English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 260
Total Replies: 229 989
Total Views: 82 375 674
topics: 401
replies: 3 903
views: 1 473 063
Talk about the current road conditions throughout the country

Towing a soft roader caravan through Botswana

replies: 30
views: 2655
27 Apr 2017 @ 20:03:40 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
We are planning a trip through Botswana-Caprivi-Botswana in Aug/Sept 2017. I read an article recently in a magazine that the conditions of the main road (A1) in Botswana from Martinsdrift via Nata to Kasane is rather poor in places with serious potholes forcing one to drive alongside the road at times. Our towcar is a Toyota Landcruiser 100GX S/W which should not be a problem. The concern is the single axle Sensation Vee caravan which we intend towing this time. We have towed this van on tar roads to many destinations in the RSA without a problem. Can anyone who has travelled and towed through Botswana recently confirm reports of poor conditions and tell me if it is advisable to tow a soft roader caravan on essentially main roads in Botswana.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2017 @ 20:25:35 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Ek is nuweling op hierdie forum. Ons kan voortgaan in afrikaans!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 06:26:51 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 876
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years
Ek beplan ook 'n toer deur Botswana in 2018. Volg hierdie draad met belangstelling.
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 08:30:18 am
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Die artikel oor die swak toestand van paaie was in die Mei 2017 uitgawe van Wegry tydskrif. Die persoon het nogal in 'n Landrover Defender gereis en dit was so onlangs soos in Februarie 2017. As hy 'n probleem met die paaie ervaar het dan wonder ek of dit regtig raadsaam is om met sagter tipe karavaan deur Botswana te reis. Ek verstaan dat die pad deur die Caprivi oftewel Zambezi streek is in redelike goeie toestand. My vrou verkies altyd die gerief van ons karavaan bo ons boswaentjie as dit enigsins kan en dis seker logies. Ons wil oa oorstaan by plekke in Botswana soos Maun en Kasane en vandaar dan dag of selfs oornagreise onderneem in die onderskeie reservate. Ons beoog om 'n maand lank alleen te reis deur genoemde lande.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 08:38:52 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2004
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dup, ons het twee jaar gelede van Maun oor Nata na Kasane gery. Die pad van Nata na Kasane was onder konstruksie maar die helfte van die pad was reeds voltooi en 'n pragtige mooi toestand. Glo dat die res ook by nou voltooi sal wees.

Van Victoria valle is ons deur die Caprivi verby Rundu na Etosha en die opad was in goeie toestand.

