English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 771
Total Views: 83 246 911
topics: 986
replies: 15 408
views: 4 048 948
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.

Toyota fixes hilux after failed moose test

replies: 31
views: 2766
03 Mar 2017 @ 15:24:59 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Toyota took the performance very seriously, and met with Teknikens Värld as part of its investigations. The Swedish publication has now revealed exactly what Toyota will be doing to rectify the issue. It has two planned changes: the tyre pressure for maximum load will be increased, and the electronic stability control will be given a “new working pattern” to further bring down speeds during evasive maneuvering.

 

Julle kan meer lees by:

http://teknikensvarld.se/toyota-corrects-the-new-hilux-after-the-moose-test-403423/

 

Wat my pla is dat Toyota eers ontken het dat daar fout is en nou maak hulle veranderings.   Hoekom iets vernader wat nie foutief of stukkend is nie?

Wie lieg nou vir Wie?  Wegry is net so pateties wat ook met sy eie toetse geen fout gekry het nie.  Nou vra ek wat se geloofwaardigheid moet die verbruikers in Wegry se motortoetse hê na so 'n voorval waar hulle uitgevang is.   Is Wegry ook omgekoop om stil te bly en na die ander kant te kyk?  Ek is bly daar is iets gedoen aan die probleem deur Toyota maar na hoeveel hilux bakkies op hul dak gele en rus het.  

Op die ou einde is dit die gebruiker se lewens en geld wat hier ter sprake kom.   Ek dink baie vervaardigers kom weg met moord as ek na die laaste Hilux en Kuga gevalle kyk.  

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2017 @ 15:45:20 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dankie vir hierdie post. So word slim mense ook uitgevang. Hoop daar is iets te leer en dankie aan die wat die moeite doen om die nodige toetse te doen en alles te ontbloot.

Ek sien die NCC wil nou baie meer ondersoek by Ford as net die Kuga gevalle. Lyk my daar bly maar nuwe rotte uitkom soos die wiel draai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2017 @ 16:54:13 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Zack dankie dat jy die moed het om n negatiewe aspek van Toyota te noem. Daar is n paar manne wat ordentlik warm onder die koller kan raak. My opinie is die volgende. Daar is ver te veel instansies wat leef vanaf Toyota se bemarkings gunstes en gawes soos byvoorbeeld altyd motors beskikbaar het vir toetse, TV n helse lange lys. Solank dit positiewe bloot stelling is is alles reg. Dus word die publiek ingedokter oor hoe goed Toyota is. Of dit alles waar is dink ek ek weet van beter. Hoekom hoor ons nooit iets sleg van Toyota (Vreemd) Niks is foutloos. Punt is Toyota is glad nie n slegte voertuig maar is ingehaal deur die kompetisie weet dit maar. Die nuwe reeks Toyota GDC het n string veranderinge binne, buite, engin en ratkas wat nuut is en hom self weer sal moet bewys. Daar is baie van nuwe goed gebruik om die outjies aan mekaar te sit om in vergelyking te kom met wat nuut op die mark is en sou dit nie werk vir Toyota en hul besluit om terug te gaan na hul OE equipment sit ons een teen tien met n batch voetui wat nie iets werd is. So die proof is in die pudding en ons sal maar moet wag en kyk. Dan weer het n iemand op n draad gese die Grand Cherokee het ook nie goed gedoen met die moose test. Ek kan dit se dat ek nog my beste, veiligste en gamaklikste sleep ooit het met die Jeep. Nog nooit en nie een keer nog (touch wood) eers die geringste snake gevoel gekry nie selfs op hoe spoed. So dalk is daar n gesuipery voor die toetse en nie na die toetse. Ek het al self kapsie gemaak met n tyskrif wat n toets gedoen het op n voertuig wat ek self in gebruik gehad het. Die verskil tussen hulle en wat ek beleef was so groot dat ek nie n keuse gehad het om beswaar te maak. My beswaar was gedruk op die daaropvolgende maand met n rits verskonings en so het ek geleer dat soms word twak geskryf net om die blasy vol te kry.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2017 @ 12:10:55 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Bak oor

Geen probleem nie.  Toyota manne se monde was die grootste toe die Kugas begin brand het maar nou is hulle stil as dit toyota se beurt is om pak te vat.  Dis asof almal te bang is om iets oor Toyota te noem.  Dis net bewys hoe die gebruikers gebreinspoel word deur toyota.   Hier gee ek Toyota 'n 10 uit 10 om hoe met kleinte te werk.  Miskien kan die ander vervaardiger iets hieruit leer.

