English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 243
Total Replies: 229 716
Total Views: 82 362 950
topics: 778
replies: 12 474
views: 4 977 722
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Trapezium moeilikheid

replies: 6
views: 255
21 Jan 2019 @ 17:15:22 pm
fransm
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Aug 2014
Experience: 26 years

Hallo almal. Nou het ek duidelik te lank gewag, sleep oor 'n week van Bronkhorstspruit na Hartenbos. In 2016 het ons ook die trippie gedoen, maar met byna rampspoedige gevolge. Buite Beaufort Wes het my regter wiellaer vasgebrand, die wiel het losgekom en die Karoovlaktes ingevaar. Tot groot  belangstelling van die seniors op Hartenbos is die karavaan (Gypsey Regal) die aand met 'n lowbed  in die park afgelaai. Lekker probeer kuier terwyl ek gewag het  vir 'n nuwe as. Alles  gedoen maar sederdien sukkel ek om die trapezium reggestel te kry. Ek het alles volgens die boek gedoen, al byna 'n moersleutel se kop afgedraai om die boute op die stang vas te maak, maar die stang bly buig, hetsy  die ronde deel wat by die sleepbal inskuif, of die deel wat op die karavaan koppel. Kan dit wees dat  die as skeef opgesit is of dat die raam van die karavaan moontlik gebuig is? Ek was baie gelukkig  met die trapezium, maar oorweeg dit nou om 'n Tando aan te skaf. HELP ASB!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2019 @ 19:12:35 pm
Ph . . . .t
Saturn Member
70% Profile Strength
Posts: 2331
Joined: 07 Feb 2012
Experience: 59 years

Frans, stuur vir my gou e-pos na fppretorius@gmail.com dan stuur ek vir jou die instruksies.

Groete.

Frans

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2019 @ 05:44:09 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

As jy seker gemaak het dat die instruksies wat Oom Frans vir jou stuur nougeset gevolg is behoort jy nie probleme te hê as die trapezium los is en werk soos wat hy moet nie.

Dit sal dalk raadsaam wees om te vra dat iemand die wa stadig sleep en dan skerp links en regs draai terwyl jy langs die A-raam loop om te kyk wat gebeur en kan fout gaan. Dra kennis dat as jy draai en terselfde tyd deur 'n knikkie gaan soos bv van teer af by skuins sypaadjie op ry, dit 'n verandering in die posisie van die trapezium arm kan hê.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jan 2019 @ 20:26:22 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1714
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ek sal Leon se raad volg. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2019 @ 06:36:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13991
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Laat weet ons asb of jy die probleem op gespoor het.  Want ons leer elke dag by ander mede slepers se ervaringe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2019 @ 11:40:10 am
Douglas Green
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 464
Joined: 06 Sep 2010
Experience: 10 years

Hi Francois.
To make sure the Trapezium is operating properly, insert the torsion-bar ( without hitching the caravan), bring it down to horizontal position and make sure that the floating tow-ball moves when you swing the bar left and right.
There is a locking screw that is only used when you tow without the torsion-bar When using the torsion-bar the locking pin must be removed and can be stored for future use.

See picture below.
Trapezium

Been there--done it. ( Talking about the bathroom )
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Jan 2019 @ 18:20:18 pm
fransm
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 22 Aug 2014
Experience: 26 years

Middag almal, veral die wat op my navraag gereaggeer het. Glo my, niemand is ooit te oud om te leer nie. Frans Pretorius het vir my weer die instruksies van die installasie gestuur, wat ek slaafs nagevolg het en whalla, perfek. My groot probleem was egter dat daar geen beweging op die trapezium was nie, met die stang ingehaak kon ek hom nie beweeg nie. Gevolg is dat ek die hele bedryf uitmekaar gehaal het, skoongemaak en bietjie ghries gesmeer het.  Alhoewel ek 'n plastiese dop vir die tp het, het ek hom nooit opgesit nie: GROOT FOUT! Ek bly op 'n plaas en die gruis gaan le net verkeerd, dan haak die tp vas. Soms het ek hom gevoel, dan is hy los, ander kere weer nie. As jy nognie 'n dop het, skaf gerus een aan en GEBRUIK HOM. Nogmaals dankie almal. Groete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required