English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 698
Total Views: 83 244 215
topics: 11 569
replies: 139 155
views: 39 340 184
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Truimph restorasie

replies: 77
views: 16718
page 1 of 2
24 May 2016 @ 21:51:13 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Op Freda se lekker gesels vertel van waarmee ek myself besig hou.
Baie tydsaam, eers word als met degreaser gewas, dan met deoxine behandel, volgende n teenroes onderlaag laaste 3 lae verf. En dit stukkie vir stukkie totdat daar naderhand honderde parte, stukkies, boutjies en wasters aan draadjies hang en droogword. Die word sorgvuldig gemerk, en dan gebere.
Neem maar baie fotos as verwysing hoe om als weer op regte plek te kry.
Partjies moet ek invoer, nogal duur met die wisselkoers, gelukkig is als beskikbaar.
Nou ja, so paar fotos, wys maar die wat ek neem vir verwysing, en dan die onderstel soos dit al begin form kry. Die enjin vandag op tafel gesit, volgende episode.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2016 @ 23:23:24 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 533
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 45 years
Dag se Herman Dit lyk baie goed Harde werk maar die eind resultate sal goed wees Het jy toe regekom met die ratkas???
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 03:57:54 am
Tom Sainsbury
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 03 May 2016
Hi Herman, watter reeks en model Triumph is dit?
I know that my redeemer lives.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 06:23:09 am
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years
Sterkte daar met die projek.
Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 06:59:42 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9754
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dagse Ou Groote

Aangesien ek nou al by jou was en die Truimph gesien het, en jy jou projek verduidelik het, weet ek jy gaan n sukses daarvan maak.

Sterkte, dalk sien ons mekaar voor jy klaar is.

Bly op die lug.


As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 07:28:29 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Benkie, ek het die ratkas nou eers op die tafel, gaan bekyk. Miskien is daar net fout met" links" tussen ratkas en hefboom, lyk so bietjie losserig. Hoop maar so.

Tom, n Truimph Spitfite mk3 1969 model. Eintlik in nie te slegte toestand nie, maar ai, die roes is orals ingekruip.

My oorle pa het altyd gese as hy iemand so iets sien doen" daai man het meer moed as verstand". Wel miskien kort ek die verstand, maar dit is baie lekker !! en beslis goeie terapie.

Chuck, die projek gaan seker n jaar neem, dit is erg tydsaam. Volgens my skatting het ek so 15% gevorder vorentoe. Al die losmaak was agteruitwerk!!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 08:25:04 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Dit lyk b-a-i-e ingewikkeld.   Maar ek glo, dit gaan jy geniet Herman.   Hou ons op hoogte van die vordering.   Hoeveel van Vonnie se lappe of ander goeters verdwyn in die garage in terwyl jy so werk?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 08:38:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jy vorder goed. Dit lyk al skaflik. Sterkte vorentoe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 08:56:24 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Lyk goed Herman. Ongelukkig is ek 'n goeie beginner maar wanneer als werk sukkel ek om die projek mooi klaar te maak. Sterkte met die projek.

Freda jy het my nou lekker laat lag oor daai lappies en goeters  wat so verdwyn. laughingcool

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 09:36:27 am
Andre Smit
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 407
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 43 years

Sterkte Herman,

Julle ken die storie van die eerste Grand Prix waarna daar in die Ingilse Bybel verwys word né.

Weet nie wie was Eerste tot Derde nie maar "Moses came fourth in his Triumph"

Sterkte, maar geniet dit.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 10:09:55 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Herman

Dit ly goed en glo dit gaan nog beter lyk soos die tyd vorder, sterkte en geniet dit.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 10:45:43 am
mamba
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 136
Joined: 22 Dec 2013
Experience: 40 years
Ek self nou besig met n 1949 Ford Anglia al so n jaar besig maar nou met die moilike deel die aanmekaar sit
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 11:06:45 am
nyiko81
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 08 Oct 2014
I SOLD MY CAVARAN AM GOING BACK TO TENT CAMPING AND CHALETS LOL
Tinyiko J Maluleke
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 13:22:29 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

I SOLD MY CAVARAN AM GOING BACK TO TENT CAMPING AND CHALETS LOL

Why ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 16:14:31 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Lyk goed Herman. Ongelukkig is ek 'n goeie beginner maar wanneer als werk sukkel ek om die projek mooi klaar te maak. Sterkte met die projek.

