Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21784 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17616 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6019 |
Bostoe | 5439 |
BrianB | 5111 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3209 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2457 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2140 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1970 |
Swanie | 1851 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1735 |
steamer | 1689 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1661 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1528 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1449 |
George | 1207 |
Louvan | 1195 |
RichardJ | 1105 |
Gerden | 1072 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 835 |
JohanMarais | 817 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 697 |
ELU | 661 |
snys | 631 |
Benkie | 587 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Willie54 | 422 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 405 |
LEEN | 376 |
survivalist | 351 |
Herman | 336 |
1Pierre2 | 336 |
Izak | 320 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Dieter | 265 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
REAList | 230 |
Fienie | 225 |
Tru-kamera
More almal, wat kan julle my vertel van n tru-kamera agtrer-op jou karavaan? My Fortuner het reeds 'n kamera agter waarmee ek die haak en karavaan pragtig kan sien en gemaklik kan haak. Maar ek het gewonder wat die voordeel/nadeel is van 'n kamera agter-op die karavaan. Ek wil nie met hom parkeer of agteruit ry nie, ek het wheel-movers. Ek wil bloot sien wat agter my aangaan terwyl ek ry. Wie sou so 'n installasie kan doen?
Gebruik julle manne 'n spieël-verlenging? Ek het een gekry saam met die karavaan-aankoop. àÃÂ
You'll never never know if you never never go
Danie, hierdie onderwerp is al goed deurtrap en jy sal baie inligting kry deur die woorde "reverse camera" onder "titlle search" in te sleutel.
Ek persoonlik maak ook gebruik van 'n tru kamera saam met die kant spieëls en vind dit werk puik.
Moeg geploeg.
Kamera is koning... Sien lekker agter jou. Ek geniet dit al die pad. Sal nie sonder kamera wil sleep nie. Mens weet wat agter jou aangaan en dis beslis die moeite werd.
Puik idee! Jy kan gerus met Pieter (Brommer) kontak maak-hy het myne ingesit en ek was nog nie een dag spyt nie, sy werk is puik en professioneel!
Jy kan na 'n duurstelsel gaan kyk wat byvoorbeeld deur Purple Sa verskaf word. Dit is ook beskikbaar by Campworld takke.
Of jy kan 'n draai gaan maak by Montana traders. Daar kan jy die Monitor en trukamera kry vir onder 'n R1000. Die kameras wat saam met die monitors verskaf word draai die beeld ook reeds klaar om sodat as jy na die monitor kyk jy reeds 'n spieel beeld sien van dit wat agter jou aangaan. Kort om dis asof jy in jou voertuig se middel spieel kyk. Neem net kennis dat die bedrading wat in die boks verskaf word strek van die "dashboard: in jou voertuig tot by die agterkant van die voertuig. Jy moet dus addisionele draad (Ook beskikbaar by Montana Traders) koop om die kamera te skuif van die haak tot by agterkant van karavaan.
Die is alles plug en play en dis vreeslik maklik om te instaleer. DIY. Daar is verskeie monitors wat jy kan kies. Wissel van groot tot klein en van hulle kan ook oor die middel spieel vas knip. Hier is 'n voorbeeld:
Ander monitors sit jy op 'n manier op die dash vas. Ek self het die tipe monitor want dit wat die kamera wys is soortgelyk aan dit wat jy omtrent in die middel spieel sou sien.
Die tipe kameratjie soos op die foto sit met twee klein skroefies vas. Ander boor jy 'n gat in die veselglas van die wa en monteer die hele kamertjie daarin. Soos die.
Jy sal ook op die foto die twee plugs sien van die kamera. Die rooi is die 12V krag + en - om die kamera te laat werk en die geel is die RCA video sok. Die ekstra koord wat onderdeur die karavaan moet loop maak reeds voorsiening vir die plug en play op die kamera.
Van die kameras het ook infra rooi liggies vir 'n mate van beligting as jy moet terugstoot in donker tye. Daar is verskeie sigbare hoeke maar dis waar die prys verskil in kom. Die kameras by Montana Traders se sigveld is van so aard dat:
- Jy sien duidelik die verkeer agter jou. Jy kan wel nie die drywer se gesig uitdrukking waar neem nie.
- As 'n voertuig jou sou verby steek is die voertuig reeds sigbaar in die sleep voertuig se standaard truspieels alvorens dit uit die kamera se sigveld verdwyn.
- Dus kan jy deur middel van die tru kamera en die spieels meer om jou voertuig sien as wat jy van verlengde spieels sou gebruik maak.
Op die ou einde hang dit wat jy gaan betaal af van die behoeftes wat jy het. Ek self vind dat die Chinese produkte heel goed werk en dit is so goed koop as 'n kamera onklaar sou raak vervang jy dit teen R250.
