English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 242
Total Replies: 249 008
Total Views: 83 117 529
topics: 789
replies: 12 689
views: 4 957 336
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Tru-kamera

replies: 78
views: 1400
page 2 of 2
15 Oct 2018 @ 17:25:55 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2173
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Welkom Herman. Ek kaap seker nou ook draad maar ek moet se ek het verlang na jou gewaardeerde insette. Wat restoreer jy nou wat jou so besig hou.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 18:05:08 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years

Die draad het al by onderbroek grootes gaan draai !! Gaan moelik wees om dit verder te ontspoor.

Ja, moet se, ek mis ook my ou vriende, wel sommiges elk geval. Die klomp wat alewig wil stempel afdruk met n "ek weet als houding" het my bietjie laat verflou. En dan ook te kenne wil gee dat die Forum deur hulle ge-polisieer word, het maar een te veel geraak. Daars hy, die gal is nou uit my sisteem.

Manne, ek is deur n geweldige moeilike tyd, kinders en hul huwelike, om presies te wees. Van kamp was daar geen sprake die afgelope jaar en langer nie. Somtyds verstaan ek nie vandag se lewe waar oumense vir hul middeljarige kinders moet pa staan nie. So Piet, geen nuwe restorasie getakel nie, daar was ander "rekeninge" wat gediens moes word.  Maar die einde het aangebreek, na donderdag is ons lewe terug na 18 maande gelede. Dit gaan voel asof ons van voor af aftree.

Vir eers gaan ons die stilte geniet, die gedagtes regkry, net "chill" en bietjie rustigheid ervaar. Gelukkig bly ons op n ongelooflike mooi plek.

Groetnis.

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Oct 2018 @ 20:39:40 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3104
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Herman

Welkom terug. Jammer om te hoor van jou moeilike tyd.

Somtyds moet ouers net terugstaan en die kinders toe te laat om hul eie koppe te stamp.

My jongste het (teen my sin) sy eie besigheid begin. My raad aan hom..... Hoor wat ander mense se, maar luister na jouself. Maak jou eie foute en nie iemand anders sn nie!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2018 @ 12:15:52 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Sjoe hierdie onderwerp het die manne darem warm onder die kraag gemaak ek is skoon bang om n vraag te vra oor die kamera storie :-( Anyway laat ek nogtans die vraag vra al word my kop dan ook af gebyt :-) soos in my foto het ek n Sprite Splash, ek tou die karavan met n ML, geen probleme nie, ek het al so baie gehoor van die camera storie en hoe goed dit ookal is en veral as dit by veilige bestuur kom, ek verstaan die konsep van die kamera installasie op die karavaan maar die probleem wat ek het is hoe kry ek daai drade na my dash toe van die ML? Die ML het n LCD display vir die reverse camera maar ek dink nie jy kan die karavaan se kamera daarop koppel nie. As daar iemand is wat miskien vir my n bietjie raad kan gee sal ek dit waardeer, dis net dat ek nie gate in die ML wil boor om drade deur te trek nie. Miskien is daar iemand wat hierdie al laat doen het of self gedoen het?

Baie dankie

Johan

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2018 @ 12:31:54 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years
Middag Johan, ek het n firma in die Strand gekry wat die tru-kamrera vir my kan insit. Ek is verstom oor hoe goedkoop dit kos! Dit lyk my die kamera (vierkantig of rond) bedra ongeveer R200-00 Dan is daar n pragtige opwip-monitor wat op jou dash sit. Hy bedra ook omtrent R150-00. Dan is daar nog die installasie, maar ek vermoed dat die hele spul minder as R1000-00 gaan kos. Sodra ek my kantoor vir Desember sluit en meer tyd het gaan ek die kamera installeer. Dit lyk my die bedrading strek dan van heel agter tot onder die dash, waar dit OF vanaf die ruit gelei word of aan die voorkant gaan strek. Ek dink nie hulle boor gate iewers nie. Ek sal natuurlik oor hulle skouer loer met n geweer teen hulle koppe want ek hou nie van n half cast job nie.
  
