English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 632
Total Replies: 254 153
Total Views: 83 291 881
topics: 804
replies: 12 900
views: 4 965 835
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

Towing Specification: Everest

replies: 7
views: 12460
17 Apr 2010 @ 07:39:00 am
Juriev
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 93
Joined: 19 Apr 2007
Experience: 39 years
Hello. Ek is besig om te kyk na 'n nuwe voertuig en vir my wanneer ek 'n besluit neem hang dit af van die krag/torgue & en tot watter gewig dit kan sleep. Ek sien die Everest is gerate om net tot 1200 kg te sleep terwyl die ranger gerate is om tot 1800 kg te sleep. Dit is ook terwyl die Everest & Ranger dieselfde onderstel en engine grote het Dit beteken dat die Everest nie eens 'n Jurgens wa sal kan sleep wat gelaai is nie. Enige Komentaar!!!!!!!!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2010 @ 16:41:15 pm
Roy
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 12 Sep 2007
Hallo Jurie. Ek het probeer antwoord, maar dit wou om een of ander rede nie deurgaan nie. Ford verduidelik in die Maart 2010 Caravan & Outdoor Life dat die Everest in Thailand ontwikkel is waar sleep nie 'n prioriteit is nie. Die beperking lÍ by die geskikte sleepstang wat op sy pens inpas, vermoedelik 'n ligter tipe, derhalwe die 1200kg beperking. Indien die vervaardiger se sleepbeperking oorskry word, kan probleme met versekeringseise ontstaan wat 'n jammerte vir die Everest (en GM se Isuzu) is.Laasgenoemde word ook heelwat debatteer in tydskrifte. Oorweeg gerus die Ranger of Mazda reeks, hulle sal twee Jurgense wegvat, glo my. Hiermee wil ek egter geen ander vervaardiger se produk verkleineer nie, die meeste is goeie slepers of dit nou sedan, bakkie, MPV of SUV is. Geniet die toetsritte!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Jul 2010 @ 14:01:55 pm
Talla
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 35
Joined: 28 Jan 2008
Experience: 18 years
Hi Jurie Ek is teleurgesteld met die specs op die ewerest. Ek het n Mazda BT50 3l diesel met n penta. Sleep absoliet soos n droom. Sterke met jou besluit. Frans
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2010 @ 10:10:51 am
Kaspaas Breekwater
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 01 May 2007
Experience: 18 years
Ek was ook self nogal geskok toe ek 4 jaar gelede my Ford 4.0 Falcon XR6 moes vervang. Die volvo V8 was toe net gerate om 750Kg te sleep - Ek dink as my skoonma in my venter waentjie sit, is dit al reeds meer as dit. Subaru het my ook laat weet dat hulle my nie kan help met my sleep gewig nie - My Exclusive volgelaai is 1750Kg met al sy ombouings ingesluit. Ek hou niks van 'n D/C bakkie nie, en om die rede het ek toe 'n Rexton gekoop wat gerate is om 3200 kg te kan sleep - http://www.ssangyong.co.za/VehicleSpecs_detail.asp?typeID=1&derivative=131&show=Show . (Ek hoop die URL wys reg in die plasing - maar dit is op hulle website ook so aangewys) Op daai stadium was hull nog sterk aan die gang, maar sokkel bietjie deesdae. Oorsee styg hulle verkope darem weer. Ek het al baie mense gesien wat sleep met voertuie wat glad nie gerate is vir hulle karavane nie, maar ek wou nie daardie kans vat nie. Die Everest lyk op papier na 'n lieflike voertuig. Kan mens nie dalk net die Sleepstang verander nie. of gaan FORD jou nou weer nail as die ewenaar dalk probleme gee, en jy het hulle spesifikasies oorskry ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Jul 2010 @ 13:59:45 pm
Roy
Silver Member
14% Profile Strength
Posts: 70
Joined: 12 Sep 2007
Hallo Kaspaas, Frans en Jurie. Die les wat mens hieruit leer is om baie versigtig te wees as jy 'n sleper is en van voertuig wil verander!Ek het na die Mazda 2500TD sterk 'n Aktyon Sport oorweeg, maar my toe bedink oor daar so min op die paaie is. Het oor die Paasnaweek 'n ou deur ons dorp sien ry met 'n Everest en Penta kombinasie. Die man het baie ingenome gelyk; die probleem is net soos jy tereg sÍ die versekering en waarborg kwessies.Hierdie maand is daar 'n brief in C&OL van 'n ou wat 'n swaar off-road wa sleep met sy Everest. Die risiko is net te groot. Frans, ek kan nie wag om ons Scenic (so 1300kg gelaai)agter die Ranger te haak nie, het hom nog net leeg vir 'n kort uitstappie geneem. Wanneer hoor ons weer van Jurie?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2010 @ 08:40:17 am
Juriev
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 93
Joined: 19 Apr 2007
Experience: 39 years
Baie dankie manne vir julle terugvoering. Ek het toe besluit om nie die Everest aan te skaf nie. Ek is nog in die mark vir 'n nuwe voertuig en is baie in my skik met die specs van die nuwe Kia Sorento Diesel wat kan sleep tot 2000 kg met 147 KW krag en 429 NM torgue. Dit sal ook 'n goeie plaasvervanger wees vir my Territory Dankie nogmaals
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2010 @ 08:41:03 am
Juriev
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 93
Joined: 19 Apr 2007
Experience: 39 years
Baie dankie manne vir julle terugvoering. Ek het toe besluit om nie die Everest aan te skaf nie. Ek is nog in die mark vir 'n nuwe voertuig en is baie in my skik met die specs van die nuwe Kia Sorento Diesel wat kan sleep tot 2000 kg met 147 KW krag en 429 NM torgue. Dit sal ook 'n goeie plaasvervanger wees vir my Territory Dankie nogmaals
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jun 2011 @ 22:25:49 pm
Theuns
Gold Member
81% Profile Strength
Posts: 84
Joined: 18 Jul 2007
Experience: 24 years

Ek was ook aanvanklik afgesit deur die Ford Everest se lae sleepmassa, maar ek het so pas op Ford se webwerf gesien dat die Everest se spesifikasies nou meld dat die sleepmassa 1 500 kg is. Dit is dalk nou al mosterd na die maal, maar dit mag dalk help as iemand die Everest as 'n sleepvoertuig oorweeg. Ek het 'n 2004 Ranger 2.5 TD 4wd d/k en volgens sy spesifikasies is sy sleepmassa 1 000kg. Nogtans het ek al gemaklik 'n Jurgens Exclusive gesleep en ek het al talle ander Rangers voor groot woonwaens sien diens doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za