Freda jy het my nou lekker laat lag oor daai lappies en goeters  wat so verdwyn. laughingcool

laughinglaughing

Ek sien al hoe foeter Vonnie hom met 'n kombuisvadoek uit die kombuis as hy nog 'n lappie kom soek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 16:20:27 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Vasbyt, sal die moeite werd wees op die ou einde.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 17:59:02 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Freda, ek le darem nie haar lappies vas nie, sy is te kwaai. Gelukkig kry mens darem sulke saamgepersde bondels stukke T hemde te koop.
Benkie, jammer jy is so ver, maar miskien lees jy die vraag.
Die boor is mooi sonder n ridge. Maar die pistons het so bietjie beweging heen en weer, en jy kan dit so effens voel rock in die sleeve. Nou weet ek nie of die ou engelse karre maar so growwerig gebou was nie. Jou cell no het verdwyn van my foon.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 May 2016 @ 22:27:51 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 533
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 45 years
Hello Herman Ja kyk daardie ou motors was nie so fyn gebou soos vandag se karre met hulle nou ringe ens Jy sal sien jou motor het nogal bree ringe Jy se nie of jy nuwe ringe gaan insit nie maar as jy dit wel doen sal ek aanraai dat jy die pistons laat [knurl] in ander woorde die engine bouers sny sulke criss cross groevies in die skirt van die pistons om olie in die groeve te hou om te verhoed dat jy nie piston slap kry nie
Ek hoop jy verstaan wat ek probeer bedeie My cell no 0832654437
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 03:13:39 am
Tom Sainsbury
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 03 May 2016
My advies is anders. Terwyl die pistons en ringe uit is, maak seker dat hulle heeltemal reg is. (Mooi volgens spesifieke)
Om so veel werk en geld in 'n restorasie te sit en die enjin rook, raas of gebruik olie as jy klaar is, sal 'n tragedie wees.
Doen dit reg, al kos dit meer en vat meer tyd, dit is altyd die moeite werd. Ek wens jou alle voorspoed.
I know that my redeemer lives.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 07:21:02 am
Anonymous
Lyk baie goed. Het hy baie spasie binne om 'n speknek vir 'n spin te vat as hy klaar is?

Sterkte verder en gooi asb die fotos van die vordering
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 07:21:09 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ek beny julle ouens wat so met julle hande kan werk, ek het een keer 'n Yamaha thumper gekoop om te herbou, het hom gestrip en so 20 pakies pleisters en baie vloek woorde later hom weer net so gestrip verkoop.

Ek het mos 10 duime. Ek het gisteraand 2 uure gesukkel net om 'n nuwe gloeilamp in my Isuzu se hoof ligte te vervangembarassed.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 07:23:03 am
Anonymous

Ek sou aanbeveel om die engine blok se silinders te re-sleeve na std. grootte. Pistons en ringe bly std. grootte. Sodra jy begin boor na 1st O/S of 2nd O/S is die kanse vir oorverhitting redelik groot omrede die materiaal tussen die silinder en water jackets verminder en agv die piston se op en af beweging, vrywing wat dan veroorsaak dat engine verhitting vinniger plaasvind as normaal.

Ook stem ek saam met Tom, vervang eerder alles nou voordat al die werk weer van day 1 af begin, bv as die clutch thrust bearing vervang moet word, vervang alles met eens i.e. clutch plaat en pressure plate.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 09:30:50 am
Slaay
Gold Member
77% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 21 years
Lyk na n lekker projek. Sterkte en geniet dit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 10:10:29 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years
Hi Herman. Jy laat my nou verlang na my jong dae.
Is dit die TR3 engine met daai twee mooi SU vergassers. Ek het so instrument gehad waarmee jy die twee vergassers mooi ingestel het om reg saam te werk.
My heel eerste kar was n Vanguard met n Truimph TR3 engine.

