English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 969
Total Replies: 225 251
Total Views: 82 165 008
topics: 10 683
replies: 122 214
views: 38 756 015
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Tourer SP en Kgalagadi

replies: 8
views: 196
15 May 2019 @ 14:05:10 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1005
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years

Wil by forum lede asb hoor of jy met Tourer SP na Nossop en Mata Mata toe kan gaan, sal hy dit maak aangesien hulle se dis n gravel roader en nie off roader,toe ek nou in Kgalagadi was het ek nie sulke karavane by die 2 kampe gesien nie slegs off roaders.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 14:13:25 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 496
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years
Ja wat, ek sal dit met 'n Tourer waag. Die pad is sleg, jy sal maar net kalm moet ry. Ons het een teëgekom by Nossob en hy was nog heel OK. Jy moet asb laat weet waar 'n goeie Tourer wat aan 'n ou tannie wat net 3 keer met hom gaan toer het te koop is, ek sien hulle maak hom nie meer nie en hy gaan pretty much duur word. Daar was n artikel in die Caravan Magazine "why dont they make Tourers anymore."
You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 14:42:41 pm
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 7351
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Edge Sal jou meer inligting kan gee. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 15:05:28 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1658
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ons het in 2015 bykans 2500km grondpad met ons SP gery waarvan die 70km na Witsand in die Kalahari die slegste was. Bande af na 0,8bar en baie stadig gery. Terug Gauteng toe deur Tankwa. Geen skade gehad nie. 

Was nog nooit in die Kgalagadi nie maar die paaie kan nie veel verskil nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 17:06:26 pm
Piet Ford
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 97
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Was in Desember in the Kgalagadi. Ek het gevind die paaie tussen die 3 hoof kampe kan beste bekryf word as n slegte grondpad met dik sand plek plek en sinkplaat meeste van die tyd. Ek dink dit is waarvoor die SP gemaak is. Die SP het mos groot wiele en sal beslis die paaie tussen die 3 hoof kampe kan aandurf. As jy dit rustig vat waar dit nodig is dink ek nie die pad tussen die hoof kampe is van so n aard dat dit die karavaan sal beskadig nie. Dis die goed binne die karavaan wat kan skade kry / die karavaan binne kan beskadig as dit nie mooi vas is nie. Dus, maak maar seker alles is mooi vas binne die karavaan en kan nie rondskyf nie. Maak ook baie seker dat jy die kar en die karavaan se wiele afblaas na ten minste 1.2 anders vreet daardie los sand jou agterste bande (waar die gewig is van die karavaan) binne a paar km op. Het met my pa gebeur jare terug. Moes nuwe bande opsit in Upington.  Geniet dit. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 17:13:07 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2673
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years

Soos hierbo genoem, stadig met wiele afgeblaas.

Indien die tourer swaar gelaai is, sou en nie onder 1 Bar gaan met die druk in die bande nie. Hou op so 40 km/u, dan is dit makliker om "afteslak" waar die pad miskien slegter is.

Die 70 km na Witsand is gewoonlik erger as die Kgalagadi se paaie,

maar ry maar stadig, dan behoort jy nie probleme te ondervind nie...

On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 May 2019 @ 20:38:15 pm
Saalocin
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 117
Joined: 06 Feb 2019
Experience: 24 years

Hannes

Op die draad Namaqualand coastal route, so by die 11de pos, het Johan sy ondervinding met sy BacTrax in die Kgalagadi beskryf.

Ek glo dit is ook van toepassing op 'n Tourer en heel doenbaar lyk dit my.

Volgende jaar D.V. April is dit my beurt soontoe. Kan nie wag nie!

Ebenhaéser (1 Sam. 7:12)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 06:35:46 am
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 837
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Ek sou dit nie met  my SP waag nie - maar myne is die ou model met hout deure op die kaste. Toe ons Kgalagadi toe was het ons dit by die Lodge gelos. Baie bly dat ons dit gedoen het. Op beter sinkplaat paaie  as in die Kgalagadi het die Tourer skade aangedoen. As jy die nuwe model het wat seil deure op die kassies het kan jy dit miskien waag. Kamp liewer  by die Lodge. Baie lekker daar. Anders het jy te veel om te verloor en te min om te baat . 

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 May 2019 @ 13:24:53 pm
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1005
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years

Dankie almal vir die inligting en Nico sal gaan lees van Johan se toer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required