Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21190 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17194 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 5598 |
Bostoe | 5369 |
HM | 4790 |
BrianB | 4780 |
Saturn Member | 2000 + |
PietG | 2390 |
Jan Meyer | 2294 |
mulderpm | 2226 |
Lennie | 2154 |
Kanneman | 2101 |
Proffie | 2034 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1834 |
Swanie | 1826 |
Nico | 1665 |
steamer | 1659 |
Karoo Klong | 1648 |
Hennie Botha | 1618 |
Duncan | 1560 |
Dansan | 1466 |
Mars Member | 1000 + |
Butts | 1396 |
Louvan | 1122 |
George | 1052 |
Big5Spotter | 1046 |
Moon Member | 700 + |
RichardJ | 984 |
Gerden | 916 |
Chris Centurion | 789 |
JohanMarais | 779 |
Titanium Member | 450 + |
Fanie | 675 |
ELU | 654 |
Benkie | 578 |
Andrew | 508 |
Tjaart | 474 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 443 |
Errol | 440 |
Harv | 423 |
Andre Smit | 413 |
Rare Breed | 398 |
Elleebee | 388 |
Willie54 | 369 |
Nabro | 369 |
LEEN | 358 |
survivalist | 341 |
Oumens | 324 |
Kurper | 299 |
Izak | 287 |
Cabs | 274 |
RD | 273 |
captiva | 267 |
Slaay | 256 |

Towerkraaltjie
Ek het probeer om Towerkraaltjie by Ladismith Kaap te rate op hierdie website maar na ek exelent gekies het word ek definisies gegee en dan niks verder nie.
Ek was daar vir 2 nagte en het dit terdee geniet. Daar is slegs 10 staanplekke en die ablusie blok is baie skoon. Daar is tot toilet papier en nie die deurskydende tipe nie.
Die eienaar hou persoonlik toesig. Die gras is weelderig. Lang termyn kampeerders word verwelkom maar om die gras te beskern word jy gevra om elke 28 dae van staanplek te verwissel.
Al die staanplekke het krag en water. Die staan plekke is ook ruim.
Ek gaanprobeer om 'n foto van die tariewe teplaas. Pensioenarisse kry 10% afslag.
Mooi man dankie
How great is our GOD

Al weer oppad iewers heen.

Ek wonder wie weet wat het van hierdie Woonwapark geword... nou met ons reis oor Ladismith wou ons daar oornag, maar ons kon op geen manier met hulle kontak maak nie.
Daar is selfs nog 'n bordjie op, in Ladismith, wat die plek aanbeveel, maar die telefoon word nie beantwoord nie...
...en so moes ons verbyry ten spyte daarvan dat ons baie graag daar wou oorbly...

Die plek bestaan nog. Hierdie terugvoering was 10 dae terug en mense sê hul gaan Desember kuier. Sal loer of ek n nommer vir jou kan kry

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Probeer hierdie een?

WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ

Dis 'n baie oulike plek op 'n plaas. Die eienaar dink ek, maak nie veel daaruit nie maar geniet dit net om verblyf vir mense in 'n besonder mooi omgewing te verskaf. Ons het so 'n paar jaar gelede vir 'n paar dae daar gestaan en hy het ons sommer genooi om nog langer te staan sonder addisionele betaling! Ons kon ongelukkig nie van sy vriendelike aanbod gebruikmaak nie. Daar is ook 'n ou mooi herstelde plaashuis wat jy kan huur, effens hoër as die kampplek geleë met 'n baie mooi uitsig op Towerberg. Dis so jammer julle het verbygery Fanie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

Ja ons is net so jammer - maar ek gaan die plek weer in Maart 2022 probeer... ons het baie daarna uitgesien om daar te kampeer... want die veld was geweldig vol blomme in daardie omgewing, toe ons nou daar deurgery het...
Ladismith het vir my net so 'n pragtige plek geword... en hulle het die mooiste klein onder-die-boom restourantjie waar mens op die stoepie kan sit en kuier en eet... verseker volgende keer...
Dankie Fred.
En gaan gerus na die kaas fabriekswinkel op die dorp. As jy gelukkig is, kry jy verouderde Cheddar of Gouda met die swart was om. Dis heerlik- as jy 'n kaasliefhebber is. Ek het sulke kaas nog nie in winkels gesien nie- net die gewone Ladismith beleë wat baie lekker maar nie heeltemal so lekker is nie. Seweweekspoortpas is ook naby wat beslis 'n besoek werd is. En ry sommer die pad vanaf Ladismith terug na die R62 via Hoekoe- dis 'n heel mooi grondpad.