Toyota het ook maar sy probleme net soos al die ander bakkies.  Toyota het meer as 10 jaar anderkant toe gekyk as die hilux'e omval.  Dis niks nuut nie.  Dis 'n algemene probleem wat geerf word van een model na die ander.   Die stigma dat hulle rol kan nie verkeerd bewys word nie.

Dis net 'n skande dat Toyota meer as 10 jaar weggekyk het en nou eers aanvaar en erken het die Hiluxe het 'n probleem.  EK glo hulle verkopers syfers sal beter gewees het as hulle die probleem van die begin af reggemaak het want dan sou ek ook miskien een self gery het.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2017 @ 13:51:00 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 22 years

Wat is 'n "moose test" in Suid-Afrika? So dierasie lyk na iets tussen 'n rondloper bees en 'n koedoe.

Die Swede verstaan in elk geval die werk verkeerd. Jy swaai nie uit vir 'n dier nie, maar ry hom plat. Die voorkant van 'n voertuig is ontwerp om 'n impak te absorbeer. Sodra iemand vir 'n dier uitswaai is daar net te veel veranderlikes in die prentjie.

Ek is geensins iemand wat spesifieke vervaardigers se produkte aanhang en ten alle koste verdedig nie. Ek het al Volkswagen, Mazda, Opel, Toyota, BMW, Nissan, Mercedes, Jaguar en Kia voertuie besit. Ek het 'n BMW 530i ingeruil op my huidige Fortuner, want ek wou nie met daardie voertuig uit motorplan uit gaan nie. Die Fortuner was die voertuig wat die beste in my huidige behoeftes sou voldoen. Na 190 000 km sedert nuut voel ek steeds so. In die tydperk was daar al enkele noodsituasies en ek kon geensins enige tendens opmerk dat die voertuig kwansuis maklik wou omslaan of onstabiel is nie. Sal ek weer een koop? Die antwoord is ja. Selfs met die Exclusive wat net-net wettig is, sleep hy gemaklik. Nadele? Ja, die agterste twee sitplekke in die kattebak is simpel ontwerp en lê in die stoorkamer. Hulle is swaar en neem onnodig spasie op. Bande daarenteen kos die helfte van die BMW s'n en hou 5 keer langer.

Hier is baie myn voertuie in ons omgewing. By verre die meeste is Toyotas, maar daar is al baie Fords te sien op die paaie. As jy kyk hoe baie kontrakteurs jaag, verbaas dit geensins dat baie in ongelukke beland en omslaan nie. Die laaste een wat op sy dak gelê het was hoeka 'n Ford. Is dit dan die voertuig of die bestuurder?

So "moose test" sal altyd 'n mate van subjektiwiteit insluit. Watter rol speel bestuurstegnieke, banddruk, ens.? In elk geval, enige veranderings wat 'n positiewe uitwerking op veiligheid en betroubaarheid het, word verwelkom. Dit is so ongeag die fabrikaat. Mitsubishi het so pas duisende voertuie herroep. Die voertuig is nie sleg nie, maar daar is 'n probleem met Takata lugsakke. Voordat iemand hulle daarin verlustig, maak net seker jou voertuig het nie dalk ook Takata lugsakke nie.