Ons vertrek moreoggend na Erindi park in Namibië en van daar gaan ons na die Okavango en Nata na die Mgadigadi panne. Sleep egter nie wa want tyd is beperk en gaan in tente kamp. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 09:06:10 am
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Jan, dit sal gaaf wees as jy by terugkeer vir my kan sê hoe die pad was tydens jul rit. ons beoogde roete is RSA grens-Nata-Maun-NAM/Caprivi-Kasane-Francistown-RSA. Veilig Ry!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 09:12:35 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2004
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dup, maak so sal terugvoering gee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 12:14:03 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2692
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
Welkom op die forum Dup (David).
Ek het nog nooit die Martinsdrift tot Nata Pad gery nie.
Die hoofweg (N4) deur Swartruggens na Lobatse is redelik stil gou en maklik.
Die hoofweg (A1) van Gabarone tot in Kasane is nuut en in goeie toestand.
Tussen Nata en Maun (A3) kan jy hier en daar 'n slaggaat kry, maar die pad is in redelike toestand.
Die pad tussen Maun en die Kaprivi aan die weste kant van die Delta na Bagani, het meer slaggate, maar stadig reis en oplettendheid behoort nie probleme te gee nie.
Vanaf Bagani (B8)na Ngomahek/Kasane is die pad in goeie toestand.
Die pad suid van Kasane na Nata is in goeie toestand.
Weet nie waar die ou met sy Landy gery het nie.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Apr 2017 @ 16:54:18 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Baie dankie ou maat. Ek het darem gewonder oor die artikel in die Tydskrif. Dalk is die ou nie baie gewoond aan reis in die buurland en was dit vir hom erg. My vrou en ek het in FEBR 2017 met die Trans Kalahari deurpad deur Botswana gereis oppad na Hentiesbaai en terug. Die pad het ook al oor die jare paar slaggate opgedoen maar dis nog heel begaanbaar. Soos jy sê, stadig ry en uitkyk. Ons sleep elk geval nie vinniger as 110km/h nie want dan raak die Cruiser eers dors. Mooiloop!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2017 @ 10:33:57 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Julle moet dit geniet en veilig ry.
Gee bietjie terugvoer so met die tyd.
Welkom op die forum.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 21:09:27 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Gewonder of Jan al terug is van vakansie en of hy enige verdere kommentaar het oor toestand van paaie in NAM en BOTS veral teen agtergrond van my navraag ter voorbereiding van ons voorgenome Aug/Sept toer deur die twee buurlande. Ek wonder ook of daar nog ouens is wat in die meer onlangse verlede gewone woonwaens deur die genoemde buurlande gesleep het en kan sĂȘ of dit aan te bevele is en wat die beperkings of probleme is met 'n gewone woonwa by kampplekke, oppad, etc.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 May 2017 @ 21:11:14 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Moes darem seker ook net gegroet het. Jammer!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 17:18:44 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2004
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dup, ons is terug en ek is toe dadelik Maputo toe. Ons is by Skipadhek in en vanaf die afdraai by Zeerust op die pad na die hek is daar ' n stop/ ry. Hulle werk aan die pad. Deur Botswana is die pad in 'n goeie toestand. Vanaf Buitepos in Namibie is die pad ook goed behalwe net voor Gobabis waar daar slaggate is. Van daar na Windhoek en noord na die Caprivi is die paaie goed. 

Die pad van Maun na Nata is ook goed en mense het ons by Nata gesê die pad tot by Kasane is took baie goed. 

Gehoorsaam net padreëls in Botswana. Net na Buitepos oppad terug is daar 'n 80km sone en ons is daar deur en na lang ruk toe begin spoed vermeerder en spring meneer voor my in. My spoed 116km en toe ek hom sê maar die beperking is lankal verby wys by my so 100m verder die 120 teken. Kaart masjien byderhand gehad en ek R600.00 armer. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 17:51:33 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

David en Frans as julle belang stel kan ek reel dat my seun met julle gesels as hy terug is van Botswana.

Hy sal julle dalk die nuutste inligting kan gee. Hulle is n groep van drie wat vanoggend oor die grens in Botswana gegaan het vir n drie weke toer.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 19:33:45 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Jan, baie dankie vir terugvoer. Baie interesant die insident met boete in Botswana. My vrou en ek het in Maart 2017 met terugkeer van Hentiesbaai waarskynlik op dieselfde plek onder dieselfde omstandighede P300 moes uithaal. Ons het begin stadiger (92 KM/H) ry omdat ons onseker was of daar 80 km/h bord was of nie maar toe ek weer sien toe staan die vrou voor my. Daar was glo so n bord n ent terug maar diĂ© het ons nie gesien nie en was ook nie lus om te gaan kyk of dit wel so was. Moet sĂȘ hulle was heel ordentlik. Ek wou egter met pulas betaal toe weet hulle nie hoe om dit te hanteer nie want hulle het nie kwitansieboek net kaartmasjien maar toe sĂȘ ek hulle moet mos boete papier uitreik dan moet ons maar albei daarop teken dat hulle kontant ontvang het.
Sal anderdag vertel van noue ontkoming by padblokade op dieselfde trippie toe ek agterkom dat my lisensie skyfie sonder my medewete uitgeval het uit houertjie op sleepwa iewers onderweg.
Jan nogmaals dankie vir terugvoer oor paaie. Die toestand van pad tussen Nata en Maun en Nate en Kasane is veral belangrik vir ons beplanning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 19:38:41 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
pwven alle inligting wat kan help om voorbereid te wees vir ons toer is welkom so dit sal gaaf wees as jou seun ons kan laat weet wanneer hulle terug is in die RSA. Dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 19:40:18 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
pwven alle inligting wat kan help om voorbereid te wees vir ons toer is welkom so dit sal gaaf wees as jou seun ons kan laat weet wanneer hulle terug is in die RSA. Dankie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2017 @ 19:55:18 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

pwven alle inligting wat kan help om voorbereid te wees vir ons toer is welkom so dit sal gaaf wees as jou seun ons kan laat weet wanneer hulle terug is in die RSA. Dankie

