English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 709
Total Views: 82 537 664
topics: 143
replies: 2 193
views: 51 430
In this section we share and discuss various technical advise that help fellow campers in general or regarding specific questions.

Tru-kamera stadia lyne

replies: 20
views: 273
11 Oct 2019 @ 08:50:26 am
Rudi
Bronze Member
33% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 22 Oct 2007

Kan iemand my sê of die stadia lyne (parkeer lyne) wat op die monitor vertoon, vanaf die kamera kom of vanaf die monitor? Kan dit afgeskakel word? Ek het so pas my 7" monitor en kamera (sommer goedkoop chinese tipes) ontvang en gesien monitor wys stadia lyne. Kamera was geadverteer as "rear view" en nie "reverse" nie.

is dit steeds nodig om kantspieels te gebruik saam met tru-kamerastelsel?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 09:59:44 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Ek het net die kamera gebruik en nog gladnie eers in my berit spieëls gehad nie.

Een sondag van Sterkrivier het hulle my gestop en tanie spietkop wou weet hoe sien ek agter.

Haar gewys en sy was heel verbaas.

Haar gesê dat almal dit het en sy nie weer voertuie met karavaan aan moet stop nie.

Net gesê "okay"

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 10:02:30 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Myne het die lyne gewys maar dit het my nie gepla in die ry nie.

Wel baie gehelp met agteruit stoot en die groen, geel, rooi lyn het ek geweet hoe vêr ek is.

Weet nie of jy dit kan afhaal nie.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 10:32:15 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Shoe Rudi, hoe boul jy my nou uit. Ek verstaan nie mooi jou vraag nie. Ek neem aan jy praat van die karavaan-kamera. Myne het ook die monitor-lyne, maar ek het nog nooit gedink aan waar hulle vandaan kom nie, hulle moet mos van die kamera af kom. Ek is ook nie seker wat jy bedoel met "reverse" en "rear view" nie. Ek reverse EN rear view met myne. 

Wat ek wel vind met my kamera is dat die SEWENTIG grade hoek wat hy kan kyk veroorsaak dat DISTANSIE nie so maklik gesien word op die monitor nie. Ek het my vroutjie agter die karavaan laat staan en 'n nota gemaak van hoe vêr sy staan op die lyne wat ek op die monitor het. Ek het gesien dat sy letterlik teenaan die karavaan staan en dan lyk dit steeds of sy vêr weg staan.   

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 13:41:57 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Die kamera gee die lyne. Jy kan kyk of jou kamera funksie het om die stadia lyne afte skakel, gewwonlik as dit so funksie het is dit draadjie wat jy net afknip. Anders kan jy net 'n ander kameratjie weer koop. Dis mos goedkoop genoeg by die chinese? Probleem opgelos


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 13:43:55 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Shoe Rudi, hoe boul jy my nou uit. Ek verstaan nie mooi jou vraag nie. Ek neem aan jy praat van die karavaan-kamera. Myne het ook die monitor-lyne, maar ek het nog nooit gedink aan waar hulle vandaan kom nie, hulle moet mos van die kamera af kom. Ek is ook nie seker wat jy bedoel met "reverse" en "rear view" nie. Ek reverse EN rear view met myne. 

Wat ek wel vind met my kamera is dat die SEWENTIG grade hoek wat hy kan kyk veroorsaak dat DISTANSIE nie so maklik gesien word op die monitor nie. Ek het my vroutjie agter die karavaan laat staan en 'n nota gemaak van hoe vêr sy staan op die lyne wat ek op die monitor het. Ek het gesien dat sy letterlik teenaan die karavaan staan en dan lyk dit steeds of sy vêr weg staan.   

Jy kry reverse kameras wat dan eintlik die lyne het en skoon rear view kameras wat nie die lyne het nie, en dan kry jy kameras waar jy kan kies of jy lyne wil he of nie..

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 13:55:31 pm
Rudi
Bronze Member
33% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 22 Oct 2007

Dankie almal....

Brommer jy antwoord nou al my vrae....kamera het nie draadjie om te knip nie, so sal moontlik maar ander een koop. Gaan net eers huidige een gebruik.....miskien is lyne nie so erg en raak ek gewoond daaraan. Ook dalk handig vir afstand bepaal soos bo genoem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 13:58:05 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Soos Brommer sê, die stadia lyne kom van die kamera af.  As jy hom instaleer laat ma op die afmerking van rooi, geel en Groen se maksimum staan.

Dan gaan kyk jy hoe vêr is dit werklik op die grond. Selfs die twee wye punte van die groen op hul maksimum.  So kan dit jou help met jou wa terug stoot in 'n staanplek by 'n oord.

Ek weet presies waar die afstande is op my karavaan se tru kamera.  Ek moes terugstoot tussen twee karavane in drie naweke terug toe ek saam met Oom jeep en ander forum lede langs die vaal rivier gaan kamp het.