You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2018 @ 12:45:15 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Middag Johan, ek het n firma in die Strand gekry wat die tru-kamrera vir my kan insit. Ek is verstom oor hoe goedkoop dit kos! Dit lyk my die kamera (vierkantig of rond) bedra ongeveer R200-00 Dan is daar n pragtige opwip-monitor wat op jou dash sit. Hy bedra ook omtrent R150-00. Dan is daar nog die installasie, maar ek vermoed dat die hele spul minder as R1000-00 gaan kos. Sodra ek my kantoor vir Desember sluit en meer tyd het gaan ek die kamera installeer. Dit lyk my die bedrading strek dan van heel agter tot onder die dash, waar dit OF vanaf die ruit gelei word of aan die voorkant gaan strek. Ek dink nie hulle boor gate iewers nie. Ek sal natuurlik oor hulle skouer loer met n geweer teen hulle koppe want ek hou nie van n half cast job nie.
  

Baie dankie Dansan ja ek wil bitter graag ook een laat insit is die firma se naam Autostylers wat jy op die foto gewys het? Laat my weet hoe dit gegaan het, verskaf hulle die camera en LCD screen?

Groete

Johan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2018 @ 14:13:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15973
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Johan die instalasie in die ML is eintlik baie maklik.  Dit is nie nodig om gate te boor nie.  Die draad van voor na agter word onder die plastiek trap beskerming by die deure gesit.  En dan van die voor deur af loop dit agter die sy paneel die jou voete.

Sou jy 'n monitor op die middel spieel verkies ........ van die voete op aan die kant van die "dash" verby tot by die paneel van die sy pilaar van die voor venster, verder op na die dak paneel oor na die middel spieel toe.  Ek het die bedrading so huidiglik self in my Ranger gedoen. Regtig min werk.

Sou jy die monitor op die "Dash" wou plaas, kan jy die drade van die sy paneel by die voete agter die paneel kassie verby bring tot by die middel konsole.  Hier gaan die draad  weggesteek moet word as dit nie gebruik word nie en gaan dit sigbaar wees as jy die monitor op die DASH geplaas het.  Of jy kan die draad  van die voete af net verby die "Dash" bring en dan in die hoekie waar die voor venster en dash by mekaar kom netjies indruk en dit gelei tot in die middel of waar die monitor gaan staan dan is net 'n kort stukkie draad sigbaar soos bo by die spieel.

Beide se krag na die monitor kan jy kry van die agterkant van die 12V sigaret aansteker sok.  Dit werk goed want by meeste voertuie is die sok ook af as die voertuig afgeskakel is.

Indien die ML nie 'n 12V sok in die "Boot" het nie kan jy die krag wat moet deurgaan na die karavaan toe vir die kamera ook van die voorste 12V sok af trek of die AUX power draad wat van die Monitor af kom, soontoe vat. In die geval sal die krag na die kamera eers aangaan sodra jy die monitor aanskakel. Die draadjie kan baie dun speaker draad wees want die kamera gebruik baie baie min krag.

Die enigste ding van kamera instalsie is om net eers die roete te bepaal wat jy die draad wil laat volg. Verder is dit net tyd want die werk is nie moeilik nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2018 @ 14:24:19 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Baie dankie Leon, ja die ML het n 12V sock in die boot gedeelte so dit kan daarvan daan werk, ek is net nie seker van die dash LCD screen of n n monitor op die middel spieel nie, ek dink net die dash LCD is miskien meer prakties (ek kan verkeerd wees) 

Ek het n plek in die Stand gekry wat blykbaar sulke installasies doen (auto stylers) en hulle gekontak vir n prys op die kamera en monitor, nie seker wat die beste kamera en monitor gaan wees nie maar ek sal kyk wat hulle se.

Baie dankie vir jou hulp, ek is van plan om December Knysna toe te gaan en wil gaan die camera laat insit sodra ek die geleentheid kry.

Weereens baie dankie vir jou raad, ek waardeer dit opreg.

Johan

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Nov 2018 @ 20:12:18 pm
Anonymous

Johan, daai spieel monitor wat opklip is koning.. Jyt direkte sig van agter soos jy natuurlik in jou spieel sou kyk en om die drade daar te kry is nie gate boor en drama nie. Mens moet net die werk ordentlik doen en nie haastig wees nie. Dan kan dit baie suksesvol en baie netjies wees en wanneer jy dit nie gebruik nie, ontkoppel jy die monitor en 'n baie kort puntjie van die sein koppeling bly agter jou spieel oor. Monitor kan dan gebere word tot volgende gebruik. Ek los sommer myne op permanent want hy werk goed genoeg as 'n spieel in SUV of bakkie..