Hulle behoort die eerste week in Julie terug by die huis te wees. Sal hier laat weet.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 May 2017 @ 11:01:16 am
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2472
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Dup, We are very much tweetalig op hierdie Forum, so gebruik gerus enige van die twee tale waarin jy gemaklik voel.  Ek hou ook die draad dop aangesien ek ook daaraan dink om die roete te ry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2017 @ 16:30:25 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

My seun is terug in SA na hulle Botswana trip. Kontak my op epos dan sal ek dit vir my seun gee om julle te kontak. pietventer05@gmail.com

Klink of hulle dit baie geniet het. Hulle gaan weer so maak.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2017 @ 09:41:56 am
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Hallo Piet. Ek het vir jou n epos gestuur. Groete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jun 2017 @ 19:32:30 pm
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Hallo Piet. Ek het vir jou n epos gestuur. Groete.

My seun gaan jou bel.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2017 @ 21:58:01 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
NaandsĂȘ aan almal. Die tyd het aangebreek vir ons 4 weke toer deur Bots en Caprivi. Ons vertrek eerskomende Sondag. Alles bespreek, betaal en besig om stuk stuk te pak. Inligting oor padtoestande in veral Botswana klink maar of ons baie versigtig sal moet wees om skade te beperk want dele van pad wat ons gaan ry is glo in baie slegte toestand. Klink nie of daar te veel ouens daardie paaie met sagte karavane aandurf nie so hoop ons oorleef. Ons ry darem al met sogenaamde hoof roetes. Sal terugvoer gee wanneer ons terug is einde Sept. Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2017 @ 21:58:08 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
NaandsĂȘ aan almal. Die tyd het aangebreek vir ons 4 weke toer deur Bots en Caprivi. Ons vertrek eerskomende Sondag. Alles bespreek, betaal en besig om stuk stuk te pak. Inligting oor padtoestande in veral Botswana klink maar of ons baie versigtig sal moet wees om skade te beperk want dele van pad wat ons gaan ry is glo in baie slegte toestand. Klink nie of daar te veel ouens daardie paaie met sagte karavane aandurf nie so hoop ons oorleef. Ons ry darem al met sogenaamde hoof roetes. Sal terugvoer gee wanneer ons terug is einde Sept. Groete
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Aug 2017 @ 06:56:44 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Dup, julle moet lekker toer, en hou asb n dagboek van die trip om lekker te kan vertel sodra julle terug is. En fotos asb.
Ons wil ook so trip doen, en loer asb uit vir ander kamp- moontlikhede terwyl julle daar is.
Geniet...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Aug 2017 @ 13:29:32 pm
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Ons maak so dankie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2017 @ 01:59:13 am
Dup
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 27 Apr 2017
Experience: 53 years
Hallo aan almal. Ons het pas teruggekeer van 'n 5 weke solo toer van 5000km deur Botswana en Namibia met ons Sensation karavaan en Landcruiser sleepvoertuig. Alles het goed afgeloop met geen meganiese probleme en geen bande probleme ten spyte van baie slegte paaie by tye. Ek sal bietjie meer uitbrei oor roetes, paaie, kampplekke, etc met paar fotos sodra ek kans kry. Groete tot dan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2017 @ 05:52:14 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13747
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Ek bly julle het dit geniet David!. Ek sal baie graag meer oor jul toer wil lees en sal uitkyk vir jou verdere terugvoering en foto's!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2017 @ 08:53:46 am
pwven
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 55 years

Bly alles het mooi verloop David. Kyk uit na van julle fotos.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Sep 2017 @ 09:33:42 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2004
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Bly alles het goed afgeloop. Bly  maar 'n lekker toer deur Botswana en Namibie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2017 @ 11:18:45 am
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Bly julle het dit geniet en veilig getoer. Sien uit na jou terugvoer, so 'n toer nog op my doenlys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required