Geniet jou projek en plaas so nou en dan vordering fotos.
Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 10:11:54 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Herman, hier het jy nou 'n lekker geselsdraad.  Die manne gaan dit geniet en, soos jy vorder, kom met raad.  Slim mense hier wat weet van engins.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 10:48:34 am
Anonymous

Hi Herman. Jy laat my nou verlang na my jong dae.
Is dit die TR3 engine met daai twee mooi SU vergassers. Ek het so instrument gehad waarmee jy die twee vergassers mooi ingestel het om reg saam te werk.
My heel eerste kar was n Vanguard met n Truimph TR3 engine.

Geniet jou projek en plaas so nou en dan vordering fotos.
Die instrument word genoem 'n ''Bubble Gauge''

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2016 @ 19:46:03 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Piet, die enjins lyk dieselfde, regtig mooi met die vreeslike vergassers. Spitfire het n kleiner verplasing 1300cc maar die kar gewig is baie min so werkverrigting heel goed.
Verbasende goeie onderstel met onafhanklike vering, skuifremme voor, anti roll bar ook nog. Die onderstel verdwyn binne in die bakwerk, asook die uitlaat stelsel, so as jy dit onder bekyk, is dit plat sonder ewenaar en uitlaatpype wat uitsteek.
Die enjin gaan more saam dorp toe, het hopelik n goeie man raakgeloop wat nogal gereeld op die ou karre werk se hy, het motor engeneering werkswinkel. Gaan eers kyk of sy werkswinkel netjies is, anders hou ek verby.
Volgende week kry ek al die nuwe buste, skokbrekers, remkomponente, universals etc dan is onderstel klaar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 20:50:37 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Wat n bloutjie geloop, die werkswinkel van " perfeksionis" soos n skrootwerf, toe druk ek maar my hoedjie vas en vat die pad.
Gaan besoek n ou vriend, en hy vertel van n jongerige man wat puik werk doen. Kan brekfis van vloer eet, spanners soos soldate, blink in die oog, hy gaan enjin oorbou.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2016 @ 12:29:29 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
Herman, dink jy het 'n goeie besluit geneem. As 'n werkswinkel vuil en slordig is is die ou se werk ook so, net so met 'n netjiese en skoon werkswinkel waar mens maar kan weet die werk sal ook goed wees. Ek hou ook verby sulke vuilerige werkswinkels. Ek dreig al lankal om so 'n ou tjorretjie te kry om te restoreer, verlang nou na my ou 1973 Datsun 1600 SSS, moes die ding nooit verkoop het nie....terloops daai SU's kan heel goed gesinkroniseer word met so 'n 60cm stuk tuinslang deur na die lug suiggeluid te luister (en dan ook 3-in-1 olie in die damper pots, net dun genoeg dat die SU's se naalde nie "chatter" nie maar as jy petrol trap is daai enjine blitsig op sped, die voorgestelde SAE30 was te dik na my sin....het in my jong dae baie Escorts ore aangesit met my Datsun)....nou moet ek by Ma verbykom..weet enigiemand van 'n SSS te koop :)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2016 @ 19:41:28 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dankie vir die tip met vergasser balansering Hurricane, sal dit onthou. Daai 1600 sss was woelig, hulle is seker nou baie skaars, hoop jy kry een. n Escort RS 2000 sal n wenner wees, die boost metertjie op die dashboard... daai jare het hulle die Fairmonts getakel. Selfs n mazda RX 2 coupe, of n Alfa Romeo gtv 6 3,0l

Ek hou my besig om al die los goete skoon te maak en deur te kyk, jare se staan, laat n ding vergaan. Maak maar uitmekaar,vewyder al die roes, vervang wat nodig is, smeer als weer, nuwe lagie verf en pak weg.
Wag nog vir terugvoer van werskwinkel oor wat als benodig gaan word vir enjin oorbou.

So paar fotos van die stukkies. Daai donker kolletjie op foto van generator is n lappie wat bussie beskerm,om deoxidene uit te hou, lyk of dit net n moerse gat is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2016 @ 21:03:51 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Jorg

Het self ook 'n SSS gery, dink dit was 'n '72 model, net voor die nuwe "gril" uit gekom het, dink dit was die '73 model ?

Ja ons het tussen Modderfontein (AE & CI)  en Edenvale sports gemaak in die oggend en middag huis toe.

Myne het so iets gelyk.

Vriend van my het die 2 deur gehas wat gelyk het soos die 1800cc

Die ander vriend het die nuwer gril een gehad.

