English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 284
Total Replies: 230 267
Total Views: 82 390 857
topics: 779
replies: 12 491
views: 4 979 079
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Tru-kameras alweer. Kamera hoeke

replies: 21
views: 7395
27 Jan 2017 @ 13:12:53 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Ek het onlangs 'n skerm en 2 kameras met hoeke van 170 grade gekoop. Die skerm en een kamera is op my Ford Ranger installeer en werk goed omdat die bakkie se ho klap sig reg agter beperk en die kappie vererger die saak verder. Ek gaan die orige kamera self op my karavaan installeer.
Ek vind dat die hoek van die kamera veroorsaak dat ek nie baie vr terug ander voertuie kan sien nie - iets wat ek graag wil doen met die kamera van die karavaan. Ek oorweeg dus kamera met 'n kleiner hoek om voertuie op ongeveer 200 meter agter die kombinasie te kan sien. Ek gaan nie terugstoot met die karavaan se kamera nie - slegs om verkeer op te tel. Watter kamera hoek sal goed werk?
Dankie vir jul insette!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 16:13:31 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2700
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Ek sou vermoed hoe hoer op die agter kant van die karavaan, hoe beter gaan die hoeh wees. Hoop ek verstaan jou vraag reg.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 16:24:40 pm
Anonymous

Pierrie, ek fink jy gaan 'n 110° hoek kamera moet kry, maar ek twylel of jy 200m gaan sien. 

Tensy jy 'n 12v huis sekuriteits kamera gaan gebruik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 19:15:45 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years
Hierdie web site het goeie artikels & videos oor kameras op karavane: https://www.safetydave.com.au/reversing-camera
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jan 2017 @ 21:10:52 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Kamera op my wa sien BAIE ver, sal bietjie meet

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 07:34:54 am
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Dankie sovr. Ek vermoed hoe kleiner die hoek van die lens hoe verder terug sal jy kan sien. Die wye hoek lens (170grade) op die bakkie werk goed om obstruksies direk agter en aan die kante te sien. Agter die karavaan wil ek verder terug ander voertuie sien. Weet net nie watter kamera gaan beste werk nie. Brommer laat weet asb. die specs van jou kamera.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 12:34:50 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Pierre

Ek verstaan presies hoe jy voel want ek het die selfde ondervinding.  Ek het nou al orals gesoek vir so kamera wat in die omgewing van 90° is.

Ek het toe maar va 'n ou toe gegaan wat huis kameras verkoop, na hy hom vir my gewys het het ek gesê ek sien steed nie vêr genoeg nie, toe verander hy die lens vir my na as ek reg onthou 2mm lens toe. 

Die probleem is dié huis kamera is nie 'n "rearview" nie, maar gelukkig kan my monitor die beeld flip om regs, regs te wys.

Ek het ook die opsie oorweeg om die "reverse" kamera boon toe te lig maar besef dit gaan nie die kyk afstand verleng nie.

Gaan kyk na die draad van my war al my inligting op is, klik net op die skakel of tik "WilSur" in op die "Title search"

Soek steeds so een.

Chinavasion

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jan 2017 @ 22:48:09 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Ekt self nie veelnspecs nie, maar dis n Sony High Resolution IR Rear View Colour Camera... daars ook n ander sony camera fir vehicles with 36x optical zoom vir R29k ;)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 07:19:54 am
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Dankie vir al die insette manne. Ek gaan eers nog bietjie huiswerk doen oor die onderwerp. Ek ken kollegas wat gereeld Sjina toe gaan. Sal hulle vra om uit te kyk.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jan 2017 @ 12:39:53 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Pierre

Ken jy nie iemand in Australia nie ?  Ek soek so kamera en 'n split screen.

SD Dual Camera

sd-dual-camera

SD 7″ Split Screen Reversing Camera

SD 7″ Split Screen Reversing Camera Kit

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 06:06:38 am
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
Hi Wilsur, ek het 'n seun daar maar hy woon vr van die groot sentra af. Teen meer as R10 per Oz dollar en die ho koste van posgeld is dit nie die moeite werd nie. Wanneer ek weer gaan sal ek na kameras kyk. Was laasjaar by die Queensland karavaanskou in Brisbane en het toevallig "Safety Dave" se stalletjie besoek. Was toe nog nie in die mark vir kameras nie! Ai!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 10:57:49 am
Dieter
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 25 years

Ek weet myne is nou wireless en sal nie werk vir jou nie maar die kamera wat op het is 120 grade en gee baie goeie diens. Ek kan ver genoeg sien om die karre raak te sien en ook wanneer dit veilig is om verby te steek. Ek het nie nodig om hulle nommerplate ook te lees nie. 

Ek dink jy gaan sukkel om 'n 90grade of laer kamera te kry wat nie so groot soos 'n CCTV kamera is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 16:00:45 pm
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years

Ek weet myne is nou wireless en sal nie werk vir jou nie maar die kamera wat op het is 120 grade en gee baie goeie diens. Ek kan ver genoeg sien om die karre raak te sien en ook wanneer dit veilig is om verby te steek. Ek het nie nodig om hulle nommerplate ook te lees nie. 

Ek dink jy gaan sukkel om 'n 90grade of laer kamera te kry wat nie so groot soos 'n CCTV kamera is nie.


