English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 266
Total Replies: 230 059
Total Views: 82 378 281
topics: 779
replies: 12 478
views: 4 978 272
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Trapezium

replies: 4
views: 461
28 Jun 2017 @ 17:06:18 pm
maurits
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 69
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 57 years

Ek het verlede jaar n slegte ondervinding met my Trapezium gehad dat die stang gebuig het. Na baie jare se sleep met die Trapezium was dit die eerste keer dat so iets met my gebeur. Blykbaar gebeur dit as n mens te skerp na regs draai. Ek vertrek weer die 20 ste  Augustus Kruger Wildtuin   toe vanaf Sandbaai ,maar op die oomblik is ek nie weer lus om die Trapezium aan te sit nie. Ek oorweeg dit op hierdie stadium om sonder enige stabiliseerder te sleep veral in die Wildtuin waar n mens so nou en dan agtertoe moet ry. Wat dink die slim slepers hiervan? Groete. Maurits van Rooyen

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 17:56:06 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4239
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Maurits ek persoonlik sal nie sonder iets wil sleep op die oop pad veral met die wind as mens by groot vragmotors verbygaan asook dwarswinde. Mens wil tog die gemoedsrus he dat iets kan help met die swaai in die onvoorsiene omstandighede en nie wanneer als voor die wind gaan nie. Die wildtuin is 'n ander saak want daar ry jy mos 40-50 maks so daar sal ek ook sonder my Tando sleep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 18:01:45 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13767
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Maurits. Ek het ook my stang gebuig toe ek n skerp draai geneem het...maar my fout was dat ek die ketting bo-oor die bal gesit het in plaas van oor die hakie onder
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jun 2017 @ 21:49:04 pm
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 451
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 30 years
Ek sleep altyd met my Trapezium.
Een keer die geval gehad dat die ketting van die haak onder die Trapezium losgekom het, nou druk ek 'n stukkie tuinslang oor die hakie nadat ek die ketting aangehaak het, nog nie weer die probleem gehad nie.
Die stang kan heel moontlik buig as die draai te skerp na regs gemaak word, sal daarvoor moet oplet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jun 2017 @ 06:29:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14068
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink weer dat die Trapezium een van die beste stabiliseerders is wat gemaak is.  Het self vir jare een gebruik terwyl ek met die Ford Saphire gesleep het.

Indien die arm se montasie op die korrekte plek teen die A-raam vasgesit word is die kanse vir die buig daarvan baie skraal.  Dan moet daar 'n ander rede wees waarom hy gebuig het.  Iets soos See wat die ketting verkeerd gehaak het en dies meer.

Ek sou die arm laat regmaak of 'n ander een bestel van trapezium Developments af, seker maak als is reg gemonteer, seker maak mens volg die handleiding met die gebruik van die stabiliseerder en net bietjie meer versigtig wees as mens skerp moet draai. Ma moet maar uitklim en net die ding dop hou want dis gewoonlik met parkering of uitry van jou wa wat mens so skerp draaie sal maak.

Ek glo jy kan getuig hy het voor die buig puik gewerk. Iets het gebeur dat jy hom gebuig het.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required