Ek kry nie nou 'n foto op Google wat in my kop is nie, maar as ek reg onthou het die gril so iets gelyk.

Ons het twee draadjies in 'n 7 gebuig (presies die selfde) wat bo in die SU gesit was om hulle ook te ballanseer as die twee punte gelyk is.
Lekket gespeel daai tyd, was goed ge-konfyt om die head gasket op 'n Saterdag middag te vervang sonder om die timing tentioner te laat uit skop.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2016 @ 21:05:05 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Skies vir die kaaping Herman.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jun 2016 @ 21:32:25 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Het die sss nie n vynil dak gehad nie ? Willem, as ek alleen gaan fotos plaas, en net met myself gesels, dan los ek maar liefs die geselsie.
Probeer nou onthou watter ryding die Gunston kleur as standaard gehad het. Die Spitfire van my is British racing green, nogal op plaatjie geskryf.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2016 @ 06:41:00 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years
Herman, as ek reg kan onthou het die boks vorm Cortina 2L, dit is die bakvorm na die "pieace sign", die eerste gewees wat in Gunston kleur was. Ford het definitief met die kleur begin.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2016 @ 07:01:18 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

My ouboet het in 1976 'n 160U SSS gery, dit was die meer ronde een met 'n hatch back. Daarna het hy die 2 deur Skyline gery, altwee die Datsuns was lekker vinnig.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2016 @ 07:01:20 am
Jopie
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 21
Joined: 28 Mar 2015
Experience: 55 years
As ek reg onthou die XR6 Cortina was nogal bekend vir gunston kleur.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2016 @ 07:10:17 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1206
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

En die meer welvarende Gunston smouse het nogal Mustang's in daai kleur gery.   Te spoggerig.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2016 @ 07:10:40 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Dink weer dit was die Cortina GT 3L wat met die Gunston kleur uitgekom het.  Onthou ook die Mini Cooper met sy British Racing Green kleur. 

Waar is die ou Kyalami dae nou.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2016 @ 07:32:15 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Herman Ja, van hulle het die Vinal dakke gehad.

Wikipedia

Sponsorship era - from 1968[edit]

In the spring of 1968, sponsorship liveries, which had already been used in the United States for some years, were also allowed in international racing. Team Gunston was the first Formula One team to paint their cars in the livery of their sponsors when they entered a private Brabham for John Love, painted in the colours of Gunston cigarettes, in the 1968 South African Grand Prix. British Racing Green soon vanished from the cars of British private teams.

The old colour scheme was abandoned by the FIA for most racing disciplines in the 1970s.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2016 @ 07:34:59 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Zwartkops

Pre 1963/68 Le Mans Sports and GT
Classes:
A
B
C
D
E
Execuline Pre-1966/68 Le Mans Sports & GT - Photograph by Deon Venter(includes Pre-1963 which at the International have their own race)
Then, in 1966, the performance generation demanded that Formula One become big time, and so the 3-litre Formula came into being. At first the cars were painted the colour of the country of origin. By the end of the sixties they represented the colour of the sponsor – South Africa was the first country in the world to introduce colour bill boarding on racing cars – for Team Gunston.
In 1966 the Americans introduced Trans-Am racing for big American V8s – then GT Cars and European under 2-litre cars. By 1969 every US manufacturer had works teams with NASCAR champions, Indy 500 winners and Formula One drivers. It was even more popular than NASCAR.
The GT and sports cars had a completely different role in the early sixties the cars were largely driven to events. After the mid sixties the cars became more sophisticated and, with tyre technology advancing, were no longer street legal. Hence the split Pre 1966 and Pre 1972/4 for our Sports and GT events. Pre 1966 the race car builders took ideas where they found them, and for many it was a case of “brute force and bloody dangerous”. Whatever the technologies of the two periods, the cars were spectacular, very fast, low tech and clearly identifiable.
Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2016 @ 13:42:02 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Daai was lekker lees Willem. Was wragtig lekker tye, elke tweede man het n ryding gehad waaraan naweke gepeuter is om dit vinniger te maak. Ons het nooit juis aan die remme gewerk nie, en daai ou karre se remme was vreeslik sleg.

