English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 651
Total Replies: 237 001
Total Views: 82 696 436
topics: 11 042
replies: 129 104
views: 39 035 833
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Travel Assurance

replies: 8
views: 167
13 Jan 2020 @ 12:38:58 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 372
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years

Nou regtig n vraag wat nie Kamp verband is nie

Beplan om Julie vir my dogter in Engeland te gaan kuier hoor maar net almal praat van Travel assurans iemand dalk al met Fnb Se Kredietkaart kaartjies gekoop verstaan indien jy dit doen kan jy dan gratis Travel assurans kan kry en is dit voldoende

Dankie

Tjaart 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 11:27:13 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 371
Joined: 28 Feb 2018

You need proof of that the crediet card will pay for the insurances, add evidences to your visa application 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 12:55:33 pm
Weskus klong
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 32
Joined: 10 Nov 2016
Experience: 36 years

Hi Tjaart, ek neem aan jy verwys na mediese versekering.  Indien wel, kontak jou mediese skema. Ek kry gewoonlik die versekering van my mediese skema teen geen koste.  Dit dek uitgawes tot R 5 000 000 per persoon.   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 12:59:03 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3805
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Die gratis versekering is dalk genoeg vir die visa aansoek. Onthou bewyse.

Vir gemoedsrus het ek maar volle versekering deur ABSA gekoop. Dek alles, van vlugte wat gekanselleer word, mediese kostes, tasse wat wegraak, diefstal, tot om jou oorskot terug te bring. Glo FNB sal 'n soortgelyke versekering aanbied.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 14:14:48 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1018
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years

Ek is by Discovery, hulle net gebel en datums gegee van wanneer tot waanneer ons weg sal wees en dis gedoen en bewys vir my deurgestuur,Absa het ook basiese dekking en as meer soek moet jy betaal bel maar net jou bank 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 16:08:58 pm
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1108
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Tjaart, ons "koop"  versekering want ons medies dek jou nie in die buiteland nie.   Ons koop ons vliegkaartjies met FNB se Visakaart.  Dan skakel ek 0861 490 100 en reël die versekering wat gratis is.   Verlede jaar na die VSA het ons 'n top-up geneem want die VSA is duur.  

Kyk ook op  https://www.fnb.co.za/insurance/travel/index.html ,   skakel TIC op 011 521 4000 of besoek die webtuiste van   www.tic.co.za . 

Die basiese pakket is gratis en redelik volledig.  Die bedrae vir verlore bagasie en dies meer is dalk min (R5000) maar neem dan die top-up ;  die bybetaling in ons geval was onder R1000 vir twee.    Ons het dit gelukkig nog nooit gebruik nie.   TIC reik ook 'n brief uit om saam met die visumaansoek in te dien.

Die kinders weet egter dat sou die ergste gebeur, dan word ek/ons oorkant veras.  G'n kiste wat met groot koste, moeite en drama moet terugkom nie.

Geniet Engeland.

Groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 16:55:11 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2660
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Tjaart, Ek weet nie wat Brittanje se vereistes is nie, maar vir 'n Shengen visa is die gratis reisversekering nie aanvaarbaar nie.  Ons het vir Oostenryk aansoek gedoen en die vereiste op hulle webblad het duidelik verklaar dat dit nie voldoende is nie.  Mt die visumaansoek het hulle oor die ekstra reisversekering se bewys vereis.  Soos hierbo gesê, dek die gratis versekering in elkgeval maar relatief min wat beteken jy kan dalk lelik vasbrand veral met onverwagte mediesel uitgawes.  Teenoor die ander kostes om oorsee te kom ,is die reisversekering ook nie juis 'n groot faktor nie.  Dit het ons bietjie meer as 'n jaar gelede vir vier weke minder as R900 gekos.   

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2020 @ 17:01:02 pm
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 372
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 15 years

Dankie vir almal se raad Wardeur dit 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2020 @ 09:43:41 am
Butts
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1108
Joined: 15 Dec 2012
Experience: 7 years

Tjaart, TIC se versekering dek RM10 se mediese koste.  Schengen lande vereis net  euro 30000 of USD 50000.  TIC se bedrag is meer as genoeg.

Bewys van reisversekering word nie deur die Britte vereis nie.   Kry dit egter - dis dan gratis.

Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required