Dit is prettig om manne se been te trek oor hul voertuie, maar kinderagtig om ernstig gal te braak oor iemand iets anders as jyself sou gekies het. Ek sal saam lag oor Toyota grappe. Volgende keer koop ek waarskynlik weer een...... of dalk nie. Ek waardeer dit opreg as iemand eerlik probleme uitwys wat hyself ervaar het; nie skinderstories nie. Sulke inligting word gebêre vir verdere oorweging wanneer ek my volgende voertuig soek.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2017 @ 14:19:10 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Ahaa, , ,
Dit wil s n Jeep is beter,
Hys mooi, hys duurder, sy parte is duur, hys ook swaar op brandstof,
Hys net so goed of beter as enige kar.

Voor julle my skiet. :-) :-) :-)
Ek spot net.

Ek het met n Volvo grootgeword. Se ek vir my ou vriend ... jy weet.. dis die beste kar wat daar is.
Onmiddelik antwoord hy. My maat wat se kar ry jy.

Elke ou ry met die kar van sy keuse. Of hy nou omslaan of nie, of sy dienste duur is of nie.
Jy like of jy like nie.
In elk geval. Ek hou meer van die kontinentale karre as van japanees of oosters.

As n Toy nou omslaan, dans die bestuurder te roekeloos.
As n Ford aan die brandslaan moet sy eienaar nie in die kar rook nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2017 @ 15:38:49 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Hans ]y sê:  Jy swaai nie uit vir 'n dier nie, maar ry hom plat. Die voorkant van 'n voertuig is ontwerp om 'n impak te absorbeer. Daarmee stem ek net gedeeltelik saam,  maar ek lei ook af jy het nog nooit gesien hoe 'n voertuig lyk wat onder 'n koedoe- so hoog as 'n moose- ingery het en hoe dood die insittendes is nie?  'n Groot dier se torso tref ongelukkig nie die voorkant van die voertuig nie, selfs 'n hoë bakkie, maar wel die voorruit en die insittendes.  Dis dom om vir 'n hond uit te swaai, hoewel ek dit sal haat om een dood te ry, maar met 'n groot dier? Teen 'n hoë spoed is uitswaai, soos jy sê,  gevaarlik, so as daar 'n koedoe of 'n bees voor jou in die pad kom, geld die uitdrukking waarskynli:k  "Damned if you do, damned if you don't".  Ek dink ek sal in elkgeval eerder probeer uitswaai, maar sulke dinge gebeur gewoonlik te vinnig om 'n goed oorwoë besluit te neem, so jy reageer waarskynlik maar instinktief. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2017 @ 15:46:09 pm
Anonymous

Baie intersante punte wat julle noem, ek is geen kenner of het ook nie werklike voorkere van enige spesifieke fabrikaat van voertuig nie. My kar is klaar betaal, dus is dit die beste voertuig op die pad. Ek ry rustig, dus gaan hy nie sommer voete in die lug beland nielaughing.

Hans, ek wil egter ernstig met jou opmerking ivm die rede vir uitswaai en impak ontwerpte voorkant van voertuie verskil. 

Sou 'n kind, of enige mens, voor jou in beweeg, glo ek dat instink jou gaan laat uit swaai.

In my geval, (die die wet verbied jou, het ek gehoor, om vir 'n hond uit te swaai) instink het my al vir baie diere laat uitswaai, en ek glo jy bedoel dit seker ook nie ernstig nie.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2017 @ 17:08:16 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 479
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 34 years

Hans ]y sê:  Jy swaai nie uit vir 'n dier nie, maar ry hom plat. Die voorkant van 'n voertuig is ontwerp om 'n impak te absorbeer. Daarmee stem ek net gedeeltelik saam,  maar ek lei ook af jy het nog nooit gesien hoe 'n voertuig lyk wat onder 'n koedoe- so hoog as 'n moose- ingery het en hoe dood die insittendes is nie?  'n Groot dier se torso tref ongelukkig nie die voorkant van die voertuig nie, selfs 'n hoë bakkie, maar wel die voorruit en die insittendes.  Dis dom om vir 'n hond uit te swaai, hoewel ek dit sal haat om een dood te ry, maar met 'n groot dier? Teen 'n hoë spoed is uitswaai, soos jy sê,  gevaarlik, so as daar 'n koedoe of 'n bees voor jou in die pad kom, geld die uitdrukking waarskynli:k  "Damned if you do, damned if you don't".  Ek dink ek sal in elkgeval eerder probeer uitswaai, maar sulke dinge gebeur gewoonlik te vinnig om 'n goed oorwoë besluit te neem, so jy reageer waarskynlik maar instinktief. 