Die verbanning van sigaret advertensie by sport, het darem vreeslik baie borgskap laat verlore gaan. Marlboro sigarette is wereld se top verkoper, wat mag hulle borg deedae ?Vandag is Red Bul masief groot in hulle eie spanne in menige sportsoorte, en ek drink seker 4 per jaar.
Jammer dat ander mense besluit het sigaret geborgde spanne is sleg vir die gesondheid.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Jun 2016 @ 14:20:49 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

"Jammer dat ander mense besluit het sigaret geborgde spanne is sleg vir die gesondheid"

So asof die drank winkels wat amper 24 uur oop is, nie slegter is nie ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2016 @ 09:53:25 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3482
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years
As ek reg onthou, het John Love van destydse RhodesiŽ ook met 'n Gunston formule 1 Cooper Climax gejaag. Ware sportman hy gewees.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2016 @ 10:54:36 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years
Team Gunston was the first Formula One team to paint their cars in the livery of their sponsors when they entered a private Brabham for John Love, painted in the colours of Gunston cigarettes, in the 1968 South African Grand Prix.
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2016 @ 12:13:58 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Herman, gaan jy die body ook oordoen en "respray"?   Jy moet tog genoeg beskerming hê teen die "fumes" asseblief.   My broer se seun (45) het 'n karretjie vir sy dogter oorgespuit en is die selfde dag oorlede omdat hy die fumes ingeasem het.   Sorry dat ek nou so droewige storie vertel op jou lekker geselsdraad.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2016 @ 14:28:48 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Freda, ek dra n goeie maskertjie, maat dit keer net druppels, nie die walms nie, en dit pla my bors so bietjie. Sal moet kyk wat se plan ek kan maak om veiliger te werk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jun 2016 @ 14:58:38 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Asb tog Herman, gaan kry iets ordentliks.  Die walms het wel nie die outjie se longe laat ingee nie, maar sy hartspiere het ophou werk, soos ons dit verstaan het.  Weet jy ons was daardie tyd (13 jr gelede) op 'n karavaantoer saam met sy ouers.  Ons het kamp opgeslaan in Stilbaai en een uur die nag toe kry my broer die oproep van sy dood.  Ons staan toe almal op om te help dat hulle kan begin opslaan en dit reën aanmekaar.  Dit was nou 'n aaklige, hartseer nag.

Sedertdien is ek maar baie versigtig vir enige walms.  Ek is nou maar bly ek het jou darem daarop attent gemaak.   Geniet jou restourasie, ek volg alles wat gebeur.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 19:28:38 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Die foto mag dalk lyk soos n vorige een, maar dit was net die verfwerk wat voltooi is.
Maandag n boks vol komponente gekry. Die week ingesit, remme als nuut, rubber buste in suspensie als vervang, nuwe skokbrekers, anti roll barr komponente, universels etc.
Enjin volgende, kry nuwe pistons, ringe, bearings, oliepomp, timing ketting, hopelik more hier.
More daai kompressor opstel, het al die skakelaars en dinge gekry.
Eet hom soos vir n Olfant eet, happie vir happie totdat hy op is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 19:55:23 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Herman, gaan jy die body ook oordoen en "respray"?   Jy moet tog genoeg beskerming hê teen die "fumes" asseblief.   My broer se seun (45) het 'n karretjie vir sy dogter oorgespuit en is die selfde dag oorlede omdat hy die fumes ingeasem het.   Sorry dat ek nou so droewige storie vertel op jou lekker geselsdraad.smile


Kyk of jy nie n water filter kan bou nie. Nuwe tipe verf het almal n biki sianide in die hardner.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2016 @ 20:11:48 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2189
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Pragtig Herman ek hou jou vordering met belangstelling dop. Moet net nie dat n Tierboskat jou daar in die waenhuis vang nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jun 2016 @ 18:55:42 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Krykas gesny, enjin geboor. Nuwe pistons, tyd ketting ,cam followers, oliepomp,nuwe seels, pakstukke, etc
Sit more aan mekaar.
Magties, die is n lekker hobby, maar DUUR, moet als invoer in Britse ponde.
Gelukkig of ongelukkig gaan daar nie gekamp word voor dit effe opwarm nie, nou moet ek maar besig bly.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za