Dit het my baie gehelp en die parkeer van die wa in een terugstoot slag gedoen.  Dit sou verseker moeiliker gewees het daar sonder.  So my raad is bepaal die afstande en gebruik dit so paar keer. Dit help baie as jy dit gewoond is.

Dan die verskil tussen 'n gewone kamera en 'n tru of reverse kamera is met laasgenoemde sien jy 'n spieel beeld wat agter jou aangaan. Selfde soos wat jy in die middel spieeltjie van jou voertuig sal kyk. As'n voertuig jou van agter regs verby steek dan sal jy dit so ook regs op die monitor gewaar.  Met 'n gewone kamera sal die voertuig op die linker kant van die monitor sigbaar wees.

Met my Sensation karavaan wat brieër is as enige ander karavaan op die mark, kan ek met die trukamera, monitor en voertuig kant spieels basies reg rond om my sleep kombinasie sien.  Ek gebruik glad nie meer die vibreerende verleng spieels nie.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 14:22:09 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Mens stel op die skerm dat die image mirror is dat jy wel op gewone kamera die korrekte beeld kry soos op jou spieel, maw die kar kom links verby en wys dus links op die skerm. Dis hoe AL die stelsels werk wat ek ingesit het, anders gaan mens deurmekaar raak en dan kan jy ongeluk veroorsaak. Sal baie onverantwoordelik wees as dit nie reg gestel word nie


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 14:27:29 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1935
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Rudi jy raak daardie lyne gou gewoond en ekself gebruik hulle baie. Ek sou nie graag daarsonder wou wees nie. Ek besit vir jare ook nie meer die vibreerende kantspieels nie.

Ek was ook paar jaar terug by Mthata afgetrek en die beampte het ook na my spieels gevra. Toe ek hom die kamera wys dog ek die man wen die lotto. Hy het al sy kollegas geroep om te kom kyk. Een het selfs agter die karavaan gaan staan en die ander een het op die skerm gekyk of hy hom kan sien. Ek dink hulle het gedink ek bluf hulle. Duidelik was dit die eerste maal wat hulle dit gesien het.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 17:51:12 pm
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1318
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

I have tried to upgrade the camera part of the system twice now, but still can't see as far back as I would like.

I have just had CCTV cameras installed at my HQ and they are brilliant. R 280 ea.

Also work off 12v, so I wonder if this will be my next attempt.

Brommer, I know your view on Fong Kong stuff, but do you think it will work?

 

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2019 @ 19:46:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14491
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

I have tried to upgrade the camera part of the system twice now, but still can't see as far back as I would like.

I have just had CCTV cameras installed at my HQ and they are brilliant. R 280 ea.

Also work off 12v, so I wonder if this will be my next attempt.

Brommer, I know your view on Fong Kong stuff, but do you think it will work?

 

I doubt if there is local camera manufacturers in SA. Most cctv shops you buy from local, import their stuff.....coming from same country. Difference is you buy imported items locally. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 07:51:21 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Sover ek weet moet jy ook ander pad gebruikers langs jou kan sien. Die kamera kan nie langs jou wa sien so jy kan nie jou blind spot nagaan voor jy bv van baan verander. Soos gebruiklik in gevorderde bestuurskursus MOET jy eers jou bling spot check voor jy bv 'n flikker aansit. Dit is dan gewoonlik na jy reeds in jou spieëls gekyk het. 

Ek het dit dat jy steeds spieëls moet opsit en GEBRUIK.

Leon dankie vir die antwoord rondom die verskil tussen reverse en rear view. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 20:12:18 pm
Rudi
Bronze Member
33% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 22 Oct 2007

Danie, jou stelling maak goeie sin nl. om kantspieels steeds te gebruik om jou blindekol na te gaan. Dink ook dit is baie veiliger.

Wat dink julle ander: Kamera en spieels of net kamera?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2019 @ 20:16:31 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Sover ek weet moet jy ook ander pad gebruikers langs jou kan sien. Die kamera kan nie langs jou wa sien so jy kan nie jou blind spot nagaan voor jy bv van baan verander. Soos gebruiklik in gevorderde bestuurskursus MOET jy eers jou bling spot check voor jy bv 'n flikker aansit. Dit is dan gewoonlik na jy reeds in jou spieëls gekyk het. 

Ek het dit dat jy steeds spieëls moet opsit en GEBRUIK.

Leon dankie vir die antwoord rondom die verskil tussen reverse en rear view. 

Sien daai hondjie in die agter venster wat se koppie so skud.

Ons is nie almal Taxi drywes nie.

Van ons kan bestuur.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 16:25:17 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Danie, jou stelling maak goeie sin nl. om kantspieels steeds te gebruik om jou blindekol na te gaan. Dink ook dit is baie veiliger.