Stem saam. Ek het al n hele paar keer voertuie gesien wat beeste en donkies  getref het. In al die gevalle was die voertuig se enjin op die agter sitplek na impak, en die insittendes het nie n kans gehad nie. dit is basies dieselfde as n kop aan kop botsing, net erger, want die impak is hoog.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2017 @ 18:28:43 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 22 years

Ek was inderdaad al dikwels betrokke by insidente waar mense oorlede is wat koedoes getref het. Wat ongelukkig gebeur, is dat die voertuig die koedoe se bene uithaal en die lyf kom deur jou gesig. Dit is net eenvoudig nie dit werd om vinnig in die nag te ry in koedoewêreld nie.

Verder het ek self al 'n Opel Rekord een nag heelwat korter gemaak na 'n botsing met 'n bees. Dit was nogal op die N1 snelweg naby Johannesburg net so na middernag. Die feit is egter dat op 'n teerpad in 'n reguit lyn het jy maksimum traksie sou jy hard rem. Teen die tyd wat die impak plaasvind is die spoed al drasties laer.

Ek glo heelwat meer mense is egter al oorlede deurdat hulle beheer verloor na hulle die stuurwiel ruk en die voertuig rol of beland dalk voor 'n aankomende voertuig. As die voertuig buite beheer is, word jou remvermoë ernstig aangetas. My punt is bloot dat 'n impak van voor is beter as 'n voertuig wat omslaan of selfs 'n sydelingse impak met 'n boom as die voertuig sou tol.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2017 @ 18:50:51 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3105
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Kyk ek ry BAIE. Op Limpopo se paaie is 100e beeste, donkies en bokke. 

Glo my, jy wil nie een tref nie. Nie met n Mini of Trok nie. Ek het gesien hoe lyk n Zim trok wat in n paar beeste vasgery het op Ysterberg. Hierdie trokke kan skasrs 80km/h haal. As dit my Hilux was sou ek nie nou hier geskryf het nie.

Ja, het al self op 2 wiele gery om vir n bok uit te swaai. Het seker 2 dae lank gebewe......en dis nie lekker gevoel nie!

Punt is Toyota het lank gevat om die "problem" reg te stel..,....maar was dit n probleem?

 

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2017 @ 11:24:36 am
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
Ahaa, , ,
Dit wil s n Jeep is beter,
Hys mooi, hys duurder, sy parte is duur, hys ook swaar op brandstof,
Hys net so goed of beter as enige kar.

Voor julle my skiet. :-) :-) :-)
Ek spot net.

Ek het met n Volvo grootgeword. Se ek vir my ou vriend ... jy weet.. dis die beste kar wat daar is.
Onmiddelik antwoord hy. My maat wat se kar ry jy.

Elke ou ry met die kar van sy keuse. Of hy nou omslaan of nie, of sy dienste duur is of nie.
Jy like of jy like nie.
In elk geval. Ek hou meer van die kontinentale karre as van japanees of oosters.

As n Toy nou omslaan, dans die bestuurder te roekeloos.
As n Ford aan die brandslaan moet sy eienaar nie in die kar rook nie.