Dankie Fred, ek hou rekord van al jou aanbevelings vir ons Maart 2022 reis...
Ja, ek is juis met 'n Kaasmuis getroud... as ek haar darem moet loslaat in 'n Kaasfabriek is dit chaos! ðŸËâ
Goeie nuus! Ek het pas met Andrew van Towerkraaltjie gesels, en hy verduidelik dat die rede hoekom hulle nie bereik kon word per telefoon nie is, omdat hulle baie gesukkel het met hulle telefoonlyne en selfoon diensverskaffers, of so iets... te kompleks vir my afgetrede begripsvermoens... 🤣
Maar dis baie mooi groen daar, vertel hy, want hulle het net laasweek reen gehad en hulle is steeds oop vir kampeerders.
Wonderlik. Nou weet ons... Towerkraaltjie is nog op die map! ...en ons gaan verseker daar oornag in middel Maart... klink na aangename mense...
Hmmmmm dit was lekker om by Towerkraaltjie oor te staan.
Ons het toe verlede Saterdagmiddag en nag hier oorgestaan. Dit was lekker rustig en ons het alles geniet.
Dit was nogal vreemd om so ten aanskoue van die majestieuse Towerkop te kampeer... onheilspellend, maar mooi.
Onthou ek reg?: was die destydse verhale van "Rooijan" ook onder andere geskryf oor die omliggende plase, en die werkers en die Toordokter van hierdie einste Towerkop? Ek kan onthou dat n foto van skets van die berg-spits op een van die boekies verskyn het... ?
...onder konstruksie...
Daar is 'n dik boek van TV Bulpin genaamd DISCOVERING SOUTHERN AFRICA wat op ons reise saamgaan. Dit het min prentjies maar baie goeie beskrywings van die hele land. Ek dink amper dis is ook onlangs in Afrikaans uitgegee. Dis die volledigste werk oor die onderwerp waarvan ek weet. Hy het ook ander boeke uitgegee of geredigeer, oa 'n AA Padatlas, maar geen van hulle is so volledig as die een wat ek genoem het nie. Ek het ook al van hulle by tweedehandse boekhandelaars (waaroor ek so terloops mal is) gesien.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Julle is nou bietjie weg van Towerkraaltjie se omgewing, maar sommer vir toekomstige verwysing: Oppad tussen Ladysmith en Barrydale op die R62 is 'n kampplek genaamd Warmwaterberg wat myns insiens ook 'n besoek werd is. Daar gaan nie te veel aan nie maar dis in 'n baie rustige deel van die Klein Karoo en heel gesellig met kampering onder koeltebome. Daar is 'n warm swembad en die ablusies is bietjie primitief maar bruikbaar. Sommer net 'n stap met skemer op die grondpad verby die oord is al 'n ondervinding. Die afdraai na die plek is ongeveel by die bekende Ronny's Sex Shop, wat niks met die onderwerp te doen het nie, maar net 'n padstalletjie en eetplek is.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven

En gaan gerus na die kaas fabriekswinkel op die dorp. As jy gelukkig is, kry jy verouderde Cheddar of Gouda met die swart was om. Dis heerlik- as jy 'n kaasliefhebber is. Ek het sulke kaas nog nie in winkels gesien nie- net die gewone Ladismith beleë wat baie lekker maar nie heeltemal so lekker is nie. Seweweekspoortpas is ook naby wat beslis 'n besoek werd is. En ry sommer die pad vanaf Ladismith terug na die R62 via Hoekoe- dis 'n heel mooi grondpad.

Goeiemiddag Fred, ek hoop dit gaan goed.
Ons wil nou binnekort met Seweweekspoort langs toer ook, en by nuwe plekke kamp. Ek kan onthou iemand het my eendag hier rond vertel van n ander lekker kampeerplek erens tussen Ladimsith en Seweweekspoort... en ek sien jy het hier melding gemaak van die mooi van Seweweekspoort...
Weet jy dalk van die ander oorde buiten Towerkraaltjie?
Gaan goed Fanie- ons is pas terug van 'n week by Klein Kariba en dit reëm in Pietersburg.
Nee Fanie, ek is nie bewus van enige ander nie. Daar is baiemaal lekker kampplekke op plase- soos die geval met Towerkraaltjie- soek gerus daarvoor by Ladismith en Calitzdorp. Die Calitzdorp spa is ook nogal gesellig met 'n regte uit-die-grond- warmwater swembad- sulke geel water. Ek dink dit behoort aan die Stadsraad. Vermy eerder maar oor naweke want daar is baiemaal massas mense.
As jy van uitdagende paaie hou, ry gerus deur Seweweekspas tot waar dit in 'n T-aansluiting eindig en draai regs. Jou bakkie is voldoende daarvoor- ons het dit onder andere met die Kuga gery. Dit is 'n baie skilderagtige pad, met kwaai op en afdraendes en die pad is nie presies 'n goeie grondpad nie, maar dis regtig die moeite werd. Daar is 'n vakansie-oord maar nie karavaanstaandplek nie. Jy sal dit nie met 'n karavaan tot daar waag nie. Ek kan ongelukkig nie die naam onthou nie. Die Voetsporespan was ook op 'n kol daar.
Laat weet van julle avonture.

Baie dankie Fred.