Ek het erens fotos geplaas van sulke installasies.. Soek net Brommer rear view camera of so iets

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 06:18:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15973
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die enigste rede waarom ek self die monitor verkies wat op die spieel vas knip is dat dit 'n mense se natuurlike reaksie is om na die spieel se rigting te kyk om te sien wat agter jou aangaan.

As jy dan 'n kamera gebruik wat klaar vir jou die beeld om draai om vir jou 'n spieel beeld te gee, werk alles net puik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 07:17:08 am
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Ek dink dis ook n fantastiese idea miskien moet ek vir die spieel clip-on gaan, net n vraag ek sien mens kry nou n nommerplaat wat alklaar n kamera ingebou in die nommer plaat het, dink julle dit kan werk?

 

Baie dankie vir julle input ek waardeer dit.

Johan

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 07:58:35 am
Anonymous

Ek dink dis ook n fantastiese idea miskien moet ek vir die spieel clip-on gaan, net n vraag ek sien mens kry nou n nommerplaat wat alklaar n kamera ingebou in die nommer plaat het, dink julle dit kan werk?

 

Baie dankie vir julle input ek waardeer dit.

Johan

Ek het die nommerplaat kamera op my bakkie gebruik ja.. Ekt dit as reverse kamera gebruik en jy sal dit as rear view kamera ook kan gebruik... Ek is self net nie 'n ondersteuner van die lae kamera monterings nie. Jy kan nie agter die kar agter jou ook sien nie, waar ek met die hoër installasie alles en almal met gemak van bo af kan sien. 

Sover het almal wat ek gedoen het saamgestem

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 08:54:56 am
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

OOk weer waar, sien vra vir die manne wat weet ek jy kry die regte antwoord, waar dink jy sal die beste plek vir my sprite splash wees?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 13:05:21 pm
RichardJ
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 322
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

I agree that the position of the monitor being on the rearview mirror is a natural/logical position. Our clip on tends to clip off/ jump off with the result that we leave it in a convenient position on the console...which works when you get used to it...also it is in shade/less glare etc.

Johan alluded to the situation where the vehicle has a lcd panel/ entertainment system/ 'built in' vehicle reverse camera etc. Is it possible to connect the caravan's camera to such panels?

 

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 13:13:25 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15973
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek self verkies die kamera in die omgewing van of net bo die nommer plaat. Die foto toon hom op die Classique wat ek gehad het.

Toe ek die Sensation koop het ek hom hoër gemonteer maar terug verander na net bo die nommerplaat.

Dit is hoe die beeld dan min of meer na agter lyk. (sorry vir die foto neem vernuf moes bestuur ook)

Ek dink dit is meer as wat nodig is om na agter te sien. 

Dan sal jy sien my kamera het ook die stadia lyne in. (groen geel en rooi) As die kamera hoog is, is die staia lyne van minder waarde.

Ek gebruik hulle om my wa bv op sy plek te parkeer.

Laastens is dit ook makliker om 'n netjiese plat kamera soos hier bo te monteer en daar is geen drade te sien nie, hoër op iewers teen die agter paneel moet jy iets gebruik wat buite teen die agterkant vas monteer en dis effe moeiliker om die drade weg te steek.

Dis maar soos jy goed dink.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 13:40:58 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Baie dankie vir al julle raad is net die seker waar ek die kamera gaan wil monteer nie want beide het hulle voordele en nadele, maar dit wil my voorkom of almal saam stem met die spieel clip on monitor.

Is daar n spesifike kamera wat n goeie beeld gee waarvoor ek moet kyk?

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 14:08:28 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15973
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

My behoefte is:

  1. Moet 'n spieel beeld weergee. (Omgekeerde beeld)
  2. So klein as moontlik.
  3. Moet stadia lyne hê.
  4. Lig na agter gee as dit donker is. (Infrarooi)
  5. Die hoek wydte wat die kamera sien, moet darem so wees dat ek 'n voertuig wat van agter af verbysteek  reeds in die sleepvoertuig se kant spieel gewaar voordat dit uit die sigveld van die kamera verdwyn. (Kan jou eintlik waarborg dat meeste kameras dit kan gee).
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 14:15:16 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Baie dankie Leon ek sal begin soek maar dink darem ek sal die regte een kry.

 

Dankie vir al jou raad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 14:24:54 pm
RichardJ
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 322
Joined: 02 Sep 2015
Experience: 52 years

Johan ek het myne by Topcctv gekoop. Hulle het 'n verskydenheid opsies.