Hoe jy die instalasie doen, waar die kamera se beste plasing is, hoe groot die ideale monitor is, wat die kamera se sigveld moet wees, koppeling tussen voertuig en karavaan is alles besprekings wat ookal oor gesels is hier.
Sterkte met jou soek tog. Wat belangrik is, is dat ek eerder met 'n kamera sal sleep as met verlengde spieels. My Classique het dit op gehad (foto hier bo) en ook my huidige Sensation Maia.
Dit werk nou maar net puik.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Fanx Leon, my Fortuner het reeds n kamera. Die beeld wys op n nuwe middel-spieel wat bo-oor die oorspronklike spieel geheg word, dit werk pragtig. Die beeld wys net op die een helfte en werk natuurlik net in tu-rat wanneer ek agteruit ry om die karavaan te haak. Ek kan n tweede kamera (dalk hoër op wat afwaarts kyk) laat insit wat dan op die ander helfte van die spieel sal beeld.
Ek gaan jou advies volg en soek vir n dashboard-monteer beeld wat permanent aan is terwyl ek die karavaan sleep wat ek kan afhaal wanneer ek nie sleep nie..

Ek stem saam met Brommer oor die monteer van die ekstra monitor. Maar in jougeval gaan die beeld net aan as jy trurat skakel. Jy sal of ander monitor kry of 'n middeweg moet kry tussen die tru van die voertuig en kamera van die wa.
Soos Pieter sê, as jy 'n monitor soos in die foto hierbo gebruik het jy nie nodig om monitors af te haal of op te sit nie want as die monitor af is, is dit steeds 'n puik tru spieel.
Sterkte met die beplanning. Daar is 'n paar produkte en opsies wat jy kan oorweeg.
Op my vorige Ranger was die tru beeld ook in die truspieel van die bakkie ingebou. Dit het genoodsaak dat ek die monitor verwyder as ek nie sleep nie. Nou is die tru beeld groot op die radio skerm en kan ek die monitor eintlik op die middelspieel los.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Danie
Ek gaan nie doekies omdraai nie.
Ek dra bril vir oor die 50 jaar. Moet nou ook by se ek ry ongeveer 8000km/maand.
Die kamera ding werk net nie vir my nie. Ek kry geen duidelike beeld agter my nie soos met gewone Kant spieels. Ek het my stelsel ook by Traders gekoop.
Ek het eers monitor gekoop wat oor binne spieel pas. Die gemors. Ek sien meer wat aangaan binne my kar as buite. Toe koop ek 7". Nogsteeds werk dit nie vir my nie.
Vir my is die "schlep" om all die goed aan!mekaar te sit net nie die moeite werd nie.
Die buite spieels....2 min end dis op en ek kan sien!!
Ek kraak niks en niemand hier af nie.....dis net wat my belewenis is. En dis agv my oe
At last !!!!

Miskien bietjie kyk of jy nie beter stelsel kan kry en kyk of dit beter werk nie.. Daar is defnitief verskille in resolusie en die beeld en ook die refleksie eenhede.. Dalk maar bietjie loer..
Ek moet sê die stelsels wat ek ingesit het sover is almal baie tevrede en kan getuig van die waarde van kamera stelsel (wat nie by Chinese gekoop word nie)
Van ek n kamera op die wa het kan ek nie sonder hom sleep nie.
Het dit self gedoen en sien hoe die spietkop in sy neus krap toe hy om die wa stap nadat hy my gestop het.
Al weer oppad iewers heen.
Miskien beter kamera stelsel kry en nie die Chinese ondersteun nie? Dalk is ons mense maar ons eie ondergang ons sal eerder die Chinese ondersteun as die beter produkte?
Miskien bietjie kyk of jy nie beter stelsel kan kry en kyk of dit beter werk nie.. Daar is defnitief verskille in resolusie en die beeld en ook die refleksie eenhede.. Dalk maar bietjie loer..
Ek moet sê die stelsels wat ek ingesit het sover is almal baie tevrede en kan getuig van die waarde van kamera stelsel (wat nie by Chinese gekoop word nie)
Dalk 'n goeie punt wat Pieter aan roer. Om meer die plaaslike vervaardigers te onder steun. Maar die tipe uitrusting kom meeste van oorsee af en plekke soos Eloptro wat wel kameras hier maak gaan jy en ek nie die geld hê om daarvoor te betaal nie. So of dit van China Japan Europa af kom dis nie gemaak in SA nie
Soos Pieter sê. Doen maar eers jou huis werk. Ek gaan vanmiddag my karavaan op die plot haal en sal 'n foto neem van die beeld op die monitor wat ek bv gebruik. Ek hoop maar die selfoon kan weergee wat ek as aanvaarbaar vir die doel beskou.