Wat dink julle ander: Kamera en spieels of net kamera?

Met die eenvvoudige stelsel wat ek gebruik kan ek 'n voertuig wat my van agter af nader en aan my regter kant gaan verby steek deurgans dop hou.

  • Ek sien hom van agter nader.
  • Ek sien hom oor beweeg na regs.
  • Soos hy nader kom gewaar ek hom in die regter spieel van voertuig voordat hy uit die kamera se gesigveld uit is.
  • Steeds in kant spieel as hy kamera se veld verlaat.

Dan is dit verder soos normaal bestuur. blinde kolle en dies meer. My stelsel het nie meer blinde kolle as gevolg van die gebruik nie, inteendeel ek kan agterr my wa sien waar jy met die spieels nie agter die wa kan sien nie.

Dus my antw is Net kamera stelsel en oorspronklie kant spieels van jou voertuig. Wel dis nou as jou stelsel dieelfde beeld wydte gee as myne of dalk meer

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 16:31:24 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek kry die vraag baie van spieels, en het nou fotos op van die installasies aan kliente gewys dat wat jy in jou spieel sien, jou kamera ook sien, dus is jou blinder kolle basies direk teen jou wa wat jy elkgeval nie sou sien MET spieels nie.

Ek self het nie spieels nie, en kan in my spieels dadelik die linkerkant en regterkant sien sowel as items op die kamera, sodra dit net-net op die kamera se sien punt verby beweeg is dit lankal in jou gewone spieels.....

@Steamer, jy kan net toets en probeer, dis die beste geweer? ;-) Daar is baie goeie kameras en daar is baie slegte kameras, dit gaan maar op die ou einde oor of jy tevrede gaan wees of nie. "Try and see if it works well for you? I can not say directly from limited info but the best is to connect a camera and see what you want to see. At the end of the day you have to be satisfied with what you see"


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 16:40:57 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dan moet jy jouself af vra:

  1. Wil jy tenminste net 'n voertuig agter jou gewaar.
  2. Wil jy sien of dit 'n man of vrou is wat bestuur.
  3. Wil jy 200m terrug sien.

Dit bepaal jou behoefte aan die kamera se vermoe.  Want sien

  1. Net die onmiddelike voertuig agter jou verg dalk n aksie van jou Miskien die tweede ook as hy baie naby aan die eerste ry.
  2. Die voertuig is so 40m tot 50m agter jou. Hoe ver wil jy dan nou sien
  3. Man of vrou of die kleur van hul oe gaan jy elkgeval nie raak sien nie, want die gemiddelde tyd gespandeer aan 'n truspieel blik is 1 sek of dalk minder.  Dieselde maar met jou blik na die tru monitor as jy hom gewoond is.

Die monitor stel ek voor moet nie kleiner as 5" wees nie. Want met dit en groter sien jy basies wat jy moet om volgens K53 stesel besluit te maak en aksie te neem of nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 16:44:00 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Ons kan lank gesels oor hierdie punt. Enige kleiner SUV of meeste plat karre sal nie iets langs die wa in hul spieels kan sien nie. Ek dink hier aan mense op fietse en motorfietse. Dus hoekom hulle sleepspieels MOET opsit. Ander karre soos bv die DC bakkies en groter SUV's is wyd genoeg om by meeste woonwaens verby te kan sien.

Daar is dus nie net 1 antwoord vir almal nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 17:00:50 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14789
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die bestaande voertuig spieel maak nie saak van watter voertuig nie sien verby die kant van die wa.  

As jou voertuig nouer is kyk jy steeds langs die wa af maar die area agter die wa waar jy niks sien nie is grooter.  Plaas die kamera daar en jy sien alles wat agter jou voertuig aangaan.

Danie jou argument is geldig sou 'n voetganger teenaan agter jou karavaan stap of teenaan die kant heel agter stap.

Selfs met 'n fiets is die kanse skraal jy hom nie gaan sien nie.

Ek kan met sekerheid se selfs op my Maia wat breer is as n Jurgens wa dat ek daai punte bo genoem sal cover as n fiets of persoon daar loop.  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2019 @ 17:12:34 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5660
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Rudi

Ek het by Communica vir my 'n ander kamera gekoop wat nie so wye hoek het nie en hy werk BAIE nice en is oom meer realisties wat afstand betref.

Ek het nou 2 kameras op, die een onder by die nommerplaat is re "Reverce" kamera wat 'n wye hoek van so 170° het en die "Rearvie" kamera wat ek by Communica gekoop het is so 60° hoek en is baie beter op die oop pad.

My monitor kan 2 kameras vat en ek skakel net oor na die onderste een as en moet terugstoot.

Hier is my oorspronklike draad se skakel.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required