 

Two issues with mine, vehicles coming up from behind at speed, i pick up late.

When sun is low and from the rear there is serious 'whiteout' so consider a 'canopy/shade' around the lens. Mine used the numberplate light hole.

Living the dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 19:03:13 pm
Anonymous

Al gee jou kamera nie spieel beeld nie, die clip on monitor het spieel beeld funksie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Nov 2018 @ 19:25:23 pm
Johan
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 143
Joined: 23 Feb 2017
Experience: 3 years

Thanks Guys this is things i need to consider when buying a camera and monitor, i will have to find someone in Cape Town to install it for me, to be quite honest i am not good at installing stuff :-( Thanks for all your advice i really appreciate it.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2018 @ 13:13:36 pm
Spookie
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 18 Apr 2007
Experience: 48 years

Brommer, waar is jou besigheid? 

2005 Jurgens Xplorer
Toyota Fortuner 3.0 D4D 4X4
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Nov 2018 @ 23:24:19 pm
Anonymous

Brommer, waar is jou besigheid? 

Hi Etienne,

Kontak my op pieterdc2015(by)gmail(punt)com 

Ek is in Pretoria Noord..

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2018 @ 08:10:31 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

More al die manne. Ek laat sit vandag hierdie tru-kamera in my kar en karavaan. Die skerm is nie so groot as wat ek verwag het nie, maar ek is tevrede.  Dog ek noem dit net vir almal wat so ywerig deelgeneem het aan die gesprek. En ja, dit is in China gemaak.     

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2018 @ 08:16:53 am
Anonymous

Brommer, waar is jou besigheid? 

Los asb net vir my 'n kontak nommer op die e-pos. Ek antwoord sodra ek kan maar ek sien daar is e-mails wat teruggeskop word en dan kan ek nie die persoon kontak nie.

@Johan ek het vir jou e-pos gestuur maar joune het teruggeskop. Stuur asb weer 'n e-pos met kontaknommer en ek skakel jou ;-)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2018 @ 08:23:17 am
Anonymous

More al die manne. Ek laat sit vandag hierdie tru-kamera in my kar en karavaan. Die skerm is nie so groot as wat ek verwag het nie, maar ek is tevrede.  Dog ek noem dit net vir almal wat so ywerig deelgeneem het aan die gesprek. En ja, dit is in China gemaak.     

Soos elkeen maar verskil sal elkeen verskil oor waarmee hy tevrede is, solank mens net darem net tevrede is, ne? Geniet dit. Enige kamera is sekerlik beter as geen kamera

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2018 @ 08:52:19 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 723
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ek dink ek vat 'n bietjie van 'n kans, maar die bedrag is nie te erg nie, ek kan altyd die kamera op my trapfiets sit as dit nie werk nie .... Ek hoop die beeld is voldoende, ek wil nie 'n motor se nommerplaat agter my lees nie, ek wil bloot weet dat daar 'n ou is wat wil verbykom. Ek sal vir julle ouens laat weet wat die resultaat is, die gerief om professionele iemand naby my huis te hê wat reeds my motor se tru-kamera aangebring het is dalk voordelig. Die plek waar ek dit gekoop het behoort aan gawe Afrikaners en hulle hulpvaardigheid tot nou het dalk die deurslag gegee. Hulle noem my nog "oom" en het gesê hulle sal persoonlik by die installeerders gaan kyk nadat die kamera aangebring is.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Nov 2018 @ 09:04:50 am
Anonymous

Ek dink ek vat 'n bietjie van 'n kans, maar die bedrag is nie te erg nie, ek kan altyd die kamera op my trapfiets sit as dit nie werk nie .... Ek hoop die beeld is voldoende, ek wil nie 'n motor se nommerplaat agter my lees nie, ek wil bloot weet dat daar 'n ou is wat wil verbykom. Ek sal vir julle ouens laat weet wat die resultaat is, die gerief om professionele iemand naby my huis te hê wat reeds my motor se tru-kamera aangebring het is dalk voordelig. Die plek waar ek dit gekoop het behoort aan gawe Afrikaners en hulle hulpvaardigheid tot nou het dalk die deurslag gegee. Hulle noem my nog "oom" en het gesê hulle sal persoonlik by die installeerders gaan kyk nadat die kamera aangebring is.  

Dis baie goed

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 2 of 2
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za