Mens moet onthou dat die tyd wat jy fisies na die monitor kyk gedurende die rit is enkele sekondes of selfs gedeeltes daarvan. (Soos wat jy na 'n truspieel sal loer) Dis net om te sien of daar verkeer agter jou is en hoe vêr weg dit is. Jy gaan nie ure na die monitor staar soos as jy 'n video kyk nie. Nou vra ek net vir die praktiese aanwening van vinnig loer wil jy werklik sien wat is die kleur van die bestuurder agter jou se oë.
Ja jy kan die monitor ook gebruik vir DVD kyk in die voertuig. As jy dit wil doen kan die monitor van 'n beter standaard wees. Dit alles hang van jouself af. Sommige mense gaan vir goud en koop altyd TOP of the RANGE. Ander koop wat dalk net prakties aanvaarbaar is.
Ek behoort teen môre oggend 'n foto of wat te plaas.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dankie Leon ek sal dit ook graag wil sien. Ek het onlangs in die Kaap my kamera vervang met n beter gehalte en beter gehalte draad. Die beeld het toe reeds geweldig verbeter. Ek wil nou ook my monitor (7 duim) in die Fortuner verander na n beter gehalte. Myne begin al sy ouderdom streke uithaal. Gesien na al die jare se gebruik het hy egter sy deel gedoen. Ek wil nou egter terwyl ek verander na n beter kwaliteit verander. Sonder my tru kamera???? asseblief nie weer nie........ek kan nie dink om daarsonder te ry nie. Die veiligheid is n moet veral as jy deur stede en dorpe ry. Ek stem ook met Leon saam dat jy dit slegs sekondes lank gebruik maar daardie sekondes kan n lewe red of n ernstige ongeluk vermy. Gemoedsrus is wat dit vir my doen.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
Die kamera in ons wa en 7duim monitor het ek by die sjinees gekoop. Die monitor kan ek stel vir helderhuid en is baie gelukkig daarmee. Die beeld is dieselfde as my friend se Porsche tru kamera.
Hoe lank hy gaan hou weet ek nie maar jy hoef nie altyd die duurste te koop nie. Vir my gaan dit hoeveel jy wil spandeer vir wat my kry.
Probeer ook trots Afrikaans koop maar het ook al gemors gekry.

Ek sal ook 'n SA produk ondersteun. Probleem is ons suid afrikaners wil skatryk raak deur net een item te verkoop of die inset koste is so hoog dat die ontwikkeling groot bedrae geld kos. Kom ons vat 'n Tru Kamera en Klein Monitor as voorbeeld. Gee my 'n maatskappy in SA se naam wat enige van die goed hier vervaardig? Daar is nie! En die enigste rede is dat dit groot inset kostes vat om so iets tot stand te bring en te "Industrialiseer". Baie goed koper om dit in te voer.
Belangrik in die geval is om eers jou behoefte te analiseer. Dit bepaal wat jy nodig het en dan uiteraard die koste om te kry wat jy soek.
My vrae is .................. gaan jy op die monitor soos in jou sitkamer sit en 'n movie kyk? Is die beeld wat 'n duur kamera verskaf omgedraai vir die doel van 'n spieel beeld (Trukamera). Kan 'n duur kamera die stampe en stote van 'n ongelyk pad hanteer. Hoe wye hoek wil jy sien as 'n klein kamera jou reeds die vermoë gee om steeds voertuig op monitor te sien, terwyl jy dit in die bestaande sy spieel reeds kan waarneem. Hoe vêr wil jy na agter sien, 80m, 100m, 150m? As 80m genoegsaam is vir jou om veilig laan te wissel.
Hier is die foto van my monitor toe ek my wa gister gaan haal het. Jammer bietjie gesukkel om te bestuur en pics te neem maar tenspyte van dit kan julle sien jy het eintlik niks meer nodig as die goedkoop items nie.
Kan gemaklik vêr terug kyk. Veilig genoeg om laan te wissel.
Foto minder duidelik verskoon die fotograaf asb. Maar die voertuig is sigbaar op monitor en in die regter sy spieel. So daar is nie 'n oomblik eenigsins wat die voertuig dalk onsigbaar of in 'n blinde kol van die monitor is nie.
As dit vir jou belangrik is om die drywer se oë kleur te kan sien dan koop jy 'n beter stelsel as hierdie.
Terloops die kamera is net bokant die nommer plaat van die wa gemonteer.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Die monitor wat ek gebruik is nou so 6,5 jaar oud en die kamera 3,3 jaar oud. Werk steeds puik. Vir die R800 wat ek daaityd betaal het.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Interessant dat mense die top of the range van sekere karre kan koop en die top of the range karavane en dan wil kla oor die suid afrikaners wat skatryk wil word terwyl hulle self dan die duurste van alles besit??? Ek wonder ook wat daai mense doen vir 'n lewe en hoe mens bietjie goedkoper sonder hulle tipe vaardighede moet kan klaarkom?