Stem saam dat 'n Volvo die beste voertuig is, "its for life, once you have one you can't get rid of it, nobody wants to trade it in". Ek grap net...:)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2017 @ 15:05:43 pm
Anonymous
Was sekerlik nie groot genoeg probleem nie want uit die 100,000de verkoop het hoeveel gerol?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2017 @ 15:11:24 pm
Anonymous
Mense soek meeste graag n hilux as jy n bakkie wil koop.. feit.. die rede waarom baie NIE dit koop nie het bittermin met rol te doen.. die grootste faktore by verre is
1. Diefstal risiko
2. Prys
thats it... hoekom n toyota koop as jy n ford soveel aansienliker goedkoop kan kry veral in truck month specials, en mens praat nie van R20k verskil nie, n massive verskil, plus jou versekering is BAIE goedkoper, so ja, geldgewys praat ford die taal aanvanklik by aankoop.. daarna, weet ek nie so mooi nie.. eks bereid om te erken ek self het aanvanklik die veiliger en goedkoper keuse uitgeoefen en ongelukkig byt dit my maar.. well done as hul iets aan probleem doen, eerder laat as nooit, maar ek twyfel of dit die ernstige probleem van voertuig was / is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2017 @ 17:23:23 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3483
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek merk dat die Jeep Grand Cherokee ook nie die Moose Test kon slaag nie en in werklikheid lyk dit my swakker gevaar het as die Hi Ace.  Sien

http://teknikensvarld.se/jeep-grand-cherokee-moose-test-failure-the-full-story-on-film-120535/

As 'n mens so begin hare kloof, gaan jy, dink ek, vind dat daar geen veilige voertuig op die pad is nie en die beste is om maar op te hou om hulle te gebruik. Dis dieselfde situasie as met voedsel.  Bykans elke soort voedsel op die rak is al getoets en op een of ander manier skadelik bevind vir die gesondheid.  Wat is die oplossing- hou op om te eet? 

Ek begin almeer dink 'n mens moet maar jou eie instink gebruik en- wat voedsel en voertuie betref- so veilig as moontlik probeer wees, ander andere deur nie werklik bewese baie gevaarlike middels soos nikotien in te neem, onnosel dinge op die pad te doen of dronk te bestuur nie, en die res maar net daar te laat.  Niemand het nog ooit gesê om te leef is veilig nie of dat daar waarborge is nie, so hou op bekommer.  Die grotmanse, ons voorgeslagte, kon elke dag aan 'n menigte gevare omkom, nog meer as ons, maar ek twyfel of hulle slapelose nagte daaroor gehad het.  Ons behoort ook nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2017 @ 18:38:15 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years
Fred ek het so paar dae trug die toets op die Jeep gelees waarna jy verwys na Zack die link vir die Hilux geplaas het.

Weereens dink ek mens moet kyk na die detail. Die link vir die Jeep was die 2012 model en na Jeep die nodige veranderinge gedoen het in die 2014 model was die probleme uitgeskakel en het die voertuig se stability control dadelik die spoed outomaties verminder.

Wat wel soos jy genoem het 'n feit is is dat baie voertuie se programme nie korrek geskryf is en die publiek word mislei deur die sogenaamde "sales talk" oor hoe goed dit of dat is. Op dieselfde web blaai kan mens toetse sien van AWD karre waar die agterwiele absoluut niks bedra om te trek as die voorwiele begin traksie verloor nie. Dit was vir my 'n skok want hoeveel mense koop nie die karre sodat die agterwiele kan inskop indien nodig of as mens in die veld is. Niemand se vir die koper dat met tye sal die agterwiele nie dryf nie en jy ry eintlik 'n voorwiel aandrywing kar.

Dis 'n interessante blaai om te lees en gelukkig is dit in engels en nie in sweeds nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2017 @ 19:44:04 pm
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Hier naby Kimberley en wes van Kimberley is daar baie Kudu's. N vriend van my het laas week sy Toyota bakkie afgeskryf so 39KM uit Kimberley op die Griekwastad pad. Gelukkig was hy allen en is nie beseer nie, behalwe vir n paar blou kolle.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 05:58:46 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Miskien is hierdie bord met n doel so opgehang.....sodat die dié wat met hul pense in die lug lê, ook mooi kan lees🙂

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 07:05:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Miskien is hierdie bord met n doel so opgehang.....sodat die dié wat met hul pense in die lug lê, ook mooi kan lees🙂

Ha ha ha ha ............................ en dis reg so hy moet so wees........

