vanaf 9 Mei 2017 in die wildtuin bespreek. 7 Aande elk in Berg-en-Dal, Onder-Sabie en Satara. Kon tot dusver nog net vir 2 aande in Tsendze bespreek (30 & 31 Mei). Kan eers op 1 Julie die addisionele 5 aande by laasgenoemde bespreek.

Ek het Plot No 15 so uitgekyk - nogal 'n lekker ruim plot. Maar ek sal maar weer poog om No 13 te kry volgende jaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2016 @ 11:08:24 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1346
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years
Vanoggend my addisionele 5 aande (1 - 5 Junie) in Tsendze bespreek. Dus weer vir 7 aande in (wat my aanbetref) die wonderlikste kamp in die wildtuin. Tans is die beplanning om na die 4 weke in die wildtuin vir 2 maande Eiland Spa toe te gaan - maar besprekings open eers op 18 Julie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Jul 2016 @ 13:59:17 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4850
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years
Wiltuin bly n wenner dankie vir die kaart
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za