Dankie Dieter. Hoe hoog is jou kamera geinstalleer? Ek wonder watter verskil die hoogte sal maak?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 20:18:09 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years
Hoogte maak vir my wereld se verskil... jy sien kar agter jou, karre agter dit en het n goeie view van so effe van bo omdat karavaan hoog is tov ander voertuie, werk vir my heel lekker.. om ver te sien, hoog is goed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 20:56:07 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Die probleem met hood te, dir kan steeds nie dader sien nie, maak niesaak hoe hoog jy hom sit nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Feb 2017 @ 23:33:40 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die probleem met hood te, dir kan steeds nie dader sien nie, maak niesaak hoe hoog jy hom sit nie.

??
soos ek maar se, met myne hoog kan ek almal sien, die wat ver agrer aankom siwel as iemand agter my.. help nie mens kyk in ou agter jou vas nie, jy kan nie n ander ou agter hom sien nie, wat vir my belangrik is om te sien.. wat ek wel gesien het in rowwe reen, die kamera bo kry nie daai sproei so kwaai sois n laer kamera nie.. weet nje van ander, maar het n ou oppad terug gekry by vukstasie wat gekla het hy kan niks sien nie, toe wys ek hom myne sit bo en syne kry al die ater wat sy kar en wa ooskiet en agter wa weer suig na wa se rugkant en dus oor kamera.. mens ry seker nie baie in die reen nie, maar ons het basies heeldag in harde reen gery...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 06:11:55 am
Hornet
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 123
Joined: 13 Aug 2015
Experience: 4 years
??
soos ek maar se, met myne hoog kan ek almal sien, die wat ver agrer aankom siwel as iemand agter my.. help nie mens kyk in ou agter jou vas nie, jy kan nie n ander ou agter hom sien nie, wat vir my belangrik is om te sien.. wat ek wel gesien het in rowwe reen, die kamera bo kry nie daai sproei so kwaai sois n laer kamera nie.. weet nje van ander, maar het n ou oppad terug gekry by vukstasie wat gekla het hy kan niks sien nie, toe wys ek hom myne sit bo en syne kry al die ater wat sy kar en wa ooskiet en agter wa weer suig na wa se rugkant en dus oor kamera.. mens ry seker nie baie in die reen nie, maar ons het basies heeldag in harde reen gery...

Goeie punt. Brommer wat is die kykhoek van jou kamera? Ek vind die 170 grade is te wyd vir die doel om verkeer te sien.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 06:49:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Behoeftes verskil van persoon tot persoon.  Ek verkies weer die wyehoek kamera want ek wil die verkeer van agter reeds in my standaard kant spieel sien alvorens dit uit die sig van die kamera verdwyn.  Dit beteken geen blinde hoeke nie en ek kan dus deur middel van die spieels en die kamera reg rond om die karavaan sien sonder dat daar 'n kolle is wat nie gedek is nie.

Ek glo mens kan seker 'n kamera opsit wat redelik gesentreerd na agter kyk maar dan kan mens iets mis as 'n voertuig naby is, want 'n zoom funksie op 'n trukamera is moeilik  maar seker nie ontmoontlik nie.

Dan ook, kyk ek net vlugtig in die tru-kamera om te bepaal of daar iets agter my is. Wat dit is pla my nie dus spandeer ek nie tyd daar nie. Dis soos om 'n gewone tru spieel te gebruik vinnige blik en jy is ge-orienteer tov wat om jou aan gaan.

Die hoe vêr jy kan terug sien hang ook af van die grote van die monitor. As 'n monitor het wat net aan die terugblink vereiste voldoen kan jy 'n groot lens kamera opsit die effek gaan maar beperk wees. As jy 'n monitor het waarmee jy kan sit en DSTV kyk sal 'n zoom funksie seker vir jou baat.

So ek dink daar is iewers 'n "trade-off" tussen hoe vêr jou kamera kan terug "zoom" teenoor die grote van die beeld. Iets wat jy sal moet toets voor jy dalk onnodig geld spandeer op ander kameras.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 06:54:54 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 752
Joined: 09 May 2014
Experience: 25 years

Pierre

Ken jy nie iemand in Australia nie ?  Ek soek so kamera en 'n split screen.

SD Dual Camera

sd-dual-camera

SD 7″ Split Screen Reversing Camera

SD 7″ Split Screen Reversing Camera Kit

Willem, ek het vir jou epos gestuur.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 06:55:21 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My kamera is redelik hoog gemonteer op die Sensation.  So kan ek tenminste twee tot drie voertuie agter my sien en in aggeneem volg afstande is dit seker 150m.

Ek wil nie weet of dit 'n Toyota, Ford of VW is nie ek wil net weet of daar iets is. En dit doen die Chinese ou kameratjie goed.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 08:38:09 am
Dieter
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 25 years

Hoogte sal beslis help dink ek, want dan kan jy oor die kar agter jou sien. Myne is laag gemonteer want ek wou nie eintlik gate in die veselglas boor nie, en ek wil hom maklik kan afhaal en skuif as ek dalk eendag 'n nuwe wa koop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Feb 2017 @ 20:36:35 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Goeie punt. Brommer wat is die kykhoek van jou kamera? Ek vind die 170 grade is te wyd vir die doel om verkeer te sien.
ek vermoed dit is of 120 of 90 grade.. een van die 2. Was vir my belangrik dat die aarde nie buig in kamera nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required