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 07:26:57 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Jy kry daai bordtjies veral op grondpaaie.   Elke tweede een is onderste bo. 

Hulle doen dit om vir ALLE bakkies voorsiening te maak. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 21:49:53 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Miskien is hierdie bord met n doel so opgehang.....sodat die dié wat met hul pense in die lug lê, ook mooi kan lees🙂

Dis word mos gedoen vir die baie Toy eienaars wie se voertuie se natuurlike posisie mos op hul rug is coolcoolcool

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:35:49 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

As alles loop reg altyd reg met Toyota is vra ek dit.

Hierdie is so called beste verkopers in die mark 🤔 waarom nie n voertuig toets van voor tot agter voor die aan die publiek verkoop word. Of word daar n kans gevat om te kyk of mense hulle nekke breek of nie om te kyk of daar weg gekom Kan word met second best. En dit van n instansie met geen finansiele tekort.

Ford en sommige ander voertuie se Engin het dalk nie die Lang termyn uithou vermoee wat Toyota het en met baie goeie rede maar klim in n byvoorbeeld n Ford en jy is baie veiliger. So terwyl geld en inruil waarde belangriker is as familie en geliefdes se veiligheid Vir sommige mense Bly ek weg van dit. Alles loop nie reg altyd reg soos wat daar gespog Mee word.

So for once vergelyk appels met appels en dink voor jy skink. Lankal nie meer n grap as mense doodgaan in voertuie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 09:55:29 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Vir baie vervaardigers gaan alles net om verkope.  Toyota is altyd die eerste wat grappies maak oor Ford kuga wat brand.   Dis al hoe hulle beter kan voel maar hulle is gou om van die verlede te vergeet.

89 x Mense se dood word verbind met Toyota pedale wat vashak.

$1.2 Billion is in2015 betaal sodat die probleem kan weggaan. 

https://www.washingtonpost.com/business/economy/toyota-reaches-12-billion-settlement-to-end-criminal-probe/2014/03/19/5738a3c4-af69-11e3-9627-c65021d6d572_story.html

https://mashable.com/2014/03/19/toyota-lied-aceleration-recall/

 

Ek glo Toyota doen dieselfde met die huluxe wat rol.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 10:30:26 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dankie Zack

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Feb 2020 @ 10:49:30 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Toyota manne julle is maar stil.  Is die nie nuwe Hilux nie n bietjie baie vinnig vry gestel na die onlangse Legend 50 GR sport.  As ek die GR Sport Moes gekoop het sou ek redelik ingedoen gevoel het. Asof daar met n paar ekstra stickers van die ou stock onstlae geraak het om die nuwe outjie op die mark te sit.  Ek moet toe gee, die een se neus lyk beter en trek nou baie na aan die Hilux wat in die USA beskikbaar is. Hierdie is Vir my n bewys dat ek reg in die begin gese het olie n wiel wat raas. Mense begin Al hoe meet kla oor Toyota, looks, spesifikasies ensovoorts. Goeie ding. Nou kom die Toyotas een na die. ander uit beter en beter. Moet nie met oog klappe aan loop en Bly voorgee alles loop reg altyd reg. So bly jy met crap sit terwyl die produsente Groot geld maak en jy met n droom sit wat ontaard later in n nagmerrie en ander spog met moderne voertuie  Is dit Ford wat hulle so skrik maak 😲

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Mar 2020 @ 17:17:35 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Is dit die nuwe Hilux?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 08:03:10 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Oom Ore, wil jy nou he dat ons voor die truth and reconciliation committee moet verskyn en jammer se dat ons Toyotas ry.

Jy is laat my Oomie of Toppie.

Leef jou drome, los myne uit.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2020 @ 09:35:26 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Oom Ore, wil jy nou he dat ons voor die truth and reconciliation committee moet verskyn en jammer se dat ons Toyotas ry.

Jy is laat my Oomie of Toppie.

Leef jou drome, los myne uit.