Leon kan jy my sê waar jy daai movie-ding gekry het? Is daar n koop-plek in die Kaap? Ennnn, is dit n remote-meneer of is daar drade wat getrek en gespan moet word? Ek sit reeds met 'n tru-skerm op my Fortuner wat vir die towbar aangesit is en absoluut heerlik werk. Hoe sal ek maak met 'n karavaan-kamera se skerm? Ek sit reeds met n GPS en bande-druk-monitor, as ek NOG iets soos nog 'n skerm op die dashboard moet sit gaan ek met my kop by die venster moet uitry om die pad te kan sien.

Soos ek gese het jy kan 2 kameras op die skerms gebruik.. Wanneer jy sleep wys die kamera van karavaan op skerm en wanneer jy nie sleep nie wys jou reverse kamera op skerm wanneer jy "reverse"....
Leon kan jy my sê waar jy daai movie-ding gekry het? Is daar n koop-plek in die Kaap? Ennnn, is dit n remote-meneer of is daar drade wat getrek en gespan moet word? Ek sit reeds met 'n tru-skerm op my Fortuner wat vir die towbar aangesit is en absoluut heerlik werk. Hoe sal ek maak met 'n karavaan-kamera se skerm? Ek sit reeds met n GPS en bande-druk-monitor, as ek NOG iets soos nog 'n skerm op die dashboard moet sit gaan ek met my kop by die venster moet uitry om die pad te kan sien.
Ongelukkig kan ek jou nie sê waar in die Kaap jy dit in die hande gaan kry nie. Soek 'n plek of omgewing soos 'n vlooimark wat baie chinese of Indieer produkte verkoop. Kanse is goed jy sal dit daar kry.
Die monitor wat ek het was ook beskikbaar by Montana traders hier in Pretoria, dis waar ek myne gekoop het. Na 'n tyd het ek nie meer van hulle gesien nie en toe het ek van dit saam gebring uit Dubai uit. Twee of drie op n slag. Terwyl ek daar was het ek hier op die forum gevra wie stel belang en dit dan saam gebring. Dit aan die mense verskaf sonder vergoeding want dit kos my niks om dit saam te bring nie. Hulle het my net betaal dit wat ek daar betaal het, omgeskakel in Rand. Dink dit was met die "exchange rate" op daai stadium R1000.
Die monitor het ook twee RCA video sokke wat dus twee kameras kan hanteer. Op die skerm kies jy dan net AV1 of AV2. In jou geval dan die kamera op die haak of die kamera agter die wa.
Weereens 'n funksie wat die "goedkoop" monitor het sonder om jou plaas af te staan om dit te kan koop.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Interessant dat mense die top of the range van sekere karre kan koop en die top of the range karavane en dan wil kla oor die suid afrikaners wat skatryk wil word terwyl hulle self dan die duurste van alles besit??? Ek wonder ook wat daai mense doen vir 'n lewe en hoe mens bietjie goedkoper sonder hulle tipe vaardighede moet kan klaarkom?
Vir my gaan dit gelukkig nie oor dit wat ek ry en dit wat jy ry nie maar die diens/ inligting wat ek hier kan verskaf.
In Suid Afrika gaan dit oor kennis oor produkte en ongelukkig is die ou wat niks weet van iets af nie die een wat lelik uitgebuit word. (Dis nou die makkers wat skatryk wil word deur een ding te verkoop)
As dit kom by, as voorbeeld, sonpanele en laai vermoë van batterye. Dan los ek dit by die mense wat KAN, soos jy en ek leer by jou en die ander spesialiste. Maar as ek weet dat iets goedkoper is en dit werk net so goed sal ek dit bevorder sodat ander wat nie die kennis het nie ook die gemak daarvan kan hê sonder om sy pensioen te verloor in die proses.
So ek weet nie waarom jy die aanmerking gemaak het tov top of the range karre en top of the range karavane nie. Ek is 'n salaris trekker en werk elke dag vir my geld. Wonder hoekom my top of the range goed jou so pla.
Punt is: Ek weet dat die Chinese produkte in hierdie geval werk puik. Daar is niks fout met dit nie. En kan eintlik sê hulle werk netso goed soos die duur kameras. En sou die chinese kamera breek kos dit ongeveer R250 om te vervang. (Laas wat ek geprys het)
Die grap van alles is mense kan steeds die goed koop items koop en jou vra om dit te installeer. Jy kan steeds jou instalasie kostes maak uit dit uit. Want ek verseker jou die kamera en monitor doen hul werk net so goed.
Jy sien dalk kom dit nou hier neer op daai "EEN".
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !