English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 486
Total Replies: 234 645
Total Views: 82 534 433
topics: 10 935
replies: 127 665
views: 38 954 997
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Toue op plaveiding

replies: 10
views: 325
01 Oct 2019 @ 20:53:09 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Sommer n eenvoudige gedagte vir wanneer jy ledig is.

Ek trek die son-skerm oor my karavaan wanneer hy by die huis staan. Om hitte opbouing te verhoed lig ek die dak. Dit bly maar n probleem om die hitte-skerm stil te hou in ons Kaapse Suidooster en om toue te gebruik is lastig want as die wind te sterk waai moet ek die dak laat sak.

Ek het ringe op die plaveiding ingeboor en gebruik eenvoudige rekke wat in enigd winkel beskikbaar is. As ek die dak laat sak hoef ek nie eens die rekke te verwyder of te verstel nie.

Ek het reeds die neus-skerm wat ek laat maak het vir julle gewys. Die vorige standaard neusskerm is vodde gebrand en ek wil nie die nuwe een laat opbrand nie.

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Oct 2019 @ 22:41:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14478
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

As ek so na jou setup kyk, gaan n afdak vir jou wa nie te veel kos nie. Op die lang duur gaan dit goedkoper uitwerk want ek glo jy gaan daai blink seil 2x per jaar moet vervang soos die son hom gaan brand....en hulle is nie goedkoop nie. My2C

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 08:02:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14776
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit is 'n goeie idee Danie.  My probleem is die wa se wiele moet in elkgeval oor die plekke ry as ek hom uithaal vir 'n kamp.  Glo darem nie die ringe sal 'n wiel beskadig nie.

  Ek het sommer tent penne tussen die plaveisel stene in gekap.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 09:04:04 am
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Reeds kwotasie gekry vir die afdak, Relaxed Camper. Waterdigte skadunet.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 09:23:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14776
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Reeds kwotasie gekry vir die afdak, Relaxed Camper. Waterdigte skadunet.

Danie vertel bietjie meer van die net asb.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 10:57:08 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8374
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Reeds kwotasie gekry vir die afdak, Relaxed Camper. Waterdigte skadunet.

Dan is dit mos n seil.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 11:43:51 am
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6428
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Cromedek plate as dit jou eie plek is ,sit op en kyk nooit weer daar na is wel duur maar die moeite werd , die din platte is goedkoop maar vervang na 2 jaar

 

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 12:04:57 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

My mouster staan reeds onder 'n waterdigte skadunet. Die oprigting daarvan duur n oggend en dis vriendelik op die oog. Die gedagte is dat dieselfde beskerming oor die karavaan opgesit gaan word. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 13:01:47 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2600
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Lyk heel oulik, en soos jy sê, nie onooglik nie,  Danie.  Sou dit nie wys gewees het om die waterdigte, en sekerlik sondigte, seil, ook as muur te gebruik nie?  Dan sou die voertuig beter teen die son beskerm wees.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 14:24:46 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ja Fred, dis so beplan. Die Fortuner is heel gerieflik daar, die materiaal is ook waterdig op die sy-kant. Die karavaan gaan ook n vertikale deel aan die agterkant kry, amper n volle garage. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Oct 2019 @ 19:50:53 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8374
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

My mouster staan reeds onder 'n waterdigte skadunet. Die oprigting daarvan duur n oggend en dis vriendelik op die oog. Die gedagte is dat dieselfde beskerming oor die karavaan opgesit gaan word. 

Wil die nuwe afdak met dit toe maak.

Wat is die naam of as jy n nommer hier in Gauteng het.

Dankie waardeer.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required