Mense is ek Bly om te se ons het familie van brommer gevind om saam te gesels. Het persoonlike beledigens begin mis op die forum.

Frikadel. Niemand hoef omverskoning te vra omdat Hy n Toyota ry. Soos mens het n alle karre insluitende Ford ook almal n fout hier en daar. Toyota is n mooi Kar en veral die nuwe Hilux se neus maak n wereld se verskil. Toyota is bekend Vir betroubaarheid en ek stem honderd met dit. Ek voel Toyota is under powered en was nog altyd alhoewel daar nie n gesukkel was met dit maar  kan beter doen. Ek glo hul is dalk bang  vir warranty kostes. Ek dink nog steeds Toyota Kan sy ekstra myl Verder strek Vir sy mense en nie met net stickers maar wel met updated tegnologie.

Kom ons kyk byvoorbeeld na Mercedes Benz. Jare lank was Hy n stadige bok wa, oumans kar wat soos Toyota n goeie naam het. Mercedes het ontwaak so hang dit van ons af om Toyota te laat ontwaak maar as jou kind tevrede is met sy bicycle gaan jy hom n ander een koop ? ?

Die Toppie ding pla my glad nie Frik en baie noem my toppie, kinda like it. So jy is welkom.

Jy laat my worry as jy se eks laat "Toppie" want ek is altyd op die beat en dans nog altyd op my tone met my linker hand voor my gesig en kyk nie om as ek begin hardloop met n Bal onder my arm. 😜 Dalk hoekom ek nog so n mooi Toppie is. Ek krap ook nie in jou drome myne hou my besig genoeg

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 07:41:23 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 567
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Dit is reg so Oom Ore.

Ps. Ek ken nie eers vir Brommer nie en ek het niemand anders op die forum beledig nie, tensy jy so gaaf sal wees om dit vir my uit te wys.

Jy maak die forum onaangenaam met jou alewige neerhalende aanmerkings wat in elk geval n pot strooi is.

Maar nou ja, ander mense geniet jou insette, doen so voort.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 09:09:48 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Dag se Frikkadel. Geseende dag vir jou ook. Lekker om weer te gesels.

Ek is en probeer neerhalend op niemand of niks is. Sou ek n fout of glip maak om die verkeerde ding te se is ek nie te Groot om omverskoning te vra. 

So deur n bietjie humor probeer ek so na as moontlik by feite hou. Maar as n skoen jou pas ou yster, trek hom aan. 

O!! En jammer dat daar nie dinge gese word wat jou alleenlik pas. Ek is onder die indruk die forum het veeltallige lidmate en nie net jy. Mense met verskillende enopinies en mense wat kan se wat hul mening is. As jy nie die perd like moet hom nie ry nie.

Ek hardloop nie n popularity contest nie. Ek kies my drade om te lees en op mening te lig jy Kan ook.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 09:39:46 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1302
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Frikadel - moenie jou siel versondig nie. Gooi die drek insette net 'n "flat ignore". Daarom sê ek nie juis meer iets op dié forum nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2020 @ 10:04:53 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Frikadel - moenie jou siel versondig nie. Gooi die drek insette net 'n "flat ignore". Daarom sê ek nie juis meer iets op dié forum nie.

Chris. Die probleem op die forum is dat daar te min mense aktief deel neem met waardevolle nuwe interresante drade. Hier is net n paar manne wat werklik goeie insette en werk doen

Dalk net as lede meet aktief met nuwe idees, nuwe ondervinding, kampe, geteedskap "iets" en met drade tevorendag kom sal daar minder drek drade en komentaar wees.

Help nie ons sit net en kla en wys vingers. Ons het elke lid se bydrae nodig, poepol of te nie. Ons as mens is nie gebou met dieselfde verstand en denke daarom gaan ons verskil. 

Wat wel iets van jouself se is hoe jy negatiewe dinge hanteer en daarop reageer. Reageer glo ek moet mens anders is jy soos n seuntjie op skool wat ge boelie word. Dan kom die goue reel. Think before you ink.

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za