Weet nie of dit "contact adhesive" sal verwyder nie.
Om ou ettiket gom van glas bottels te verwyder smeer ons margerine op die ou gom. Los dit oornag en was af met warm water.
Gehoor "Spray and Cook" werk ook.
Probeer Genkem Contact Adhesive Cleaner. Sterkte, dit klink na 'n goor deel van die projek.
Colin sê toe hy nog in die motorbedryf was, het hulle Benzine of Eucalyptus olie gebruik. Blykbaar verwyder die olie ook gom wat van 'n boom af val op jou motor.
Herman, die restourasie hou jou besig. Jy is skoon stil op die forum die laaste tyd. Chuck is ook stil.
Colin sê toe hy nog in die motorbedryf was, het hulle Benzine of Eucalyptus olie gebruik. Blykbaar verwyder die olie ook gom wat van 'n boom af val op jou motor.
Herman, die restourasie hou jou besig. Jy is skoon stil op die forum die laaste tyd. Chuck is ook stil.
I hang my head in shame.... Spent most of Sunday converting 2 old golf carts into a kas-kar vir die twee skurreminkles... Kon dit nie eers kla kry.....
RESPECT...
neef Herman, ek dink jy maak die Truimph mooier en beter as wat die oorspronklike vervaardigers dit ooit gedoen het. Lyk baie "grand", jy kan nogal trots voel op jou handewerk. Lyk my dit hou jou baie besig. Neem nou eers vir Vonnie op 'n lekker kamp, netnou voel sy afgeskeep en dit sal nie werk nie.
Lyk sowaar baie spoggerig.
Herman, dit is sommer spiekeries. Sien uit na die eind produk.
Herman, dit lyk verskriklik mooi. Jy kan regtig trots wees op jouself. Gaan jy en Vonnie nou daarmee rondry? Met die volgende een moet jy vir Vonnie 'n Mini regmaak.
Liewe magtig dis wragtig pragtig Herman.
Baie netjies. Chapperige stukkie werk sovêr.
Spier wit sitplekke?
Rooi sitplekke?
Swart sitplekke?
Dit is baie mooi Herman. Neem foto's van die binnekant wanneer die sitplekke in is. Mens kan amper nie glo dat jy dit met jou twee hande kon doen nie. 'n Groot talent wat jy het, jy het mos Jurgie ook so mooi gemaak.
Baie mooi Herman. Dit lyk spoggerig.
Hy kort nou net MAG wiele of daai ou speekwiele. Lyk chapperig!!!
Herman, het jy boekgehou oor hoeveel die projek jou gekos het?
Ek dink nie die karretjioe kon mooier gelyk het toe hy van die fabriek af gekom het nie!
Pragtig Herman
Sal moet kom kyk as ons weer daai rigting is.
Herman, te oordeel aan die fotos wat jy plaas, kan mens nie ware geld aan die pragstuk koppel nie.
Gefilisiteerd Herman, soos die Hollanders sê. Dis nou 'n puik joppie- wat is volgende? Gee ons mettertyd 'n verslag van hoe hy op die pad doen.
Baie geluk Herman, dit is knap gedaan. Jy kan trots wees op jou handewerk. Het jy hom al vir 'n spin gevat en hoe ry hy?
Colin het nou kom kyk, hy sê ek moet vir jou sê: "Jy moet baie geduld, baie uithouvermoë en baie geld hê om dit te kan doen. Well done."
Baie netjies. Knap gedaan.
Hoeveel wil jy vir hom hê?????