English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 493
Total Replies: 218 566
Total Views: 81 875 841
topics: 762
replies: 12 081
views: 4 949 466
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Towing advice

replies: 13
views: 344
15 Mar 2019 @ 12:34:02 pm
Valor
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 15 Mar 2019
Experience: 9 years

Goeie dag,

Ek is nuut op die forum wil net uitvind, ek en my vrou ons wil fulltimmers word so oor `n paar jaar, ek is nou in die mark vir `n wa. Stel belang in `n classique of `n exclusive. Wat is die maklikste om te handteer van die 2, met opslaan en parkeering en sleep. Sleep voertuig is `n KB300 teq

Dankie

 

 

  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 12:39:44 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1193
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Welkom op die forum Maarten.

Jy gaan jou antwoord kry. Hier is baie manne met baie ervaring.

Gaan lees gerus die drade onder die tag "Fultimers"

 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 13:41:04 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Beide die karavane waarna jy verwys is groot en swaar. Jou voertuig se brandstofverbruik gaan daarom drasties verhoog. Dit is beide lieflike karavane wat aan jou elke behoefte sal voorsien. 

Welkom by die forum en sterkte met jou besluit. Hou ons op hoogte van jou wedervaringe. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 14:26:33 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6985
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 14:35:20 pm
ELU
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 578
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years

Sleepgewys dink ek nie daar gaan veel verskil wees nie, alles direk eweredig aan wat jul in die wa pak!! Windweerstand en gewig rofweg dieselfde met albei waens.

Die stabiliteit van die dubbelas tydens sleep is natuurlik baie beter as dié van enkel-as. Die dubbelas hanteer ook ons slegte paaie beter (tot op 'n punt natuurlik).

Ongeag watter wa jy koop, sou ek sterk voorstel dat jy kyk na 'movers' op die wa - duur, maar baie gerieflik en minimaliseer die moontlikheid van rugbeserings ens....

Hantering en parkering tuis waar die wa gestoor word, is ook natuurlik iets om in gedagte te hou - draai en swaai in beperkte spasie is moeilik met 'n dubbelwiel - eintlik, wat ek probeer sê is dat 'n mover in albei waens se geval noodsaaklik is - veral op die ouderdom van 'fulltimers'. Onthou, hoe groter 'schlep' dit is om die wa uit te haal, hoe minder gaan jy kamp!!

Sou jy nie movers wil opsit nie sal ek die Classique voorstel - die dubbel-as is baie moeilik om te 'manouver'  met die hand!!

Opslaan is selfde met al die waens - oorweeg dalk 'n 'awning' wat aan die wa vas is (Howling Moon, Eezi-awn ens..). Dis groot genoeg vir jul twee en met so 'n wa kan jy maklik binne 'leef' as weer buite nie aangenaam is nie!!

Isuzu 300 Teq behoort goed te sleep, maar laat dié met ervaring van die Isuzu eerder hul eerstehandse opinie lewer.

Sterkte.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 15:36:16 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6256
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Ek sal gaan vir Exc as jy nie beplan om  baie te skiuf nie, as jy baie gaan skuif sal ek die Classiquic vat ek het al twee gehad as jy lank gaan staan is dit die EXCL  die Classquic is baie klein binne. het altwee nuut gekoop.

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 20:25:11 pm
George
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 157
Joined: 01 May 2016
Experience: 11 years

we are currently fulltimming with an exclusive, its really nice to have the space, and as we are doing 6 month stays, the extra set up work is worth it, movers....................... we have ewiks, however on soft uneven ground they not very effective, i have a tow bar fitted to the front of my colt as its much easier to put the big van on the spot that way.

the poorest man in the world is not a man without a cent, it is a man without a dream
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
18 Mar 2019 @ 07:34:49 am
Valor
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 15 Mar 2019
Experience: 9 years

Baie dankie almal vir die raad en vir die welkom. Sal laat weet wat ons besluit.

Groete

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2019 @ 07:49:46 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Die Classique se vloer oppervlakte is dieselfde as die van 'n Penta of Palma.  Sleep baie dieselfde en daar is nie 'n merkbare verskil in die brandstof verbruik tussen die Penta en die Classique wat ek gehad het nie.  Die Classique is 'n baie lekker karavaan en eintlik ideal vir net twee ouerige mense.

Vergelyk hom met die Exclusive dan skiet hy kort aan die adisionele leef ruimte. Ons is mense wat buite kuier so ons het nie die ekstra kuier spasie wat die Exclusive bied nodig gehad nie.

Tans het ek 'n dubbel as karavaan en jy skuif hom nie sommer met die hand nie.  So 'n mover veral op mens se ou dag is 'n groot aanbeveeling.  Selfs 'n hak op die neus van jou voertuig soos George maak kan ook help.

Ek sal enige tyd terug gaan na die enkel as van die Classique sou ek vir welke rede my Maia moet opgee.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2019 @ 15:45:15 pm
Valor
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 15 Mar 2019
Experience: 9 years

Baie dankie Leon

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Mar 2019 @ 21:13:47 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1088
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Hou ook in gedagte die hoogte van beide karavane. Beide pas nie onder elke carport nie.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2019 @ 07:05:30 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hou ook in gedagte die hoogte van beide karavane. Beide pas nie onder elke carport nie.

Dit is ware woorde daai. Toe ek die Penta vervang met 'n Classique moes ek plan maak met stoor fasiliteite. Dit is nie maklik om 'n 9x8m afdak te lig nie.

So dis verseker iets om te onthou.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2019 @ 07:28:15 am
Valor
Bronze Member
81% Profile Strength
Posts: 4
Joined: 15 Mar 2019
Experience: 9 years

Baie dankie almal,  ek en die vrou het besluit ons gaan liewers maar vir die penta gaan. Dit sal vir ons beter wees om te hanteer, die classique en exclusive het wel baie spasie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Mar 2019 @ 07:31:40 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Baie goeie keuse. Die Penta se uitleg maak voorsiening vir baie pak plek.  Ek het twee van hulle gehad.  Pasop die baie pak plek maak dat jy hom oorlaai. So wees versigtig.

Maar dit bly 'n puik karavaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required